No. 77.

[Inhoud]No. 77.No. 77.Onwetend sondig, en wat daarop volg.OPMEKINGS:—Die besonderhede van hierdie verhaal is ook deur mnr. E. de Roubaix aan ons meegedeel.Jare gelede het in Groot-Namakwaland, noord van Grootrivier, ’n Engelsman gewoon met die naam van Donkin. Hy het daar vee ingekoop en dit in die Boland gaan verkoop.Hy kon die Hottentot- en Boesmantale baie goed praat, wat in daardie streke van groot waarde is. Ook het hy twee Boesmantjies gevang en groot gemaak. Hy gee hul toe die name van Karools en Bantjies. Hy het altyd met hulle in die Boesmantaal gepraat, dog die twee het later in gebroke Afrikaans ook ’n gesprek kon voer.Eenslag kom hy weer met ’n klomp osse deur Grootrivier om dié in die Boland te gaan verkoop. Sy twee Boesmantjies was toe al groot, en hulle moes die osse aanja.[12]Mnr. Donkin ry gewoonlik vooruit, en die twee kom met die osse agterna.Vroeg een oggend kom mnr. Donkin op Troe-Troe (nou Vanrhynsdorp) en wag daar vir sy osse. Maar al wat uitkom, is die osse. Wat het intussen gebeur?Die twee Boesmans het die oggend met die osse by ’n koringland verbygekom. Die osse, wat hongerig was, storm die land in en eet ewe gulsig. Dit was vir Karools en Bantjies te mooi om te sien hoe graag die osse daardie soort gras wat hulle nie ken nie, eet. Hulle laat die osse maar hulle gang gaan en goed dik vreet.Die gesaaide het aan oom Piet——behoor, en die ou oom was maar ’n bietjie kwaai. Hy was in die gewoonte om smôrens sy landerye om te ry om te kyk of alles nog in orde is—en daar kom hy op die gedoente af dat die osse sy gesaaide afmaai, onderwyl twee Boesmans dit alles met die grootste kalmte aanskou.Hy brul van woede en skree vir die Boesmans: “Julle satansgoed! Wat maak jul hier? Ja op die daad die beeste uit, of ek sal julle wys!”Die Boesmans maak of hul hom nie verstaan nie en praat die Boesmantaal dat dit so klap. So vinnig as die oubaas die osse uitja, so vinnig keer die Boesmans voor en dryf die osse land-in.Dit is genoeg om die beste mens dinge te laat doen wat hy anders nie sou gedoen het nie. Die Boesmans was te rats—hy kon hul met die perd nie bykom nie; dus ja hy in woede terug na Troe-Troe toe en kom daar uitasem en rooi in die gesig aan. Hy stap driftig sy huis in, gryp sy[13]rewolwer, spring weer in die saai en ja terug in die rigting waarvandaan hy gekom het. Sy vrou merk onraad en snel na die vrederegter toe en versoek hom agterna te gaan. Hy was ’n bietjie versigtig en neem twee ander mans te perd met hom mee.Met hierdie gedoente kom mnr. Donkin eers agter dat daar onraad is, en hy ja ook te perd agterna. Toe hy daar aankom, was die osse al uit die land; maar Karools en Bantjies was skoonveld weg en nêrens te vinde nie. Die mans neem die osse na Troe-Troe toe, en mnr. Donkin bly radeloos agter. Ná die mense weg was, kruip die twee Boesmans digteby die land uit ’n slootjie; want hulle het vir die ander mans bang geword. Hulle baas neem hul toe mee.Die volgende dag het die saak voor die hof gedien. Niemand kon die Boesmans verstaan nie; dus is hulle eie baas as tolk ingesweer geword. Daar hy nie so ’n dom man was nie, is hy met ’n ligte boete daarvan afgekom. Hy trakteer toe vir Karools en Bantjies met ’n halfemmertjie lekkers en ’n halfbottel brandewyn—wat hul natuurlik toe net lekker en vrolik maak.Die volgende dag was die drinkplekkie ingebreek, en brandewyn het makeer … en ook Karools en Bantjies het makeer. Mnr. Donkin en ’n gekleurde konstabel het hul agternagesit; wyd oor die Knegsvlakte het hul gesoek. Dit was verniet; want iemand te perd sou hul nie kon gevang het nie.[17]

No. 77.No. 77.Onwetend sondig, en wat daarop volg.

