No. 79.

[Inhoud]No. 79.No. 79.Op ’n Skiettog, en wat te sien was.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur ds. W. S. Rörich, Kroonstad, O.V.S. Ons gee dit net soos dit aan ons meegedeel is.Oom Gert G—— het hierdie ware gebeurtenis vertel:—Ek meen dit was in die jaar 1860, en ek was toe al veertien jaar oud. My pa en oom Theuns het gaan jag noord van die Grootrivier, en ek moes gelukkig meegaan—waaroor ek baie bly was. Daardie skiettog het op my so ’n indruk gemaak dat ek dit nooit in die dag van my lewe sal vergeet nie. Daarom vertel ek nou alles net soos ek dit gesien en ondervind het.Ons woon toe in daardie dae tussen Buffelsrivier en Port-Nolloth. Die enigste plek waar ons die Grootrivier kan deur, is omtrent anderhalfuur van die mond af: daar[26]loop hy mooi gelyk, met lae walle en 1,800 tree breed. Van Port-Nolloth af is daar vreeslik dik sand en duine. Dit neem tien flukse skofte om die rivier te bereik. Ons was met twee waens, elk met agtien knewels van osse bespan en voor ieder ’n Boesman as leier.Dis gekheid om so ’n jag sonder Boesmans te onderneem. Ek wil amper beweer dat jy eerder jou roer tuis kan laat as sonder ’n Boesman daar oorkant te gaan skiet. Die Boesmans ken daardie wêreld op die punte van hulle vingers; en dan het hulle meer planne en uitvindsels as ’n mens hom ooit kan verbeel. Hulle kan baie ver en goed sien; dan, hulle ruik is goed, en verder kan hul baie fyn hoor. Beter as ’n patrys kan hul wegkruip en hulle versteek. Ook kan hul baie vinnig en op die aanhou hardloop, en daarby kan hul lank sonder kos en water bly. Ja, hulle weet vooraf waar daar êrens wild moet wees, en kan dit keer net soos hulle dit wil hê. Een ding moet ’n mens voor oppas, en dis dit: Voor jy jou Boesman uitstuur om wild te gaan soek, moet hy nie te veel te eet en te drink kry nie; want dan word hy lui, kry somar vaak en gaan vir ’n halfdag lê en slaap. Die beste plan is om hul oordags min kos en water te gee, maar voer hul saans goed: dan bly hul fluks en lewendig. Pas jy nie self dié maatreël toe nie, hulle ken geen maat in enige ding nie. Hoe meer jy gee, hoe meer wil hul hê; en verder mors hul alles op. Waarlik, ’n Boesman sal nie vir die dag van môre sorg nie; in hierdie respek is hul nes diere of kinders.Ons het op ons waens gehad: twee grawe, twee byle, twee emmers, twee vate water; verder volop broodkos, sout,[27]en ’n groot pot. Daar oorkant is ’n woeste sandwêreld—net soos in die suidekant van Grootrivier. Langs die rivier op is daar bome, laagtes, en ook hier en daar klein bergies. Dit is eintlik die regte jagwêreld. Daar is gensbokke, volstruise, springbokke, koedoes en duikers, en so meer. Saans huil oom Wolf oor kos, en neef Jakkals probeer om lammers ná te blêr; maar regkry is net verniet—al het sy nasie al vir honderde jare geleer. Maar met dit alles het die twee baie planne om wild vas te keer. Hulle het dit net volop; maar die mooiste is om hulle kleinspan aan die kos te sien ruk en pluk. Dit geskied natuurlik nie sonder rusiemaak en baklei nie. Dan lê die oom en neef ewe