[Inhoud]No. 52.Uit die Geskiedenis.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir dr. W. H. I. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref—ja, selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar gemaak te wees deur ’n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika agter wild rondgeswerf het.Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand se gesig baie duidelik konafbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer beter as die Egiptenare om ’n ding ver of na op ’n tekening te laat lyk.[12]Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar ’n kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het ’n handelstog na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy ’n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het; en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesman is.Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu (Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe ’n groot handelsgeselskap na die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het, teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik, is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus, die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf.Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts, hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans begin toe die vee te steel en[13]op roekelose wyse te slag, wat tot gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword, wat weer ’n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe invloed uit op albei sprake—dié van die Hottentotte en die Kaffers.Toe die blanke bevolking aan die Kaap ’n volkplanting kom aanlê, het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal, Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie.Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het, is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op ’n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om ’n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te ver nie.Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te vang en te slag. Kommando’s is teen hom uitgerus geword; en daar hy ’n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword.[14]Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so ’n voet voortgegaan sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om ’n boerdery mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op ’n mislukking uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie, en vermoor selfs die veewagters op wrede manier.As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon nie—die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie.Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe bevorder het nie.[17]

No. 52.Uit die Geskiedenis.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir dr. W. H. I. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref—ja, selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar gemaak te wees deur ’n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika agter wild rondgeswerf het.Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand se gesig baie duidelik konafbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer beter as die Egiptenare om ’n ding ver of na op ’n tekening te laat lyk.[12]Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar ’n kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het ’n handelstog na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy ’n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het; en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesman is.Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu (Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe ’n groot handelsgeselskap na die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het, teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik, is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus, die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf.Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts, hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans begin toe die vee te steel en[13]op roekelose wyse te slag, wat tot gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword, wat weer ’n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe invloed uit op albei sprake—dié van die Hottentotte en die Kaffers.Toe die blanke bevolking aan die Kaap ’n volkplanting kom aanlê, het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal, Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie.Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het, is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op ’n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om ’n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te ver nie.Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te vang en te slag. Kommando’s is teen hom uitgerus geword; en daar hy ’n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword.[14]Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so ’n voet voortgegaan sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om ’n boerdery mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op ’n mislukking uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie, en vermoor selfs die veewagters op wrede manier.As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon nie—die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie.Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe bevorder het nie.[17]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir dr. W. H. I. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”
Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref—ja, selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar gemaak te wees deur ’n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika agter wild rondgeswerf het.
Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand se gesig baie duidelik konafbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer beter as die Egiptenare om ’n ding ver of na op ’n tekening te laat lyk.[12]Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar ’n kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het ’n handelstog na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy ’n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het; en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesman is.
Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu (Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe ’n groot handelsgeselskap na die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het, teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik, is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus, die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf.
Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts, hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans begin toe die vee te steel en[13]op roekelose wyse te slag, wat tot gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword, wat weer ’n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe invloed uit op albei sprake—dié van die Hottentotte en die Kaffers.
Toe die blanke bevolking aan die Kaap ’n volkplanting kom aanlê, het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal, Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie.
Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het, is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op ’n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om ’n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te ver nie.
Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te vang en te slag. Kommando’s is teen hom uitgerus geword; en daar hy ’n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword.[14]
Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so ’n voet voortgegaan sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om ’n boerdery mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op ’n mislukking uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie, en vermoor selfs die veewagters op wrede manier.
As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon nie—die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie.
Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe bevorder het nie.[17]