No. 43.Tier is ontevrede met die Son.OPMERKINGS:—In hierdie storie het ons ’n karakter-tekening van Tier, en daar word vertel wat hom deur sy roekeloosheid oorgekom het.Tier bou sy huis daar op die vlakte tussen hoë gras en bossies. Hy is ook een van die ou geslag, wat rondgeloop het toe daar nog geen Son was nie. Daarom is hy Tier. Hy was net boos op die kinders wat Son se kop in die lug gegooi het om dit oordags so baie lig te laat maak en wat sulke ondraaglike hitte veroorsaak. Daarom het hy nooit ’n goeie woord vir Son gehad nie, maar skel Son die heel dag uit.Eendag was dit baie warm, en na ou gewoonte jag hy net in die nag of as dit onweer is, en hy lê oordags te slaap. Tier het onder hierdie boom, dan weer onder daardie boom gaan koelte soek; maar dit is en dit bly maar warm. Toe begin hy weer vreeslik op Son te skel en swets. Hy kruip daarop in sy pondok om te kyk of dit daar nie koeler sal wees nie. Son steek toe die veld met sy groot hitte aan brand.Toe Tier die vuur ruik en hoor kraak, spring hy uit. Hy was aan al kante deur vlamme omring, want die hoë gras en bossies om sy hut was vol in die vlam. Daar wasgeen ander raad vir hom nie as net om oë toe te maak en dwarsdeur die ruisende vlamme te spring.Dit het die hare van sy bont karos lelik geskroei en gebrand, sodat dit nog bonter geword het. Hy is ’n man wat nie so goed oordags as snags kan sien nie, so staan hy lank rond te kyk watter koers hy sal vat om vir hom ’n ander woonplek te gaan soek.Daar naby is ’n koppie, maar daar woon Boesmans in; dog hy gaan kyk, want dis die beste om te sien of hul nog daar is. Hy stap soontoe en gewaar daar niemand nie. Daar is ’n mooi koppie met ’n soort spelonk, wat rondom met groot en digte bome begroei is—so net na sy sin!Hy roep by homself uit: „A, hier sal Son my nie kan brand nie; want die bome is dig en groen, en die klipgrot is lekker koel, aangesien Son nie deur die dik rotse wat bo-oor die grot lê, kan skyn nie,” of soos hy dit uitdruk: „Son kan nie met sy warm pyle deur die groot rotse skiet nie.” Hy neem toe daar sy intrek en maak van toe af nie meer vir hom bossiehuise of pondokke nie.Saans as Son haas ondergaan, of as die wolke dik toetrek en Son belet om te skyn, dan gaan hy op een van die oop rotse lê en beskou dan die wêreld van gaatjie tot hoekie na alle kante toe of hy nie wild sien rondwei nie.Eendag, toe dit so stadigaan motreën, sien hy ’n hartbees wei nie veraf nie. Hy loop met ’n ompad tot hy onderkant die wind kom. Saggies-saggies seil hy voorwaarts. Voetjie-vir-voetjie kruip hy nader en nader, tot hy gereed is vir die spring. Toe trek hy hom inmekaar, raap hom op, en bo-op die hartbees sit hy! ’n Worsteling vir enigeoomblikke vind plaas—Tier pak sy prooi onder die keel, verwurg hom; en daarop byt hy ’n wond onder die keel, waaruit hy die bloed suig. Hieraan het hy reeds ’n goeie maal. Die hartbees self sleep hy onder ’n bos, en hy gaan daarop op ’n dik oorhangtak van ’n nabystaande boom lê om sy kos verder op te pas.Nie te lank nie, of hier kom Jakkals aangedraf. Hy snuif hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe en draf ’n entjie in die rondte—altyd met die neus teen die wind in die lug.Ai, hy ruik vir Tier in die boom. Dadelik begin hy te tjank met uitgesteekte tong en kop in die lug. Ja, en hy smeek net jammerlik tog net maar om ’n klein stukkie vleis.Tier