No. 44.Ystervark en Vlermuis.OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel ons iets oor die gewoontes en geaardheid vanYstervarken Vlermuis. Ook word iets omtrent Uil vermeld.Daar was in die ou dae ’n ou Boesman en sy ou vrou wat aan die ou geslag behoor het, en hulle het ’n kleinjong en ’n kleinmeidjie as enigste kinders gehad. Toe die moeder sterf, was die kleinmeidjie nog baie jonk en begin net rond te loop; maar die kleinjong was al so groot dat hy goed kan rondhardloop en sy ouers met klein handreikinkies kan help. Maar nou is hulle wesies.Ná ’n ruk neem die Boesman vir hom ’n ander vrou. Sy was ’n jong meid en het nie baie van ander mense se kinders gehou nie; so het haar twee stiefkinders dit maar nie alte lekker onder haar behandeling gekry nie. Vir die kleinjong het sy ekspres op velle van springbokke laat speel, en het die boog wat sy vader vir hom gemaak het, met vleis van springbokke gesmeer. Daarom het die gees van die springbokke so in die kleinjong en sy boog getrek dat al die springbokke vir hom bang was en hom nooit ’n kans gegee het om naby hulle te kom nie. Maar die seunwas net soos sy pa—baie vlytig—en het baie pyle, klein en groot, gemaak. Maar met hulle op ’n afstand raakskiet, was net verniet. Vir die arme meisiekind het die stiefmoeder totaal verwaarloos en het haar baie honger laat ly; die arme kind het meestal van goggatjies en vlieë moes lewe. Die vader se raas en rusiemaak oor die slegte behandeling van sy kinders het niks gehelp nie. Hy is die meeste van die tyd in die veld om te jag om vir hulle kos te soek. Kom hy tuis, dan het hy so goed en lief as hy in staat was, vir sy kinders gesorg.Maar daar was geen groei in sy kinders nie; hulle was en bly maar twee brokkies van die menslike geslag.Een aand toe dit skemer word, stap die stiefmoeder na die hutte van haar bure om te gaan dans; want daar was baie heuning daardie dag uitgehaal en na daardie hutte toe gebring. Die vader van die twee kinders het ook ’n sakvol heuning gekry; maar hy was nog in die veld, op pad huis-toe. So sit sy twee kinders alleen tuis.Die gestorwe eie moeder van die twee kinders stuur toe vir Uil na haar kinders toe. Uil is ’n towenaar en kan hom in ’n man of uil verander. En hy doen hom toe voor as die regte vader van die kinders. Hy neem die twee kinders met hom saam na die klipkranse waar hy woon. Hy gee hul toe veldkos en veldvrugte, wat daar baie van was; dog die kleinmeidjie was maar te gewend om goggatjies te eet, sodat sy liewers haar gewone kos verkies as veldkos. So verander Uil die seun in ’n ystervark; sy pyle, wat baie was, verander hy in penne, wat in die karos van die kleinjong bly vassteek, sodat niemand hom durfaanrand nie. En die meidjie verander hy in ’n vlermuis, wat van goggatjies, tot vandag toe nog, lewe. Hy wys hul toe ’n spelonk aan om in te woon. Ystervark kruip in ’n skeur, en Vlermuis gaan bo aan die gewelf van die spelonk hang.Voor die towenaar hul verander het, het hy hul eers verbied om weer terug na die hut van hulle ouers te gaan; en ná hy hul verander het, het hy hul vuurvliegies gegee om te eet, sodat hul goed in die donker kan sien. Van toe af kan hul net in die nag sien en was blind in die dag as die son skyn. Kom hul in die daglig uit, dan hol Ystervark teen die klippe en bosse vas, en Vlermuis vlie teen bome en rotse aan, waardeur hul baie seer kry.Van daardie tyd af woon Ystervark en Vlermuis saam in gate.Die ou towenaar het hom dadelik weer in ’n uil verander; ook het hy die afgestorwe moeder van die twee in ’n ander soort uil verander, sodat sy snags haar