No. 78.

[Inhoud]No. 78.No. 78.As ’n Boesman weer wild word.OPMEKINGS:—Mnr. E. de Roubaix het hierdie verhaal ook aan ons gestuur. Dit handel oor twee awonture van oom Koos met Boesmans. Sy seun leef nog, en hy staan in vir die waarheid van die feite soos hier meegedeel.Dit was in die jaar 1840. Boesmanland van Calvinia af tot na Grootrivier was toe nog baie woes, vol wild, ongedierte en Boesmans. In hierdie jaar onderneem oom Koos ’n rit te perd uit die Hantam van sy plaas naby Calvinia na Nylersdrif aan Grootrivier, alwaar ’n veepos van hom was. As ’n mens in daardie dae ’n reis met ’n wa vol kos en met sy roers daarop onderneem het, sou die onderneming nie so gevaarlik gewees het nie; maar begryp, oom Koos gaan te perd en ongewapen.Die derde dag ná oom Koos van sy huis vertrek het, kom hy op die teenswoordige Sout-Dwaggas. Dit is ’n[18]onoorsienbare kaal vlakte, bedek met langbeen-boesmangras. Hy en sy perd voel albei baie moeg van die vermoeiende rit. Hy besluit om daar af te saal, te vernag, en om maar daar goed uit te rus tot vroeg in die oggend; dan meen hy weer voort te gaan. Ná hy afgesaal het, gee hy sy perd water in ’n kolkie en gaan toe sy getroue dier tussen die gras span. Hy het nog biskuit en biltong by hom gehad en het die droë bete lekker geniet. Daarna sny hy gras en maak vir hom ’n sagte bed, want die skemering begin toe al toe te slaan. Dit het hom nie lank geneem om op sy grasbed langs die kareedoringbos aan slaap te raak nie.Ná hy omtrent twee uur geslaap het, word hy deur ’n geweldige geskreeu wakker. Hy lê nugter wakker en luister, want dit het vir ’n rukkie opgehou. Nie te lank nie, of daar kom dieselfde geluide van “hôgim, hôgim”—kompleet nes bobbejane wat daar skree. En dit nogal kortby oom Koos. Half verskrik en besluiteloos bly hy eers doodstil lê. Dog die geskreeu word al harder en woester. Vererg en boos spring hy op, om te sien dat hy deur ’n klomp Boesmans omsingel is. Hy word kwaad in plaas van bang te voel. Iemand wat in ’n groot gevaar gewees het, ken hierdie soort gevoel.Hy roep ewe boos uit: “Maiskarries! waar is my perd?”’n Terggelag van hulle maak oom Koos nog boser. Hy knyp sy oë toe, byt op sy tande vas en wou net met geweld vorentoe om ’n pad met sy vuis deur hulle te slaan—laat kom wat wil, dink hy.[19]Toe gryp een van die Boesmans hom aan die arm en roep uit: “Duusman, pas op ’n bietjie! Ek is T’konnie, wat van Duusman uit die Hantam weggeloop het. Toe Duusman die perd daar water gegee het, het ons naby gelê; en ek het Duusman somar geken. Die perd ons wil eet, maar Duusman ons wil nie doodmaak nie, as Duusman vuur gee en pad vat.”Oom Koos, wat hoegenaamd geen genade van die Boesmans verwag het nie, is nou woedend oor sy perd, verwonderd om die afgedankste T’konnie hier te sien, en bly dat daar kans is vir sy persoon om sonder liggaamsleed los te kom. Hy ken die Boesmans te goed en weet dat dit nutteloos is om vir die lewe van sy getroue perd te pleit. Hy gee toe sy tonteldoos en vuurslag aan T’konnie, waarop