word vererg, want hy wil nie laat weet dat daar kos is nie; so roep hy gebiedend uit: „Sal jy jou snater hou!”Jakkals skrik en spring ’n entjie terug, maar begin nog treuriger te tjank.Tier erg hom tot in sy hart aan Jakkals, en hy spring af. Jakkals swenk om die bos, vat ’n sykoers; Tier hol reguit, en so verloor hy vir Jakkals glad, en hy kom oor ’n ruk weer na sy boom terug.Hy gaan snuffel-snuffel op die einste tak lê; maar wat bemerk hy tot sy teleurstelling: drie Boesmans en ’n paar meide het gekom solank hy spoorgesny het en na Jakkals gesoek het; die Boesmans het om die hartbees ’n doring-kraaltjie gepak; want die hartbees het in ’n opening tussen doringbosse gelê, sodat dit gou geskied het. Die Boesmans het dadelik bemerk dat dit Tier is wat die hartbees doodgebythet, en hul verwag hom iedere oomblik; daarom was hul so gou.Die reën het lankal opgehou, en dit word net sterk donker. Tier maak toe ’n ander plan as om drie gewapende mans met hulle vroue aan te val. Hy draai hom dig toe in sy karos, hy stap na die Boesmans toe en sê dat hy ’n reisiger is en vra of hy maar kan inkom om daar binne te slaap. Hy vertel daarby dat hy nie honger het nie, maar net slaapplek kom soek. Sy berekening is om die Boesmans in hulle slaap aan te val en op te eet; want dan kan hul nie so gou hulle pyle en boë in hande kry nie.Die Boesmans ken hom nie en maak die nou poortjie van die doringskerm oop en laat Tier ewe gerus binne. Tier gaan in ’n donker hoekie sit en vra hul om hulle nie aan hom te steur nie; want hy kom van ver, hy is moeg en het ’n swaar hoofpyn. Dit sê hy om in die donker te kan sit; want lig en vuur is mos nie sy maters nie. Maar bowenal is sy grootste doel dat hul hom nie moet ken nie; daarom is hy dig in sy karos toegedraai, sodat net die puntjie van sy neus lug deur ’nskeurtjievan die karos kan kry.Hulle begin te slag en gesels, maar Tier sit doodstil in die donker hoekie.Met die slagtery en gewoel glip die klipmes van een van die meide uit haar hand en val naby Tier se voete. Met die soek na die mes sien sy Tier se twee voete onder die karos uitsteek. Sy skrik sonder om ’n geluid te maak; want nou is hul binne-in die skerm met Tier ingesluit, waar hy hul maklik kan doodmaak.Ewe teenwoordig van gees sê sy: „Ons braai hier vleis en vergeet die nes vol volstruiseiers! Kom saam, want dis donker; laat ons algar gaan om die eiers te gaan haal.”„Watter volstruiseiers praat jy van? Hoekom weet ons daar dan niks van nie?” merk haar man ewe onskuldig op.„Hoe kan julle dan daarvan weet as ek jul nou eers daarvan vertel,” werp sy teë.„Hoe ver is dit hiervandaan?” vra ’n ander.„Hier naby—net hier digteby,” was haar antwoord.Hulle was meer met die hartbeesvleis as met volstruiseiers tevrede en was ook bang om in die donker uit te gaan, want hulle verwag mos vir Tier iedere oomblik van buite af. Dog die meid knip oë vir haar man, en hulle verstaan dadelik wat sy meen. Maar die ander meid vang nie wat gaande is nie, so hou sy by haar man aan om maar te bly; dog hy lei haar saam met hulle uit; en toe hul ’n entjie opsy staan, sê die meid: „Ons verwag vir Tier van buite af, en al die tyd sit hy by en tussen ons.”Die drie mans span hulle boë en skiet op Tier tussen die takke deur; hy kon nie uitvlug nie, want die poortjie was met die uitstap toegetrek. So het Tier binne-in die skerm aan sy einde gekom.

