No. 56.

[Inhoud]No. 56.Godsdienstige Begrippe.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig daarvan af weet.Van ’n Opperwese, van ’n plek van Geluk of Straf het die Boesman totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die begin ’n ougeslag van Boesmans bestaan het—ander mense neem hy in hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as’Chwe-’na-ssho-’ke, wat hul in enige dier, boom of mens kon verander.In die begin was daar ’n skemering oor die hele aarde. Die son, maan en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat die son een van die ougeslag was, met ’n blink aangesig, dat die ander manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders, die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant op en soek na sy lyf, wat in ’n krap verander het, tot die aand toe, en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre—dag na dag—te ontwaak. Die son-man was in sy dae ’n groot jagter, towenaar en[44]man van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het.Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat deur die Dwarrelwind (’n soort voël) die lug ingewaai het. Die son wou die maan daar nie hê nie—so skiet hy stukke van die maan af, tot die maan die fatsoen van ’n opgekrulde skoensool het. Die maan het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer op keer as hul sterwe—net soos die maan maand na maand lewendig word. Dus was die Dood in die begin maar ’n tydelike slaap.Dog die Dood—om nie weer lewendig te word nie—is deur die Haas in die wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom ’n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê die Maan: “Van nou af sal niemand weer lewendig word nie—net soos ek—, maar algar sal baie lank doodbly.” So het die Dood deur die Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar ’n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het[45]wat nog altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie, eet hul daardie stukkie vleis nie.Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in ’n lied, of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak; dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou, sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom, naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook met hul die somerwarmte kan meebring.Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles leef en slaap maar vir ’n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf goed òf kwaad kan doen.[46]Bepaalde afgode ken die Boesman nie—daarvoor is sy begrip van ’n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery; is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy voel hom magteloos teen ’n donderstorm of verskeurende ongedierte wat plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets.As ’n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een ’n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille van die gees wat daarin woon.’n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die “wegleggingsgebed” uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat; maar wat daardie “wegleggingsgebed” eintlik is, kon hy my nie te veel van vertel nie.Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan hul ’n grondige en verenigde opienie oor ’n seker leer of instelling hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke van hulle eie nie—dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog, daar bestaan ’n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel nie ontwikkel is nie.[47]In hierdie opsig is hul amper ’n siertjie vir die Kaffers voor, wat glad nie eens ’n woord vir God in hulle taal het nie—in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woordTixovir God gebruik.As ons van die Boesman segeloofpraat, is dit amper beter om van sybygeloofte spreek—hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis sal maak.Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag van ’n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen.Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om ’n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik, het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat buite die jagveld geleë is, lê vir hom in ’n donker, mistige weer, en dit val hom swaar om dit meteens te vat.Maar op die jagveld kan ons algar lesse by ’n Boesman gaan neem. Daar is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand.As ’n Boesman hom by die stene van ’n graf van ’n vriend of famielielid buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat die gees in die graf hom hoor.[51]

No. 56.Godsdienstige Begrippe.