hoogmoedig aan te kyk hoe hulle na-kroos hulle tande vir ’n ou dag oefen.Ná ’n paar flukse skofte moes ons laer in ’n laagte trek; want daar in die rondte was baie wild, en die wêreld daar was baie geskik om te jag. Dit het die twee Boesman-leiers ons vooraf vertel.In die jagveld is ’n mens heeltemal afhanklik van die Boesmans. As jy hulle taal nie kan praat nie, is jy heeltemal verlore. Gelukkig ken almal van ons wat op jag was, die Boesmantaal; want ons het dit as kinders by die kindermeide geleer. Baiekeer was ons in die jagveld alleen, onderwyl ons Boesmans weg was om wild te gaan opspoor; dan kom die wilde Boesmans op ons af om water of iets anders te vra. Ons kan dan goed met mekaar gesels, en ons vind dan baie dinge by hulle uit. Die nasie het vertroue in jou as jy hulle taal kan praat; anders is hul agterdogtig en sku vir dié wat hulle taal nie ken nie, en nog daarby skelm en vol draadwerk. Glo my vry, ’n Boesman is baie skelm;[28]maar dat hul onnosel is, moenie glo nie! As jy maar sien en let op die slim planne wat hulle maak om wild in die hande te kry, sal jou verstand stil staan.Soos ons algar weet, is alle diere baie oplettend. As jy net ’n paar klippe op mekaar sit, of boomstompe oorkruis plaas, of bossies op die kop regop laat staan, dan sal die wild dit dadelik merk—al was hul nooit vroeër op die plek nie; en hulle gee altyd vir sulke plekke pad. Dit en nog meer weet die Boesmans te goed en weet daarvan gebruik te maak om hulle stukkie kos in hande te kry. Hulle beste wegkruipplek met hulle pyle en boog is die ope vlakte. Hulle grawe ’n holte diep genoeg om in te lê en wag daarin die wild af. Orals pak hul klippe of stawel bossies op mekaar om die wild in die rigting te drywe soos hulle dit wil hê; daarom is daar gewoonlik twee rye van hierdie soort verskrikkers wyd van mekaar om die wild tussendeur te laat kom. Dié wat die wild aankeer, loop ver om en kom langsaam nader om die wild nie te verskrik of te laat weghol nie. Dan kom die bokke stadig wei-wei aan. Die bossies en klippe is dan die oorsaak dat hul reg op die skutters afkom. Die skutters wag hulle kans mooi af om al hulle maats ’n kans te gee. Meteens word geskiet; en dit gebeur dat ’n man op een plek tot vier bokke doodskiet.Dis nie die enigste plan van jag nie. Hulle vermom hul deur die vel van ’n bok om hulle lyf te trek, en dan stap hul op hande en voete. Of soms bind hul bosse om hulle lyf vas en kruip dan stadig nader. Soms is die bosse om hulle liggaam in so ’n vorm gebind dat die Boesman self na ’n groot bos lyk. ’n Ander plan is om die vel of[29]vere van ’n volstruis te gebruik en om dié om hulle lyf te bind, sodat die Boesman taamlik na ’n volstruis lyk. Daar is nog baie meer fyn planne wat hulle beraam om wild in hande te kry; maar dit sal te lank neem om algar te vertel. En tog verseker die Boesman ons dat dit baie moeilik gaan, met al die slim planne, om wild in die hande te kry; want die wild word minder, daar hul deur die jagters—wit en swart—doodgeskiet of verjaag word.(Hierdie verhaal word vervolg onder No. 80.)[33]