No. 43.Tier is ontevrede met die Son.
OPMERKINGS:—In hierdie storie het ons ’n karakter-tekening van Tier, en daar word vertel wat hom deur sy roekeloosheid oorgekom het.Tier bou sy huis daar op die vlakte tussen hoë gras en bossies. Hy is ook een van die ou geslag, wat rondgeloop het toe daar nog geen Son was nie. Daarom is hy Tier. Hy was net boos op die kinders wat Son se kop in die lug gegooi het om dit oordags so baie lig te laat maak en wat sulke ondraaglike hitte veroorsaak. Daarom het hy nooit ’n goeie woord vir Son gehad nie, maar skel Son die heel dag uit.Eendag was dit baie warm, en na ou gewoonte jag hy net in die nag of as dit onweer is, en hy lê oordags te slaap. Tier het onder hierdie boom, dan weer onder daardie boom gaan koelte soek; maar dit is en dit bly maar warm. Toe begin hy weer vreeslik op Son te skel en swets. Hy kruip daarop in sy pondok om te kyk of dit daar nie koeler sal wees nie. Son steek toe die veld met sy groot hitte aan brand.Toe Tier die vuur ruik en hoor kraak, spring hy uit. Hy was aan al kante deur vlamme omring, want die hoë gras en bossies om sy hut was vol in die vlam. Daar wasgeen ander raad vir hom nie as net om oë toe te maak en dwarsdeur die ruisende vlamme te spring.Dit het die hare van sy bont karos lelik geskroei en gebrand, sodat dit nog bonter geword het. Hy is ’n man wat nie so goed oordags as snags kan sien nie, so staan hy lank rond te kyk watter koers hy sal vat om vir hom ’n ander woonplek te gaan soek.Daar naby is ’n koppie, maar daar woon Boesmans in; dog hy gaan kyk, want dis die beste om te sien of hul nog daar is. Hy stap soontoe en gewaar daar niemand nie. Daar is ’n mooi koppie met ’n soort spelonk, wat rondom met groot en digte bome begroei is—so net na sy sin!Hy roep by homself uit: „A, hier sal Son my nie kan brand nie; want die bome is dig en groen, en die klipgrot is lekker koel, aangesien Son nie deur die dik rotse wat bo-oor die grot lê, kan skyn nie,” of soos hy dit uitdruk: „Son kan nie met sy warm pyle deur die groot rotse skiet nie.” Hy neem toe daar sy intrek en maak van toe af nie meer vir hom bossiehuise of pondokke nie.Saans as Son haas ondergaan, of as die wolke dik toetrek en Son belet om te skyn, dan gaan hy op een van die oop rotse lê en beskou dan die wêreld van gaatjie tot hoekie na alle kante toe of hy nie wild sien rondwei nie.Eendag, toe dit so stadigaan motreën, sien hy ’n hartbees wei nie veraf nie. Hy loop met ’n ompad tot hy onderkant die wind kom. Saggies-saggies seil hy voorwaarts. Voetjie-vir-voetjie kruip hy nader en nader, tot hy gereed is vir die spring. Toe trek hy hom inmekaar, raap hom op, en bo-op die hartbees sit hy! ’n Worsteling vir enigeoomblikke vind plaas—Tier pak sy prooi onder die keel, verwurg hom; en daarop byt hy ’n wond onder die keel, waaruit hy die bloed suig. Hieraan het hy reeds ’n goeie maal. Die hartbees self sleep hy onder ’n bos, en hy gaan daarop op ’n dik oorhangtak van ’n nabystaande boom lê om sy kos verder op te pas.Nie te lank nie, of hier kom Jakkals aangedraf. Hy snuif hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe en draf ’n entjie in die rondte—altyd met die neus teen die wind in die lug.Ai, hy ruik vir Tier in die boom. Dadelik begin hy te tjank met uitgesteekte tong en kop in die lug. Ja, en hy smeek net jammerlik tog net maar om ’n klein stukkie vleis.Tier