[Inhoud]No. 53.No. 53.Die Boesman Self.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self wat ons as Boesman ken.Die Boesman noem hom in sy eie taal,Cham, of liewers gesê,’Cham-ka-’kui(kaisseofsy, en’kui man). Boesmanland noem hy’Cham-ka-’au, en sy taal is’Cham-ka-’kakken.In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans, naamlik van:—Die Dwergies.Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het hul ’n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur, met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van[18]die Boesmans van Suid-Afrika: hulle praat ’n taal wat deur die gewone Boesman verstaan word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde, en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die gewone Boesman. In 1884 het ’n reisende sendeling ons meegedeel dat die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy ’n paar na ’n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom, waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan; en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word as ’n mens die Dwergies na ’n boom van hierdie soort sien hol. Wel, hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer; maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te laat sterwe.Die Vaalpens-Boesmans, ofVaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is ’n baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy liggaamsbou lank en swart nes dié van ’n Kaffer, dog in maniere, geaardheid en taal is hy ’n ware Boesman; maar lank nie so skrander en gesleep as ’n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van ’n swerfling en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar ’n treurige menssoort en lyk soos ’n hond wat nie ’n baas het[19]nie—ja, hy sal selfs ’n volle jaar werk om ’n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters.Die gewone Boesmans.Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het ’n vuil, geel kleur en het ’n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim—dus 3 duim langer as die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder die oë, terwyl hy ’n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy oë is half toegeknyp, sodat hy deur ’n skrefie onder sy oorhangende ooglid uitkyk—miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog sal baie hom dit nie nadoen om ’n boogsnaar so ver na agter te trek nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag, maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat ’n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie—wat egter nie die geval is nie: hy het deeglik onsigbare nate.Sy oë is klein en bruin en besit ’n siensvermoë wat menige mens laat verstom. As hy sy hand bokant sy oë[20]hou om dié teen die skerp sonlig te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit.Die Boesman is by uitnemendheid ’n swerfling en ’n ontembare liefhebber van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier, aan die noorde van Damaraland.In verstand is hy maar swak ontwikkel—lees en skrywe val swaar. Dit skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net woorde vireen,twee,drie—verder noem hy dinge met die woordbaie(of soos hy sê: “nie min nie”). Soos meeste barbare, loop hulle nakend: die mans slaan ’n smal vel onder sy bene deur en bind dit agter en voor aan ’n gordband vas, terwyl die meide ’n soort kort velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra ’n karos of velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms ’n slaapplek agter ’n bos, dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik, daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet, gebruik hul ’n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met[21]ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë doppe van volstruiseiers of in die pens van ’n geskiete springbok of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere) aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word.Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister, en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries om klein wild mee dood te gooi, en sommige het ’n asgaai op een of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met ’n slinger te werp—soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken ’n Boesman glad nie; terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger, moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy ’n mens of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind is hy minder gelukkig.Sy voedsel bestaan byna uit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange, akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis, veldvrugte, wortels, uintjies en heuning.As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie opsig by hom ver kort skiet;[22]en dan sal ons verstaan dat ’n Boesman nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende diere te vermy, of aan te val om hulle te dood.Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy geen wette nie—elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy wet is: “Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek.” Van ’n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur dat die inwoners van ’n kraal die sterkste en dapperste man as leier beskou of dat ’n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak word, of as die klomp uit mekaar koers vat.Omtrent hulle godsdiens sal ons in ’n ander verhaal vertel en sien hoe flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in ’n woesterny alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees?Sommige persone wil beweer dat ’n Boesman nie ’n mens is nie; ons sal net ’n paar vrae aan hulle stel: Het ’n Boesman ’n taal en kan hy ’n ander taal leer? Kan ’n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe hou? Kan ’n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans honde aan en bly die honde vir hulle getrou?So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen: “Watter dier nog kan dit alles doen?” En dan voeg Jakob Platjie daarby: “Hoekom spook ’n Boesman as hy dood is?”Die enigste huisdier wat ’n Boesman aanhou, is ’n hond.[25]

No. 53.No. 53.Die Boesman Self.
