[Inhoud]No. 58.Nog meer oor Bygeloof.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies van Boesmans.Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of storms uitskel of met minagting behandel, bedryf ’n groot kwaad. Hy glo dat die donderweer ’n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie.Die wind word deur ’n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi, of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die maker van die wind laat ’n windstorm opkom om alles te verwoes en uitmekaar te pluk.Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit, anders word die reën kwaad[62]en roep ’n geweldige storm op, wat alles laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die veiligheid te bewaar.As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die weerlig of ’n swaarweersteen dood.As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek hul ’n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae.Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie—daarom maak hy die kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel—nes die kinders van katte doen—, dan verander hul ook in wilde-katte—dus, sodra hy sy kind met ’n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak.Vir spoke is hy baie bang. Naby ’n begraafplaas kry ’n mens hom nie in die donker nie. As hy meen dat hy[63]’n spook sien, trek hy ’n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg so hard as hy kan. Hy vertel as die spook ’n bossie onderstebo sien staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar ’n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy sien dis maar alles foppery.As ’n ster verskiet—vernaamlik as dit ’n lang ligtrein agterlaat—, dan meen die Boesmans dat ’n bekende of ’n vriend sterf; die ster wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding ’n paar dae daarna.[67]

No. 58.Nog meer oor Bygeloof.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies van Boesmans.Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of storms uitskel of met minagting behandel, bedryf ’n groot kwaad. Hy glo dat die donderweer ’n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie.Die wind word deur ’n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi, of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die maker van die wind laat ’n windstorm opkom om alles te verwoes en uitmekaar te pluk.Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit, anders word die reën kwaad[62]en roep ’n geweldige storm op, wat alles laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die veiligheid te bewaar.As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die weerlig of ’n swaarweersteen dood.As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek hul ’n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae.Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie—daarom maak hy die kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel—nes die kinders van katte doen—, dan verander hul ook in wilde-katte—dus, sodra hy sy kind met ’n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak.Vir spoke is hy baie bang. Naby ’n begraafplaas kry ’n mens hom nie in die donker nie. As hy meen dat hy[63]’n spook sien, trek hy ’n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg so hard as hy kan. Hy vertel as die spook ’n bossie onderstebo sien staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar ’n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy sien dis maar alles foppery.As ’n ster verskiet—vernaamlik as dit ’n lang ligtrein agterlaat—, dan meen die Boesmans dat ’n bekende of ’n vriend sterf; die ster wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding ’n paar dae daarna.[67]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies van Boesmans.
Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of storms uitskel of met minagting behandel, bedryf ’n groot kwaad. Hy glo dat die donderweer ’n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie.
Die wind word deur ’n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi, of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die maker van die wind laat ’n windstorm opkom om alles te verwoes en uitmekaar te pluk.
Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit, anders word die reën kwaad[62]en roep ’n geweldige storm op, wat alles laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die veiligheid te bewaar.
As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die weerlig of ’n swaarweersteen dood.
As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek hul ’n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae.
Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie—daarom maak hy die kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel—nes die kinders van katte doen—, dan verander hul ook in wilde-katte—dus, sodra hy sy kind met ’n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak.
Vir spoke is hy baie bang. Naby ’n begraafplaas kry ’n mens hom nie in die donker nie. As hy meen dat hy[63]’n spook sien, trek hy ’n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg so hard as hy kan. Hy vertel as die spook ’n bossie onderstebo sien staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar ’n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy sien dis maar alles foppery.
As ’n ster verskiet—vernaamlik as dit ’n lang ligtrein agterlaat—, dan meen die Boesmans dat ’n bekende of ’n vriend sterf; die ster wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding ’n paar dae daarna.[67]