No. 79.No. 79.Op ’n Skiettog, en wat te sien was.

No. 79.

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur ds. W. S. Rörich, Kroonstad, O.V.S. Ons gee dit net soos dit aan ons meegedeel is.Oom Gert G—— het hierdie ware gebeurtenis vertel:—Ek meen dit was in die jaar 1860, en ek was toe al veertien jaar oud. My pa en oom Theuns het gaan jag noord van die Grootrivier, en ek moes gelukkig meegaan—waaroor ek baie bly was. Daardie skiettog het op my so ’n indruk gemaak dat ek dit nooit in die dag van my lewe sal vergeet nie. Daarom vertel ek nou alles net soos ek dit gesien en ondervind het.Ons woon toe in daardie dae tussen Buffelsrivier en Port-Nolloth. Die enigste plek waar ons die Grootrivier kan deur, is omtrent anderhalfuur van die mond af: daar[26]loop hy mooi gelyk, met lae walle en 1,800 tree breed. Van Port-Nolloth af is daar vreeslik dik sand en duine. Dit neem tien flukse skofte om die rivier te bereik. Ons was met twee waens, elk met agtien knewels van osse bespan en voor ieder ’n Boesman as leier.Dis gekheid om so ’n jag sonder Boesmans te onderneem. Ek wil amper beweer dat jy eerder jou roer tuis kan laat as sonder ’n Boesman daar oorkant te gaan skiet. Die Boesmans ken daardie wêreld op die punte van hulle vingers; en dan het hulle meer planne en uitvindsels as ’n mens hom ooit kan verbeel. Hulle kan baie ver en goed sien; dan, hulle ruik is goed, en verder kan hul baie fyn hoor. Beter as ’n patrys kan hul wegkruip en hulle versteek. Ook kan hul baie vinnig en op die aanhou hardloop, en daarby kan hul lank sonder kos en water bly. Ja, hulle weet vooraf waar daar êrens wild moet wees, en kan dit keer net soos hulle dit wil hê. Een ding moet ’n mens voor oppas, en dis dit: Voor jy jou Boesman uitstuur om wild te gaan soek, moet hy nie te veel te eet en te drink kry nie; want dan word hy lui, kry somar vaak en gaan vir ’n halfdag lê en slaap. Die beste plan is om hul oordags min kos en water te gee, maar voer hul saans goed: dan bly hul fluks en lewendig. Pas jy nie self dié maatreël toe nie, hulle ken geen maat in enige ding nie. Hoe meer jy gee, hoe meer wil hul hê; en verder mors hul alles op. Waarlik, ’n Boesman sal nie vir die dag van môre sorg nie; in hierdie respek is hul nes diere of kinders.Ons het op ons waens gehad: twee grawe, twee byle, twee emmers, twee vate water; verder volop broodkos, sout,[27]en ’n groot pot. Daar oorkant is ’n woeste sandwêreld—net soos in die suidekant van Grootrivier. Langs die rivier op is daar bome, laagtes, en ook hier en daar klein bergies. Dit is eintlik die regte jagwêreld. Daar is gensbokke, volstruise, springbokke, koedoes en duikers, en so meer. Saans huil oom Wolf oor kos, en neef Jakkals probeer om lammers ná te blêr; maar regkry is net verniet—al het sy nasie al vir honderde jare geleer. Maar met dit alles het die twee baie planne om wild vas te keer. Hulle het dit net volop; maar die mooiste is om hulle kleinspan aan die kos te sien ruk en pluk. Dit geskied natuurlik nie sonder rusiemaak en baklei nie. Dan lê die oom en neef ewe hoogmoedig aan te kyk hoe hulle na-kroos hulle tande vir ’n ou dag oefen.Ná ’n paar flukse skofte moes ons laer in ’n laagte trek; want daar in die rondte was baie wild, en die wêreld daar was baie geskik om te jag. Dit het die twee Boesman-leiers ons vooraf vertel.In die jagveld is ’n mens heeltemal afhanklik van die Boesmans. As jy hulle taal nie kan praat nie, is jy heeltemal verlore. Gelukkig ken almal van ons wat op jag was, die Boesmantaal; want ons het dit as kinders by die kindermeide geleer. Baiekeer was ons in die jagveld alleen, onderwyl ons Boesmans weg was om wild te gaan opspoor; dan kom die wilde Boesmans op ons af om water of iets anders te vra. Ons kan dan goed met mekaar gesels, en ons vind dan baie dinge by hulle uit. Die nasie het vertroue in jou as jy hulle taal kan praat; anders is hul agterdogtig en sku vir dié wat hulle taal nie ken nie, en nog daarby skelm en vol draadwerk. Glo my vry, ’n Boesman is baie skelm;[28]maar dat hul onnosel is, moenie glo nie! As jy maar sien en let op die slim planne wat hulle maak om wild in die hande te kry, sal jou verstand stil staan.Soos ons algar weet, is alle diere baie oplettend. As jy net ’n paar klippe op mekaar sit, of boomstompe oorkruis plaas, of bossies op die kop regop laat staan, dan sal die wild dit dadelik merk—al was hul nooit vroeër op die plek nie; en hulle gee altyd vir sulke plekke pad. Dit en nog meer weet die Boesmans te goed en weet daarvan gebruik te maak om hulle stukkie kos in hande te kry. Hulle beste wegkruipplek met hulle pyle en boog is die ope vlakte. Hulle grawe ’n holte diep genoeg om in te lê en wag daarin die wild af. Orals pak hul klippe of stawel bossies op mekaar om die wild in die rigting te drywe soos hulle dit wil hê; daarom is daar gewoonlik twee rye van hierdie soort verskrikkers wyd van mekaar om die wild tussendeur te laat kom. Dié wat die wild aankeer, loop ver om en kom langsaam nader om die wild nie te verskrik of te laat weghol nie. Dan kom die bokke stadig wei-wei aan. Die bossies en klippe is dan die oorsaak dat hul reg op die skutters afkom. Die skutters wag hulle kans mooi af om al hulle maats ’n kans te gee. Meteens word geskiet; en dit gebeur dat ’n man op een plek tot vier bokke doodskiet.Dis nie die enigste plan van jag nie. Hulle vermom hul deur die vel van ’n bok om hulle lyf te trek, en dan stap hul op hande en voete. Of soms bind hul bosse om hulle lyf vas en kruip dan stadig nader. Soms is die bosse om hulle liggaam in so ’n vorm gebind dat die Boesman self na ’n groot bos lyk. ’n Ander plan is om die vel of[29]vere van ’n volstruis te gebruik en om dié om hulle lyf te bind, sodat die Boesman taamlik na ’n volstruis lyk. Daar is nog baie meer fyn planne wat hulle beraam om wild in hande te kry; maar dit sal te lank neem om algar te vertel. En tog verseker die Boesman ons dat dit baie moeilik gaan, met al die slim planne, om wild in die hande te kry; want die wild word minder, daar hul deur die jagters—wit en swart—doodgeskiet of verjaag word.(Hierdie verhaal word vervolg onder No. 80.)[33]

