[Inhoud]No. 65.Pyl en Boog.OPMERKINGS:—In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville, verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het—wat toe al 83 jaar oud was.Die wapen waarop ’n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog word van ’n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem ’n lat van omtrent drie en ’n half of vier voet lank. Die stuk hout moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits—met verdrag—na die punte toe, dog in die middel bly dit oor ’n duim dik. Na hy dit mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie.Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan—solank as dit nat is—’n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van ’n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout vas, en dan is die boog klaar.[112]Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak; want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van ’n bottel of ’n stuk hoepel gebruik het—dis te sê, waar hul dit op die lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort het ’n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander—soos glas en vuurklip—word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl—om dit reguit te laat trek—bind hul ’n veer met senings vas, sodat die pyl daardeur ’n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal ’n skerp beenpunt.Nou ontbreek die gif nog.Soos ons gesien het, het die Boesman oor ’n baie groot oppervlakte gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op ’n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op ’n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel.Daar is ’n gifbos wat die plantkundiges dieAcocanthera venenatanoem. Mnr. Smith vertel ons dat[113]die Boesmans die hout van hierdie bos neem, dit stukkend stamp, in ’n kleipot plaas om met water gekook te word. Solank dit kook, moet ’n deksel op die pot bly, want die wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en gekook tot net ’n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman daarmee na ’n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit ’n taai, bruin mengsel wat die kleur van bywerk het.Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe ’n ou Boesman, Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:—“Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was sterk—want ek het metmyeie oë gesien dat ’n springbok, net deur die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie gebeur het nie as ’n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy eenvoudig gekook van die gifbos se melk.“Die gifbos groei maar op ’n paar plekke, nl. soos kort bokant Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is ’n plekkie tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word; die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp[114]dorinkies en is daarby vol senings net soos die blaaie van turksvye.“Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk van hierdie gifbos smeer.“Die oumense was erg bang vir die gifbos—daarom het hul die kinders ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te kom nie.”Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van seker soort slange—nie alle soorte nie—gebruik om hulle pyle mee te vergif. By soiets is daar altyd ’n seker mate van geheim by sonder om eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê: ’n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery.As die wildding dood is, dan is die eerste wat ’n Boesman doen as hy daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis ’n lawwe smaak het.[115]Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit wel giftig as dit in die bloed van ’n wildding of mens kom; maar hulle verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom.Dit is ook ’n bekende feit dat ’n hond wat deur ’n giftige slang gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as ’n slang hulle byt.[119]

No. 65.Pyl en Boog.
OPMERKINGS:—In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville, verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het—wat toe al 83 jaar oud was.Die wapen waarop ’n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog word van ’n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem ’n lat van omtrent drie en ’n half of vier voet lank. Die stuk hout moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits—met verdrag—na die punte toe, dog in die middel bly dit oor ’n duim dik. Na hy dit mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie.Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan—solank as dit nat is—’n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van ’n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout vas, en dan is die boog klaar.[112]Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak; want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van ’n bottel of ’n stuk hoepel gebruik het—dis te sê, waar hul dit op die lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort het ’n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander—soos glas en vuurklip—word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl—om dit reguit te laat trek—bind hul ’n veer met senings vas, sodat die pyl daardeur ’n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal ’n skerp beenpunt.Nou ontbreek die gif nog.Soos ons gesien het, het die Boesman oor ’n baie groot oppervlakte gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op ’n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op ’n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel.Daar is ’n gifbos wat die plantkundiges dieAcocanthera venenatanoem. Mnr. Smith vertel ons dat[113]die Boesmans die hout van hierdie bos neem, dit stukkend stamp, in ’n kleipot plaas om met water gekook te word. Solank dit kook, moet ’n deksel op die pot bly, want die wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en gekook tot net ’n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman daarmee na ’n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit ’n taai, bruin mengsel wat die kleur van bywerk het.Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe ’n ou Boesman, Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:—“Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was sterk—want ek het metmyeie oë gesien dat ’n springbok, net deur die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie gebeur het nie as ’n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy eenvoudig gekook van die gifbos se melk.“Die gifbos groei maar op ’n paar plekke, nl. soos kort bokant Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is ’n plekkie tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word; die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp[114]dorinkies en is daarby vol senings net soos die blaaie van turksvye.“Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk van hierdie gifbos smeer.“Die oumense was erg bang vir die gifbos—daarom het hul die kinders ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te kom nie.”Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van seker soort slange—nie alle soorte nie—gebruik om hulle pyle mee te vergif. By soiets is daar altyd ’n seker mate van geheim by sonder om eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê: ’n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery.As die wildding dood is, dan is die eerste wat ’n Boesman doen as hy daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis ’n lawwe smaak het.[115]Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit wel giftig as dit in die bloed van ’n wildding of mens kom; maar hulle verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom.Dit is ook ’n bekende feit dat ’n hond wat deur ’n giftige slang gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as ’n slang hulle byt.[119]
OPMERKINGS:—In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville, verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het—wat toe al 83 jaar oud was.
Die wapen waarop ’n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog word van ’n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem ’n lat van omtrent drie en ’n half of vier voet lank. Die stuk hout moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits—met verdrag—na die punte toe, dog in die middel bly dit oor ’n duim dik. Na hy dit mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie.
Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan—solank as dit nat is—’n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van ’n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout vas, en dan is die boog klaar.[112]
Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak; want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van ’n bottel of ’n stuk hoepel gebruik het—dis te sê, waar hul dit op die lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort het ’n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander—soos glas en vuurklip—word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl—om dit reguit te laat trek—bind hul ’n veer met senings vas, sodat die pyl daardeur ’n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal ’n skerp beenpunt.
Nou ontbreek die gif nog.
Soos ons gesien het, het die Boesman oor ’n baie groot oppervlakte gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op ’n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op ’n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel.
Daar is ’n gifbos wat die plantkundiges dieAcocanthera venenatanoem. Mnr. Smith vertel ons dat[113]die Boesmans die hout van hierdie bos neem, dit stukkend stamp, in ’n kleipot plaas om met water gekook te word. Solank dit kook, moet ’n deksel op die pot bly, want die wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en gekook tot net ’n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman daarmee na ’n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit ’n taai, bruin mengsel wat die kleur van bywerk het.
Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe ’n ou Boesman, Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:—
“Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was sterk—want ek het metmyeie oë gesien dat ’n springbok, net deur die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie gebeur het nie as ’n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy eenvoudig gekook van die gifbos se melk.
“Die gifbos groei maar op ’n paar plekke, nl. soos kort bokant Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is ’n plekkie tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word; die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp[114]dorinkies en is daarby vol senings net soos die blaaie van turksvye.
“Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk van hierdie gifbos smeer.
“Die oumense was erg bang vir die gifbos—daarom het hul die kinders ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te kom nie.”
Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van seker soort slange—nie alle soorte nie—gebruik om hulle pyle mee te vergif. By soiets is daar altyd ’n seker mate van geheim by sonder om eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê: ’n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery.
As die wildding dood is, dan is die eerste wat ’n Boesman doen as hy daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis ’n lawwe smaak het.[115]
Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit wel giftig as dit in die bloed van ’n wildding of mens kom; maar hulle verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom.
Dit is ook ’n bekende feit dat ’n hond wat deur ’n giftige slang gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as ’n slang hulle byt.[119]