No. 70.

[Inhoud]No. 70.Kinders van die Natuur.OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons ’n paar gevalle mee hoe onverskillig ’n Boesmans die erns van die lewe kan opneem: plesier is sy grootste ideaal.Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak.Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy honger het nie; en as hy sy bekoms aan ’n maal het, dan wil hy dans; en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste te kom dans—net soos die ou Farao’s van Egipte gedoen het om hulle dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans.Sê die oubaas: “Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die aasvoëldans,”—dan lyk ’n aasvoël ’n mooi bog om beter rond te spring en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is as dié van ’n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die[150]springbokdans uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos ’n gomlastiekbal in die lug, skynbaar sonder ’n been, arm of spier te beweeg—want springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk.En as ’n klugspeler en nabootser het ’n Boesman nog nie sy gelyke gekry nie.Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie, veldvrugte of uintjies—alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak nie.Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op die lyf wat vir ’n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg om matig aan te gaan en ’n stukkie vir die dag van môre opsy te sit nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor: “Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad.”As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg; en wat doen die Boesmans?Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog ’n kind was, kom daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie, Middelburg, Tvl., is) ’n ou Boesman en sy meid; hulle plaas ’n klein meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat om tog maar die meidjie vir ’n jong os te ruil, daar hulle[151]baie honger ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so ’n jong kind nie ontvang nie; dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies, gaan ’n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind met ’n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie vind nie—so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword.Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:—Oom Jan Visser vertel: “Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag—kort voor sononder—’n klomp Boesmans teen ’n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes ’n klomp bobiane wat kos teen die rant soek.“Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die[152]hele nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het, wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel isDie Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer so:Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!—dit word oor en oor herhaal.Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens anderkant Kenhardt aan ’n dam te gaan werk. Maar voor hulle die werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie ingevlug.“Toe ek ’n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy het gewoonlik die hoepel van ’n vat geneem en rond gebuig dat dit so groot as ’n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy ’n stok wat as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan ’n nat haarafgemaakte vel van ’n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy ’n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes ’n drie-snarige ghitaar.Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser—ja, wat vang kinders nie aan nie! Ek het geleer omDie Bontperd[153]te speel, dan dans ou Rondelyf voor my en skoffel dat die stof so trek.”Tot so ver die verhaal van oom Jan.’n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand—al was dit maar vir ’n oomblikkie—’n plesier-plek by te kom. Ons weet van ’n geval waar ’n smous ’n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder, die bokooi, te gaan opsoek. ’n Boesman bied sy dienste aan om die jong springbokkie vir ’n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy sy lyf dan oor ’n sopie so moet pla, antwoord hy: “Baas, ’n dag se swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig maak.” Die smous het egter ’n span roltabak by die sopie gevoeg; en meer voldaan en opgeruimd—toe die sopie begin te trek—het ons ’n skepsel nie gesien nie. Met so ’n beloning sal hy nooit staak nie.Oom Piet Smit het ’n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag verlaat, dan kry hul die volgende dag ’n afgedankste afranseling. Maar daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers wat op ’n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te gaan verruil.[154]Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans net deur hul met ’n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry.[157]

No. 70.Kinders van die Natuur.