kinders kan sien en vir hulle besoeke bring. Sy gaan toe bo in die krans in ’n klipskeur slaap wanneer dit dag is, terwyl haar kinders onder die krans in die grot en klipskeur gedurende die dag hulle rus neem.Saans as die son ondergegaan is, as een ster ná die ander dof aan die hemel begin te vertoon, is die moeder-uil die eerste om haar plek te verlaat. Voor sy uit haar skuilplek kom, open sy haar groot oë, rek dit sku vir die lig oop en kyk of dit dalkies nog te lig is. Vind sy dat daar nog te baie lig is, dan byt-byt sy met haar bek asof sy wil vra: „Wanneer word dit dan regtig donker? Ek het mosal baie honger.” Sy gee ’n lui gaap, knyp haar oë vir ’n rukkie dig toe om nog ’n bietjie te sit en wag. Is dit naderhand donker genoeg na haar sin, dan verlaat sy met ’n gil haar plek en gaan naby in ’n boom sit om te kyk of dit nou regtig donker genoeg is. Sy vlie weer verder, en dan weer verder, tot sy ver is. Gewaar sy ’n slapende voëltjie, dan pak sy hom; of sien sy ’n muis, dan val sy op hom aan en sluk hom heel in. Dog die toestand waarin haar twee weeskinders verkeer, grief haar diep; en af en aan gee sy ’n diep kreun, asof iets haar hart erg pynig.Daarna kom Vlermuis met haar klein karossie uit. Sy hou met haar handjies twee punte vas om as vlerkies to dien. Vrolik vladder sy deur die lug en begin dadelik die muskiete en klein goggatjies wat rondvlie, te vang. Onder die oorhangpunte van die krans soek sy spinnekoppe en vlieë; ook die spinnerakke tussen bosse versuim sy nie om te deursnuffel nie. En al wat in die gogga-soort daaraan kleef, is hare.Arrie, wag, hier kom Ystervark uit. Hy luister of hy niks hoor nie. Daarvoor staan hy botstil; want hy kan baie fyn hoor. Voetjie-vir-voetjie, sonder raas, gaan hy voort—altyd met die neus teen die wind op; want net so fyn as sy gehoor is, net so skerp is sy ruik ontwikkel. Hy ruik hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe om seker te maak of alles veilig is. Ag hy dit raadsaam, dan stap hy huiwerig voort; want hy hou hom nog altyd gereed om kortom na sy nes om te spring as ’n gevaar hom skielik bedreig. Al die tyd vladder sy sustertjie, Vlermuis, vrolik oor hom in die lug. Sy is bly om hom weer te sien.Saam gaan hulle veld-toe; hy grawe veldkos, sy vergas haar nog steeds aan die vlieënde goggatjies. Hulle slaan ag op die sterre en melkweg om te weet wanneer dit weer dag sal word; dan moet hul tuis wees—nog voor die eerste ligstrale die dagbreek aankondig.Vlermuis is veilig, want sy kan so lugtig met haar karosse deur die lug omkantel en ronddartel. Maar Ystervark glad nie—al het hy al sy pyle (penne) met hom meegebring. Hy kan met sy pyle maar net ’n klein entjie ver skiet. (Dis ’n Hottentot- en Boesman-bygeloof.) Maar ver kan hy glad nie skiet nie.Wag, hier kom Jakkals aan. Ystervark gaan stilletjies met sy kop in die bos staan, en hy wys sy penne. Jakkals kom agter verby. Ystervark is klaar en los ’n paar van sy pyle (penne) op Jakkals en neem die vlug. Hy vlug in ’n nou gat—kop na voor en die punte van sy penne na agter—en staan in verdediging klaar vir Jakkals. As Jakkals goed oortuig is dat dit nou neusie-verby is met hom, dan draai hy droë-bek om en vat sy ou gewone draffie glad in ’n ander koers om iets beters te gaan soek.As Ystervark bemerk dat alles weer veilig is, dan begin hy weer veldkos te grawe tot hy genoeg het. Al die tyd hou hy die sterre en melkweg (of hemelstraat) in die oog om te sien hoe lank hy nog kan wei, rondslenter en plesier neem.Vlermuisie word haastig en roep hom om te kom om huis-toe te gaan. Ewe plesierig maak sy