[Inhoud]No. 74.Wat ’n Boesman nie kan doen nie.OPMERKINGS:—Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds ’n raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer, hoe raadselagtiger is hy.As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as ’n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem, sal hy dit wel leer; maar meng ’n spul silwergeld, soos trippense, sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om die waarde daarvan op te gee nie.Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur—hulle verkies dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie.[178]Ek het eenmaal ’n Boesman gehuur wat ’n hele ruk op Kimberley gewerk het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand—ek wys hom op my vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: “Nee, baas, ek het nog altyd op Kim’ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke vinger ’n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by baas mooi werk; so nie, dan gaan ek ’n ander baas soek.” So het ek hom vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet.Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry nie—hy meen dit moet ’n ryk man wees wat alles besit en oor algar baas is. Hy vertel toe:—“Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal vergeet om aan ons te vat as ons self ’n mannetjie is wat met ’n kierie ’n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne saam, die veldkos[179]is ons syne saam, die water is ons syne saam; en wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou en kinders, ons hond en gereedskap—daar moet ’n ander die pote van afhou: dis ons eiendom—nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?”Hieruit is dit duidelik dat ’n Boesman nie kan regeer nie en is self moeilik om te regeer—mits ’n mens sy maniere goed bestudeer en hom daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi.Om ’n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom ’n begrip te gee hoe die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer, en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: “dis tog te swaar om te leer,” het hy gesê, en so was die skoolganery op ’n end; terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne ’n paar maande uit sy boek kon lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het vir Hans as ’n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp.In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense Sendinggenootskap aan Sakrivier,Boesmanland, ’n sendingstasie aangelê, met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste, skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans na Blyde[180]Vooruitzigt—soos die naam van die sendingstasie was—te lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde lewe die toevlug geneem; want werk—soos Hottentots en Kaffers by sendingstasies—wou hul nie.Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat ’n tyd onder die witmense gewoon het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:—“Die Boesman se geaardheid is nes dié van ’n wildehond. As hulle vee gesteel het, dryf hul dit op ’n draf vinnig weg tot by ’n ruie plek of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee, voor die voet op ’n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van ons doodgemaak—so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe en vergaan; môre doen hy weer dieselfde.”Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so ’n oorvloed van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle uit sy oordaad laat bly—die wolwe[181]en jakkalse kan ook maar snags kom bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne—hy is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets.Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink; want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van ’n lae, gesonke mensheid in een geslag ’n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van een geslag op na die volgende.En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder.[185]

No. 74.Wat ’n Boesman nie kan doen nie.
OPMERKINGS:—Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds ’n raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer, hoe raadselagtiger is hy.As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as ’n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem, sal hy dit wel leer; maar meng ’n spul silwergeld, soos trippense, sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om die waarde daarvan op te gee nie.Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur—hulle verkies dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie.[178]Ek het eenmaal ’n Boesman gehuur wat ’n hele ruk op Kimberley gewerk het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand—ek wys hom op my vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: “Nee, baas, ek het nog altyd op Kim’ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke vinger ’n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by baas mooi werk; so nie, dan gaan ek ’n ander baas soek.” So het ek hom vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet.Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry nie—hy meen dit moet ’n ryk man wees wat alles besit en oor algar baas is. Hy vertel toe:—“Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal vergeet om aan ons te vat as ons self ’n mannetjie is wat met ’n kierie ’n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne saam, die veldkos[179]is ons syne saam, die water is ons syne saam; en wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou en kinders, ons hond en gereedskap—daar moet ’n ander die pote van afhou: dis ons eiendom—nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?”Hieruit is dit duidelik dat ’n Boesman nie kan regeer nie en is self moeilik om te regeer—mits ’n mens sy maniere goed bestudeer en hom daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi.Om ’n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom ’n begrip te gee hoe die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer, en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: “dis tog te swaar om te leer,” het hy gesê, en so was die skoolganery op ’n end; terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne ’n paar maande uit sy boek kon lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het vir Hans as ’n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp.In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense Sendinggenootskap aan Sakrivier,Boesmanland, ’n sendingstasie aangelê, met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste, skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans na Blyde[180]Vooruitzigt—soos die naam van die sendingstasie was—te lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde lewe die toevlug geneem; want werk—soos Hottentots en Kaffers by sendingstasies—wou hul nie.Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat ’n tyd onder die witmense gewoon het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:—“Die Boesman se geaardheid is nes dié van ’n wildehond. As hulle vee gesteel het, dryf hul dit op ’n draf vinnig weg tot by ’n ruie plek of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee, voor die voet op ’n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van ons doodgemaak—so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe en vergaan; môre doen hy weer dieselfde.”Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so ’n oorvloed van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle uit sy oordaad laat bly—die wolwe[181]en jakkalse kan ook maar snags kom bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne—hy is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets.Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink; want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van ’n lae, gesonke mensheid in een geslag ’n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van een geslag op na die volgende.En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder.[185]
OPMERKINGS:—Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds ’n raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer, hoe raadselagtiger is hy.
As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as ’n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem, sal hy dit wel leer; maar meng ’n spul silwergeld, soos trippense, sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om die waarde daarvan op te gee nie.
Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur—hulle verkies dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie.[178]
Ek het eenmaal ’n Boesman gehuur wat ’n hele ruk op Kimberley gewerk het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand—ek wys hom op my vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: “Nee, baas, ek het nog altyd op Kim’ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke vinger ’n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by baas mooi werk; so nie, dan gaan ek ’n ander baas soek.” So het ek hom vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet.
Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry nie—hy meen dit moet ’n ryk man wees wat alles besit en oor algar baas is. Hy vertel toe:—
“Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal vergeet om aan ons te vat as ons self ’n mannetjie is wat met ’n kierie ’n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne saam, die veldkos[179]is ons syne saam, die water is ons syne saam; en wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou en kinders, ons hond en gereedskap—daar moet ’n ander die pote van afhou: dis ons eiendom—nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?”
Hieruit is dit duidelik dat ’n Boesman nie kan regeer nie en is self moeilik om te regeer—mits ’n mens sy maniere goed bestudeer en hom daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi.
Om ’n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom ’n begrip te gee hoe die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer, en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: “dis tog te swaar om te leer,” het hy gesê, en so was die skoolganery op ’n end; terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne ’n paar maande uit sy boek kon lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het vir Hans as ’n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp.
In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense Sendinggenootskap aan Sakrivier,Boesmanland, ’n sendingstasie aangelê, met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste, skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans na Blyde[180]Vooruitzigt—soos die naam van die sendingstasie was—te lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde lewe die toevlug geneem; want werk—soos Hottentots en Kaffers by sendingstasies—wou hul nie.
Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat ’n tyd onder die witmense gewoon het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:—
“Die Boesman se geaardheid is nes dié van ’n wildehond. As hulle vee gesteel het, dryf hul dit op ’n draf vinnig weg tot by ’n ruie plek of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee, voor die voet op ’n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van ons doodgemaak—so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe en vergaan; môre doen hy weer dieselfde.”
Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so ’n oorvloed van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle uit sy oordaad laat bly—die wolwe[181]en jakkalse kan ook maar snags kom bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne—hy is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets.
Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink; want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van ’n lae, gesonke mensheid in een geslag ’n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van een geslag op na die volgende.
En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder.[185]