No. 53.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self wat ons as Boesman ken.Die Boesman noem hom in sy eie taal,Cham, of liewers gesê,’Cham-ka-’kui(kaisseofsy, en’kui man). Boesmanland noem hy’Cham-ka-’au, en sy taal is’Cham-ka-’kakken.In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans, naamlik van:—Die Dwergies.Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het hul ’n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur, met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van[18]die Boesmans van Suid-Afrika: hulle praat ’n taal wat deur die gewone Boesman verstaan word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde, en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die gewone Boesman. In 1884 het ’n reisende sendeling ons meegedeel dat die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy ’n paar na ’n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom, waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan; en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word as ’n mens die Dwergies na ’n boom van hierdie soort sien hol. Wel, hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer; maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te laat sterwe.Die Vaalpens-Boesmans, ofVaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is ’n baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy liggaamsbou lank en swart nes dié van ’n Kaffer, dog in maniere, geaardheid en taal is hy ’n ware Boesman; maar lank nie so skrander en gesleep as ’n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van ’n swerfling en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar ’n treurige menssoort en lyk soos ’n hond wat nie ’n baas het[19]nie—ja, hy sal selfs ’n volle jaar werk om ’n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters.Die gewone Boesmans.Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het ’n vuil, geel kleur en het ’n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim—dus 3 duim langer as die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder die oë, terwyl hy ’n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy oë is half toegeknyp, sodat hy deur ’n skrefie onder sy oorhangende ooglid uitkyk—miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog sal baie hom dit nie nadoen om ’n boogsnaar so ver na agter te trek nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag, maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat ’n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie—wat egter nie die geval is nie: hy het deeglik onsigbare nate.Sy oë is klein en bruin en besit ’n siensvermoë wat menige mens laat verstom. As hy sy hand bokant sy oë[20]hou om dié teen die skerp sonlig te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit.Die Boesman is by uitnemendheid ’n swerfling en ’n ontembare liefhebber van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier, aan die noorde van Damaraland.In verstand is hy maar swak ontwikkel—lees en skrywe val swaar. Dit skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net woorde vireen,twee,drie—verder noem hy dinge met die woordbaie(of soos hy sê: “nie min nie”). Soos meeste barbare, loop hulle nakend: die mans slaan ’n smal vel onder sy bene deur en bind dit agter en voor aan ’n gordband vas, terwyl die meide ’n soort kort velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra ’n karos of velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms ’n slaapplek agter ’n bos, dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik, daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet, gebruik hul ’n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met[21]ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë doppe van volstruiseiers of in die pens van ’n geskiete springbok of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere) aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word.Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister, en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries om klein wild mee dood te gooi, en sommige het ’n asgaai op een of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met ’n slinger te werp—soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken ’n Boesman glad nie; terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger, moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy ’n mens of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind is hy minder gelukkig.Sy voedsel bestaan byna uit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange, akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis, veldvrugte, wortels, uintjies en heuning.As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie opsig by hom ver kort skiet;[22]en dan sal ons verstaan dat ’n Boesman nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende diere te vermy, of aan te val om hulle te dood.Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy geen wette nie—elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy wet is: “Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek.” Van ’n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur dat die inwoners van ’n kraal die sterkste en dapperste man as leier beskou of dat ’n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak word, of as die klomp uit mekaar koers vat.Omtrent hulle godsdiens sal ons in ’n ander verhaal vertel en sien hoe flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in ’n woesterny alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees?Sommige persone wil beweer dat ’n Boesman nie ’n mens is nie; ons sal net ’n paar vrae aan hulle stel: Het ’n Boesman ’n taal en kan hy ’n ander taal leer? Kan ’n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe hou? Kan ’n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans honde aan en bly die honde vir hulle getrou?So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen: “Watter dier nog kan dit alles doen?” En dan voeg Jakob Platjie daarby: “Hoekom spook ’n Boesman as hy dood is?”Die enigste huisdier wat ’n Boesman aanhou, is ’n hond.[25]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self wat ons as Boesman ken.
