[Inhoud]No. 55.Huislike Lewe en Gewoontes.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing.Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het, hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes.Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net ’n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder murmureer daaroor doodtevrede wees—en hy is ook tevrede!Skiet die vader ’n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan[32]aan braai, hul eet tot hulle middellyf op ’n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te dans, of gaan slaap, om die braaiery oor ’n ruk weer te hervat en eet dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het eer ’n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar, slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader ’n kans vir ’n skot, dan waag hy dit. Is dit ’n raak skot, dan is daar meer kos vir die volgende dag.Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband, aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie.Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit ’n kleinigheid vir ’n volwasse Boesman om die helfte van ’n groot emmer water uit te drink, en ’n klein kindjie sal ’n paar bottel water soos niks uitdrink nie. Hulle wag ’n rukkie en drink weer ’n goeie hoeveelheid water.BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.As ’n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene ’n entjie van die deur van sy hut op ’n hopie gegooi.[35]So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word, word in die hol bak van die borsbeen van ’n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen.Maar het net een man van daardie kraaltjie ’n groot stuk wild geskiet en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys.Die boonste bladbeen van ’n springbok word nie op die beenhopie gegooi nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen die latte van die hut weggesteek—en wel in die hut van die man wat die bok geskiet het.As ’n Boesman ’n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor ’n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die uitkyk na stof die eerste ding.As Boesmans enige tyd op ’n plek gewoon het en trek dan weg om wild of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en wel in ’n lyn[36]wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde bossie word naby die ou plek geplant, die twede ’n bietjie verder, die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word ’n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende ook by hulle aan te sluit.Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe ’n diep gat waar water is; dan steek hul ’n uitgeholde riet in die gat regop in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan suig hul water met hul mond op en ledig dit in ’n leë volstruiseierdop of in ’n leë springbokpens. Dus, as iemand water van ’n Boesman kry om te drink, moet hy nie altyd vra: “Hoe het jy die water geskep?” nie.Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie ’n voetpad daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore, sodat ’n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het nie. Ook word op hierdie manier nie ’n voetpad veroorsaak nie. Die volgende dag neem hul weer ’n ander koers.As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal—vir ’n stukkie tabak of vuurhoutjies is hy altyd gewillig—,[37]dan stap hy nie direk in die rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met ’n ompad na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om ’n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters uit sy jagveld weg te hou.Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe; maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte van die grond—so gelyk asof daar nooit ’n put gewees het nie.Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand se pinkie van ’n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van ’n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur dit ook dat ’n mooi meidjie—’n lelike na hulle beskouing nie—’n gat deur haar neus kry; want dit sou haar met ’n ringetjie daardeur nog mooier laat lyk.Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en ’n heel eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem[38]hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit ’n geraas nes ’n droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels van die mans vasgebind, sodat dit ’n geritsel kan maak as hulle hul voete teen die grond stamp.Ook maak die meide ’n tamboer van ’n pot en afgehaarde springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en dansmaat aan te gee—vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer ’n uitstekend goeie jag gemaak is.Om die vuur is drie kringe:—In die binneste brand die vuur, en daar word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak; en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het, gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis oor die dag van môre en die toekoms nie.Hoeveel ’n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons[39]sal maar sy geliefkoosde uitdrukking virbaiegebruik:nie min nie. Op die plaas Lemoenkop, langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat ’n Boesman met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot ’n ruk na sonop ’n springbok en ’n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar ’n kort entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie.Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse maak; vir gare gebruik hul die senings van diere.Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei—as hul dit kan bekom—te smeer. In die spoelings van waterlope word ’n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster.[43]

No. 55.Huislike Lewe en Gewoontes.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing.Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het, hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes.Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net ’n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder murmureer daaroor doodtevrede wees—en hy is ook tevrede!Skiet die vader ’n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan[32]aan braai, hul eet tot hulle middellyf op ’n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te dans, of gaan slaap, om die braaiery oor ’n ruk weer te hervat en eet dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het eer ’n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar, slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader ’n kans vir ’n skot, dan waag hy dit. Is dit ’n raak skot, dan is daar meer kos vir die volgende dag.Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband, aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie.Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit ’n kleinigheid vir ’n volwasse Boesman om die helfte van ’n groot emmer water uit te drink, en ’n klein kindjie sal ’n paar bottel water soos niks uitdrink nie. Hulle wag ’n rukkie en drink weer ’n goeie hoeveelheid water.BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.As ’n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene ’n entjie van die deur van sy hut op ’n hopie gegooi.[35]So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word, word in die hol bak van die borsbeen van ’n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen.Maar het net een man van daardie kraaltjie ’n groot stuk wild geskiet en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys.Die boonste bladbeen van ’n springbok word nie op die beenhopie gegooi nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen die latte van die hut weggesteek—en wel in die hut van die man wat die bok geskiet het.As ’n Boesman ’n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor ’n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die uitkyk na stof die eerste ding.As Boesmans enige tyd op ’n plek gewoon het en trek dan weg om wild of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en wel in ’n lyn[36]wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde bossie word naby die ou plek geplant, die twede ’n bietjie verder, die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word ’n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende ook by hulle aan te sluit.Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe ’n diep gat waar water is; dan steek hul ’n uitgeholde riet in die gat regop in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan suig hul water met hul mond op en ledig dit in ’n leë volstruiseierdop of in ’n leë springbokpens. Dus, as iemand water van ’n Boesman kry om te drink, moet hy nie altyd vra: “Hoe het jy die water geskep?” nie.Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie ’n voetpad daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore, sodat ’n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het nie. Ook word op hierdie manier nie ’n voetpad veroorsaak nie. Die volgende dag neem hul weer ’n ander koers.As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal—vir ’n stukkie tabak of vuurhoutjies is hy altyd gewillig—,[37]dan stap hy nie direk in die rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met ’n ompad na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om ’n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters uit sy jagveld weg te hou.Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe; maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte van die grond—so gelyk asof daar nooit ’n put gewees het nie.Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand se pinkie van ’n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van ’n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur dit ook dat ’n mooi meidjie—’n lelike na hulle beskouing nie—’n gat deur haar neus kry; want dit sou haar met ’n ringetjie daardeur nog mooier laat lyk.Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en ’n heel eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem[38]hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit ’n geraas nes ’n droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels van die mans vasgebind, sodat dit ’n geritsel kan maak as hulle hul voete teen die grond stamp.Ook maak die meide ’n tamboer van ’n pot en afgehaarde springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en dansmaat aan te gee—vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer ’n uitstekend goeie jag gemaak is.Om die vuur is drie kringe:—In die binneste brand die vuur, en daar word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak; en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het, gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis oor die dag van môre en die toekoms nie.Hoeveel ’n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons[39]sal maar sy geliefkoosde uitdrukking virbaiegebruik:nie min nie. Op die plaas Lemoenkop, langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat ’n Boesman met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot ’n ruk na sonop ’n springbok en ’n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar ’n kort entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie.Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse maak; vir gare gebruik hul die senings van diere.Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei—as hul dit kan bekom—te smeer. In die spoelings van waterlope word ’n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster.[43]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing.
Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het, hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes.
Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net ’n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder murmureer daaroor doodtevrede wees—en hy is ook tevrede!
Skiet die vader ’n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan[32]aan braai, hul eet tot hulle middellyf op ’n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te dans, of gaan slaap, om die braaiery oor ’n ruk weer te hervat en eet dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het eer ’n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar, slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader ’n kans vir ’n skot, dan waag hy dit. Is dit ’n raak skot, dan is daar meer kos vir die volgende dag.
Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband, aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie.
Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit ’n kleinigheid vir ’n volwasse Boesman om die helfte van ’n groot emmer water uit te drink, en ’n klein kindjie sal ’n paar bottel water soos niks uitdrink nie. Hulle wag ’n rukkie en drink weer ’n goeie hoeveelheid water.
BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.
BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.
As ’n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene ’n entjie van die deur van sy hut op ’n hopie gegooi.[35]So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word, word in die hol bak van die borsbeen van ’n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen.
Maar het net een man van daardie kraaltjie ’n groot stuk wild geskiet en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys.
Die boonste bladbeen van ’n springbok word nie op die beenhopie gegooi nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen die latte van die hut weggesteek—en wel in die hut van die man wat die bok geskiet het.
As ’n Boesman ’n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor ’n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die uitkyk na stof die eerste ding.
As Boesmans enige tyd op ’n plek gewoon het en trek dan weg om wild of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en wel in ’n lyn[36]wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde bossie word naby die ou plek geplant, die twede ’n bietjie verder, die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word ’n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende ook by hulle aan te sluit.
Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe ’n diep gat waar water is; dan steek hul ’n uitgeholde riet in die gat regop in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan suig hul water met hul mond op en ledig dit in ’n leë volstruiseierdop of in ’n leë springbokpens. Dus, as iemand water van ’n Boesman kry om te drink, moet hy nie altyd vra: “Hoe het jy die water geskep?” nie.
Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie ’n voetpad daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore, sodat ’n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het nie. Ook word op hierdie manier nie ’n voetpad veroorsaak nie. Die volgende dag neem hul weer ’n ander koers.
As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal—vir ’n stukkie tabak of vuurhoutjies is hy altyd gewillig—,[37]dan stap hy nie direk in die rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met ’n ompad na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om ’n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters uit sy jagveld weg te hou.
Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe; maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte van die grond—so gelyk asof daar nooit ’n put gewees het nie.
Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand se pinkie van ’n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van ’n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur dit ook dat ’n mooi meidjie—’n lelike na hulle beskouing nie—’n gat deur haar neus kry; want dit sou haar met ’n ringetjie daardeur nog mooier laat lyk.
Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en ’n heel eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem[38]hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit ’n geraas nes ’n droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels van die mans vasgebind, sodat dit ’n geritsel kan maak as hulle hul voete teen die grond stamp.
Ook maak die meide ’n tamboer van ’n pot en afgehaarde springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en dansmaat aan te gee—vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer ’n uitstekend goeie jag gemaak is.
Om die vuur is drie kringe:—In die binneste brand die vuur, en daar word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak; en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het, gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis oor die dag van môre en die toekoms nie.
Hoeveel ’n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons[39]sal maar sy geliefkoosde uitdrukking virbaiegebruik:nie min nie. Op die plaas Lemoenkop, langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat ’n Boesman met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot ’n ruk na sonop ’n springbok en ’n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar ’n kort entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie.
Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse maak; vir gare gebruik hul die senings van diere.
Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei—as hul dit kan bekom—te smeer. In die spoelings van waterlope word ’n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster.[43]