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig daarvan af weet.Van ’n Opperwese, van ’n plek van Geluk of Straf het die Boesman totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die begin ’n ougeslag van Boesmans bestaan het—ander mense neem hy in hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as’Chwe-’na-ssho-’ke, wat hul in enige dier, boom of mens kon verander.In die begin was daar ’n skemering oor die hele aarde. Die son, maan en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat die son een van die ougeslag was, met ’n blink aangesig, dat die ander manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders, die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant op en soek na sy lyf, wat in ’n krap verander het, tot die aand toe, en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre—dag na dag—te ontwaak. Die son-man was in sy dae ’n groot jagter, towenaar en[44]man van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het.Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat deur die Dwarrelwind (’n soort voël) die lug ingewaai het. Die son wou die maan daar nie hê nie—so skiet hy stukke van die maan af, tot die maan die fatsoen van ’n opgekrulde skoensool het. Die maan het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer op keer as hul sterwe—net soos die maan maand na maand lewendig word. Dus was die Dood in die begin maar ’n tydelike slaap.Dog die Dood—om nie weer lewendig te word nie—is deur die Haas in die wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom ’n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê die Maan: “Van nou af sal niemand weer lewendig word nie—net soos ek—, maar algar sal baie lank doodbly.” So het die Dood deur die Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar ’n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het[45]wat nog altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie, eet hul daardie stukkie vleis nie.Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in ’n lied, of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak; dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou, sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom, naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook met hul die somerwarmte kan meebring.Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles leef en slaap maar vir ’n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf goed òf kwaad kan doen.[46]Bepaalde afgode ken die Boesman nie—daarvoor is sy begrip van ’n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery; is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy voel hom magteloos teen ’n donderstorm of verskeurende ongedierte wat plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets.As ’n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een ’n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille van die gees wat daarin woon.’n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die “wegleggingsgebed” uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat; maar wat daardie “wegleggingsgebed” eintlik is, kon hy my nie te veel van vertel nie.Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan hul ’n grondige en verenigde opienie oor ’n seker leer of instelling hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke van hulle eie nie—dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog, daar bestaan ’n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel nie ontwikkel is nie.[47]In hierdie opsig is hul amper ’n siertjie vir die Kaffers voor, wat glad nie eens ’n woord vir God in hulle taal het nie—in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woordTixovir God gebruik.As ons van die Boesman segeloofpraat, is dit amper beter om van sybygeloofte spreek—hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis sal maak.Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag van ’n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen.Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om ’n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik, het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat buite die jagveld geleë is, lê vir hom in ’n donker, mistige weer, en dit val hom swaar om dit meteens te vat.Maar op die jagveld kan ons algar lesse by ’n Boesman gaan neem. Daar is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand.As ’n Boesman hom by die stene van ’n graf van ’n vriend of famielielid buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat die gees in die graf hom hoor.[51]

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig daarvan af weet.

Van ’n Opperwese, van ’n plek van Geluk of Straf het die Boesman totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die begin ’n ougeslag van Boesmans bestaan het—ander mense neem hy in hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as’Chwe-’na-ssho-’ke, wat hul in enige dier, boom of mens kon verander.

In die begin was daar ’n skemering oor die hele aarde. Die son, maan en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat die son een van die ougeslag was, met ’n blink aangesig, dat die ander manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders, die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant op en soek na sy lyf, wat in ’n krap verander het, tot die aand toe, en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre—dag na dag—te ontwaak. Die son-man was in sy dae ’n groot jagter, towenaar en[44]man van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het.

Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat deur die Dwarrelwind (’n soort voël) die lug ingewaai het. Die son wou die maan daar nie hê nie—so skiet hy stukke van die maan af, tot die maan die fatsoen van ’n opgekrulde skoensool het. Die maan het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer op keer as hul sterwe—net soos die maan maand na maand lewendig word. Dus was die Dood in die begin maar ’n tydelike slaap.

Dog die Dood—om nie weer lewendig te word nie—is deur die Haas in die wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom ’n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê die Maan: “Van nou af sal niemand weer lewendig word nie—net soos ek—, maar algar sal baie lank doodbly.” So het die Dood deur die Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar ’n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het[45]wat nog altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie, eet hul daardie stukkie vleis nie.

Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in ’n lied, of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak; dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou, sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom, naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook met hul die somerwarmte kan meebring.

Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles leef en slaap maar vir ’n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf goed òf kwaad kan doen.[46]

Bepaalde afgode ken die Boesman nie—daarvoor is sy begrip van ’n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery; is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy voel hom magteloos teen ’n donderstorm of verskeurende ongedierte wat plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets.

As ’n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een ’n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille van die gees wat daarin woon.

’n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die “wegleggingsgebed” uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat; maar wat daardie “wegleggingsgebed” eintlik is, kon hy my nie te veel van vertel nie.

Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan hul ’n grondige en verenigde opienie oor ’n seker leer of instelling hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke van hulle eie nie—dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog, daar bestaan ’n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel nie ontwikkel is nie.[47]In hierdie opsig is hul amper ’n siertjie vir die Kaffers voor, wat glad nie eens ’n woord vir God in hulle taal het nie—in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woordTixovir God gebruik.

As ons van die Boesman segeloofpraat, is dit amper beter om van sybygeloofte spreek—hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis sal maak.

Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag van ’n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen.

Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om ’n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik, het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat buite die jagveld geleë is, lê vir hom in ’n donker, mistige weer, en dit val hom swaar om dit meteens te vat.

Maar op die jagveld kan ons algar lesse by ’n Boesman gaan neem. Daar is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand.

As ’n Boesman hom by die stene van ’n graf van ’n vriend of famielielid buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat die gees in die graf hom hoor.[51]

Back to IndexNext