No. 46.Die Hamerkopvoël en die Swaweltjies.OPMERKINGS:—Hierdie storie is aan my in 1885 deur ’n Transvaalse Boesman vertel.Die hamerkopvoël weet van meer dinge as ons van weet. Diegene wat verstand het, verstaan wat hy vertel; maar dié wat nie verstand besit nie, weet ook nie om hom te verstaan nie. Hy bou sy huis bo-op ’n oorhangklip van ’n steil klipkrans wat by ’n gat water is. Sy nes maak hy van stokke en gras, en dit is so groot dat dit ’n halwe wa-vrag hout is. Die deur van sy huis maak hy op die randjie van die oorhangklip, sodat hy maklik na onder in die gat water kan kyk.In die water sien hy die gedaante van bome, berge wolke, van die son, maan en sterre. En hy verstaan alles wat dié goeters vir hom kom vertel. Hy gaan dan die tyding aan die betrokke mense vertel; want hy bly nie stil as hy iets weet nie.Die swaweltjies (kransswaweltjies) maak weer hulle huisiesonderdie oorhangklip. Die nessies lyk soos die maan, waarvan die twee horings na bo staan. Die kransswaweltjies bou hulle huisies van klei op ’n hoop en maak nie tuite vir deurtjies soos die huisswaweltjies nie. Daaromlyk hulle nessies in vorm nes die afsterwende maan; want Hamerkop het hul gesê om dit so te bou.Nou, die maan, as hy ’n bak na boontoe maak, dra die lyke van mense wat net gesterwe het. En die swaweltjies is gestorwe kindertjies wat weer lewendig geword het. As die maan weer half word, dan verdwyn die holte, en dan is daar nie meer plek vir die kindertjies nie; so val hul uit die lug en word dan swaweltjies. Hamerkop gaan hul dan haal en bring hul na die nessies wat net soos die gehoringde maan lyk. Ja, hy leer hul selfs om so ’n patroon van nessie te maak; en die swaweltjies hou net baie daarvan.Hamerkop het die swaweltjies aan Son gegee. As dit winter word en Son trek noordwaarts weg, dan roep hy sy kindertjies om saam te gaan waar hy lekker gaan skyn en waar hulle by ’n ander Hamerkop kan gaan woon. Op hulle reis deur die lug soontoe, en met hulle terugreis hiernatoe, sien en gewaar hul baie dingetjies. Dit alles gaan hul aan Hamerkop vertel. Hy sit dan mooi na hulle tierelier te luister, en dit maak hom ook nog slimmer.Een aand toe dit donker word, kyk Hamerkop meteens voor hom uit sy nes op die water (want die bek van sy nes gaan skuins van onder in). Hy sien in die water dat ’n groot moordbende van lang swart mense in aantog is. Hy vlie dadelik uit en roep vir Uil, wat ook daar naby sy huis in dieselfde krans het, en sê dat hulle twee die Boesmans moet gaan waarsku dat hulle lewe ingevaaris.Die twee vlie toe weg en kom by die eerste en verste Boesmans hulle kraaltjie aan. Hamerkop vlie heen enweer in die skemer oor die hutte en maak sy skril geluid keer op keer. Uil gaan in ’n boom sit en sit daar te hoe-hoe. Dog dit was dom Boesmans wat nie verstaan nie; hulle klap op hulle hande om vir Hamerkop weg te ja, en die kinders neem klippe en gooi Uil daarmee. Die gevolg was: albei, Hamerkop en Uil, vlie bedroef weg.Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan, en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook hier begin hul die twee weg te ja; maar daar was ’n stokou Boesman, wat slim is en dinge verstaan. Hy roep uit dat die ander nie so moet maak nie. Hulle hou dadelik op en hol na die ou man toe om te hoor wat hy te sê het; want algar het hom as baie verstandig beskou.Hy antwoord toe: „Arrie, waarom doen julle sulke dinge? Hoor jul nie dat die twee voëls ons kom waarsku nie? Wag, stil, laat ek eers hoor wat hulle te sê het.”Ná die voëls hulle waarskuwing uitgespreek het, vlie hul weg; en toe vertel die ou man dat die twee kom vertel dat ’n moordbende Kaffers in aantog is en dat die statjie se volk gereed moet wees.Die anderdagoggend toe die swaweltjies uit hulle nessies vlie, roep Hamerkop hulle en sê dat hul in