[Inhoud]No. 69.Hoe Boesmans verf maak.OPMERKINGS:—Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms hulle lyf skilder.Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder te verbleek of af te reën—hoe maak hul die verf? Nou, as iemand ’n bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan word ’n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat net ’n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit ’n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So ’n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik.Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken.Oom Jan gaan voort om te vertel:—[144]“Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T’korgas se Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel, swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers daardeur; nou is dit stof.“Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t’kouboom se olie, net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder.“Die t’kouboom tref ’n mens vandag nog in groot menigte aan in die sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het ’n dik stam en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van ’n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit ’n frankbitter smaak.“Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op ’n klip val, maak dit ’n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg oor jare daarna somar sal uitgaan nie.“My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar op harde klip behou[145]dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery het dit moeilik gegaan om ’n skaafplekkie aan die tafel te kry—dis ongetwyfeld, dié soort olie is goed.“Rondelyf het nog ’n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars—so vat hy soms in plaas daarvan kors, of gom, van die t’kooibos. Met hierdie soort verf het hy soms sy hele liggaam besmeer—tot selfs sy bakkies. Dit het ’n mooi donkerbruin kleur.“Die ajoos is ’n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland word ’n paddastoel duiwelsbrood genoem.—Die Skrywer.] Maar waar die duiwelsbrood die vorm van ’n hoed of sambreel het, het die ajoos die vorm van ’n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne vol van ’n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak.”Tot so ver het oom Jan vertel.Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie, of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans gebruik om hulle wange mee bruin te skilder—soms word hulle gesigte nogal taamlik bont daarmee geverf.Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was die antwoord: “Dit hou die vel koel en as ons dit na ’n tyd afwas, dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld[146]brand die son ons heeltemal bruin.” Dit was natuurlik die geval waar die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant.VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans teken die Kaffers altyd swart af—daarvoor gebruik hul potswartsel; vir Boesmans gebruik hul meestal bruin—daarvoor gebruik hul bruin potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts ontleen is. Soms vind ’n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf hiervan word op seker plekke gegrawe.[149]

No. 69.Hoe Boesmans verf maak.
OPMERKINGS:—Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms hulle lyf skilder.Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder te verbleek of af te reën—hoe maak hul die verf? Nou, as iemand ’n bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan word ’n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat net ’n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit ’n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So ’n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik.Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken.Oom Jan gaan voort om te vertel:—[144]“Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T’korgas se Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel, swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers daardeur; nou is dit stof.“Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t’kouboom se olie, net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder.“Die t’kouboom tref ’n mens vandag nog in groot menigte aan in die sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het ’n dik stam en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van ’n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit ’n frankbitter smaak.“Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op ’n klip val, maak dit ’n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg oor jare daarna somar sal uitgaan nie.“My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar op harde klip behou[145]dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery het dit moeilik gegaan om ’n skaafplekkie aan die tafel te kry—dis ongetwyfeld, dié soort olie is goed.“Rondelyf het nog ’n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars—so vat hy soms in plaas daarvan kors, of gom, van die t’kooibos. Met hierdie soort verf het hy soms sy hele liggaam besmeer—tot selfs sy bakkies. Dit het ’n mooi donkerbruin kleur.“Die ajoos is ’n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland word ’n paddastoel duiwelsbrood genoem.—Die Skrywer.] Maar waar die duiwelsbrood die vorm van ’n hoed of sambreel het, het die ajoos die vorm van ’n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne vol van ’n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak.”Tot so ver het oom Jan vertel.Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie, of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans gebruik om hulle wange mee bruin te skilder—soms word hulle gesigte nogal taamlik bont daarmee geverf.Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was die antwoord: “Dit hou die vel koel en as ons dit na ’n tyd afwas, dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld[146]brand die son ons heeltemal bruin.” Dit was natuurlik die geval waar die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant.VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans teken die Kaffers altyd swart af—daarvoor gebruik hul potswartsel; vir Boesmans gebruik hul meestal bruin—daarvoor gebruik hul bruin potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts ontleen is. Soms vind ’n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf hiervan word op seker plekke gegrawe.[149]
OPMERKINGS:—Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms hulle lyf skilder.
Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder te verbleek of af te reën—hoe maak hul die verf? Nou, as iemand ’n bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan word ’n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat net ’n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit ’n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So ’n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik.
Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken.
Oom Jan gaan voort om te vertel:—[144]
“Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T’korgas se Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel, swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers daardeur; nou is dit stof.
“Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t’kouboom se olie, net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder.
“Die t’kouboom tref ’n mens vandag nog in groot menigte aan in die sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het ’n dik stam en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van ’n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit ’n frankbitter smaak.
“Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op ’n klip val, maak dit ’n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg oor jare daarna somar sal uitgaan nie.
“My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar op harde klip behou[145]dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery het dit moeilik gegaan om ’n skaafplekkie aan die tafel te kry—dis ongetwyfeld, dié soort olie is goed.
“Rondelyf het nog ’n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars—so vat hy soms in plaas daarvan kors, of gom, van die t’kooibos. Met hierdie soort verf het hy soms sy hele liggaam besmeer—tot selfs sy bakkies. Dit het ’n mooi donkerbruin kleur.
“Die ajoos is ’n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland word ’n paddastoel duiwelsbrood genoem.—Die Skrywer.] Maar waar die duiwelsbrood die vorm van ’n hoed of sambreel het, het die ajoos die vorm van ’n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne vol van ’n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak.”
Tot so ver het oom Jan vertel.
Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie, of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans gebruik om hulle wange mee bruin te skilder—soms word hulle gesigte nogal taamlik bont daarmee geverf.
Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was die antwoord: “Dit hou die vel koel en as ons dit na ’n tyd afwas, dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld[146]brand die son ons heeltemal bruin.” Dit was natuurlik die geval waar die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant.
VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.
VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.
Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans teken die Kaffers altyd swart af—daarvoor gebruik hul potswartsel; vir Boesmans gebruik hul meestal bruin—daarvoor gebruik hul bruin potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts ontleen is. Soms vind ’n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf hiervan word op seker plekke gegrawe.[149]