tuimelinge deur die lug en vat koers na hulle slaapplek toe; want die sterre en melkweg lê in die posiesie om die spoedige aanbreek vandie skimmeldag aan te kondig—en dan moet hul al veilig op hulle rusplek wees.Ystervark volg; want hy weet as Vlermuis trek, dan is dit tyd om nie langer te versuim nie. As hy naby sy nes kom, stap hy eers om en om tot hy onderkant die wind kom om te ruik of dit daar by sy nes nog alles veilig is. Hy het sy toorgoed om sy voorlêers aan slaap te maak.Maar die Boesmans ken al die laaie van Ystervark. Hulle wat by die bek van die nes voorlê, voel so vaak dat hul nie hulle oë langer kan oophou nie. Dog hul weet dat dit Ystervark se paljas is; so probeer hul hard om nie te roer of te slaap nie. Hulle gewaar vir Ystervark—hulle skiet, die pyl tref, en daar het hul hom! Maar gewaar Ystervark vir hulle die eerste, en vroegtydig, dan is dit Piet-se-twak met hulle: Ystervark neem die spat, en dis dan die laaste sien van die blikkantien!

No. 44.Ystervark en Vlermuis.
OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel ons iets oor die gewoontes en geaardheid vanYstervarken Vlermuis. Ook word iets omtrent Uil vermeld.Daar was in die ou dae ’n ou Boesman en sy ou vrou wat aan die ou geslag behoor het, en hulle het ’n kleinjong en ’n kleinmeidjie as enigste kinders gehad. Toe die moeder sterf, was die kleinmeidjie nog baie jonk en begin net rond te loop; maar die kleinjong was al so groot dat hy goed kan rondhardloop en sy ouers met klein handreikinkies kan help. Maar nou is hulle wesies.Ná ’n ruk neem die Boesman vir hom ’n ander vrou. Sy was ’n jong meid en het nie baie van ander mense se kinders gehou nie; so het haar twee stiefkinders dit maar nie alte lekker onder haar behandeling gekry nie. Vir die kleinjong het sy ekspres op velle van springbokke laat speel, en het die boog wat sy vader vir hom gemaak het, met vleis van springbokke gesmeer. Daarom het die gees van die springbokke so in die kleinjong en sy boog getrek dat al die springbokke vir hom bang was en hom nooit ’n kans gegee het om naby hulle te kom nie. Maar die seunwas net soos sy pa—baie vlytig—en het baie pyle, klein en groot, gemaak. Maar met hulle op ’n afstand raakskiet, was net verniet. Vir die arme meisiekind het die stiefmoeder totaal verwaarloos en het haar baie honger laat ly; die arme kind het meestal van goggatjies en vlieë moes lewe. Die vader se raas en rusiemaak oor die slegte behandeling van sy kinders het niks gehelp nie. Hy is die meeste van die tyd in die veld om te jag om vir hulle kos te soek. Kom hy tuis, dan het hy so goed en lief as hy in staat was, vir sy kinders gesorg.Maar daar was geen groei in sy kinders nie; hulle was en bly maar twee brokkies van die menslike geslag.Een aand toe dit skemer word, stap die stiefmoeder na die hutte van haar bure om te gaan dans; want daar was baie heuning daardie dag uitgehaal en na daardie hutte toe gebring. Die vader van die twee kinders het ook ’n sakvol heuning gekry; maar hy was nog in die veld, op pad huis-toe. So sit sy twee kinders alleen tuis.Die gestorwe eie moeder van die twee kinders stuur toe vir Uil na haar kinders toe. Uil is ’n towenaar en kan hom in ’n man of uil verander. En hy doen hom toe voor as die regte vader van die kinders. Hy neem die twee kinders met hom saam na die klipkranse waar hy woon. Hy gee hul toe veldkos en veldvrugte, wat daar baie van was; dog die kleinmeidjie was maar te gewend om goggatjies te eet, sodat sy liewers haar gewone kos verkies as veldkos. So verander Uil die seun in ’n ystervark; sy pyle, wat baie was, verander