No. 77.

OPMEKINGS:—Die besonderhede van hierdie verhaal is ook deur mnr. E. de Roubaix aan ons meegedeel.Jare gelede het in Groot-Namakwaland, noord van Grootrivier, ’n Engelsman gewoon met die naam van Donkin. Hy het daar vee ingekoop en dit in die Boland gaan verkoop.Hy kon die Hottentot- en Boesmantale baie goed praat, wat in daardie streke van groot waarde is. Ook het hy twee Boesmantjies gevang en groot gemaak. Hy gee hul toe die name van Karools en Bantjies. Hy het altyd met hulle in die Boesmantaal gepraat, dog die twee het later in gebroke Afrikaans ook ’n gesprek kon voer.Eenslag kom hy weer met ’n klomp osse deur Grootrivier om dié in die Boland te gaan verkoop. Sy twee Boesmantjies was toe al groot, en hulle moes die osse aanja.[12]Mnr. Donkin ry gewoonlik vooruit, en die twee kom met die osse agterna.Vroeg een oggend kom mnr. Donkin op Troe-Troe (nou Vanrhynsdorp) en wag daar vir sy osse. Maar al wat uitkom, is die osse. Wat het intussen gebeur?Die twee Boesmans het die oggend met die osse by ’n koringland verbygekom. Die osse, wat hongerig was, storm die land in en eet ewe gulsig. Dit was vir Karools en Bantjies te mooi om te sien hoe graag die osse daardie soort gras wat hulle nie ken nie, eet. Hulle laat die osse maar hulle gang gaan en goed dik vreet.Die gesaaide het aan oom Piet——behoor, en die ou oom was maar ’n bietjie kwaai. Hy was in die gewoonte om smôrens sy landerye om te ry om te kyk of alles nog in orde is—en daar kom hy op die gedoente af dat die osse sy gesaaide afmaai, onderwyl twee Boesmans dit alles met die grootste kalmte aanskou.Hy brul van woede en skree vir die Boesmans: “Julle satansgoed! Wat maak jul hier? Ja op die daad die beeste uit, of ek sal julle wys!”Die Boesmans maak of hul hom nie verstaan nie en praat die Boesmantaal dat dit so klap. So vinnig as die oubaas die osse uitja, so vinnig keer die Boesmans voor en dryf die osse land-in.Dit is genoeg om die beste mens dinge te laat doen wat hy anders nie sou gedoen het nie. Die Boesmans was te rats—hy kon hul met die perd nie bykom nie; dus ja hy in woede terug na Troe-Troe toe en kom daar uitasem en rooi in die gesig aan. Hy stap driftig sy huis in, gryp sy[13]rewolwer, spring weer in die saai en ja terug in die rigting waarvandaan hy gekom het. Sy vrou merk onraad en snel na die vrederegter toe en versoek hom agterna te gaan. Hy was ’n bietjie versigtig en neem twee ander mans te perd met hom mee.Met hierdie gedoente kom mnr. Donkin eers agter dat daar onraad is, en hy ja ook te perd agterna. Toe hy daar aankom, was die osse al uit die land; maar Karools en Bantjies was skoonveld weg en nêrens te vinde nie. Die mans neem die osse na Troe-Troe toe, en mnr. Donkin bly radeloos agter. Ná die mense weg was, kruip die twee Boesmans digteby die land uit ’n slootjie; want hulle het vir die ander mans bang geword. Hulle baas neem hul toe mee.Die volgende dag het die saak voor die hof gedien. Niemand kon die Boesmans verstaan nie; dus is hulle eie baas as tolk ingesweer geword. Daar hy nie so ’n dom man was nie, is hy met ’n ligte boete daarvan afgekom. Hy trakteer toe vir Karools en Bantjies met ’n halfemmertjie lekkers en ’n halfbottel brandewyn—wat hul natuurlik toe net lekker en vrolik maak.Die volgende dag was die drinkplekkie ingebreek, en brandewyn het makeer … en ook Karools en Bantjies het makeer. Mnr. Donkin en ’n gekleurde konstabel het hul agternagesit; wyd oor die Knegsvlakte het hul gesoek. Dit was verniet; want iemand te perd sou hul nie kon gevang het nie.[17]

OPMEKINGS:—Die besonderhede van hierdie verhaal is ook deur mnr. E. de Roubaix aan ons meegedeel.

