[Inhoud]No. 57.No. 57.Bygeloof aangaande seker Diere.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat dit amper net soos ’n soort godsdiens kan beskou word.In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot Waterslang begin:Die Groot Waterslang het ’n skitterende en fonkelende steen op sy kop en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van die grond, sodat die jagters net nodig het om ’n vlak gaatjie te grawe om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word, waaruit die water met ’n hol riet gesuig moet word.[52]Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë, waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel en van alles wat hy kan doen.Ons het ’n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang gesien het. Op ’n plaas in die Piketbergse distrik het ’n man ons ’n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur ’n giftige slang gebyt is, en ’n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek, dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie—dus laat ons die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882 deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is.Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van ’n vinger, en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip (asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente, maar is glad nie ’n skitterende steen nie—soos die Boesmans beweer—, wat in die dag blink nes ’n ster en in die nag nes ’n kool vuur. Wel, dis soveel as ons van die affêre af weet.[53]DIE GROOT WATERSLANG.DIE GROOT WATERSLANG.[55]Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in ’n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in ’n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate, en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen, dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes ’n os met horings.Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van die ougeslag Boesmans. Vra ’n mens aan Boesmans hoe hul dit weet, dan antwoord hul met ’n weervraag: “Waar kom daardie goed se sterkte en krag dan vandaan?”Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet nie. Want ’n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie.Die Boesmans vind die gebrom van ’n volstruis mooier as die gebrul van ’n leeu. Daarom, as hul ’n volstruis skiet, dan moet hulle kinders die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak, dan verloor dié hulle eienskap om die kinders ’n harde stem te gee. Dit word by seker geleenthede gedoen.Boesmans glo dat hul ’n uil kan betower en hom dan na die hutte kan stuur om daar te hoe-ho en die dood van[56]die ongewenste persoon aan te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as ’n groot towenaar beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as ’n uil buite in ’n boom skree.As iemand ’n slang beseer, of selfs net die kop met ’n entjie lyf afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het, hy steek hom daar êrens in ’n hoekie of in sy kooigoed of in sy velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook ’n Hottentot-bygeloof.Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of hul mag nie die vars bloed of vleis aan ’n boog, pyl of pylkoker laat kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om naby te kom nie—hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters; ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af.Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van ’n springbok nie: ander parte kan sy maar eet.Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep.[57]Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene wat van tyd tot tyd daar geval het.Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul ’n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van ’n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis.Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van ’n dier wat baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy die vleis van ’n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is ’n dier wat snags nie slaap nie—dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug.Wanneer ’n slang by ’n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie afgestorwe persoon.Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie.[58]Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir ’n Boesman wette kan voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan ’n ander.[61]

No. 57.No. 57.Bygeloof aangaande seker Diere.
No. 57.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat dit amper net soos ’n soort godsdiens kan beskou word.In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot Waterslang begin:Die Groot Waterslang het ’n skitterende en fonkelende steen op sy kop en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van die grond, sodat die jagters net nodig het om ’n vlak gaatjie te grawe om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word, waaruit die water met ’n hol riet gesuig moet word.[52]Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë, waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel en van alles wat hy kan doen.Ons het ’n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang gesien het. Op ’n plaas in die Piketbergse distrik het ’n man ons ’n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur ’n giftige slang gebyt is, en ’n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek, dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie—dus laat ons die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882 deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is.Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van ’n vinger, en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip (asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente, maar is glad nie ’n skitterende steen nie—soos die Boesmans beweer—, wat in die dag blink nes ’n ster en in die nag nes ’n kool vuur. Wel, dis soveel as ons van die affêre af weet.[53]DIE GROOT WATERSLANG.DIE GROOT WATERSLANG.[55]Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in ’n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in ’n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate, en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen, dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes ’n os met horings.Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van die ougeslag Boesmans. Vra ’n mens aan Boesmans hoe hul dit weet, dan antwoord hul met ’n weervraag: “Waar kom daardie goed se sterkte en krag dan vandaan?”Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet nie. Want ’n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie.Die Boesmans vind die gebrom van ’n volstruis mooier as die gebrul van ’n leeu. Daarom, as hul ’n volstruis skiet, dan moet hulle kinders die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak, dan verloor dié hulle eienskap om die kinders ’n harde stem te gee. Dit word by seker geleenthede gedoen.Boesmans glo dat hul ’n uil kan betower en hom dan na die hutte kan stuur om daar te hoe-ho en die dood van[56]die ongewenste persoon aan te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as ’n groot towenaar beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as ’n uil buite in ’n boom skree.As iemand ’n slang beseer, of selfs net die kop met ’n entjie lyf afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het, hy steek hom daar êrens in ’n hoekie of in sy kooigoed of in sy velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook ’n Hottentot-bygeloof.Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of hul mag nie die vars bloed of vleis aan ’n boog, pyl of pylkoker laat kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om naby te kom nie—hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters; ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af.Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van ’n springbok nie: ander parte kan sy maar eet.Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep.[57]Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene wat van tyd tot tyd daar geval het.Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul ’n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van ’n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis.Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van ’n dier wat baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy die vleis van ’n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is ’n dier wat snags nie slaap nie—dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug.Wanneer ’n slang by ’n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie afgestorwe persoon.Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie.[58]Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir ’n Boesman wette kan voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan ’n ander.[61]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat dit amper net soos ’n soort godsdiens kan beskou word.
In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot Waterslang begin:
Die Groot Waterslang het ’n skitterende en fonkelende steen op sy kop en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van die grond, sodat die jagters net nodig het om ’n vlak gaatjie te grawe om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word, waaruit die water met ’n hol riet gesuig moet word.[52]
Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë, waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel en van alles wat hy kan doen.
Ons het ’n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang gesien het. Op ’n plaas in die Piketbergse distrik het ’n man ons ’n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur ’n giftige slang gebyt is, en ’n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek, dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie—dus laat ons die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882 deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is.
Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van ’n vinger, en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip (asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente, maar is glad nie ’n skitterende steen nie—soos die Boesmans beweer—, wat in die dag blink nes ’n ster en in die nag nes ’n kool vuur. Wel, dis soveel as ons van die affêre af weet.[53]
DIE GROOT WATERSLANG.DIE GROOT WATERSLANG.
DIE GROOT WATERSLANG.
[55]
Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in ’n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in ’n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate, en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen, dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes ’n os met horings.
Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van die ougeslag Boesmans. Vra ’n mens aan Boesmans hoe hul dit weet, dan antwoord hul met ’n weervraag: “Waar kom daardie goed se sterkte en krag dan vandaan?”
Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet nie. Want ’n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie.
Die Boesmans vind die gebrom van ’n volstruis mooier as die gebrul van ’n leeu. Daarom, as hul ’n volstruis skiet, dan moet hulle kinders die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak, dan verloor dié hulle eienskap om die kinders ’n harde stem te gee. Dit word by seker geleenthede gedoen.
Boesmans glo dat hul ’n uil kan betower en hom dan na die hutte kan stuur om daar te hoe-ho en die dood van[56]die ongewenste persoon aan te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as ’n groot towenaar beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as ’n uil buite in ’n boom skree.
As iemand ’n slang beseer, of selfs net die kop met ’n entjie lyf afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het, hy steek hom daar êrens in ’n hoekie of in sy kooigoed of in sy velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook ’n Hottentot-bygeloof.
Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of hul mag nie die vars bloed of vleis aan ’n boog, pyl of pylkoker laat kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om naby te kom nie—hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters; ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af.
Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van ’n springbok nie: ander parte kan sy maar eet.
Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep.[57]
Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene wat van tyd tot tyd daar geval het.
Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul ’n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van ’n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis.
Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van ’n dier wat baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy die vleis van ’n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is ’n dier wat snags nie slaap nie—dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug.
Wanneer ’n slang by ’n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie afgestorwe persoon.
Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie.[58]
Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir ’n Boesman wette kan voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan ’n ander.[61]