hy in penne, wat in die karos van die kleinjong bly vassteek, sodat niemand hom durfaanrand nie. En die meidjie verander hy in ’n vlermuis, wat van goggatjies, tot vandag toe nog, lewe. Hy wys hul toe ’n spelonk aan om in te woon. Ystervark kruip in ’n skeur, en Vlermuis gaan bo aan die gewelf van die spelonk hang.Voor die towenaar hul verander het, het hy hul eers verbied om weer terug na die hut van hulle ouers te gaan; en ná hy hul verander het, het hy hul vuurvliegies gegee om te eet, sodat hul goed in die donker kan sien. Van toe af kan hul net in die nag sien en was blind in die dag as die son skyn. Kom hul in die daglig uit, dan hol Ystervark teen die klippe en bosse vas, en Vlermuis vlie teen bome en rotse aan, waardeur hul baie seer kry.Van daardie tyd af woon Ystervark en Vlermuis saam in gate.Die ou towenaar het hom dadelik weer in ’n uil verander; ook het hy die afgestorwe moeder van die twee in ’n ander soort uil verander, sodat sy snags haar kinders kan sien en vir hulle besoeke bring. Sy gaan toe bo in die krans in ’n klipskeur slaap wanneer dit dag is, terwyl haar kinders onder die krans in die grot en klipskeur gedurende die dag hulle rus neem.Saans as die son ondergegaan is, as een ster ná die ander dof aan die hemel begin te vertoon, is die moeder-uil die eerste om haar plek te verlaat. Voor sy uit haar skuilplek kom, open sy haar groot oë, rek dit sku vir die lig oop en kyk of dit dalkies nog te lig is. Vind sy dat daar nog te baie lig is, dan byt-byt sy met haar bek asof sy wil vra: „Wanneer word dit dan regtig donker? Ek het mosal baie honger.” Sy gee ’n lui gaap, knyp haar oë vir ’n rukkie dig toe om nog ’n bietjie te sit en wag. Is dit naderhand donker genoeg na haar sin, dan verlaat sy met ’n gil haar plek en gaan naby in ’n boom sit om te kyk of dit nou regtig donker genoeg is. Sy vlie weer verder, en dan weer verder, tot sy ver is. Gewaar sy ’n slapende voëltjie, dan pak sy hom; of sien sy ’n muis, dan val sy op hom aan en sluk hom heel in. Dog die toestand waarin haar twee weeskinders verkeer, grief haar diep; en af en aan gee sy ’n diep kreun, asof iets haar hart erg pynig.Daarna kom Vlermuis met haar klein karossie uit. Sy hou met haar handjies twee punte vas om as vlerkies to dien. Vrolik vladder sy deur die lug en begin dadelik die muskiete en klein goggatjies wat rondvlie, te vang. Onder die oorhangpunte van die krans soek sy spinnekoppe en vlieë; ook die spinnerakke tussen bosse versuim sy nie om te deursnuffel nie. En al wat in die gogga-soort daaraan kleef, is hare.Arrie, wag, hier kom Ystervark uit. Hy luister of hy niks hoor nie. Daarvoor staan hy botstil; want hy kan baie fyn hoor. Voetjie-vir-voetjie, sonder raas, gaan hy voort—altyd met die neus teen die wind op; want net so fyn as sy gehoor is, net so skerp is sy ruik ontwikkel. Hy ruik hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe om seker te maak of alles veilig is. Ag hy dit raadsaam, dan stap hy huiwerig voort; want hy hou hom nog altyd gereed om kortom na sy nes om te spring as ’n gevaar hom skielik bedreig. Al die tyd vladder sy sustertjie, Vlermuis, vrolik oor hom in die lug. Sy is bly om hom weer te sien.Saam gaan hulle veld-toe; hy grawe veldkos, sy vergas haar nog steeds aan die vlieënde goggatjies. Hulle slaan ag op die sterre en melkweg om te weet wanneer dit weer dag sal word; dan moet hul tuis wees—nog voor die eerste ligstrale die dagbreek aankondig.Vlermuis is veilig, want sy kan so lugtig met haar karosse deur die lug omkantel en ronddartel. Maar Ystervark glad nie—al het hy al sy pyle (penne) met hom meegebring. Hy kan met sy pyle maar net ’n klein entjie ver skiet. (Dis ’n Hottentot- en Boesman-bygeloof.) Maar ver kan hy glad nie skiet nie.Wag, hier kom Jakkals aan. Ystervark gaan stilletjies met sy kop in die bos staan, en hy wys sy penne. Jakkals kom agter verby. Ystervark is klaar en los ’n paar van sy pyle (penne) op Jakkals en neem die vlug. Hy vlug in ’n nou gat—kop na voor en die punte van sy penne na agter—en staan in verdediging klaar vir Jakkals. As Jakkals goed oortuig is dat dit nou neusie-verby is met hom, dan draai hy droë-bek om en vat sy ou gewone draffie glad in ’n ander koers om iets beters te gaan soek.As Ystervark bemerk dat alles weer veilig is, dan begin hy weer veldkos te grawe tot hy genoeg het. Al die tyd hou hy die sterre en melkweg (of hemelstraat) in die oog om te sien hoe lank hy nog kan wei, rondslenter en plesier neem.Vlermuisie word haastig en roep hom om te kom om huis-toe te gaan. Ewe plesierig maak sy tuimelinge deur die lug en vat koers na hulle slaapplek toe; want die sterre en melkweg lê in die posiesie om die spoedige aanbreek vandie skimmeldag aan te kondig—en dan moet hul al veilig op hulle rusplek wees.Ystervark volg; want hy weet as Vlermuis trek, dan is dit tyd om nie langer te versuim nie. As hy naby sy nes kom, stap hy eers om en om tot hy onderkant die wind kom om te ruik of dit daar by sy nes nog alles veilig is. Hy het sy toorgoed om sy voorlêers aan slaap te maak.Maar die Boesmans ken al die laaie van Ystervark. Hulle wat by die bek van die nes voorlê, voel so vaak dat hul nie hulle oë langer kan oophou nie. Dog hul weet dat dit Ystervark se paljas is; so probeer hul hard om nie te roer of te slaap nie. Hulle gewaar vir Ystervark—hulle skiet, die pyl tref, en daar het hul hom! Maar gewaar Ystervark vir hulle die eerste, en vroegtydig, dan is dit Piet-se-twak met hulle: Ystervark neem die spat, en dis dan die laaste sien van die blikkantien!
OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel ons iets oor die gewoontes en geaardheid vanYstervarken Vlermuis. Ook word iets omtrent Uil vermeld.
Daar was in die ou dae ’n ou Boesman en sy ou vrou wat aan die ou geslag behoor het, en hulle het ’n kleinjong en ’n kleinmeidjie as enigste kinders gehad. Toe die moeder sterf, was die kleinmeidjie nog baie jonk en begin net rond te loop; maar die kleinjong was al so groot dat hy goed kan rondhardloop en sy ouers met klein handreikinkies kan help. Maar nou is hulle wesies.
Ná ’n ruk neem die Boesman vir hom ’n ander vrou. Sy was ’n jong meid en het nie baie van ander mense se kinders gehou nie; so het haar twee stiefkinders dit maar nie alte lekker onder haar behandeling gekry nie. Vir die kleinjong het sy ekspres op velle van springbokke laat speel, en het die boog wat sy vader vir hom gemaak het, met vleis van springbokke gesmeer. Daarom het die gees van die springbokke so in die kleinjong en sy boog getrek dat al die springbokke vir hom bang was en hom nooit ’n kans gegee het om naby hulle te kom nie. Maar die seunwas net soos sy pa—baie vlytig—en het baie pyle, klein en groot, gemaak. Maar met hulle op ’n afstand raakskiet, was net verniet. Vir die arme meisiekind het die stiefmoeder totaal verwaarloos en het haar baie honger laat ly; die arme kind het meestal van goggatjies en vlieë moes lewe. Die vader se raas en rusiemaak oor die slegte behandeling van sy kinders het niks gehelp nie. Hy is die meeste van die tyd in die veld om te jag om vir hulle kos te soek. Kom hy tuis, dan het hy so goed en lief as hy in staat was, vir sy kinders gesorg.
