No. 45.

No. 45.Twee in een Skot.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n skildering uit die lotgevalle en bygeloof van Boesmans.Dit was ’n voorspoedige dag op die jagveld: ’n Boesman en sy broer het met twee springbokke en ’n jakkals die aand tuisgekom. Toe dit skemer word, begin die slagtery en braaiery van springbokvleis, terwyl dié van die jakkals in ’n pot gekook word. Een van die meide het die lewer en hart van die jakkals vir haar persoonlik in ’n klein potjie op die vuur gesit, want hiervan mag die kinders nie eet nie—vernaamlik die hart. ’n Jakkals is maar vreesagtig; en as kinders sy hart eet, dan groei hul as bangbroeke op en word so lafhartig dat hul vir die kleinste geritsel nes ’n jakkals weghol; daarom gee Boesmans nooit die jakkals se hart aan hulle kinders nie. Maar die oues wat nie meer bang ken nie, mag dit eet; en daarom het die meid dit afsonderlik vir haar in ’n potjie klaargemaak.Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met springbokvleis oorlaai en het toe vir haar verder aan haar lekkerny vergas. Bowendien het sy nog ’n bietjie ongesteld gevoel, so het sy vroeër as die ander onderhaar velle ingekruip. Die ander het ook nie lank versuim nie en het, versadig, haar voorbeeld kort daarop gevolg.Toe alles rustig was en algar hardop snork, kry die meid ’n aaklige droom; en sy begin te skree of sy vermoor word. Die ander skrik wakker van haar geroep. „Hier is ’n leeu! Hy byt my! Help, help!” skree sy, en sy ruk haar kop onder die velle toe.Dit word toe ’n gedoente—die mans is verwar, die kinders huil, en die meide druk hul koppe onder hulle karosse toe.„Waar, waar is die leeu?” roep die mans.„Hier by my! Toe kom help!” antwoord die meid.Dis ’n kwessie van lewensgevaar; die mans gryp hulle boë en asgaaie en soek die danige leeu. Hulle vind niks nie: toe roep haar man uit: „O, ek weet wat dit is; dis die hart van die jakkals wat jou nou kom bangmaak!” En daar was ’n gelag van die ander wêreld. Almal is nugter wakker, en hul begin weer te braai.Die meid was ’n bietjie skaam, en om die saak reg te plooi merk sy op: „Wag, julle sal sien dat hierdie droom, wat my kom waarsku het, nie pure verniet is nie.”„Aag, bog,” roep haar man uit, „drome lieg!” (want Boesmans heg nie so baie waarde aan drome nie, daar hul so baie keer bedroë daarmee uitgekom het). Ná hulle weer geëet het, gaan hul weer inkruip en slaap. Skemerdag was die klomp almal wakker en braai toe die vleis wat nog oorgeskiet het; want die dag om weer te gaan jag, breek aan.Onder die eet sit die man van die meid meteens doodstil en sonder om ’n woord te praat; hy dink diep ná hy sy mondvol vleis haastig ingesluk het.Algar merk dit en sit hom verwonderd aan te kyk, sonder om te vra wat dit beteken. Hy onderbreek die stilte en sê: „Ek voel my vleis op my rug kriewel; dit beteken dat ’n gensbok hier naby sy rug met sy horing krap. Ek voel nou die gekriewel van agter my nek af tot in die waai van my bene; dit beteken dat ons gensbokke gaan skiet en huis-toe dra, want dis hulle bloed wat agter my rug aftap.” Hy kyk op na die kinders en sê: „Toe kinders, loop koes-koes en klim daardie koppie uit en kyk of jul nie wild gewaar nie. Maak gou en kom vir ons dadelik sê.”Sonder om ’n oomblik te wag spring die kinders weg, buk-buk deur die bossies; haastig, dog onopgemerk, beklim hul die koppie en saai hulle oë oor die omliggende veld. Meteens fluister een van die kinders: „Mintig, kyk hier vlak voor ons onder die koppie wei ’n klompie gensbokke!” Saggies hol hul terug en kom dit aan hulle ouers vertel.Die son wou net uitkom.Die mans gryp hulle boë en pylkokers; hul kyk na die koers van die wind om juis te weet op watter plek langs die koppie hul die wild moet gaan voorlê.Duik-duikhol hul soontoe. Elkeen vat daar vir hom ’n wegkruipplek; en die man wat die krieweling agter sy rug gevoel het, steek hom agter die stam van ’n dik boom weg, en hy loer.Goeie genugtig, wat sal hy sien! Kort voor hom lê ’n knewel van ’n leeu, wat ook die gensbokke voorlê. Die Boesman werp ’n blik teen die boomstam op om te sien ofdaar maklik opklimplek is. Toe hy daarvan oortuig was dat hy sonder om te sukkel die boom kan in vlug, rig hy weer sy oë op die leeu, wat die Boesmans nog nie gewaar het nie; want die leeu se aandag was te onverdeeld op die gensbokke bepaal. Ook die wild het die wind aan hulle sy en merk nog geen onraad nie.Wat nou gedoen? Stil lê is die veiligste vir die Boesman.Die bokke wei nader en nader. Die leeu ag dit sy tyd om sy dodelike spring te maak. Hy raap hom op, en daar het hy ’n groot gensbok. Die ander bokke skrik, en hulle kom so naby die ander jagters dat elkeen ’n raakskot kry; net die een in die boom skiet nie. Toe eers gewaar die leeu die Boesmans, en die ander Boesmans gewaar ook vir hom. By hierdie tyd sit die een Boesman al in die boom en roep aan sy maats uit om ook in bome te klim, want hy sal ’n geraas maak dat die leeu hom in die oog moet hou.Die leeu staan by sy bok wat hy gevang het, kyk na die een in die boom en waai sy stert. Af en toe werp hy dwars blikke om die doen en late van die ander jagters gade te slaan.Dog hy was onder pylskot van die boom. Die pyl vlie en tref die leeu in die week van sy kruis—en dit is oorgenoeg!So het die boomklimmer ’n gensbok en ’n leeu met een pylskot.

