No. 71.

[Inhoud]No. 71.Fyn Diefstalle.OPMERKINGS:—Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn ’n Boesman kan steel sonder uitgevind te word—maar baiekeer loop hy hom tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is.Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie, nl. dat ’n Boesman ’n gebore dief is. En tog sit in so ’n algemene verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas nie? Ons was in ’n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: “Nooi, ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te steel as ek by jou drank uitkom nie.” En die huisvrou het ons verseker dat nie ’n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit te veilig onder slot gehou het nie.Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:—“Eenmaal het ’n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee kom gewoonlik oor ’n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle lêplek toe. As ’n haas oor die veld loop, kan ’n mens hom sien. Wel, soos gewoonlik kom die[158]vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by.“Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe word bevind dat een aan die getal kort kom.“My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: ‘Dis baie snaaks dat net een skaap aan die getal ontbreek—een skaap sal mos nie afdwaal nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan die geilsiekte dood.’“Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in ’n droë bos snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit ’n droë kraalbos is wat iemand in ’n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit, loer in die gat—en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis, behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus in die gat sorgvuldig versteek.“ ‘Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,’ roep my vader uit. ‘Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,’ sê hy toe hulle huis-toe stap.“Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin vas te draai. Want ’n Boesman moet ’n mens gou op die lyf loop om hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie.“ ‘Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar op die kaal vlakte gevang sonder dat ’n[159]mens of die twee wagters jou gesien het?’ vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld gaan aandraai. ‘Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore en vingers in die skroef af!’“Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met ’n bossie op sy kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat gesleep. Die skape om die gat het wel ’n bietjie geskrik; maar dit doen hul heeldag as hul op ’n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters geweet het dat daar iemand en ’n skaap binne in die gat gewees het.“Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my vader het hom ’n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van ’n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars ’n week gehelp, dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf.”Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en ’n Boesman het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook ’n getroue ou Boesman, ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk.[160]Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, ’n vet koei; die vleis moet in die nag in ’n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander dag makeer ’n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op ’n wonderlike manier, vind hul uit.Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas ’n koei gaan slag. In die nag het een in ’n boom ver van die huis geklim en nes ’n jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in; dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie.[163]

No. 71.Fyn Diefstalle.

OPMERKINGS:—Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn ’n Boesman kan steel sonder uitgevind te word—maar baiekeer loop hy hom tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is.Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie, nl. dat ’n Boesman ’n gebore dief is. En tog sit in so ’n algemene verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas nie? Ons was in ’n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: “Nooi, ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te steel as ek by jou drank uitkom nie.” En die huisvrou het ons verseker dat nie ’n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit te veilig onder slot gehou het nie.Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:—“Eenmaal het ’n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee kom gewoonlik oor ’n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle lêplek toe. As ’n haas oor die veld loop, kan ’n mens hom sien. Wel, soos gewoonlik kom die[158]vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by.“Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe word bevind dat een aan die getal kort kom.“My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: ‘Dis baie snaaks dat net een skaap aan die getal ontbreek—een skaap sal mos nie afdwaal nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan die geilsiekte dood.’“Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in ’n droë bos snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit ’n droë kraalbos is wat iemand in ’n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit, loer in die gat—en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis, behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus in die gat sorgvuldig versteek.“ ‘Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,’ roep my vader uit. ‘Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,’ sê hy toe hulle huis-toe stap.“Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin vas te draai. Want ’n Boesman moet ’n mens gou op die lyf loop om hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie.“ ‘Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar op die kaal vlakte gevang sonder dat ’n[159]mens of die twee wagters jou gesien het?’ vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld gaan aandraai. ‘Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore en vingers in die skroef af!’“Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met ’n bossie op sy kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat gesleep. Die skape om die gat het wel ’n bietjie geskrik; maar dit doen hul heeldag as hul op ’n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters geweet het dat daar iemand en ’n skaap binne in die gat gewees het.“Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my vader het hom ’n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van ’n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars ’n week gehelp, dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf.”Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en ’n Boesman het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook ’n getroue ou Boesman, ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk.[160]Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, ’n vet koei; die vleis moet in die nag in ’n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander dag makeer ’n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op ’n wonderlike manier, vind hul uit.Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas ’n koei gaan slag. In die nag het een in ’n boom ver van die huis geklim en nes ’n jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in; dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie.[163]

OPMERKINGS:—Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn ’n Boesman kan steel sonder uitgevind te word—maar baiekeer loop hy hom tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is.

Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie, nl. dat ’n Boesman ’n gebore dief is. En tog sit in so ’n algemene verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas nie? Ons was in ’n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: “Nooi, ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te steel as ek by jou drank uitkom nie.” En die huisvrou het ons verseker dat nie ’n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit te veilig onder slot gehou het nie.

Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:—

“Eenmaal het ’n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee kom gewoonlik oor ’n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle lêplek toe. As ’n haas oor die veld loop, kan ’n mens hom sien. Wel, soos gewoonlik kom die[158]vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by.

“Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe word bevind dat een aan die getal kort kom.

“My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: ‘Dis baie snaaks dat net een skaap aan die getal ontbreek—een skaap sal mos nie afdwaal nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan die geilsiekte dood.’

“Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in ’n droë bos snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit ’n droë kraalbos is wat iemand in ’n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit, loer in die gat—en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis, behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus in die gat sorgvuldig versteek.

“ ‘Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,’ roep my vader uit. ‘Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,’ sê hy toe hulle huis-toe stap.

“Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin vas te draai. Want ’n Boesman moet ’n mens gou op die lyf loop om hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie.

“ ‘Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar op die kaal vlakte gevang sonder dat ’n[159]mens of die twee wagters jou gesien het?’ vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld gaan aandraai. ‘Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore en vingers in die skroef af!’

“Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met ’n bossie op sy kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat gesleep. Die skape om die gat het wel ’n bietjie geskrik; maar dit doen hul heeldag as hul op ’n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters geweet het dat daar iemand en ’n skaap binne in die gat gewees het.

“Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my vader het hom ’n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van ’n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars ’n week gehelp, dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf.”

Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en ’n Boesman het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook ’n getroue ou Boesman, ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk.[160]

Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, ’n vet koei; die vleis moet in die nag in ’n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander dag makeer ’n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op ’n wonderlike manier, vind hul uit.

Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas ’n koei gaan slag. In die nag het een in ’n boom ver van die huis geklim en nes ’n jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in; dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie.[163]

Back to IndexNext