[Inhoud]No. 68.No. 68.’n Boesman is waarlik dapper.OPMERKINGS:—Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix soos deur oom Jan Visser aan hom vertel.Ou Oom Jan Visser—nou 83 jaar oud—vertel die volgende ware gebeurtenis:—“Sestig jare gelede was ek ’n jongeling van drie-en-twintig jaar oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien, gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by ’n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer van ’n groot meer water ’n pan.—Die Skrywer.]“As ’n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan lyk die ander kant somar hier naby.[136]Maar moenie glo nie! Jou gesig word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien ’n mens êrens in die pan ’n groot wit ding wat so groot vertoon as ’n boerbok; maar loop hy daarheen, dan vind hy niks meer as ’n murgbeen van ’n bees nie.“Op ’n warm dag—as die warm lug oor die grond flikker—, dan vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat groot kabbelings maak. Maar dit alles is ’n lugverskynsel, wat ons opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry; en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so.“Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons ’n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard; want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies te sien was, was net twee skrefies—hoewel hy baie beter kon sien as ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie.“’n Geslepener skelm, ’n fyner leuenaar en ’n deurtrapter dief ken ek nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies), vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of ander tyd ’n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op ’n ander[137]plek was as dié waar die goed gesteel is—alles om te staaf dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie.’N BOESMAN BEKRUIP WILD.’N BOESMAN BEKRUIP WILD.“Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af ’n hasie agter ’n bossie sien lê, of ’n koraan in die laagte sien staan, of ’n pou daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in ’n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al[138]die tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom; want mis-skiet ken die ou Boesman nie!“Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan, begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos ’n slang op die grond seil en gaan dan tot ’n vyftien tree of so van hulle af, kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat ’n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie.“Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is ’n plek met die naam van Omdraaivlei; daar was ’n ander staning. Op ’n seker dag het daar op Omdraaivlei ’n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar ’n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop.“Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit na die smous toe om tabak te gaan koop.“Omtrent halfpad staan ’n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie sy pyl en boog by[139]hom gehad nie, nog minder vuur of ’n ander wapen as net sy twee-voet-lank kierietjie.“Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom ’n entjie nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die leeu ’n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot staan bring. So het hy ’n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan, spring hy regop in die lug, gee ’n geweldige skreeu en klop hard en geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom my vader roep om die leeu te skiet.“Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik ’n baie nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie, dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe.”Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf hoor. Ongetwyfeld was hy ’n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld was hy ’n held.In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie.[143]

No. 68.No. 68.’n Boesman is waarlik dapper.
No. 68.
OPMERKINGS:—Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix soos deur oom Jan Visser aan hom vertel.Ou Oom Jan Visser—nou 83 jaar oud—vertel die volgende ware gebeurtenis:—“Sestig jare gelede was ek ’n jongeling van drie-en-twintig jaar oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien, gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by ’n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer van ’n groot meer water ’n pan.—Die Skrywer.]“As ’n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan lyk die ander kant somar hier naby.[136]Maar moenie glo nie! Jou gesig word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien ’n mens êrens in die pan ’n groot wit ding wat so groot vertoon as ’n boerbok; maar loop hy daarheen, dan vind hy niks meer as ’n murgbeen van ’n bees nie.“Op ’n warm dag—as die warm lug oor die grond flikker—, dan vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat groot kabbelings maak. Maar dit alles is ’n lugverskynsel, wat ons opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry; en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so.“Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons ’n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard; want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies te sien was, was net twee skrefies—hoewel hy baie beter kon sien as ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie.“’n Geslepener skelm, ’n fyner leuenaar en ’n deurtrapter dief ken ek nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies), vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of ander tyd ’n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op ’n ander[137]plek was as dié waar die goed gesteel is—alles om te staaf dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie.’N BOESMAN BEKRUIP WILD.’N BOESMAN BEKRUIP WILD.“Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af ’n hasie agter ’n bossie sien lê, of ’n koraan in die laagte sien staan, of ’n pou daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in ’n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al[138]die tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom; want mis-skiet ken die ou Boesman nie!“Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan, begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos ’n slang op die grond seil en gaan dan tot ’n vyftien tree of so van hulle af, kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat ’n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie.“Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is ’n plek met die naam van Omdraaivlei; daar was ’n ander staning. Op ’n seker dag het daar op Omdraaivlei ’n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar ’n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop.“Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit na die smous toe om tabak te gaan koop.“Omtrent halfpad staan ’n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie sy pyl en boog by[139]hom gehad nie, nog minder vuur of ’n ander wapen as net sy twee-voet-lank kierietjie.“Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom ’n entjie nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die leeu ’n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot staan bring. So het hy ’n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan, spring hy regop in die lug, gee ’n geweldige skreeu en klop hard en geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom my vader roep om die leeu te skiet.“Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik ’n baie nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie, dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe.”Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf hoor. Ongetwyfeld was hy ’n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld was hy ’n held.In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie.[143]
OPMERKINGS:—Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix soos deur oom Jan Visser aan hom vertel.
Ou Oom Jan Visser—nou 83 jaar oud—vertel die volgende ware gebeurtenis:—
“Sestig jare gelede was ek ’n jongeling van drie-en-twintig jaar oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien, gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by ’n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer van ’n groot meer water ’n pan.—Die Skrywer.]
“As ’n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan lyk die ander kant somar hier naby.[136]Maar moenie glo nie! Jou gesig word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien ’n mens êrens in die pan ’n groot wit ding wat so groot vertoon as ’n boerbok; maar loop hy daarheen, dan vind hy niks meer as ’n murgbeen van ’n bees nie.
“Op ’n warm dag—as die warm lug oor die grond flikker—, dan vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat groot kabbelings maak. Maar dit alles is ’n lugverskynsel, wat ons opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry; en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so.
“Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons ’n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard; want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies te sien was, was net twee skrefies—hoewel hy baie beter kon sien as ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie.
“’n Geslepener skelm, ’n fyner leuenaar en ’n deurtrapter dief ken ek nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies), vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of ander tyd ’n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op ’n ander[137]plek was as dié waar die goed gesteel is—alles om te staaf dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie.
’N BOESMAN BEKRUIP WILD.’N BOESMAN BEKRUIP WILD.
’N BOESMAN BEKRUIP WILD.
“Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af ’n hasie agter ’n bossie sien lê, of ’n koraan in die laagte sien staan, of ’n pou daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in ’n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al[138]die tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom; want mis-skiet ken die ou Boesman nie!
“Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan, begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos ’n slang op die grond seil en gaan dan tot ’n vyftien tree of so van hulle af, kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat ’n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie.
“Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is ’n plek met die naam van Omdraaivlei; daar was ’n ander staning. Op ’n seker dag het daar op Omdraaivlei ’n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar ’n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop.
“Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit na die smous toe om tabak te gaan koop.
“Omtrent halfpad staan ’n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie sy pyl en boog by[139]hom gehad nie, nog minder vuur of ’n ander wapen as net sy twee-voet-lank kierietjie.
“Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom ’n entjie nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die leeu ’n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot staan bring. So het hy ’n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan, spring hy regop in die lug, gee ’n geweldige skreeu en klop hard en geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom my vader roep om die leeu te skiet.
“Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik ’n baie nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie, dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe.”
Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf hoor. Ongetwyfeld was hy ’n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld was hy ’n held.
In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie.[143]