No. 62.

[Inhoud]No. 62.Die Boesman as Bediende.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en nie so onbekwaam is nie.Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom uitmaak nie. Eendag sê ’n man aan ons: “Arrie, ’n Boesman kan ’n mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie, dan mis jy hom darem.”Boesmans wat in die wildernis onder ’n vrye lug en in ’n vrye natuur gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan ’n uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool, ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel; want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg.[92]Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref—maar dan moet die baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie.Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as ’n Boesman ’n seker leeftyd—nog maar jonk—bereik het, dat hy ’n vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op ’n Boesman rus, hy langer bly, daar sy vrou liewers ’n stiller lewe wil voer as om in die woeste met haar kinders rond te swerf.Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk drank word. Vir ’n pruimpie tabak sal ’n Boesman ver uit sy pad gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat vir dronkenskap tereg—dis te sê as hul daardie maand nie reeds in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir ’n Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry, en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak is geen hoeveelheid tabak bepaal nie—net soos dit op is, dan kom jong of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit.[93]Winkelklere hou vir ’n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het—regmaak of lap is net verniet.As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal nie ’n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde om vir hom te jag—so neem hy altyd ’n hond met hom veld-toe—dis te sê as hy een het of kan kry.Maar ook vir plaaswerk van ’n ligte aard is hy ook handig. Hy is ’n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig—sowel leier as ploegsterthouer.Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om ’n Boesman sy volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van hom nie—hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net ’n seker taks; want by eet en drink het dié nasie geen maat nie.Deur hulle van kleins af te oefen, kan ’n mens hul leer om sindelik en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle klere is as ’n meid kan dink om te wees.[97]

No. 62.Die Boesman as Bediende.

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en nie so onbekwaam is nie.Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom uitmaak nie. Eendag sê ’n man aan ons: “Arrie, ’n Boesman kan ’n mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie, dan mis jy hom darem.”Boesmans wat in die wildernis onder ’n vrye lug en in ’n vrye natuur gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan ’n uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool, ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel; want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg.[92]Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref—maar dan moet die baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie.Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as ’n Boesman ’n seker leeftyd—nog maar jonk—bereik het, dat hy ’n vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op ’n Boesman rus, hy langer bly, daar sy vrou liewers ’n stiller lewe wil voer as om in die woeste met haar kinders rond te swerf.Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk drank word. Vir ’n pruimpie tabak sal ’n Boesman ver uit sy pad gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat vir dronkenskap tereg—dis te sê as hul daardie maand nie reeds in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir ’n Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry, en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak is geen hoeveelheid tabak bepaal nie—net soos dit op is, dan kom jong of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit.[93]Winkelklere hou vir ’n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het—regmaak of lap is net verniet.As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal nie ’n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde om vir hom te jag—so neem hy altyd ’n hond met hom veld-toe—dis te sê as hy een het of kan kry.Maar ook vir plaaswerk van ’n ligte aard is hy ook handig. Hy is ’n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig—sowel leier as ploegsterthouer.Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om ’n Boesman sy volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van hom nie—hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net ’n seker taks; want by eet en drink het dié nasie geen maat nie.Deur hulle van kleins af te oefen, kan ’n mens hul leer om sindelik en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle klere is as ’n meid kan dink om te wees.[97]

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en nie so onbekwaam is nie.

Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom uitmaak nie. Eendag sê ’n man aan ons: “Arrie, ’n Boesman kan ’n mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie, dan mis jy hom darem.”

Boesmans wat in die wildernis onder ’n vrye lug en in ’n vrye natuur gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan ’n uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool, ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel; want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg.[92]

Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref—maar dan moet die baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie.

Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as ’n Boesman ’n seker leeftyd—nog maar jonk—bereik het, dat hy ’n vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op ’n Boesman rus, hy langer bly, daar sy vrou liewers ’n stiller lewe wil voer as om in die woeste met haar kinders rond te swerf.

Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk drank word. Vir ’n pruimpie tabak sal ’n Boesman ver uit sy pad gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat vir dronkenskap tereg—dis te sê as hul daardie maand nie reeds in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir ’n Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry, en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak is geen hoeveelheid tabak bepaal nie—net soos dit op is, dan kom jong of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit.[93]

Winkelklere hou vir ’n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het—regmaak of lap is net verniet.

As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal nie ’n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde om vir hom te jag—so neem hy altyd ’n hond met hom veld-toe—dis te sê as hy een het of kan kry.

Maar ook vir plaaswerk van ’n ligte aard is hy ook handig. Hy is ’n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig—sowel leier as ploegsterthouer.

Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om ’n Boesman sy volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van hom nie—hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net ’n seker taks; want by eet en drink het dié nasie geen maat nie.

Deur hulle van kleins af te oefen, kan ’n mens hul leer om sindelik en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle klere is as ’n meid kan dink om te wees.[97]

Back to IndexNext