No. 63.

[Inhoud]No. 63.Voortekens en Voorgevoel.OPMERKINGS:—Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels aan dr. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis of ’n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan wees—ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. ’n Droom is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie: op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as daar mense en besoekers vir hom aankom.As die eeld van ’n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: “Loop kyk of oupa nie aankom nie.”Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: “Daar kom iemand aan.”Waarop hulle pa sê: “Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis die merk van ’n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as ek julle dinge vooruitvertel nie.”[98]As die een weer ’n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en sê: “Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg.”’n Ander man roep uit: “Ja, toe, kinders, loop kyk!”As ’n Boesman ’n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit voel, dan is dit ’n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap.As hy ’n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die bok wat hy dra.Die ander Boesmans stem in en sê: “Ja, broer, jy praat reg.”As hul ’n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: “Hier kom springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die bossies laat kraak.”As hul ’n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: “Ek voel hoe ons die horings van die springbok gaan afkap.”Voel hul ’n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe wat op die gesig van ’n springbok is.As hul ’n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat bo die oë van ’n springbok is.[99]Vir ’n volstruis is die gevoel ’n gekriewel op die kop; dit beteken die goggas wat op ’n volstruis se lyf rondkruip.In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: “Nou slaap die Boesmans—daarom sal ons maar naby gaan.”Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel, dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie.Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die een wat die voorgevoel gehad het.[103]

No. 63.Voortekens en Voorgevoel.

OPMERKINGS:—Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels aan dr. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis of ’n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan wees—ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. ’n Droom is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie: op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as daar mense en besoekers vir hom aankom.As die eeld van ’n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: “Loop kyk of oupa nie aankom nie.”Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: “Daar kom iemand aan.”Waarop hulle pa sê: “Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis die merk van ’n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as ek julle dinge vooruitvertel nie.”[98]As die een weer ’n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en sê: “Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg.”’n Ander man roep uit: “Ja, toe, kinders, loop kyk!”As ’n Boesman ’n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit voel, dan is dit ’n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap.As hy ’n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die bok wat hy dra.Die ander Boesmans stem in en sê: “Ja, broer, jy praat reg.”As hul ’n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: “Hier kom springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die bossies laat kraak.”As hul ’n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: “Ek voel hoe ons die horings van die springbok gaan afkap.”Voel hul ’n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe wat op die gesig van ’n springbok is.As hul ’n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat bo die oë van ’n springbok is.[99]Vir ’n volstruis is die gevoel ’n gekriewel op die kop; dit beteken die goggas wat op ’n volstruis se lyf rondkruip.In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: “Nou slaap die Boesmans—daarom sal ons maar naby gaan.”Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel, dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie.Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die een wat die voorgevoel gehad het.[103]

OPMERKINGS:—Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels aan dr. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”

As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis of ’n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan wees—ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. ’n Droom is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie: op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as daar mense en besoekers vir hom aankom.

As die eeld van ’n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: “Loop kyk of oupa nie aankom nie.”

Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: “Daar kom iemand aan.”

Waarop hulle pa sê: “Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis die merk van ’n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as ek julle dinge vooruitvertel nie.”[98]

As die een weer ’n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en sê: “Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg.”

’n Ander man roep uit: “Ja, toe, kinders, loop kyk!”

As ’n Boesman ’n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit voel, dan is dit ’n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap.

As hy ’n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die bok wat hy dra.

Die ander Boesmans stem in en sê: “Ja, broer, jy praat reg.”

As hul ’n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: “Hier kom springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die bossies laat kraak.”

As hul ’n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: “Ek voel hoe ons die horings van die springbok gaan afkap.”

Voel hul ’n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe wat op die gesig van ’n springbok is.

As hul ’n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat bo die oë van ’n springbok is.[99]

Vir ’n volstruis is die gevoel ’n gekriewel op die kop; dit beteken die goggas wat op ’n volstruis se lyf rondkruip.

In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: “Nou slaap die Boesmans—daarom sal ons maar naby gaan.”

Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel, dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie.

Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die een wat die voorgevoel gehad het.[103]

Back to IndexNext