No. 54.

[Inhoud]No. 54.Die Boesman-taal.OPMERKINGS:—Ons sal maar hieroor ’n kort Verhaal skrywe; want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige informasie dank verskuldig aan “Bushmen Folklore” deur dr. Bleek en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het.As ons ’n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink aan ’n geselskap paddas wat langs ’n watervoor sit koert en tong klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: “Is dit nou werklik ’n taal in die regte sin van die woord?”By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik ’n taal is, waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar ’n enkelvoud, tweevoud en ’n meervoud van selfstandige naamwoorde is. ’n Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte[26]klemtoon op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte plek van die mond te gee, anders kry dit glad ’n ander betekenis.Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:—1.Die gesmak-klik. Dit is die sagste van algar en word gemaak deur die twee lippe op mekaar te plaas en met ’n gesuig skielik te verwyder—nes met ’n soen.2.Die sagte tandklik. Dit word gemaak deur die punt van die tong teen die boonste voortande saggies vas te druk en met ’n suig skielik weg te trek—nes ons maak as ons oor iets spyt of jammer het.3.Die sylingse klik word gemaak deur die tong een kant toe teen die kieste te druk en dit met ’n suig skielik weg te ruk—net soos ons maak om perde te laat trek.4.Die keelklik word gemaak deur die tong bo teen die gehemelte op te krul, met ’n trek skielik na agter—amper nes ons vir ’n klein kindjie bang maak.5.Die harde klik word gemaak deur die punt van die tong teen die voortandvleis vas te druk en dan skielik weg te ruk—nes ons vir ’n hen met kuikens roep.Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:—(a)Die keelklank, wat amper soos die Hollandsechklink.(b)Die sterk knorklank word laag in die keel gemaak en gaan nes ’n padda wat kwaak.[27](c)Die swak knorklank word vorentoe in die keel gemaak—amper nes ons saggies keel skoon maak.(d)Die neusklank word deur die neus gemaak—nes in baie Franse woorde.(e)Musikale klank, wat ’n luidende toon aan die woord gee—nesingin Engelse woorde.(f)Klemtoonklank, wat die regte klemtoon gee.So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie.Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee nie—dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie taal behoorlik te skrywe.Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal in geskrif te bring.Hier gee ons ’n voorbeeld hoe Boesmans ’n selfstandige naamwoord verbuig (volgens dr. Bleek):—Enkelv.:Meerv.:N.’Kuiten (man).N.’’Eiten (manne).G.’Kuita (man se).G.’’Eita (manne se).Vok.’Kuwe (o man).Vok.’’Auwe (o manne).Ak.’Kui (man).Ak.’’Ei (manne).Alt.’Kuko (ander man).Alt.’’Ekuiten (ander manne).Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe nie—[28]so besit hul ’n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront—want dit moet van kinderjare af geleer word: ’n volwasse raak die taal nooit grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid—wie weet hoe lank dit nog kan duur?—vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders wat die taal van die Boesman ken, ’n goeie akademiese opleiding te gee om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer.Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking met vreemde stamme gekom het, en dat ’n Boesman in verbasende goeie aanleg besit om ’n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag nog opregte Boesmans vind.[31]

No. 54.Die Boesman-taal.