die water moet kyk, dan sal hul ’n moordbende Kaffers in die verte sien aankom. Die Kaffers sal vanaand ’n kraal van die Boesmans aanval, dan sal hul weer baie kinders vermoor, sodat die swaweltjies weer ’n klomp boeties en sussies sal bykry.Die swaweltjies treur toe oor die slegte tyding; want hulle self was net so deur ander vermoor of deur siekte omgekom. Hulle sweef toe laag oor die water om daarin te kyk om te sien wat in die verte aangaan. Daardie dag egter het stil verbygaan; al wat hul in die water gesien het, is hoe die lang swart mense in aantog is.Daardie aand verskiet daar baie sterretjies. Die swaweltjies kan uit hulle huisies op die water sien hoe die sterre heen en weer verskiet. Sommige word benoud en dink dis die swartes wat so met vuur rondsmyt. Dog Hamerkop kom uit en kyk hoe die sterre in die lug nes vuurstompe rondvlie. Hy roep uit: „Nou moor die groot swartes die klein bruinetjies uit. Ek kan sien, dis by die eerste en verste kraal waar Uil en ek gisteraand was. Hulle daar wou mos nie vir ons glo nie.”Hy kyk gedurig in die water en in die lug. Later in die nag begin weer enige sterre met langer sterte te verskiet. Die swaweltjies word toe weer virdieskietligte bevrees en begin weer te woel.Maar Hamerkop sê: „Wees julle maar gerus; die groot swartes maak nou die aanval by die twede en naaste kraaltjie, waar Uil en ek gisteraand was; die Boesmans sit daar gewapen in ’n kliprandjie en skiet die groot swartes by hope dood—ek kan in die water sien hoe hul omrol.”Maan was net by hierdie tyd weer bak na bo. Die dooies lê weer in die holte; maar ná enige dae was die hol plek gelyk toegegroei (eerste kwartier), toe val die liggame van Maan af; en toe Son uitkom, stuur hy die bruin kindertjies van die Boesmans lewendig na Hamerkop toe.Hulle word swaweltjies en word ewe lief deur die ander boeties en sussies verwelkom. Dadelik begin hul naas die ander vir hulle halfmaannessies bou, sonder dat die ander swaweltjies hulle belet.Vir die groot swart Kaffers het die Son in swart kraaie verander—die soort kraaie wat so in die mielielande kan pla; want Kaffers leef mos van mieliepap. Net soos die Kaffers kan hard praat en raas, net so ’n rumoer skop daardie swart voëls op. Daarom wou Hamerkop vir hulle nie by hom in die krans hê nie. So het die swartgoed getrek en woon weer waar hul vandaan gekom het, en pla daar tot vandag toe nog straf in die mielielande; terwyl Hamerkop en die kindertjies van Son, die swaweltjies, tot vandag toe nog in kranse saam in liefde woon.

No. 46.Die Hamerkopvoël en die Swaweltjies.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is aan my in 1885 deur ’n Transvaalse Boesman vertel.Die hamerkopvoël weet van meer dinge as ons van weet. Diegene wat verstand het, verstaan wat hy vertel; maar dié wat nie verstand besit nie, weet ook nie om hom te verstaan nie. Hy bou sy huis bo-op ’n oorhangklip van ’n steil klipkrans wat by ’n gat water is. Sy nes maak hy van stokke en gras, en dit is so groot dat dit ’n halwe wa-vrag hout is. Die deur van sy huis maak hy op die randjie van die oorhangklip, sodat hy maklik na onder in die gat water kan kyk.In die water sien hy die gedaante van bome, berge wolke, van die son, maan en sterre. En hy verstaan alles wat dié goeters vir hom kom vertel. Hy gaan dan die tyding aan die betrokke mense vertel; want hy bly nie stil as hy iets weet nie.Die swaweltjies (kransswaweltjies) maak weer hulle huisiesonderdie oorhangklip. Die nessies lyk soos die maan, waarvan die twee horings na bo staan. Die kransswaweltjies bou hulle huisies van klei op ’n hoop en maak nie tuite vir deurtjies soos die huisswaweltjies nie. Daaromlyk hulle nessies in vorm nes die afsterwende maan; want Hamerkop het hul gesê om dit so te bou.Nou, die maan, as hy ’n bak na boontoe maak, dra