word vererg, want hy wil nie laat weet dat daar kos is nie; so roep hy gebiedend uit: „Sal jy jou snater hou!”Jakkals skrik en spring ’n entjie terug, maar begin nog treuriger te tjank.Tier erg hom tot in sy hart aan Jakkals, en hy spring af. Jakkals swenk om die bos, vat ’n sykoers; Tier hol reguit, en so verloor hy vir Jakkals glad, en hy kom oor ’n ruk weer na sy boom terug.Hy gaan snuffel-snuffel op die einste tak lê; maar wat bemerk hy tot sy teleurstelling: drie Boesmans en ’n paar meide het gekom solank hy spoorgesny het en na Jakkals gesoek het; die Boesmans het om die hartbees ’n doring-kraaltjie gepak; want die hartbees het in ’n opening tussen doringbosse gelê, sodat dit gou geskied het. Die Boesmans het dadelik bemerk dat dit Tier is wat die hartbees doodgebythet, en hul verwag hom iedere oomblik; daarom was hul so gou.Die reën het lankal opgehou, en dit word net sterk donker. Tier maak toe ’n ander plan as om drie gewapende mans met hulle vroue aan te val. Hy draai hom dig toe in sy karos, hy stap na die Boesmans toe en sê dat hy ’n reisiger is en vra of hy maar kan inkom om daar binne te slaap. Hy vertel daarby dat hy nie honger het nie, maar net slaapplek kom soek. Sy berekening is om die Boesmans in hulle slaap aan te val en op te eet; want dan kan hul nie so gou hulle pyle en boë in hande kry nie.Die Boesmans ken hom nie en maak die nou poortjie van die doringskerm oop en laat Tier ewe gerus binne. Tier gaan in ’n donker hoekie sit en vra hul om hulle nie aan hom te steur nie; want hy kom van ver, hy is moeg en het ’n swaar hoofpyn. Dit sê hy om in die donker te kan sit; want lig en vuur is mos nie sy maters nie. Maar bowenal is sy grootste doel dat hul hom nie moet ken nie; daarom is hy dig in sy karos toegedraai, sodat net die puntjie van sy neus lug deur ’nskeurtjievan die karos kan kry.Hulle begin te slag en gesels, maar Tier sit doodstil in die donker hoekie.Met die slagtery en gewoel glip die klipmes van een van die meide uit haar hand en val naby Tier se voete. Met die soek na die mes sien sy Tier se twee voete onder die karos uitsteek. Sy skrik sonder om ’n geluid te maak; want nou is hul binne-in die skerm met Tier ingesluit, waar hy hul maklik kan doodmaak.Ewe teenwoordig van gees sê sy: „Ons braai hier vleis en vergeet die nes vol volstruiseiers! Kom saam, want dis donker; laat ons algar gaan om die eiers te gaan haal.”„Watter volstruiseiers praat jy van? Hoekom weet ons daar dan niks van nie?” merk haar man ewe onskuldig op.„Hoe kan julle dan daarvan weet as ek jul nou eers daarvan vertel,” werp sy teë.„Hoe ver is dit hiervandaan?” vra ’n ander.„Hier naby—net hier digteby,” was haar antwoord.Hulle was meer met die hartbeesvleis as met volstruiseiers tevrede en was ook bang om in die donker uit te gaan, want hulle verwag mos vir Tier iedere oomblik van buite af. Dog die meid knip oë vir haar man, en hulle verstaan dadelik wat sy meen. Maar die ander meid vang nie wat gaande is nie, so hou sy by haar man aan om maar te bly; dog hy lei haar saam met hulle uit; en toe hul ’n entjie opsy staan, sê die meid: „Ons verwag vir Tier van buite af, en al die tyd sit hy by en tussen ons.”Die drie mans span hulle boë en skiet op Tier tussen die takke deur; hy kon nie uitvlug nie, want die poortjie was met die uitstap toegetrek. So het Tier binne-in die skerm aan sy einde gekom.