hulle in die duisternis verdwyn.Aan slaap is nou vir oom Koos nie meer te dink nie, want hy moet nou verder voetslaan. Sal hy omdraai om hulp te gaan soek om die rowers agterna te sit? “Nee,” dink hy, “wat sal dit help; want as die son môre opkom, dan het hulle reeds myle en myle ver die wêreld ingevlug en kan dan Byesteek-se-berg bereik het, of nugter weet watter plek anders.”So vinnig as hy planne maak, verwerp hy die een ná die ander. Hy besluit toe ten laaste om maar voet te slaan in ’n noordoostelike rigting na Sakrivier toe. Daar sal hy wel mense kry. Gelukkig dat Boesmanland kort tevore reën gekry het; dus was daar orals in die veld ope waters. Ook het hy by hom nog ’n paar stukke droë vleis gehad wat[20]die Boesmans, as ’n uitsondering op hulle gewone handelwyse, aan hom gelaat het.Oom Koos sit toe sy reis in die woesteny voort. Die son oordags was baie warm; die hitte daarvan en die angs vir Boesmans in die nag, sonder om van ander gevare eens te praat, het só op sy senuweegestel gewerk dat hy afgemat en half buite sinne van die vermoeienis by Sakrivier aankom, alwaar hy twee trekke vind. Hier het hy uitgerus en het sy reis met ’n geleende perd na Nylersdrif voortgesit, waar hy eindelik veilig aangeland het; en toe was hy by sy vee.Oom Koos was nie te lank op Nylersdrif nie, of ’n klomp van sy lammerbokke raak weg. Hy pak die ou geweer van sy kneg en stap die veld in om die bokke te gaan opsoek. Sodoende klim hy op een klipkoppie ná die ander om ’n ver blik oor die veld te kan werp; maar hy gewaar die bokke nie. Eindelik was hy al baie ver van sy veewerf af. Weer klim hy ’n koppie uit en sien hierdie slag ’n paar bokke teen ’n skurwe rand wei. Toe hy nader kom, raak die bokke opeens aan hardloop, en daar sien hy ’n paar Boesmans tussen rotsblokke inspring en wegkruip. Die roer was gelaai, en onverskrokke storm oom Koos die plek. Hy klim op ’n groot rots wat ’n diep skeur aan die onderkant het. Hy kon niks bespeur nie; maar net toe hy wou afklim, gons ’n pyl vlak voor sy neus verby. Dit verskrik oom Koos nog nie. Hy het gesien dat die pyl uit die klipskeur onder hom uitgekom het; dus trek hy hom terug, maak sy hoed voor aan die tromp van die roer vas en laat dit versigtig sak om die indruk te verwek dat dit hy is wat[21]in die skeur loer. Klaps! vlie ’n pyl deur die hoed. Maar op dieselfde oomblik was oom Koos klaar. Hy druk die tromp van die geweer diep in die skeur, los die skot, en hoor iets binnekant ’n geluid maak. Nou begin hy regtig te loer. Hy oortuig hom dat hy raak geskiet het; hy klim toe af tot by die skeur en sien dat hy een van die skurke doodgeskiet het. En dit was niemand anders as T’konnie nie. Maar die ander diewe was nêrens te kry nie.So gaan dit. T’konnie het eenmaal die lewe van sy vorige baas gespaar; maar die twede maal wou hy dit nie doen nie—net soos ’n half mak Boesman is wat weer na die wildes teruggegaan het.Al wat oom Koos van sy bokke teruggekry het, was net ’n paar; die ander was geslag en opgeëet.[25]