die lyke van mense wat net gesterwe het. En die swaweltjies is gestorwe kindertjies wat weer lewendig geword het. As die maan weer half word, dan verdwyn die holte, en dan is daar nie meer plek vir die kindertjies nie; so val hul uit die lug en word dan swaweltjies. Hamerkop gaan hul dan haal en bring hul na die nessies wat net soos die gehoringde maan lyk. Ja, hy leer hul selfs om so ’n patroon van nessie te maak; en die swaweltjies hou net baie daarvan.Hamerkop het die swaweltjies aan Son gegee. As dit winter word en Son trek noordwaarts weg, dan roep hy sy kindertjies om saam te gaan waar hy lekker gaan skyn en waar hulle by ’n ander Hamerkop kan gaan woon. Op hulle reis deur die lug soontoe, en met hulle terugreis hiernatoe, sien en gewaar hul baie dingetjies. Dit alles gaan hul aan Hamerkop vertel. Hy sit dan mooi na hulle tierelier te luister, en dit maak hom ook nog slimmer.Een aand toe dit donker word, kyk Hamerkop meteens voor hom uit sy nes op die water (want die bek van sy nes gaan skuins van onder in). Hy sien in die water dat ’n groot moordbende van lang swart mense in aantog is. Hy vlie dadelik uit en roep vir Uil, wat ook daar naby sy huis in dieselfde krans het, en sê dat hulle twee die Boesmans moet gaan waarsku dat hulle lewe ingevaaris.Die twee vlie toe weg en kom by die eerste en verste Boesmans hulle kraaltjie aan. Hamerkop vlie heen enweer in die skemer oor die hutte en maak sy skril geluid keer op keer. Uil gaan in ’n boom sit en sit daar te hoe-hoe. Dog dit was dom Boesmans wat nie verstaan nie; hulle klap op hulle hande om vir Hamerkop weg te ja, en die kinders neem klippe en gooi Uil daarmee. Die gevolg was: albei, Hamerkop en Uil, vlie bedroef weg.Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan, en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook hier begin hul die twee weg te ja; maar daar was ’n stokou Boesman, wat slim is en dinge verstaan. Hy roep uit dat die ander nie so moet maak nie. Hulle hou dadelik op en hol na die ou man toe om te hoor wat hy te sê het; want algar het hom as baie verstandig beskou.Hy antwoord toe: „Arrie, waarom doen julle sulke dinge? Hoor jul nie dat die twee voëls ons kom waarsku nie? Wag, stil, laat ek eers hoor wat hulle te sê het.”Ná die voëls hulle waarskuwing uitgespreek het, vlie hul weg; en toe vertel die ou man dat die twee kom vertel dat ’n moordbende Kaffers in aantog is en dat die statjie se volk gereed moet wees.Die anderdagoggend toe die swaweltjies uit hulle nessies vlie, roep Hamerkop hulle en sê dat hul in die water moet kyk, dan sal hul ’n moordbende Kaffers in die verte sien aankom. Die Kaffers sal vanaand ’n kraal van die Boesmans aanval, dan sal hul weer baie kinders vermoor, sodat die swaweltjies weer ’n klomp boeties en sussies sal bykry.Die swaweltjies treur toe oor die slegte tyding; want hulle self was net so deur ander vermoor of deur siekte omgekom. Hulle sweef toe laag oor die water om daarin te kyk om te sien wat in die verte aangaan. Daardie dag egter het stil verbygaan; al wat hul in die water gesien het, is hoe die lang swart mense in aantog is.Daardie aand verskiet daar baie sterretjies. Die swaweltjies kan uit hulle huisies op die water sien hoe die sterre heen en weer verskiet. Sommige word benoud en dink dis die swartes wat so met vuur rondsmyt. Dog Hamerkop kom uit en kyk hoe die sterre in die lug nes vuurstompe rondvlie. Hy roep uit: „Nou moor die groot swartes die klein bruinetjies uit. Ek kan sien, dis by die eerste en verste kraal waar Uil en ek gisteraand was. Hulle daar wou mos nie vir ons glo nie.”Hy kyk gedurig in die water en in die lug. Later in die nag begin weer enige sterre met langer sterte te verskiet. Die swaweltjies word toe weer virdieskietligte bevrees en begin weer te woel.Maar Hamerkop