[Inhoud]No. 64.No. 64.Nog meer uit dieGeskiedenis.OPMERKINGS:—Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het; en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig.Die Denkvermoë van ’n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as dié van ’n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag- en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by ’n Boesman gaan les neem. Hy het nie ’n naam in sy taal vir ’n getal hoër as twee nie: as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee, sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop sonop-toe, twee lê en een staan onder ’n boom.Maar met dit alles is hy tog ’n tekenaar wat kunstige prentjies op die rotse kan afskilder, of met ’n harde klip[104]daarop inkrap. Nou, ou Ruiter, ’n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van die prentjies en inkrappings briewe is—ander is somar tekeninge. Nou, as daardie prentjies briewe is, dan is hul van ’n soort soos kinders aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe.Nou, die ou Egiptenare het ook ’n manier gehad om in tekenskrif te skrywe. Maar die ou Egiptenaar was ’n hoog ontwikkelde man, en dus kan ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem.Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle ooit in beskawing gevorder het.Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig het—van ’n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken is—, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van die Boesman uit te ken en te ondersoek.Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou nasies vertel.Ons het reeds geluister na hoe die Farao’s van Egipte ’n dwergnasie geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde jare voor die Farao’s die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in[105]Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op verskeie plekke te vinde en te sien.Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier ’n menssoort gewoon het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit net ’n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie.Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is.In die jaar 1884 ontmoet ons ’n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer, Transvaal, gewoon het. Hy het by hom ’n ouderwetse stuk klipgereedskap gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem (of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so ’n[106]tamaai asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets daarmee dood te gooi.Sy antwoord was: “Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate vir wild te grawe.” En na ’n rukkie vervolg hy: “Ons, Boesmans, het nie soveel krag in ons arms om ’n ding met ’n stomp klipasgaai dood te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer, dan sit hy gou op sy hurke.”Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het nie—soosb.v.die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in hande moes kry—en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad.Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige seker honderde jare oud is—dis te sê as ons oordeel na die dik lae stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot tyd gegroei en vergaan het—vernaamlik te oordeel na die dik bome wat bo-oor gegroei het.So is—jare gelede—op Mosselbaai in ’n spelonk ’n groot hoop skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is.[107]Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is, is te vinde op die linkerwal van ’n spruit wat in die Buffelsrivier, Oos-Londen, loop. Die hoop het soos ’n klein heuweltjie gelyk, wat bedek was met ’n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was om ’n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword, en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek geword nie.Nou, as ons ’n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar baie vrae in ons gedagte op—soos, hoeveel jare het dit geneem om soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om daarop te ontwikkel?In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild en potstukke te vinde is.[111]

No. 64.No. 64.Nog meer uit dieGeskiedenis.
No. 64.
OPMERKINGS:—Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het; en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig.Die Denkvermoë van ’n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as dié van ’n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag- en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by ’n Boesman gaan les neem. Hy het nie ’n naam in sy taal vir ’n getal hoër as twee nie: as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee, sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop sonop-toe, twee lê en een staan onder ’n boom.Maar met dit alles is hy tog ’n tekenaar wat kunstige prentjies op die rotse kan afskilder, of met ’n harde klip[104]daarop inkrap. Nou, ou Ruiter, ’n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van die prentjies en inkrappings briewe is—ander is somar tekeninge. Nou, as daardie prentjies briewe is, dan is hul van ’n soort soos kinders aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe.Nou, die ou Egiptenare het ook ’n manier gehad om in tekenskrif te skrywe. Maar die ou Egiptenaar was ’n hoog ontwikkelde man, en dus kan ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem.Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle ooit in beskawing gevorder het.Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig het—van ’n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken is—, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van die Boesman uit te ken en te ondersoek.Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou nasies vertel.Ons het reeds geluister na hoe die Farao’s van Egipte ’n dwergnasie geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde jare voor die Farao’s die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in[105]Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op verskeie plekke te vinde en te sien.Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier ’n menssoort gewoon het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit net ’n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie.Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is.In die jaar 1884 ontmoet ons ’n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer, Transvaal, gewoon het. Hy het by hom ’n ouderwetse stuk klipgereedskap gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem (of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so ’n[106]tamaai asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets daarmee dood te gooi.Sy antwoord was: “Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate vir wild te grawe.” En na ’n rukkie vervolg hy: “Ons, Boesmans, het nie soveel krag in ons arms om ’n ding met ’n stomp klipasgaai dood te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer, dan sit hy gou op sy hurke.”Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het nie—soosb.v.die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in hande moes kry—en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad.Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige seker honderde jare oud is—dis te sê as ons oordeel na die dik lae stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot tyd gegroei en vergaan het—vernaamlik te oordeel na die dik bome wat bo-oor gegroei het.So is—jare gelede—op Mosselbaai in ’n spelonk ’n groot hoop skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is.[107]Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is, is te vinde op die linkerwal van ’n spruit wat in die Buffelsrivier, Oos-Londen, loop. Die hoop het soos ’n klein heuweltjie gelyk, wat bedek was met ’n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was om ’n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword, en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek geword nie.Nou, as ons ’n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar baie vrae in ons gedagte op—soos, hoeveel jare het dit geneem om soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om daarop te ontwikkel?In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild en potstukke te vinde is.[111]
OPMERKINGS:—Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het; en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig.
Die Denkvermoë van ’n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as dié van ’n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag- en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by ’n Boesman gaan les neem. Hy het nie ’n naam in sy taal vir ’n getal hoër as twee nie: as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee, sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop sonop-toe, twee lê en een staan onder ’n boom.
Maar met dit alles is hy tog ’n tekenaar wat kunstige prentjies op die rotse kan afskilder, of met ’n harde klip[104]daarop inkrap. Nou, ou Ruiter, ’n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van die prentjies en inkrappings briewe is—ander is somar tekeninge. Nou, as daardie prentjies briewe is, dan is hul van ’n soort soos kinders aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe.
Nou, die ou Egiptenare het ook ’n manier gehad om in tekenskrif te skrywe. Maar die ou Egiptenaar was ’n hoog ontwikkelde man, en dus kan ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem.
Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle ooit in beskawing gevorder het.
Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig het—van ’n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken is—, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van die Boesman uit te ken en te ondersoek.
Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou nasies vertel.
Ons het reeds geluister na hoe die Farao’s van Egipte ’n dwergnasie geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde jare voor die Farao’s die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in[105]Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op verskeie plekke te vinde en te sien.
Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier ’n menssoort gewoon het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit net ’n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie.
Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is.
In die jaar 1884 ontmoet ons ’n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer, Transvaal, gewoon het. Hy het by hom ’n ouderwetse stuk klipgereedskap gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem (of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so ’n[106]tamaai asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets daarmee dood te gooi.
Sy antwoord was: “Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate vir wild te grawe.” En na ’n rukkie vervolg hy: “Ons, Boesmans, het nie soveel krag in ons arms om ’n ding met ’n stomp klipasgaai dood te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer, dan sit hy gou op sy hurke.”
Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het nie—soosb.v.die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in hande moes kry—en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad.
Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige seker honderde jare oud is—dis te sê as ons oordeel na die dik lae stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot tyd gegroei en vergaan het—vernaamlik te oordeel na die dik bome wat bo-oor gegroei het.
So is—jare gelede—op Mosselbaai in ’n spelonk ’n groot hoop skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is.[107]
Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is, is te vinde op die linkerwal van ’n spruit wat in die Buffelsrivier, Oos-Londen, loop. Die hoop het soos ’n klein heuweltjie gelyk, wat bedek was met ’n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was om ’n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword, en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek geword nie.
Nou, as ons ’n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar baie vrae in ons gedagte op—soos, hoeveel jare het dit geneem om soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om daarop te ontwikkel?
In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild en potstukke te vinde is.[111]