[Inhoud]No. 73.Wat ’n Boesman alles kan doen.OPMERKINGS:—Ons noem hier enige feite wat ’n ander nasie moeilik ’n Boesman sal nadoen.Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit ’n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar dat hy van so ’n geval nie weet nie. As ’n Boesman eenmaal op ’n plek gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander oord reguit met ’n onbekende pad na die plek toe loop—al was dit in die donker. In hierdie opsig is hy net soos ’n posduif wat oor honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie.So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy ’n jongeling was, het by sy vader ’n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande weg was, kom op ’n goeie dag een van die ou se kinders aangestap—hy het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop; en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad, het baie honger en dors gely, en is deur ’n streek gegaan waar[170]leeus en wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy enigste antwoord: “Ek weet mos waar oubaas woon.” Wel, sou ’n kind van twaalf jaar van ’n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat?Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te agtervolg—wat beteken dat hul ’n harder natuur besit as ’n dier. So skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan Visser aangeteken het:—“My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te spoor—en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny beter as ’n gewone hond en kon beter sien as ’n aasvoël uit die lug; want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby het hy ’n groot stuk wêreld in ’n omsientjies kon afdraf sonder enige tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet.“Hy was ’n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans.”Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis goed verdra. Selfs die[171]spelonk waarin hy woon, het ’n walglike walm wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so ’n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede die lewe moet voortsit, dan lê almal binne ’n week of so plat aan die koors.Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is sy skuilplekkie in ’n renerige nag of dag net om te troos, maar nie om die instromende water uit te hou nie—en tog weet hy van geen jig of inflammasie nie.Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:—“Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op ’n afstand is, kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al wat hy moet doen, is om ’n bossie op sy kop vas te maak om sy swart hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die bok te kom as hy verkies—net, hy moet onderkant die windkoers bly, sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op ’n afstand tussen vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom, maar die pyl moet ’n seker distansie trek om sy snelheid te kry.”Iets wat ’n Boesman ook beter as ’n ander kan doen, is om weg te kruip. Eens het ons ’n plaas gemeet waar twee Boesmantjies kalwerwagters was. In ’n grasvlei het ons ’n vlag gesteek en het die Boesmantjies belet om met die[172]kalwers naby die vlag te wei. Hulle het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al drie stap daarheen—maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar weer rondspeel.Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om in ’n minderheid teen ’n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat om sy grond vir so ’n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense te verdedig. Eenmaal het ’n ou Kaffer op die westelike grense van Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:—“My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!—nee, my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom; maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe.”Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy[173]die lewe van ander in ’n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As daar maar ’n dosyn vegmanne in ’n bergstreek woon, dan is dit nie elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in die woestyn gaan agtervolg?Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg; want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:—“Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom as die wind hul in die duine oopwaai.”Ja, en ons wonder hoe water wat solank in ’n eierdop gestaan het, moet smaak!Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat haas ongelooflik is, en sal aantoon wat ’n Boesman nog meer kan doen.[177]

No. 73.Wat ’n Boesman alles kan doen.
OPMERKINGS:—Ons noem hier enige feite wat ’n ander nasie moeilik ’n Boesman sal nadoen.Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit ’n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar dat hy van so ’n geval nie weet nie. As ’n Boesman eenmaal op ’n plek gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander oord reguit met ’n onbekende pad na die plek toe loop—al was dit in die donker. In hierdie opsig is hy net soos ’n posduif wat oor honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie.So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy ’n jongeling was, het by sy vader ’n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande weg was, kom op ’n goeie dag een van die ou se kinders aangestap—hy het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop; en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad, het baie honger en dors gely, en is deur ’n streek gegaan waar[170]leeus en wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy enigste antwoord: “Ek weet mos waar oubaas woon.” Wel, sou ’n kind van twaalf jaar van ’n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat?Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te agtervolg—wat beteken dat hul ’n harder natuur besit as ’n dier. So skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan Visser aangeteken het:—“My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te spoor—en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny beter as ’n gewone hond en kon beter sien as ’n aasvoël uit die lug; want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby het hy ’n groot stuk wêreld in ’n omsientjies kon afdraf sonder enige tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet.“Hy was ’n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans.”Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis goed verdra. Selfs die[171]spelonk waarin hy woon, het ’n walglike walm wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so ’n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede die lewe moet voortsit, dan lê almal binne ’n week of so plat aan die koors.Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is sy skuilplekkie in ’n renerige nag of dag net om te troos, maar nie om die instromende water uit te hou nie—en tog weet hy van geen jig of inflammasie nie.Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:—“Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op ’n afstand is, kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al wat hy moet doen, is om ’n bossie op sy kop vas te maak om sy swart hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die bok te kom as hy verkies—net, hy moet onderkant die windkoers bly, sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op ’n afstand tussen vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom, maar die pyl moet ’n seker distansie trek om sy snelheid te kry.”Iets wat ’n Boesman ook beter as ’n ander kan doen, is om weg te kruip. Eens het ons ’n plaas gemeet waar twee Boesmantjies kalwerwagters was. In ’n grasvlei het ons ’n vlag gesteek en het die Boesmantjies belet om met die[172]kalwers naby die vlag te wei. Hulle het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al drie stap daarheen—maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar weer rondspeel.Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om in ’n minderheid teen ’n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat om sy grond vir so ’n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense te verdedig. Eenmaal het ’n ou Kaffer op die westelike grense van Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:—“My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!—nee, my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom; maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe.”Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy[173]die lewe van ander in ’n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As daar maar ’n dosyn vegmanne in ’n bergstreek woon, dan is dit nie elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in die woestyn gaan agtervolg?Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg; want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:—“Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom as die wind hul in die duine oopwaai.”Ja, en ons wonder hoe water wat solank in ’n eierdop gestaan het, moet smaak!Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat haas ongelooflik is, en sal aantoon wat ’n Boesman nog meer kan doen.[177]
OPMERKINGS:—Ons noem hier enige feite wat ’n ander nasie moeilik ’n Boesman sal nadoen.
Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit ’n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar dat hy van so ’n geval nie weet nie. As ’n Boesman eenmaal op ’n plek gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander oord reguit met ’n onbekende pad na die plek toe loop—al was dit in die donker. In hierdie opsig is hy net soos ’n posduif wat oor honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie.
So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy ’n jongeling was, het by sy vader ’n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande weg was, kom op ’n goeie dag een van die ou se kinders aangestap—hy het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop; en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad, het baie honger en dors gely, en is deur ’n streek gegaan waar[170]leeus en wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy enigste antwoord: “Ek weet mos waar oubaas woon.” Wel, sou ’n kind van twaalf jaar van ’n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat?
Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te agtervolg—wat beteken dat hul ’n harder natuur besit as ’n dier. So skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan Visser aangeteken het:—
“My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te spoor—en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny beter as ’n gewone hond en kon beter sien as ’n aasvoël uit die lug; want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby het hy ’n groot stuk wêreld in ’n omsientjies kon afdraf sonder enige tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet.
“Hy was ’n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans.”
Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis goed verdra. Selfs die[171]spelonk waarin hy woon, het ’n walglike walm wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so ’n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede die lewe moet voortsit, dan lê almal binne ’n week of so plat aan die koors.
Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is sy skuilplekkie in ’n renerige nag of dag net om te troos, maar nie om die instromende water uit te hou nie—en tog weet hy van geen jig of inflammasie nie.
Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:—
“Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op ’n afstand is, kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al wat hy moet doen, is om ’n bossie op sy kop vas te maak om sy swart hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die bok te kom as hy verkies—net, hy moet onderkant die windkoers bly, sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op ’n afstand tussen vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom, maar die pyl moet ’n seker distansie trek om sy snelheid te kry.”
Iets wat ’n Boesman ook beter as ’n ander kan doen, is om weg te kruip. Eens het ons ’n plaas gemeet waar twee Boesmantjies kalwerwagters was. In ’n grasvlei het ons ’n vlag gesteek en het die Boesmantjies belet om met die[172]kalwers naby die vlag te wei. Hulle het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al drie stap daarheen—maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar weer rondspeel.
Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om in ’n minderheid teen ’n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat om sy grond vir so ’n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense te verdedig. Eenmaal het ’n ou Kaffer op die westelike grense van Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:—
“My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!—nee, my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom; maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe.”
Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy[173]die lewe van ander in ’n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As daar maar ’n dosyn vegmanne in ’n bergstreek woon, dan is dit nie elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in die woestyn gaan agtervolg?
Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg; want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:—
“Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom as die wind hul in die duine oopwaai.”
Ja, en ons wonder hoe water wat solank in ’n eierdop gestaan het, moet smaak!
Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat haas ongelooflik is, en sal aantoon wat ’n Boesman nog meer kan doen.[177]