No. 45.Twee in een Skot.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n skildering uit die lotgevalle en bygeloof van Boesmans.Dit was ’n voorspoedige dag op die jagveld: ’n Boesman en sy broer het met twee springbokke en ’n jakkals die aand tuisgekom. Toe dit skemer word, begin die slagtery en braaiery van springbokvleis, terwyl dié van die jakkals in ’n pot gekook word. Een van die meide het die lewer en hart van die jakkals vir haar persoonlik in ’n klein potjie op die vuur gesit, want hiervan mag die kinders nie eet nie—vernaamlik die hart. ’n Jakkals is maar vreesagtig; en as kinders sy hart eet, dan groei hul as bangbroeke op en word so lafhartig dat hul vir die kleinste geritsel nes ’n jakkals weghol; daarom gee Boesmans nooit die jakkals se hart aan hulle kinders nie. Maar die oues wat nie meer bang ken nie, mag dit eet; en daarom het die meid dit afsonderlik vir haar in ’n potjie klaargemaak.Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met springbokvleis oorlaai en het toe vir haar verder aan haar lekkerny vergas. Bowendien het sy nog ’n bietjie ongesteld gevoel, so het sy vroeër as die ander onderhaar velle ingekruip. Die ander het ook nie lank versuim nie en het, versadig, haar voorbeeld kort daarop gevolg.Toe alles rustig was en algar hardop snork, kry die meid ’n aaklige droom; en sy begin te skree of sy vermoor word. Die ander skrik wakker van haar geroep. „Hier is ’n leeu! Hy byt my! Help, help!” skree sy, en sy ruk haar kop onder die velle toe.Dit word toe ’n gedoente—die mans is verwar, die kinders huil, en die meide druk hul koppe onder hulle karosse toe.„Waar, waar is die leeu?” roep die mans.„Hier by my! Toe kom help!” antwoord die meid.Dis ’n kwessie van lewensgevaar; die mans gryp hulle boë en asgaaie en soek die danige leeu. Hulle vind niks nie: toe roep haar man uit: „O, ek weet wat dit is; dis die hart van die jakkals wat jou nou kom bangmaak!” En daar was ’n gelag van die ander wêreld. Almal is nugter wakker, en hul begin weer te braai.Die meid was ’n bietjie skaam, en om die saak reg te plooi merk sy op: „Wag, julle sal sien dat hierdie droom, wat my kom waarsku het, nie pure verniet is nie.”„Aag, bog,” roep haar man uit, „drome lieg!” (want Boesmans heg nie so baie waarde aan drome nie, daar hul so baie keer bedroë daarmee uitgekom het). Ná hulle weer geëet het, gaan hul weer inkruip en slaap. Skemerdag was die klomp almal wakker en braai toe die vleis wat nog oorgeskiet het; want die dag om weer te gaan jag, breek aan.Onder die eet sit die man van die meid meteens doodstil en sonder om ’n woord te praat; hy dink diep ná hy sy mondvol vleis haastig ingesluk het.Algar merk dit en sit hom verwonderd aan te kyk, sonder om te vra wat dit beteken. Hy onderbreek die stilte en sê: „Ek voel my vleis op my rug kriewel; dit beteken dat ’n gensbok hier naby sy rug met sy horing krap. Ek voel nou die gekriewel van agter my nek af tot in die waai van my bene; dit beteken dat ons gensbokke gaan skiet en huis-toe dra, want dis hulle bloed wat agter my rug aftap.” Hy kyk op na die kinders en sê: „Toe kinders, loop koes-koes en klim daardie koppie uit en kyk of jul nie wild gewaar nie. Maak gou en kom vir ons dadelik sê.”Sonder om ’n oomblik te wag spring die kinders weg, buk-buk deur die bossies; haastig, dog onopgemerk, beklim hul die koppie en saai hulle oë oor die omliggende veld. Meteens fluister een van die kinders: „Mintig, kyk hier vlak voor ons onder die koppie wei ’n klompie gensbokke!” Saggies hol hul terug en kom dit aan hulle ouers vertel.Die son wou net uitkom.Die mans gryp hulle boë en pylkokers; hul kyk na die koers van die wind om juis te weet op watter plek langs die koppie hul die wild moet gaan voorlê.Duik-duikhol hul soontoe. Elkeen vat daar vir hom ’n wegkruipplek; en die man wat die krieweling agter sy rug gevoel het, steek hom agter die stam van ’n dik boom weg, en hy loer.Goeie genugtig, wat sal hy sien! Kort voor hom lê ’n knewel van ’n leeu, wat ook die gensbokke voorlê. Die Boesman werp ’n blik teen die boomstam op om te sien ofdaar maklik opklimplek is. Toe hy daarvan oortuig was dat hy sonder om te sukkel die boom kan in vlug, rig hy weer sy oë op die leeu, wat die Boesmans nog nie gewaar het nie; want die leeu se aandag was te onverdeeld op die gensbokke bepaal. Ook die wild het die wind aan hulle sy en merk nog geen onraad nie.Wat nou gedoen? Stil lê is die veiligste vir die Boesman.Die bokke wei nader en nader. Die leeu ag dit sy tyd om sy dodelike spring te maak. Hy raap hom op, en daar het hy ’n groot gensbok. Die ander bokke skrik, en hulle kom so naby die ander jagters dat elkeen ’n raakskot kry; net die een in die boom skiet nie. Toe eers gewaar die leeu die Boesmans, en die ander Boesmans gewaar ook vir hom. By hierdie tyd sit die een Boesman al in die boom en roep aan sy maats uit om ook in bome te klim, want hy sal ’n geraas maak dat die leeu hom in die oog moet hou.Die leeu staan by sy bok wat hy gevang het, kyk na die een in die boom en waai sy stert. Af en toe werp hy dwars blikke om die doen en late van die ander jagters gade te slaan.Dog hy was onder pylskot van die boom. Die pyl vlie en tref die leeu in die week van sy kruis—en dit is oorgenoeg!So het die boomklimmer ’n gensbok en ’n leeu met een pylskot.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n skildering uit die lotgevalle en bygeloof van Boesmans.