OPMERKINGS:—In hierdie storie het ons ’n karakter-tekening van Tier, en daar word vertel wat hom deur sy roekeloosheid oorgekom het.
Tier bou sy huis daar op die vlakte tussen hoë gras en bossies. Hy is ook een van die ou geslag, wat rondgeloop het toe daar nog geen Son was nie. Daarom is hy Tier. Hy was net boos op die kinders wat Son se kop in die lug gegooi het om dit oordags so baie lig te laat maak en wat sulke ondraaglike hitte veroorsaak. Daarom het hy nooit ’n goeie woord vir Son gehad nie, maar skel Son die heel dag uit.
Eendag was dit baie warm, en na ou gewoonte jag hy net in die nag of as dit onweer is, en hy lê oordags te slaap. Tier het onder hierdie boom, dan weer onder daardie boom gaan koelte soek; maar dit is en dit bly maar warm. Toe begin hy weer vreeslik op Son te skel en swets. Hy kruip daarop in sy pondok om te kyk of dit daar nie koeler sal wees nie. Son steek toe die veld met sy groot hitte aan brand.
Toe Tier die vuur ruik en hoor kraak, spring hy uit. Hy was aan al kante deur vlamme omring, want die hoë gras en bossies om sy hut was vol in die vlam. Daar wasgeen ander raad vir hom nie as net om oë toe te maak en dwarsdeur die ruisende vlamme te spring.
Dit het die hare van sy bont karos lelik geskroei en gebrand, sodat dit nog bonter geword het. Hy is ’n man wat nie so goed oordags as snags kan sien nie, so staan hy lank rond te kyk watter koers hy sal vat om vir hom ’n ander woonplek te gaan soek.
Daar naby is ’n koppie, maar daar woon Boesmans in; dog hy gaan kyk, want dis die beste om te sien of hul nog daar is. Hy stap soontoe en gewaar daar niemand nie. Daar is ’n mooi koppie met ’n soort spelonk, wat rondom met groot en digte bome begroei is—so net na sy sin!
Hy roep by homself uit: „A, hier sal Son my nie kan brand nie; want die bome is dig en groen, en die klipgrot is lekker koel, aangesien Son nie deur die dik rotse wat bo-oor die grot lê, kan skyn nie,” of soos hy dit uitdruk: „Son kan nie met sy warm pyle deur die groot rotse skiet nie.” Hy neem toe daar sy intrek en maak van toe af nie meer vir hom bossiehuise of pondokke nie.
Saans as Son haas ondergaan, of as die wolke dik toetrek en Son belet om te skyn, dan gaan hy op een van die oop rotse lê en beskou dan die wêreld van gaatjie tot hoekie na alle kante toe of hy nie wild sien rondwei nie.
Eendag, toe dit so stadigaan motreën, sien hy ’n hartbees wei nie veraf nie. Hy loop met ’n ompad tot hy onderkant die wind kom. Saggies-saggies seil hy voorwaarts. Voetjie-vir-voetjie kruip hy nader en nader, tot hy gereed is vir die spring. Toe trek hy hom inmekaar, raap hom op, en bo-op die hartbees sit hy! ’n Worsteling vir enigeoomblikke vind plaas—Tier pak sy prooi onder die keel, verwurg hom; en daarop byt hy ’n wond onder die keel, waaruit hy die bloed suig. Hieraan het hy reeds ’n goeie maal. Die hartbees self sleep hy onder ’n bos, en hy gaan daarop op ’n dik oorhangtak van ’n nabystaande boom lê om sy kos verder op te pas.
Nie te lank nie, of hier kom Jakkals aangedraf. Hy snuif hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe en draf ’n entjie in die rondte—altyd met die neus teen die wind in die lug.
Ai, hy ruik vir Tier in die boom. Dadelik begin hy te tjank met uitgesteekte tong en kop in die lug. Ja, en hy smeek net jammerlik tog net maar om ’n klein stukkie vleis.