Die Boesman noem hom in sy eie taal,Cham, of liewers gesê,’Cham-ka-’kui(kaisseofsy, en’kui man). Boesmanland noem hy’Cham-ka-’au, en sy taal is’Cham-ka-’kakken.
In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans, naamlik van:—
Die Dwergies.Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het hul ’n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur, met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van[18]die Boesmans van Suid-Afrika: hulle praat ’n taal wat deur die gewone Boesman verstaan word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde, en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die gewone Boesman. In 1884 het ’n reisende sendeling ons meegedeel dat die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy ’n paar na ’n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom, waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan; en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word as ’n mens die Dwergies na ’n boom van hierdie soort sien hol. Wel, hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer; maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te laat sterwe.
Die Vaalpens-Boesmans, ofVaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is ’n baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy liggaamsbou lank en swart nes dié van ’n Kaffer, dog in maniere, geaardheid en taal is hy ’n ware Boesman; maar lank nie so skrander en gesleep as ’n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van ’n swerfling en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar ’n treurige menssoort en lyk soos ’n hond wat nie ’n baas het[19]nie—ja, hy sal selfs ’n volle jaar werk om ’n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters.
Die gewone Boesmans.Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het ’n vuil, geel kleur en het ’n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim—dus 3 duim langer as die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder die oë, terwyl hy ’n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy oë is half toegeknyp, sodat hy deur ’n skrefie onder sy oorhangende ooglid uitkyk—miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog sal baie hom dit nie nadoen om ’n boogsnaar so ver na agter te trek nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag, maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat ’n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie—wat egter nie die geval is nie: hy het deeglik onsigbare nate.
Sy oë is klein en bruin en besit ’n siensvermoë wat menige mens laat verstom. As hy sy hand bokant sy oë[20]hou om dié teen die skerp sonlig te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit.
Die Boesman is by uitnemendheid ’n swerfling en ’n ontembare liefhebber van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier, aan die noorde van Damaraland.
In verstand is hy maar swak ontwikkel—lees en skrywe val swaar. Dit skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net woorde vireen,twee,drie—verder noem hy dinge met die woordbaie(of soos hy sê: “nie min nie”). Soos meeste barbare, loop hulle nakend: die mans slaan ’n smal vel onder sy bene deur en bind dit agter en voor aan ’n gordband vas, terwyl die meide ’n soort kort velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra ’n karos of velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms ’n slaapplek agter ’n bos, dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik, daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet, gebruik hul ’n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met[21]ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë doppe van volstruiseiers of in die pens van ’n geskiete springbok of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere) aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word.
Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister, en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries om klein wild mee dood te gooi, en sommige het ’n asgaai op een of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met ’n slinger te werp—soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken ’n Boesman glad nie; terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger, moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy ’n mens of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind is hy minder gelukkig.
Sy voedsel bestaan byna uit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange, akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis, veldvrugte, wortels, uintjies en heuning.
As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie opsig by hom ver kort skiet;[22]en dan sal ons verstaan dat ’n Boesman nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende diere te vermy, of aan te val om hulle te dood.
Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy geen wette nie—elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy wet is: “Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek.” Van ’n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur dat die inwoners van ’n kraal die sterkste en dapperste man as leier beskou of dat ’n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak word, of as die klomp uit mekaar koers vat.
Omtrent hulle godsdiens sal ons in ’n ander verhaal vertel en sien hoe flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in ’n woesterny alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees?
Sommige persone wil beweer dat ’n Boesman nie ’n mens is nie; ons sal net ’n paar vrae aan hulle stel: Het ’n Boesman ’n taal en kan hy ’n ander taal leer? Kan ’n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe hou? Kan ’n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans honde aan en bly die honde vir hulle getrou?
So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen: “Watter dier nog kan dit alles doen?” En dan voeg Jakob Platjie daarby: “Hoekom spook ’n Boesman as hy dood is?”
Die enigste huisdier wat ’n Boesman aanhou, is ’n hond.[25]