Dit was ’n voorspoedige dag op die jagveld: ’n Boesman en sy broer het met twee springbokke en ’n jakkals die aand tuisgekom. Toe dit skemer word, begin die slagtery en braaiery van springbokvleis, terwyl dié van die jakkals in ’n pot gekook word. Een van die meide het die lewer en hart van die jakkals vir haar persoonlik in ’n klein potjie op die vuur gesit, want hiervan mag die kinders nie eet nie—vernaamlik die hart. ’n Jakkals is maar vreesagtig; en as kinders sy hart eet, dan groei hul as bangbroeke op en word so lafhartig dat hul vir die kleinste geritsel nes ’n jakkals weghol; daarom gee Boesmans nooit die jakkals se hart aan hulle kinders nie. Maar die oues wat nie meer bang ken nie, mag dit eet; en daarom het die meid dit afsonderlik vir haar in ’n potjie klaargemaak.

Hulle het daardie aand baie geëet; die meid was nie alleen met die jakkals se harslag tevrede nie, maar het haar maag eers met springbokvleis oorlaai en het toe vir haar verder aan haar lekkerny vergas. Bowendien het sy nog ’n bietjie ongesteld gevoel, so het sy vroeër as die ander onderhaar velle ingekruip. Die ander het ook nie lank versuim nie en het, versadig, haar voorbeeld kort daarop gevolg.

Toe alles rustig was en algar hardop snork, kry die meid ’n aaklige droom; en sy begin te skree of sy vermoor word. Die ander skrik wakker van haar geroep. „Hier is ’n leeu! Hy byt my! Help, help!” skree sy, en sy ruk haar kop onder die velle toe.