Maar daar was geen groei in sy kinders nie; hulle was en bly maar twee brokkies van die menslike geslag.
Een aand toe dit skemer word, stap die stiefmoeder na die hutte van haar bure om te gaan dans; want daar was baie heuning daardie dag uitgehaal en na daardie hutte toe gebring. Die vader van die twee kinders het ook ’n sakvol heuning gekry; maar hy was nog in die veld, op pad huis-toe. So sit sy twee kinders alleen tuis.
Die gestorwe eie moeder van die twee kinders stuur toe vir Uil na haar kinders toe. Uil is ’n towenaar en kan hom in ’n man of uil verander. En hy doen hom toe voor as die regte vader van die kinders. Hy neem die twee kinders met hom saam na die klipkranse waar hy woon. Hy gee hul toe veldkos en veldvrugte, wat daar baie van was; dog die kleinmeidjie was maar te gewend om goggatjies te eet, sodat sy liewers haar gewone kos verkies as veldkos. So verander Uil die seun in ’n ystervark; sy pyle, wat baie was, verander hy in penne, wat in die karos van die kleinjong bly vassteek, sodat niemand hom durfaanrand nie. En die meidjie verander hy in ’n vlermuis, wat van goggatjies, tot vandag toe nog, lewe. Hy wys hul toe ’n spelonk aan om in te woon. Ystervark kruip in ’n skeur, en Vlermuis gaan bo aan die gewelf van die spelonk hang.
Voor die towenaar hul verander het, het hy hul eers verbied om weer terug na die hut van hulle ouers te gaan; en ná hy hul verander het, het hy hul vuurvliegies gegee om te eet, sodat hul goed in die donker kan sien. Van toe af kan hul net in die nag sien en was blind in die dag as die son skyn. Kom hul in die daglig uit, dan hol Ystervark teen die klippe en bosse vas, en Vlermuis vlie teen bome en rotse aan, waardeur hul baie seer kry.
Van daardie tyd af woon Ystervark en Vlermuis saam in gate.
Die ou towenaar het hom dadelik weer in ’n uil verander; ook het hy die afgestorwe moeder van die twee in ’n ander soort uil verander, sodat sy snags haar kinders kan sien en vir hulle besoeke bring. Sy gaan toe bo in die krans in ’n klipskeur slaap wanneer dit dag is, terwyl haar kinders onder die krans in die grot en klipskeur gedurende die dag hulle rus neem.
Saans as die son ondergegaan is, as een ster ná die ander dof aan die hemel begin te vertoon, is die moeder-uil die eerste om haar plek te verlaat. Voor sy uit haar skuilplek kom, open sy haar groot oë, rek dit sku vir die lig oop en kyk of dit dalkies nog te lig is. Vind sy dat daar nog te baie lig is, dan byt-byt sy met haar bek asof sy wil vra: „Wanneer word dit dan regtig donker? Ek het mosal baie honger.” Sy gee ’n lui gaap, knyp haar oë vir ’n rukkie dig toe om nog ’n bietjie te sit en wag. Is dit naderhand donker genoeg na haar sin, dan verlaat sy met ’n gil haar plek en gaan naby in ’n boom sit om te kyk of dit nou regtig donker genoeg is. Sy vlie weer verder, en dan weer verder, tot sy ver is. Gewaar sy ’n slapende voëltjie, dan pak sy hom; of sien sy ’n muis, dan val sy op hom aan en sluk hom heel in. Dog die toestand waarin haar twee weeskinders verkeer, grief haar diep; en af en aan gee sy ’n diep kreun, asof iets haar hart erg pynig.