OPMERKINGS:—Ons sal maar hieroor ’n kort Verhaal skrywe; want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige informasie dank verskuldig aan “Bushmen Folklore” deur dr. Bleek en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het.As ons ’n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink aan ’n geselskap paddas wat langs ’n watervoor sit koert en tong klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: “Is dit nou werklik ’n taal in die regte sin van die woord?”By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik ’n taal is, waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar ’n enkelvoud, tweevoud en ’n meervoud van selfstandige naamwoorde is. ’n Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte[26]klemtoon op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte plek van die mond te gee, anders kry dit glad ’n ander betekenis.Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:—1.Die gesmak-klik. Dit is die sagste van algar en word gemaak deur die twee lippe op mekaar te plaas en met ’n gesuig skielik te verwyder—nes met ’n soen.2.Die sagte tandklik. Dit word gemaak deur die punt van die tong teen die boonste voortande saggies vas te druk en met ’n suig skielik weg te trek—nes ons maak as ons oor iets spyt of jammer het.3.Die sylingse klik word gemaak deur die tong een kant toe teen die kieste te druk en dit met ’n suig skielik weg te ruk—net soos ons maak om perde te laat trek.4.Die keelklik word gemaak deur die tong bo teen die gehemelte op te krul, met ’n trek skielik na agter—amper nes ons vir ’n klein kindjie bang maak.5.Die harde klik word gemaak deur die punt van die tong teen die voortandvleis vas te druk en dan skielik weg te ruk—nes ons vir ’n hen met kuikens roep.Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:—(a)Die keelklank, wat amper soos die Hollandsechklink.(b)Die sterk knorklank word laag in die keel gemaak en gaan nes ’n padda wat kwaak.[27](c)Die swak knorklank word vorentoe in die keel gemaak—amper nes ons saggies keel skoon maak.(d)Die neusklank word deur die neus gemaak—nes in baie Franse woorde.(e)Musikale klank, wat ’n luidende toon aan die woord gee—nesingin Engelse woorde.(f)Klemtoonklank, wat die regte klemtoon gee.So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie.Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee nie—dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie taal behoorlik te skrywe.Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal in geskrif te bring.Hier gee ons ’n voorbeeld hoe Boesmans ’n selfstandige naamwoord verbuig (volgens dr. Bleek):—Enkelv.:Meerv.:N.’Kuiten (man).N.’’Eiten (manne).G.’Kuita (man se).G.’’Eita (manne se).Vok.’Kuwe (o man).Vok.’’Auwe (o manne).Ak.’Kui (man).Ak.’’Ei (manne).Alt.’Kuko (ander man).Alt.’’Ekuiten (ander manne).Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe nie—[28]so besit hul ’n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront—want dit moet van kinderjare af geleer word: ’n volwasse raak die taal nooit grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid—wie weet hoe lank dit nog kan duur?—vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders wat die taal van die Boesman ken, ’n goeie akademiese opleiding te gee om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer.Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking met vreemde stamme gekom het, en dat ’n Boesman in verbasende goeie aanleg besit om ’n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag nog opregte Boesmans vind.[31]

OPMERKINGS:—Ons sal maar hieroor ’n kort Verhaal skrywe; want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige informasie dank verskuldig aan “Bushmen Folklore” deur dr. Bleek en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het.

As ons ’n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink aan ’n geselskap paddas wat langs ’n watervoor sit koert en tong klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: “Is dit nou werklik ’n taal in die regte sin van die woord?”

By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik ’n taal is, waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar ’n enkelvoud, tweevoud en ’n meervoud van selfstandige naamwoorde is. ’n Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte[26]klemtoon op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte plek van die mond te gee, anders kry dit glad ’n ander betekenis.

Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:—

Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:—

So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie.

Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee nie—dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie taal behoorlik te skrywe.

Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal in geskrif te bring.

Hier gee ons ’n voorbeeld hoe Boesmans ’n selfstandige naamwoord verbuig (volgens dr. Bleek):—

Enkelv.:Meerv.:N.’Kuiten (man).N.’’Eiten (manne).G.’Kuita (man se).G.’’Eita (manne se).Vok.’Kuwe (o man).Vok.’’Auwe (o manne).Ak.’Kui (man).Ak.’’Ei (manne).Alt.’Kuko (ander man).Alt.’’Ekuiten (ander manne).

Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe nie—[28]so besit hul ’n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront—want dit moet van kinderjare af geleer word: ’n volwasse raak die taal nooit grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid—wie weet hoe lank dit nog kan duur?—vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders wat die taal van die Boesman ken, ’n goeie akademiese opleiding te gee om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer.

Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking met vreemde stamme gekom het, en dat ’n Boesman in verbasende goeie aanleg besit om ’n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag nog opregte Boesmans vind.[31]

Back to IndexNext