Dit word toe ’n gedoente—die mans is verwar, die kinders huil, en die meide druk hul koppe onder hulle karosse toe.

„Waar, waar is die leeu?” roep die mans.

„Hier by my! Toe kom help!” antwoord die meid.

Dis ’n kwessie van lewensgevaar; die mans gryp hulle boë en asgaaie en soek die danige leeu. Hulle vind niks nie: toe roep haar man uit: „O, ek weet wat dit is; dis die hart van die jakkals wat jou nou kom bangmaak!” En daar was ’n gelag van die ander wêreld. Almal is nugter wakker, en hul begin weer te braai.

Die meid was ’n bietjie skaam, en om die saak reg te plooi merk sy op: „Wag, julle sal sien dat hierdie droom, wat my kom waarsku het, nie pure verniet is nie.”

„Aag, bog,” roep haar man uit, „drome lieg!” (want Boesmans heg nie so baie waarde aan drome nie, daar hul so baie keer bedroë daarmee uitgekom het). Ná hulle weer geëet het, gaan hul weer inkruip en slaap. Skemerdag was die klomp almal wakker en braai toe die vleis wat nog oorgeskiet het; want die dag om weer te gaan jag, breek aan.

Onder die eet sit die man van die meid meteens doodstil en sonder om ’n woord te praat; hy dink diep ná hy sy mondvol vleis haastig ingesluk het.

Algar merk dit en sit hom verwonderd aan te kyk, sonder om te vra wat dit beteken. Hy onderbreek die stilte en sê: „Ek voel my vleis op my rug kriewel; dit beteken dat ’n gensbok hier naby sy rug met sy horing krap. Ek voel nou die gekriewel van agter my nek af tot in die waai van my bene; dit beteken dat ons gensbokke gaan skiet en huis-toe dra, want dis hulle bloed wat agter my rug aftap.” Hy kyk op na die kinders en sê: „Toe kinders, loop koes-koes en klim daardie koppie uit en kyk of jul nie wild gewaar nie. Maak gou en kom vir ons dadelik sê.”

Sonder om ’n oomblik te wag spring die kinders weg, buk-buk deur die bossies; haastig, dog onopgemerk, beklim hul die koppie en saai hulle oë oor die omliggende veld. Meteens fluister een van die kinders: „Mintig, kyk hier vlak voor ons onder die koppie wei ’n klompie gensbokke!” Saggies hol hul terug en kom dit aan hulle ouers vertel.

Die son wou net uitkom.

Die mans gryp hulle boë en pylkokers; hul kyk na die koers van die wind om juis te weet op watter plek langs die koppie hul die wild moet gaan voorlê.Duik-duikhol hul soontoe. Elkeen vat daar vir hom ’n wegkruipplek; en die man wat die krieweling agter sy rug gevoel het, steek hom agter die stam van ’n dik boom weg, en hy loer.

Goeie genugtig, wat sal hy sien! Kort voor hom lê ’n knewel van ’n leeu, wat ook die gensbokke voorlê. Die Boesman werp ’n blik teen die boomstam op om te sien ofdaar maklik opklimplek is. Toe hy daarvan oortuig was dat hy sonder om te sukkel die boom kan in vlug, rig hy weer sy oë op die leeu, wat die Boesmans nog nie gewaar het nie; want die leeu se aandag was te onverdeeld op die gensbokke bepaal. Ook die wild het die wind aan hulle sy en merk nog geen onraad nie.

Wat nou gedoen? Stil lê is die veiligste vir die Boesman.

Die bokke wei nader en nader. Die leeu ag dit sy tyd om sy dodelike spring te maak. Hy raap hom op, en daar het hy ’n groot gensbok. Die ander bokke skrik, en hulle kom so naby die ander jagters dat elkeen ’n raakskot kry; net die een in die boom skiet nie. Toe eers gewaar die leeu die Boesmans, en die ander Boesmans gewaar ook vir hom. By hierdie tyd sit die een Boesman al in die boom en roep aan sy maats uit om ook in bome te klim, want hy sal ’n geraas maak dat die leeu hom in die oog moet hou.

Die leeu staan by sy bok wat hy gevang het, kyk na die een in die boom en waai sy stert. Af en toe werp hy dwars blikke om die doen en late van die ander jagters gade te slaan.

Dog hy was onder pylskot van die boom. Die pyl vlie en tref die leeu in die week van sy kruis—en dit is oorgenoeg!

So het die boomklimmer ’n gensbok en ’n leeu met een pylskot.

Back to IndexNext