No. 78.No. 78.As ’n Boesman weer wild word.

No. 78.

OPMEKINGS:—Mnr. E. de Roubaix het hierdie verhaal ook aan ons gestuur. Dit handel oor twee awonture van oom Koos met Boesmans. Sy seun leef nog, en hy staan in vir die waarheid van die feite soos hier meegedeel.Dit was in die jaar 1840. Boesmanland van Calvinia af tot na Grootrivier was toe nog baie woes, vol wild, ongedierte en Boesmans. In hierdie jaar onderneem oom Koos ’n rit te perd uit die Hantam van sy plaas naby Calvinia na Nylersdrif aan Grootrivier, alwaar ’n veepos van hom was. As ’n mens in daardie dae ’n reis met ’n wa vol kos en met sy roers daarop onderneem het, sou die onderneming nie so gevaarlik gewees het nie; maar begryp, oom Koos gaan te perd en ongewapen.Die derde dag ná oom Koos van sy huis vertrek het, kom hy op die teenswoordige Sout-Dwaggas. Dit is ’n[18]onoorsienbare kaal vlakte, bedek met langbeen-boesmangras. Hy en sy perd voel albei baie moeg van die vermoeiende rit. Hy besluit om daar af te saal, te vernag, en om maar daar goed uit te rus tot vroeg in die oggend; dan meen hy weer voort te gaan. Ná hy afgesaal het, gee hy sy perd water in ’n kolkie en gaan toe sy getroue dier tussen die gras span. Hy het nog biskuit en biltong by hom gehad en het die droë bete lekker geniet. Daarna sny hy gras en maak vir hom ’n sagte bed, want die skemering begin toe al toe te slaan. Dit het hom nie lank geneem om op sy grasbed langs die kareedoringbos aan slaap te raak nie.Ná hy omtrent twee uur geslaap het, word hy deur ’n geweldige geskreeu wakker. Hy lê nugter wakker en luister, want dit het vir ’n rukkie opgehou. Nie te lank nie, of daar kom dieselfde geluide van “hôgim, hôgim”—kompleet nes bobbejane wat daar skree. En dit nogal kortby oom Koos. Half verskrik en besluiteloos bly hy eers doodstil lê. Dog die geskreeu word al harder en woester. Vererg en boos spring hy op, om te sien dat hy deur ’n klomp Boesmans omsingel is. Hy word kwaad in plaas van bang te voel. Iemand wat in ’n groot gevaar gewees het, ken hierdie soort gevoel.Hy roep ewe boos uit: “Maiskarries! waar is my perd?”’n Terggelag van hulle maak oom Koos nog boser. Hy knyp sy oë toe, byt op sy tande vas en wou net met geweld vorentoe om ’n pad met sy vuis deur hulle te slaan—laat kom wat wil, dink hy.[19]Toe gryp een van die Boesmans hom aan die arm en roep uit: “Duusman, pas op ’n bietjie! Ek is T’konnie, wat van Duusman uit die Hantam weggeloop het. Toe Duusman die perd daar water gegee het, het ons naby gelê; en ek het Duusman somar geken. Die perd ons wil eet, maar Duusman ons wil nie doodmaak nie, as Duusman vuur gee en pad vat.”Oom Koos, wat hoegenaamd geen genade van die Boesmans verwag het nie, is nou woedend oor sy perd, verwonderd om die afgedankste T’konnie hier te sien, en bly dat daar kans is vir sy persoon om sonder liggaamsleed los te kom. Hy ken die Boesmans te goed en weet dat dit nutteloos is om vir die lewe van sy getroue perd te pleit. Hy gee toe sy tonteldoos en vuurslag aan T’konnie, waarop hulle in die duisternis verdwyn.Aan slaap is nou vir oom Koos nie meer te dink nie, want hy moet nou verder voetslaan. Sal hy omdraai om hulp te gaan soek om die rowers agterna te sit? “Nee,” dink hy, “wat sal dit help; want as die son môre opkom, dan het hulle reeds myle en myle ver die wêreld ingevlug en kan dan Byesteek-se-berg bereik het, of nugter weet watter plek anders.”So vinnig as hy planne maak, verwerp hy die een ná die ander. Hy besluit toe ten laaste om maar voet te slaan in ’n noordoostelike rigting na Sakrivier toe. Daar sal hy wel mense kry. Gelukkig dat Boesmanland kort tevore reën gekry het; dus was daar orals in die veld ope waters. Ook het hy by hom nog ’n paar stukke droë vleis gehad wat[20]die Boesmans, as ’n uitsondering op hulle gewone handelwyse, aan hom gelaat het.Oom Koos sit toe sy reis in die woesteny voort. Die son oordags was baie warm; die hitte daarvan en die angs vir Boesmans in die nag, sonder om van ander gevare eens te praat, het só op sy senuweegestel gewerk dat hy afgemat en half buite sinne van die vermoeienis by Sakrivier aankom, alwaar hy twee trekke vind. Hier het hy uitgerus en het sy reis met ’n geleende perd na Nylersdrif voortgesit, waar hy eindelik veilig aangeland het; en toe was hy by sy vee.Oom Koos was nie te lank op Nylersdrif nie, of ’n klomp van sy lammerbokke raak weg. Hy pak die ou geweer van sy kneg en stap die veld in om die bokke te gaan opsoek. Sodoende klim hy op een klipkoppie ná die ander om ’n ver blik oor die veld te kan werp; maar hy gewaar die bokke nie. Eindelik was hy al baie ver van sy veewerf af. Weer klim hy ’n koppie uit en sien hierdie slag ’n paar bokke teen ’n skurwe rand wei. Toe hy nader kom, raak die bokke opeens aan hardloop, en daar sien hy ’n paar Boesmans tussen rotsblokke inspring en wegkruip. Die roer was gelaai, en onverskrokke storm oom Koos die plek. Hy klim op ’n groot rots wat ’n diep skeur aan die onderkant het. Hy kon niks bespeur nie; maar net toe hy wou afklim, gons ’n pyl vlak voor sy neus verby. Dit verskrik oom Koos nog nie. Hy het gesien dat die pyl uit die klipskeur onder hom uitgekom het; dus trek hy hom terug, maak sy hoed voor aan die tromp van die roer vas en laat dit versigtig sak om die indruk te verwek dat dit hy is wat[21]in die skeur loer. Klaps! vlie ’n pyl deur die hoed. Maar op dieselfde oomblik was oom Koos klaar. Hy druk die tromp van die geweer diep in die skeur, los die skot, en hoor iets binnekant ’n geluid maak. Nou begin hy regtig te loer. Hy oortuig hom dat hy raak geskiet het; hy klim toe af tot by die skeur en sien dat hy een van die skurke doodgeskiet het. En dit was niemand anders as T’konnie nie. Maar die ander diewe was nêrens te kry nie.So gaan dit. T’konnie het eenmaal die lewe van sy vorige baas gespaar; maar die twede maal wou hy dit nie doen nie—net soos ’n half mak Boesman is wat weer na die wildes teruggegaan het.Al wat oom Koos van sy bokke teruggekry het, was net ’n paar; die ander was geslag en opgeëet.[25]