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons ’n paar gevalle mee hoe onverskillig ’n Boesmans die erns van die lewe kan opneem: plesier is sy grootste ideaal.Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak.Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy honger het nie; en as hy sy bekoms aan ’n maal het, dan wil hy dans; en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste te kom dans—net soos die ou Farao’s van Egipte gedoen het om hulle dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans.Sê die oubaas: “Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die aasvoëldans,”—dan lyk ’n aasvoël ’n mooi bog om beter rond te spring en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is as dié van ’n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die[150]springbokdans uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos ’n gomlastiekbal in die lug, skynbaar sonder ’n been, arm of spier te beweeg—want springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk.En as ’n klugspeler en nabootser het ’n Boesman nog nie sy gelyke gekry nie.Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie, veldvrugte of uintjies—alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak nie.Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op die lyf wat vir ’n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg om matig aan te gaan en ’n stukkie vir die dag van môre opsy te sit nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor: “Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad.”As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg; en wat doen die Boesmans?Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog ’n kind was, kom daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie, Middelburg, Tvl., is) ’n ou Boesman en sy meid; hulle plaas ’n klein meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat om tog maar die meidjie vir ’n jong os te ruil, daar hulle[151]baie honger ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so ’n jong kind nie ontvang nie; dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies, gaan ’n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind met ’n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie vind nie—so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword.Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:—Oom Jan Visser vertel: “Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag—kort voor sononder—’n klomp Boesmans teen ’n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes ’n klomp bobiane wat kos teen die rant soek.“Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die[152]hele nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het, wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel isDie Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer so:Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!—dit word oor en oor herhaal.Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens anderkant Kenhardt aan ’n dam te gaan werk. Maar voor hulle die werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie ingevlug.“Toe ek ’n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy het gewoonlik die hoepel van ’n vat geneem en rond gebuig dat dit so groot as ’n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy ’n stok wat as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan ’n nat haarafgemaakte vel van ’n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy ’n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes ’n drie-snarige ghitaar.Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser—ja, wat vang kinders nie aan nie! Ek het geleer omDie Bontperd[153]te speel, dan dans ou Rondelyf voor my en skoffel dat die stof so trek.”Tot so ver die verhaal van oom Jan.’n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand—al was dit maar vir ’n oomblikkie—’n plesier-plek by te kom. Ons weet van ’n geval waar ’n smous ’n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder, die bokooi, te gaan opsoek. ’n Boesman bied sy dienste aan om die jong springbokkie vir ’n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy sy lyf dan oor ’n sopie so moet pla, antwoord hy: “Baas, ’n dag se swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig maak.” Die smous het egter ’n span roltabak by die sopie gevoeg; en meer voldaan en opgeruimd—toe die sopie begin te trek—het ons ’n skepsel nie gesien nie. Met so ’n beloning sal hy nooit staak nie.Oom Piet Smit het ’n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag verlaat, dan kry hul die volgende dag ’n afgedankste afranseling. Maar daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers wat op ’n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te gaan verruil.[154]Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans net deur hul met ’n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry.[157]

OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons ’n paar gevalle mee hoe onverskillig ’n Boesmans die erns van die lewe kan opneem: plesier is sy grootste ideaal.

Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak.

Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy honger het nie; en as hy sy bekoms aan ’n maal het, dan wil hy dans; en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste te kom dans—net soos die ou Farao’s van Egipte gedoen het om hulle dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans.

Sê die oubaas: “Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die aasvoëldans,”—dan lyk ’n aasvoël ’n mooi bog om beter rond te spring en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is as dié van ’n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die[150]springbokdans uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos ’n gomlastiekbal in die lug, skynbaar sonder ’n been, arm of spier te beweeg—want springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk.

En as ’n klugspeler en nabootser het ’n Boesman nog nie sy gelyke gekry nie.

Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie, veldvrugte of uintjies—alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak nie.

Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op die lyf wat vir ’n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg om matig aan te gaan en ’n stukkie vir die dag van môre opsy te sit nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor: “Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad.”

As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg; en wat doen die Boesmans?

Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog ’n kind was, kom daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie, Middelburg, Tvl., is) ’n ou Boesman en sy meid; hulle plaas ’n klein meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat om tog maar die meidjie vir ’n jong os te ruil, daar hulle[151]baie honger ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so ’n jong kind nie ontvang nie; dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies, gaan ’n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind met ’n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie vind nie—so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword.

Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:—

Oom Jan Visser vertel: “Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag—kort voor sononder—’n klomp Boesmans teen ’n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes ’n klomp bobiane wat kos teen die rant soek.

“Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die[152]hele nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het, wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel isDie Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer so:Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!—dit word oor en oor herhaal.

Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens anderkant Kenhardt aan ’n dam te gaan werk. Maar voor hulle die werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie ingevlug.

“Toe ek ’n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy het gewoonlik die hoepel van ’n vat geneem en rond gebuig dat dit so groot as ’n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy ’n stok wat as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan ’n nat haarafgemaakte vel van ’n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy ’n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes ’n drie-snarige ghitaar.

Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser—ja, wat vang kinders nie aan nie! Ek het geleer omDie Bontperd[153]te speel, dan dans ou Rondelyf voor my en skoffel dat die stof so trek.”

Tot so ver die verhaal van oom Jan.

’n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand—al was dit maar vir ’n oomblikkie—’n plesier-plek by te kom. Ons weet van ’n geval waar ’n smous ’n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder, die bokooi, te gaan opsoek. ’n Boesman bied sy dienste aan om die jong springbokkie vir ’n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy sy lyf dan oor ’n sopie so moet pla, antwoord hy: “Baas, ’n dag se swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig maak.” Die smous het egter ’n span roltabak by die sopie gevoeg; en meer voldaan en opgeruimd—toe die sopie begin te trek—het ons ’n skepsel nie gesien nie. Met so ’n beloning sal hy nooit staak nie.

Oom Piet Smit het ’n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag verlaat, dan kry hul die volgende dag ’n afgedankste afranseling. Maar daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers wat op ’n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te gaan verruil.[154]

Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans net deur hul met ’n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry.[157]

Back to IndexNext