No. 51.

[Inhoud]No. 51.Klipgereedskappe.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier, omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen.In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog ’n soort gereedskap te hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee die mens self hom moet verdedig—so het hy vereers vuursteen geneem en dit reggekap om dit ’n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem.Maar as ’n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om ’n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan ’n beter vorm, sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak word die Nuwe Steentydperk genoem.Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie ou gereedskappe van klip is onverganklik[6]en is vandag nog te vinde, en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip, ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het, is dieselfde as wat ons oupa’s en grootjies vir hulle tonteldose en vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei.Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul dan ’n harder metaal, brons, verkry. A, dit was ’n geluk! Hulle giet toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al ’n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word die Bronstydperk genoem.Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom bygedra het. Wat beteken ’n wêreld vir ons vandag sonder yster?Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet voortgegaan het nie! Die Egiptenare[7]het reeds 4400 jaar voor Kristus ’n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar, toe hy met Engeland in 52v.K.oorlog maak, vind dat die Britte nes Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe.Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk—dit blyk uit die maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het.[11]

No. 51.Klipgereedskappe.

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier, omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen.In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog ’n soort gereedskap te hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee die mens self hom moet verdedig—so het hy vereers vuursteen geneem en dit reggekap om dit ’n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem.Maar as ’n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om ’n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan ’n beter vorm, sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak word die Nuwe Steentydperk genoem.Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie ou gereedskappe van klip is onverganklik[6]en is vandag nog te vinde, en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip, ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het, is dieselfde as wat ons oupa’s en grootjies vir hulle tonteldose en vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei.Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul dan ’n harder metaal, brons, verkry. A, dit was ’n geluk! Hulle giet toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al ’n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word die Bronstydperk genoem.Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom bygedra het. Wat beteken ’n wêreld vir ons vandag sonder yster?Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet voortgegaan het nie! Die Egiptenare[7]het reeds 4400 jaar voor Kristus ’n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar, toe hy met Engeland in 52v.K.oorlog maak, vind dat die Britte nes Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe.Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk—dit blyk uit die maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het.[11]

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier, omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen.

In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog ’n soort gereedskap te hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee die mens self hom moet verdedig—so het hy vereers vuursteen geneem en dit reggekap om dit ’n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem.

Maar as ’n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om ’n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan ’n beter vorm, sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak word die Nuwe Steentydperk genoem.

Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie ou gereedskappe van klip is onverganklik[6]en is vandag nog te vinde, en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip, ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het, is dieselfde as wat ons oupa’s en grootjies vir hulle tonteldose en vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei.

Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul dan ’n harder metaal, brons, verkry. A, dit was ’n geluk! Hulle giet toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al ’n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word die Bronstydperk genoem.

Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom bygedra het. Wat beteken ’n wêreld vir ons vandag sonder yster?

Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet voortgegaan het nie! Die Egiptenare[7]het reeds 4400 jaar voor Kristus ’n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar, toe hy met Engeland in 52v.K.oorlog maak, vind dat die Britte nes Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe.

Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk—dit blyk uit die maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het.[11]

Back to IndexNext