OPMEKINGS:—Mnr. E. de Roubaix het hierdie verhaal ook aan ons gestuur. Dit handel oor twee awonture van oom Koos met Boesmans. Sy seun leef nog, en hy staan in vir die waarheid van die feite soos hier meegedeel.

Dit was in die jaar 1840. Boesmanland van Calvinia af tot na Grootrivier was toe nog baie woes, vol wild, ongedierte en Boesmans. In hierdie jaar onderneem oom Koos ’n rit te perd uit die Hantam van sy plaas naby Calvinia na Nylersdrif aan Grootrivier, alwaar ’n veepos van hom was. As ’n mens in daardie dae ’n reis met ’n wa vol kos en met sy roers daarop onderneem het, sou die onderneming nie so gevaarlik gewees het nie; maar begryp, oom Koos gaan te perd en ongewapen.

Die derde dag ná oom Koos van sy huis vertrek het, kom hy op die teenswoordige Sout-Dwaggas. Dit is ’n[18]onoorsienbare kaal vlakte, bedek met langbeen-boesmangras. Hy en sy perd voel albei baie moeg van die vermoeiende rit. Hy besluit om daar af te saal, te vernag, en om maar daar goed uit te rus tot vroeg in die oggend; dan meen hy weer voort te gaan. Ná hy afgesaal het, gee hy sy perd water in ’n kolkie en gaan toe sy getroue dier tussen die gras span. Hy het nog biskuit en biltong by hom gehad en het die droë bete lekker geniet. Daarna sny hy gras en maak vir hom ’n sagte bed, want die skemering begin toe al toe te slaan. Dit het hom nie lank geneem om op sy grasbed langs die kareedoringbos aan slaap te raak nie.

Ná hy omtrent twee uur geslaap het, word hy deur ’n geweldige geskreeu wakker. Hy lê nugter wakker en luister, want dit het vir ’n rukkie opgehou. Nie te lank nie, of daar kom dieselfde geluide van “hôgim, hôgim”—kompleet nes bobbejane wat daar skree. En dit nogal kortby oom Koos. Half verskrik en besluiteloos bly hy eers doodstil lê. Dog die geskreeu word al harder en woester. Vererg en boos spring hy op, om te sien dat hy deur ’n klomp Boesmans omsingel is. Hy word kwaad in plaas van bang te voel. Iemand wat in ’n groot gevaar gewees het, ken hierdie soort gevoel.

Hy roep ewe boos uit: “Maiskarries! waar is my perd?”

’n Terggelag van hulle maak oom Koos nog boser. Hy knyp sy oë toe, byt op sy tande vas en wou net met geweld vorentoe om ’n pad met sy vuis deur hulle te slaan—laat kom wat wil, dink hy.[19]

Toe gryp een van die Boesmans hom aan die arm en roep uit: “Duusman, pas op ’n bietjie! Ek is T’konnie, wat van Duusman uit die Hantam weggeloop het. Toe Duusman die perd daar water gegee het, het ons naby gelê; en ek het Duusman somar geken. Die perd ons wil eet, maar Duusman ons wil nie doodmaak nie, as Duusman vuur gee en pad vat.”