sê: „Wees julle maar gerus; die groot swartes maak nou die aanval by die twede en naaste kraaltjie, waar Uil en ek gisteraand was; die Boesmans sit daar gewapen in ’n kliprandjie en skiet die groot swartes by hope dood—ek kan in die water sien hoe hul omrol.”Maan was net by hierdie tyd weer bak na bo. Die dooies lê weer in die holte; maar ná enige dae was die hol plek gelyk toegegroei (eerste kwartier), toe val die liggame van Maan af; en toe Son uitkom, stuur hy die bruin kindertjies van die Boesmans lewendig na Hamerkop toe.Hulle word swaweltjies en word ewe lief deur die ander boeties en sussies verwelkom. Dadelik begin hul naas die ander vir hulle halfmaannessies bou, sonder dat die ander swaweltjies hulle belet.Vir die groot swart Kaffers het die Son in swart kraaie verander—die soort kraaie wat so in die mielielande kan pla; want Kaffers leef mos van mieliepap. Net soos die Kaffers kan hard praat en raas, net so ’n rumoer skop daardie swart voëls op. Daarom wou Hamerkop vir hulle nie by hom in die krans hê nie. So het die swartgoed getrek en woon weer waar hul vandaan gekom het, en pla daar tot vandag toe nog straf in die mielielande; terwyl Hamerkop en die kindertjies van Son, die swaweltjies, tot vandag toe nog in kranse saam in liefde woon.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is aan my in 1885 deur ’n Transvaalse Boesman vertel.
Die hamerkopvoël weet van meer dinge as ons van weet. Diegene wat verstand het, verstaan wat hy vertel; maar dié wat nie verstand besit nie, weet ook nie om hom te verstaan nie. Hy bou sy huis bo-op ’n oorhangklip van ’n steil klipkrans wat by ’n gat water is. Sy nes maak hy van stokke en gras, en dit is so groot dat dit ’n halwe wa-vrag hout is. Die deur van sy huis maak hy op die randjie van die oorhangklip, sodat hy maklik na onder in die gat water kan kyk.
In die water sien hy die gedaante van bome, berge wolke, van die son, maan en sterre. En hy verstaan alles wat dié goeters vir hom kom vertel. Hy gaan dan die tyding aan die betrokke mense vertel; want hy bly nie stil as hy iets weet nie.
Die swaweltjies (kransswaweltjies) maak weer hulle huisiesonderdie oorhangklip. Die nessies lyk soos die maan, waarvan die twee horings na bo staan. Die kransswaweltjies bou hulle huisies van klei op ’n hoop en maak nie tuite vir deurtjies soos die huisswaweltjies nie. Daaromlyk hulle nessies in vorm nes die afsterwende maan; want Hamerkop het hul gesê om dit so te bou.
Nou, die maan, as hy ’n bak na boontoe maak, dra die lyke van mense wat net gesterwe het. En die swaweltjies is gestorwe kindertjies wat weer lewendig geword het. As die maan weer half word, dan verdwyn die holte, en dan is daar nie meer plek vir die kindertjies nie; so val hul uit die lug en word dan swaweltjies. Hamerkop gaan hul dan haal en bring hul na die nessies wat net soos die gehoringde maan lyk. Ja, hy leer hul selfs om so ’n patroon van nessie te maak; en die swaweltjies hou net baie daarvan.
Hamerkop het die swaweltjies aan Son gegee. As dit winter word en Son trek noordwaarts weg, dan roep hy sy kindertjies om saam te gaan waar hy lekker gaan skyn en waar hulle by ’n ander Hamerkop kan gaan woon. Op hulle reis deur die lug soontoe, en met hulle terugreis hiernatoe, sien en gewaar hul baie dingetjies. Dit alles gaan hul aan Hamerkop vertel. Hy sit dan mooi na hulle tierelier te luister, en dit maak hom ook nog slimmer.
Een aand toe dit donker word, kyk Hamerkop meteens voor hom uit sy nes op die water (want die bek van sy nes gaan skuins van onder in). Hy sien in die water dat ’n groot moordbende van lang swart mense in aantog is. Hy vlie dadelik uit en roep vir Uil, wat ook daar naby sy huis in dieselfde krans het, en sê dat hulle twee die Boesmans moet gaan waarsku dat hulle lewe ingevaaris.
