[Inhoud]No. 59.Die Boesman as Kunstenaar.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy verskillende kunsbedrywe volg.Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as kunstenaar glad nie ’n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy ’n skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin het hy ’n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op ’n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met ’n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met ’n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring.Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die fatsoen van die liggaam van ’n dier taamlik getrou kan afteken, sodat daaromtrent geen twyfel kan[68]bestaan nie; maar die bene en horings is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om ’n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis natuurlik ’n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder ’n regte besef besit van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel; hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons aandag op daardie inkrapwerk te vestig.Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak word, anders verloor so ’n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook as ’n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min toneeldansers wat ’n Boesman in ’n riel sal uitstof—hy is met sy voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy liggaam is hy amper so knap as ’n slang.Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie en is maar bra eentonig, dog altyd van ’n vrolike aard en bestaan meestal uit riele, waarvan nogal ’n taamlike verskeidenheid bestaan.[69]BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou kan naboots. Daar ’n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om ’n lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op sigself is ook ’n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer dat sulke voortbrengsels al hulle[70]krag by vertaling verloor, anders kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees.As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit—so moet ons hom hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou.Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond of veld te vind, is hy bepaald ’n kunstenaar of ’n deskundige: die geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en hoe skrander in ander gevalle.[73]

No. 59.Die Boesman as Kunstenaar.
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy verskillende kunsbedrywe volg.Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as kunstenaar glad nie ’n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy ’n skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin het hy ’n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op ’n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met ’n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met ’n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring.Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die fatsoen van die liggaam van ’n dier taamlik getrou kan afteken, sodat daaromtrent geen twyfel kan[68]bestaan nie; maar die bene en horings is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om ’n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis natuurlik ’n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder ’n regte besef besit van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel; hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons aandag op daardie inkrapwerk te vestig.Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak word, anders verloor so ’n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook as ’n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min toneeldansers wat ’n Boesman in ’n riel sal uitstof—hy is met sy voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy liggaam is hy amper so knap as ’n slang.Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie en is maar bra eentonig, dog altyd van ’n vrolike aard en bestaan meestal uit riele, waarvan nogal ’n taamlike verskeidenheid bestaan.[69]BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou kan naboots. Daar ’n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om ’n lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op sigself is ook ’n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer dat sulke voortbrengsels al hulle[70]krag by vertaling verloor, anders kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees.As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit—so moet ons hom hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou.Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond of veld te vind, is hy bepaald ’n kunstenaar of ’n deskundige: die geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en hoe skrander in ander gevalle.[73]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy verskillende kunsbedrywe volg.
Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as kunstenaar glad nie ’n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy ’n skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin het hy ’n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op ’n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met ’n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met ’n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring.
Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die fatsoen van die liggaam van ’n dier taamlik getrou kan afteken, sodat daaromtrent geen twyfel kan[68]bestaan nie; maar die bene en horings is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om ’n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis natuurlik ’n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder ’n regte besef besit van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel; hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons aandag op daardie inkrapwerk te vestig.
Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak word, anders verloor so ’n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook as ’n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min toneeldansers wat ’n Boesman in ’n riel sal uitstof—hy is met sy voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy liggaam is hy amper so knap as ’n slang.
Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie en is maar bra eentonig, dog altyd van ’n vrolike aard en bestaan meestal uit riele, waarvan nogal ’n taamlike verskeidenheid bestaan.[69]
BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.
BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.
Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou kan naboots. Daar ’n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om ’n lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op sigself is ook ’n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer dat sulke voortbrengsels al hulle[70]krag by vertaling verloor, anders kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees.
As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit—so moet ons hom hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou.
Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond of veld te vind, is hy bepaald ’n kunstenaar of ’n deskundige: die geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en hoe skrander in ander gevalle.[73]