No. 72.

[Inhoud]No. 72.As nood die Boesmans druk.OPMERKINGS:—Hier gee ons ’n paar voorbeelde hoe ver nood iemand kan drywe.Die boesman, as kind van die woestyn, het ’n harde stryd teen wilde diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging.Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders.Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan meedoen nie as die nood hul dryf om te trek—ja, na ’n veraf geleë streek te trek?Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: “Die wilde Boesmans het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat.“Die eerste manier is om ’n kliphok om die swakke en oue van dae te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir ’n geruime tyd te dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om die ou skepsel[164]teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word.“Die twede manier is: Hulle grawe ’n diep ronde gat regaf—natuurlik waar geen klippe te vinde is nie—, plaas die ou daarin, en ook kos en water, maar dan vir ’n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe.“Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van ouderdom of dors, dan maak hul ’n langwerpige hol plek in die grond, lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood is—nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie.”Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel.In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans verseker geword dat hul altyd ’n kliphok, waar klippe te vinde is, en ’n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm.Dit alles lyk wreed; maar ’n Boesman het ons die vraag self gestel: “Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma[165]koelbloedig te vermoor as daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame—en wat word dan van die Boesman-nasie?”Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl ’n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat ’n knaagdier is, maar verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie, terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie, maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit ’n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers vis as onrein beskou, maar hulle sal ’n jakkals eet. Baie mense wil nie wild eet nie of dit moet ’n luggie hê.Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie—hy eet wat voorkom, soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles—as dit net nie doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van die woestyn het hom daartoe gedwing—net soos ons in die geskiedenis lees dat as ’n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger, dan het die mense net alles geëet en gedrink wat ’n Boesman eet en drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot die ander,[166]en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as die Franse.Deurdat ’n stomp pyl—soos dié van ’n Boesman—nie deur die dik vel van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe.[169]

No. 72.As nood die Boesmans druk.

OPMERKINGS:—Hier gee ons ’n paar voorbeelde hoe ver nood iemand kan drywe.Die boesman, as kind van die woestyn, het ’n harde stryd teen wilde diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging.Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders.Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan meedoen nie as die nood hul dryf om te trek—ja, na ’n veraf geleë streek te trek?Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: “Die wilde Boesmans het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat.“Die eerste manier is om ’n kliphok om die swakke en oue van dae te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir ’n geruime tyd te dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om die ou skepsel[164]teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word.“Die twede manier is: Hulle grawe ’n diep ronde gat regaf—natuurlik waar geen klippe te vinde is nie—, plaas die ou daarin, en ook kos en water, maar dan vir ’n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe.“Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van ouderdom of dors, dan maak hul ’n langwerpige hol plek in die grond, lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood is—nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie.”Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel.In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans verseker geword dat hul altyd ’n kliphok, waar klippe te vinde is, en ’n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm.Dit alles lyk wreed; maar ’n Boesman het ons die vraag self gestel: “Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma[165]koelbloedig te vermoor as daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame—en wat word dan van die Boesman-nasie?”Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl ’n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat ’n knaagdier is, maar verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie, terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie, maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit ’n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers vis as onrein beskou, maar hulle sal ’n jakkals eet. Baie mense wil nie wild eet nie of dit moet ’n luggie hê.Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie—hy eet wat voorkom, soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles—as dit net nie doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van die woestyn het hom daartoe gedwing—net soos ons in die geskiedenis lees dat as ’n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger, dan het die mense net alles geëet en gedrink wat ’n Boesman eet en drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot die ander,[166]en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as die Franse.Deurdat ’n stomp pyl—soos dié van ’n Boesman—nie deur die dik vel van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe.[169]

OPMERKINGS:—Hier gee ons ’n paar voorbeelde hoe ver nood iemand kan drywe.

Die boesman, as kind van die woestyn, het ’n harde stryd teen wilde diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging.

Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders.

Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan meedoen nie as die nood hul dryf om te trek—ja, na ’n veraf geleë streek te trek?

Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: “Die wilde Boesmans het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat.

“Die eerste manier is om ’n kliphok om die swakke en oue van dae te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir ’n geruime tyd te dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om die ou skepsel[164]teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word.

“Die twede manier is: Hulle grawe ’n diep ronde gat regaf—natuurlik waar geen klippe te vinde is nie—, plaas die ou daarin, en ook kos en water, maar dan vir ’n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe.

“Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van ouderdom of dors, dan maak hul ’n langwerpige hol plek in die grond, lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood is—nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie.”

Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel.

In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans verseker geword dat hul altyd ’n kliphok, waar klippe te vinde is, en ’n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm.

Dit alles lyk wreed; maar ’n Boesman het ons die vraag self gestel: “Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma[165]koelbloedig te vermoor as daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame—en wat word dan van die Boesman-nasie?”

Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl ’n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat ’n knaagdier is, maar verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie, terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie, maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit ’n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers vis as onrein beskou, maar hulle sal ’n jakkals eet. Baie mense wil nie wild eet nie of dit moet ’n luggie hê.

Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie—hy eet wat voorkom, soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles—as dit net nie doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van die woestyn het hom daartoe gedwing—net soos ons in die geskiedenis lees dat as ’n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger, dan het die mense net alles geëet en gedrink wat ’n Boesman eet en drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot die ander,[166]en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as die Franse.

Deurdat ’n stomp pyl—soos dié van ’n Boesman—nie deur die dik vel van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe.[169]

Back to IndexNext