Die twee vlie toe weg en kom by die eerste en verste Boesmans hulle kraaltjie aan. Hamerkop vlie heen enweer in die skemer oor die hutte en maak sy skril geluid keer op keer. Uil gaan in ’n boom sit en sit daar te hoe-hoe. Dog dit was dom Boesmans wat nie verstaan nie; hulle klap op hulle hande om vir Hamerkop weg te ja, en die kinders neem klippe en gooi Uil daarmee. Die gevolg was: albei, Hamerkop en Uil, vlie bedroef weg.
Hulle twee kom toe terug en gaan by die twede Boesman-kraaltjie aan, en hulle maak net soos hul by die eerste kraaltjie gemaak het. Ook hier begin hul die twee weg te ja; maar daar was ’n stokou Boesman, wat slim is en dinge verstaan. Hy roep uit dat die ander nie so moet maak nie. Hulle hou dadelik op en hol na die ou man toe om te hoor wat hy te sê het; want algar het hom as baie verstandig beskou.
Hy antwoord toe: „Arrie, waarom doen julle sulke dinge? Hoor jul nie dat die twee voëls ons kom waarsku nie? Wag, stil, laat ek eers hoor wat hulle te sê het.”
Ná die voëls hulle waarskuwing uitgespreek het, vlie hul weg; en toe vertel die ou man dat die twee kom vertel dat ’n moordbende Kaffers in aantog is en dat die statjie se volk gereed moet wees.
Die anderdagoggend toe die swaweltjies uit hulle nessies vlie, roep Hamerkop hulle en sê dat hul in die water moet kyk, dan sal hul ’n moordbende Kaffers in die verte sien aankom. Die Kaffers sal vanaand ’n kraal van die Boesmans aanval, dan sal hul weer baie kinders vermoor, sodat die swaweltjies weer ’n klomp boeties en sussies sal bykry.
Die swaweltjies treur toe oor die slegte tyding; want hulle self was net so deur ander vermoor of deur siekte omgekom. Hulle sweef toe laag oor die water om daarin te kyk om te sien wat in die verte aangaan. Daardie dag egter het stil verbygaan; al wat hul in die water gesien het, is hoe die lang swart mense in aantog is.
Daardie aand verskiet daar baie sterretjies. Die swaweltjies kan uit hulle huisies op die water sien hoe die sterre heen en weer verskiet. Sommige word benoud en dink dis die swartes wat so met vuur rondsmyt. Dog Hamerkop kom uit en kyk hoe die sterre in die lug nes vuurstompe rondvlie. Hy roep uit: „Nou moor die groot swartes die klein bruinetjies uit. Ek kan sien, dis by die eerste en verste kraal waar Uil en ek gisteraand was. Hulle daar wou mos nie vir ons glo nie.”
Hy kyk gedurig in die water en in die lug. Later in die nag begin weer enige sterre met langer sterte te verskiet. Die swaweltjies word toe weer virdieskietligte bevrees en begin weer te woel.
Maar Hamerkop sê: „Wees julle maar gerus; die groot swartes maak nou die aanval by die twede en naaste kraaltjie, waar Uil en ek gisteraand was; die Boesmans sit daar gewapen in ’n kliprandjie en skiet die groot swartes by hope dood—ek kan in die water sien hoe hul omrol.”
Maan was net by hierdie tyd weer bak na bo. Die dooies lê weer in die holte; maar ná enige dae was die hol plek gelyk toegegroei (eerste kwartier), toe val die liggame van Maan af; en toe Son uitkom, stuur hy die bruin kindertjies van die Boesmans lewendig na Hamerkop toe.Hulle word swaweltjies en word ewe lief deur die ander boeties en sussies verwelkom. Dadelik begin hul naas die ander vir hulle halfmaannessies bou, sonder dat die ander swaweltjies hulle belet.
Vir die groot swart Kaffers het die Son in swart kraaie verander—die soort kraaie wat so in die mielielande kan pla; want Kaffers leef mos van mieliepap. Net soos die Kaffers kan hard praat en raas, net so ’n rumoer skop daardie swart voëls op. Daarom wou Hamerkop vir hulle nie by hom in die krans hê nie. So het die swartgoed getrek en woon weer waar hul vandaan gekom het, en pla daar tot vandag toe nog straf in die mielielande; terwyl Hamerkop en die kindertjies van Son, die swaweltjies, tot vandag toe nog in kranse saam in liefde woon.