Oom Koos, wat hoegenaamd geen genade van die Boesmans verwag het nie, is nou woedend oor sy perd, verwonderd om die afgedankste T’konnie hier te sien, en bly dat daar kans is vir sy persoon om sonder liggaamsleed los te kom. Hy ken die Boesmans te goed en weet dat dit nutteloos is om vir die lewe van sy getroue perd te pleit. Hy gee toe sy tonteldoos en vuurslag aan T’konnie, waarop hulle in die duisternis verdwyn.

Aan slaap is nou vir oom Koos nie meer te dink nie, want hy moet nou verder voetslaan. Sal hy omdraai om hulp te gaan soek om die rowers agterna te sit? “Nee,” dink hy, “wat sal dit help; want as die son môre opkom, dan het hulle reeds myle en myle ver die wêreld ingevlug en kan dan Byesteek-se-berg bereik het, of nugter weet watter plek anders.”

So vinnig as hy planne maak, verwerp hy die een ná die ander. Hy besluit toe ten laaste om maar voet te slaan in ’n noordoostelike rigting na Sakrivier toe. Daar sal hy wel mense kry. Gelukkig dat Boesmanland kort tevore reën gekry het; dus was daar orals in die veld ope waters. Ook het hy by hom nog ’n paar stukke droë vleis gehad wat[20]die Boesmans, as ’n uitsondering op hulle gewone handelwyse, aan hom gelaat het.

Oom Koos sit toe sy reis in die woesteny voort. Die son oordags was baie warm; die hitte daarvan en die angs vir Boesmans in die nag, sonder om van ander gevare eens te praat, het só op sy senuweegestel gewerk dat hy afgemat en half buite sinne van die vermoeienis by Sakrivier aankom, alwaar hy twee trekke vind. Hier het hy uitgerus en het sy reis met ’n geleende perd na Nylersdrif voortgesit, waar hy eindelik veilig aangeland het; en toe was hy by sy vee.

Oom Koos was nie te lank op Nylersdrif nie, of ’n klomp van sy lammerbokke raak weg. Hy pak die ou geweer van sy kneg en stap die veld in om die bokke te gaan opsoek. Sodoende klim hy op een klipkoppie ná die ander om ’n ver blik oor die veld te kan werp; maar hy gewaar die bokke nie. Eindelik was hy al baie ver van sy veewerf af. Weer klim hy ’n koppie uit en sien hierdie slag ’n paar bokke teen ’n skurwe rand wei. Toe hy nader kom, raak die bokke opeens aan hardloop, en daar sien hy ’n paar Boesmans tussen rotsblokke inspring en wegkruip. Die roer was gelaai, en onverskrokke storm oom Koos die plek. Hy klim op ’n groot rots wat ’n diep skeur aan die onderkant het. Hy kon niks bespeur nie; maar net toe hy wou afklim, gons ’n pyl vlak voor sy neus verby. Dit verskrik oom Koos nog nie. Hy het gesien dat die pyl uit die klipskeur onder hom uitgekom het; dus trek hy hom terug, maak sy hoed voor aan die tromp van die roer vas en laat dit versigtig sak om die indruk te verwek dat dit hy is wat[21]in die skeur loer. Klaps! vlie ’n pyl deur die hoed. Maar op dieselfde oomblik was oom Koos klaar. Hy druk die tromp van die geweer diep in die skeur, los die skot, en hoor iets binnekant ’n geluid maak. Nou begin hy regtig te loer. Hy oortuig hom dat hy raak geskiet het; hy klim toe af tot by die skeur en sien dat hy een van die skurke doodgeskiet het. En dit was niemand anders as T’konnie nie. Maar die ander diewe was nêrens te kry nie.

So gaan dit. T’konnie het eenmaal die lewe van sy vorige baas gespaar; maar die twede maal wou hy dit nie doen nie—net soos ’n half mak Boesman is wat weer na die wildes teruggegaan het.

Al wat oom Koos van sy bokke teruggekry het, was net ’n paar; die ander was geslag en opgeëet.[25]

Back to IndexNext