Tier word vererg, want hy wil nie laat weet dat daar kos is nie; so roep hy gebiedend uit: „Sal jy jou snater hou!”
Jakkals skrik en spring ’n entjie terug, maar begin nog treuriger te tjank.
Tier erg hom tot in sy hart aan Jakkals, en hy spring af. Jakkals swenk om die bos, vat ’n sykoers; Tier hol reguit, en so verloor hy vir Jakkals glad, en hy kom oor ’n ruk weer na sy boom terug.
Hy gaan snuffel-snuffel op die einste tak lê; maar wat bemerk hy tot sy teleurstelling: drie Boesmans en ’n paar meide het gekom solank hy spoorgesny het en na Jakkals gesoek het; die Boesmans het om die hartbees ’n doring-kraaltjie gepak; want die hartbees het in ’n opening tussen doringbosse gelê, sodat dit gou geskied het. Die Boesmans het dadelik bemerk dat dit Tier is wat die hartbees doodgebythet, en hul verwag hom iedere oomblik; daarom was hul so gou.
Die reën het lankal opgehou, en dit word net sterk donker. Tier maak toe ’n ander plan as om drie gewapende mans met hulle vroue aan te val. Hy draai hom dig toe in sy karos, hy stap na die Boesmans toe en sê dat hy ’n reisiger is en vra of hy maar kan inkom om daar binne te slaap. Hy vertel daarby dat hy nie honger het nie, maar net slaapplek kom soek. Sy berekening is om die Boesmans in hulle slaap aan te val en op te eet; want dan kan hul nie so gou hulle pyle en boë in hande kry nie.
Die Boesmans ken hom nie en maak die nou poortjie van die doringskerm oop en laat Tier ewe gerus binne. Tier gaan in ’n donker hoekie sit en vra hul om hulle nie aan hom te steur nie; want hy kom van ver, hy is moeg en het ’n swaar hoofpyn. Dit sê hy om in die donker te kan sit; want lig en vuur is mos nie sy maters nie. Maar bowenal is sy grootste doel dat hul hom nie moet ken nie; daarom is hy dig in sy karos toegedraai, sodat net die puntjie van sy neus lug deur ’nskeurtjievan die karos kan kry.
Hulle begin te slag en gesels, maar Tier sit doodstil in die donker hoekie.
Met die slagtery en gewoel glip die klipmes van een van die meide uit haar hand en val naby Tier se voete. Met die soek na die mes sien sy Tier se twee voete onder die karos uitsteek. Sy skrik sonder om ’n geluid te maak; want nou is hul binne-in die skerm met Tier ingesluit, waar hy hul maklik kan doodmaak.
Ewe teenwoordig van gees sê sy: „Ons braai hier vleis en vergeet die nes vol volstruiseiers! Kom saam, want dis donker; laat ons algar gaan om die eiers te gaan haal.”
„Watter volstruiseiers praat jy van? Hoekom weet ons daar dan niks van nie?” merk haar man ewe onskuldig op.
„Hoe kan julle dan daarvan weet as ek jul nou eers daarvan vertel,” werp sy teë.
„Hoe ver is dit hiervandaan?” vra ’n ander.
„Hier naby—net hier digteby,” was haar antwoord.
Hulle was meer met die hartbeesvleis as met volstruiseiers tevrede en was ook bang om in die donker uit te gaan, want hulle verwag mos vir Tier iedere oomblik van buite af. Dog die meid knip oë vir haar man, en hulle verstaan dadelik wat sy meen. Maar die ander meid vang nie wat gaande is nie, so hou sy by haar man aan om maar te bly; dog hy lei haar saam met hulle uit; en toe hul ’n entjie opsy staan, sê die meid: „Ons verwag vir Tier van buite af, en al die tyd sit hy by en tussen ons.”
Die drie mans span hulle boë en skiet op Tier tussen die takke deur; hy kon nie uitvlug nie, want die poortjie was met die uitstap toegetrek. So het Tier binne-in die skerm aan sy einde gekom.