Daarna kom Vlermuis met haar klein karossie uit. Sy hou met haar handjies twee punte vas om as vlerkies to dien. Vrolik vladder sy deur die lug en begin dadelik die muskiete en klein goggatjies wat rondvlie, te vang. Onder die oorhangpunte van die krans soek sy spinnekoppe en vlieë; ook die spinnerakke tussen bosse versuim sy nie om te deursnuffel nie. En al wat in die gogga-soort daaraan kleef, is hare.
Arrie, wag, hier kom Ystervark uit. Hy luister of hy niks hoor nie. Daarvoor staan hy botstil; want hy kan baie fyn hoor. Voetjie-vir-voetjie, sonder raas, gaan hy voort—altyd met die neus teen die wind op; want net so fyn as sy gehoor is, net so skerp is sy ruik ontwikkel. Hy ruik hierdie kant toe, dan weer daardie kant toe om seker te maak of alles veilig is. Ag hy dit raadsaam, dan stap hy huiwerig voort; want hy hou hom nog altyd gereed om kortom na sy nes om te spring as ’n gevaar hom skielik bedreig. Al die tyd vladder sy sustertjie, Vlermuis, vrolik oor hom in die lug. Sy is bly om hom weer te sien.
Saam gaan hulle veld-toe; hy grawe veldkos, sy vergas haar nog steeds aan die vlieënde goggatjies. Hulle slaan ag op die sterre en melkweg om te weet wanneer dit weer dag sal word; dan moet hul tuis wees—nog voor die eerste ligstrale die dagbreek aankondig.
Vlermuis is veilig, want sy kan so lugtig met haar karosse deur die lug omkantel en ronddartel. Maar Ystervark glad nie—al het hy al sy pyle (penne) met hom meegebring. Hy kan met sy pyle maar net ’n klein entjie ver skiet. (Dis ’n Hottentot- en Boesman-bygeloof.) Maar ver kan hy glad nie skiet nie.
Wag, hier kom Jakkals aan. Ystervark gaan stilletjies met sy kop in die bos staan, en hy wys sy penne. Jakkals kom agter verby. Ystervark is klaar en los ’n paar van sy pyle (penne) op Jakkals en neem die vlug. Hy vlug in ’n nou gat—kop na voor en die punte van sy penne na agter—en staan in verdediging klaar vir Jakkals. As Jakkals goed oortuig is dat dit nou neusie-verby is met hom, dan draai hy droë-bek om en vat sy ou gewone draffie glad in ’n ander koers om iets beters te gaan soek.
As Ystervark bemerk dat alles weer veilig is, dan begin hy weer veldkos te grawe tot hy genoeg het. Al die tyd hou hy die sterre en melkweg (of hemelstraat) in die oog om te sien hoe lank hy nog kan wei, rondslenter en plesier neem.
Vlermuisie word haastig en roep hom om te kom om huis-toe te gaan. Ewe plesierig maak sy tuimelinge deur die lug en vat koers na hulle slaapplek toe; want die sterre en melkweg lê in die posiesie om die spoedige aanbreek vandie skimmeldag aan te kondig—en dan moet hul al veilig op hulle rusplek wees.
Ystervark volg; want hy weet as Vlermuis trek, dan is dit tyd om nie langer te versuim nie. As hy naby sy nes kom, stap hy eers om en om tot hy onderkant die wind kom om te ruik of dit daar by sy nes nog alles veilig is. Hy het sy toorgoed om sy voorlêers aan slaap te maak.
Maar die Boesmans ken al die laaie van Ystervark. Hulle wat by die bek van die nes voorlê, voel so vaak dat hul nie hulle oë langer kan oophou nie. Dog hul weet dat dit Ystervark se paljas is; so probeer hul hard om nie te roer of te slaap nie. Hulle gewaar vir Ystervark—hulle skiet, die pyl tref, en daar het hul hom! Maar gewaar Ystervark vir hulle die eerste, en vroegtydig, dan is dit Piet-se-twak met hulle: Ystervark neem die spat, en dis dan die laaste sien van die blikkantien!