Jare gelede het in Groot-Namakwaland, noord van Grootrivier, ’n Engelsman gewoon met die naam van Donkin. Hy het daar vee ingekoop en dit in die Boland gaan verkoop.

Hy kon die Hottentot- en Boesmantale baie goed praat, wat in daardie streke van groot waarde is. Ook het hy twee Boesmantjies gevang en groot gemaak. Hy gee hul toe die name van Karools en Bantjies. Hy het altyd met hulle in die Boesmantaal gepraat, dog die twee het later in gebroke Afrikaans ook ’n gesprek kon voer.

Eenslag kom hy weer met ’n klomp osse deur Grootrivier om dié in die Boland te gaan verkoop. Sy twee Boesmantjies was toe al groot, en hulle moes die osse aanja.[12]Mnr. Donkin ry gewoonlik vooruit, en die twee kom met die osse agterna.

Vroeg een oggend kom mnr. Donkin op Troe-Troe (nou Vanrhynsdorp) en wag daar vir sy osse. Maar al wat uitkom, is die osse. Wat het intussen gebeur?

Die twee Boesmans het die oggend met die osse by ’n koringland verbygekom. Die osse, wat hongerig was, storm die land in en eet ewe gulsig. Dit was vir Karools en Bantjies te mooi om te sien hoe graag die osse daardie soort gras wat hulle nie ken nie, eet. Hulle laat die osse maar hulle gang gaan en goed dik vreet.

Die gesaaide het aan oom Piet——behoor, en die ou oom was maar ’n bietjie kwaai. Hy was in die gewoonte om smôrens sy landerye om te ry om te kyk of alles nog in orde is—en daar kom hy op die gedoente af dat die osse sy gesaaide afmaai, onderwyl twee Boesmans dit alles met die grootste kalmte aanskou.

Hy brul van woede en skree vir die Boesmans: “Julle satansgoed! Wat maak jul hier? Ja op die daad die beeste uit, of ek sal julle wys!”

Die Boesmans maak of hul hom nie verstaan nie en praat die Boesmantaal dat dit so klap. So vinnig as die oubaas die osse uitja, so vinnig keer die Boesmans voor en dryf die osse land-in.

Dit is genoeg om die beste mens dinge te laat doen wat hy anders nie sou gedoen het nie. Die Boesmans was te rats—hy kon hul met die perd nie bykom nie; dus ja hy in woede terug na Troe-Troe toe en kom daar uitasem en rooi in die gesig aan. Hy stap driftig sy huis in, gryp sy[13]rewolwer, spring weer in die saai en ja terug in die rigting waarvandaan hy gekom het. Sy vrou merk onraad en snel na die vrederegter toe en versoek hom agterna te gaan. Hy was ’n bietjie versigtig en neem twee ander mans te perd met hom mee.

Met hierdie gedoente kom mnr. Donkin eers agter dat daar onraad is, en hy ja ook te perd agterna. Toe hy daar aankom, was die osse al uit die land; maar Karools en Bantjies was skoonveld weg en nêrens te vinde nie. Die mans neem die osse na Troe-Troe toe, en mnr. Donkin bly radeloos agter. Ná die mense weg was, kruip die twee Boesmans digteby die land uit ’n slootjie; want hulle het vir die ander mans bang geword. Hulle baas neem hul toe mee.

Die volgende dag het die saak voor die hof gedien. Niemand kon die Boesmans verstaan nie; dus is hulle eie baas as tolk ingesweer geword. Daar hy nie so ’n dom man was nie, is hy met ’n ligte boete daarvan afgekom. Hy trakteer toe vir Karools en Bantjies met ’n halfemmertjie lekkers en ’n halfbottel brandewyn—wat hul natuurlik toe net lekker en vrolik maak.

Die volgende dag was die drinkplekkie ingebreek, en brandewyn het makeer … en ook Karools en Bantjies het makeer. Mnr. Donkin en ’n gekleurde konstabel het hul agternagesit; wyd oor die Knegsvlakte het hul gesoek. Dit was verniet; want iemand te perd sou hul nie kon gevang het nie.[17]

Back to IndexNext