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur ds. W. S. Rörich, Kroonstad, O.V.S. Ons gee dit net soos dit aan ons meegedeel is.

Oom Gert G—— het hierdie ware gebeurtenis vertel:—

Ek meen dit was in die jaar 1860, en ek was toe al veertien jaar oud. My pa en oom Theuns het gaan jag noord van die Grootrivier, en ek moes gelukkig meegaan—waaroor ek baie bly was. Daardie skiettog het op my so ’n indruk gemaak dat ek dit nooit in die dag van my lewe sal vergeet nie. Daarom vertel ek nou alles net soos ek dit gesien en ondervind het.

Ons woon toe in daardie dae tussen Buffelsrivier en Port-Nolloth. Die enigste plek waar ons die Grootrivier kan deur, is omtrent anderhalfuur van die mond af: daar[26]loop hy mooi gelyk, met lae walle en 1,800 tree breed. Van Port-Nolloth af is daar vreeslik dik sand en duine. Dit neem tien flukse skofte om die rivier te bereik. Ons was met twee waens, elk met agtien knewels van osse bespan en voor ieder ’n Boesman as leier.

Dis gekheid om so ’n jag sonder Boesmans te onderneem. Ek wil amper beweer dat jy eerder jou roer tuis kan laat as sonder ’n Boesman daar oorkant te gaan skiet. Die Boesmans ken daardie wêreld op die punte van hulle vingers; en dan het hulle meer planne en uitvindsels as ’n mens hom ooit kan verbeel. Hulle kan baie ver en goed sien; dan, hulle ruik is goed, en verder kan hul baie fyn hoor. Beter as ’n patrys kan hul wegkruip en hulle versteek. Ook kan hul baie vinnig en op die aanhou hardloop, en daarby kan hul lank sonder kos en water bly. Ja, hulle weet vooraf waar daar êrens wild moet wees, en kan dit keer net soos hulle dit wil hê. Een ding moet ’n mens voor oppas, en dis dit: Voor jy jou Boesman uitstuur om wild te gaan soek, moet hy nie te veel te eet en te drink kry nie; want dan word hy lui, kry somar vaak en gaan vir ’n halfdag lê en slaap. Die beste plan is om hul oordags min kos en water te gee, maar voer hul saans goed: dan bly hul fluks en lewendig. Pas jy nie self dié maatreël toe nie, hulle ken geen maat in enige ding nie. Hoe meer jy gee, hoe meer wil hul hê; en verder mors hul alles op. Waarlik, ’n Boesman sal nie vir die dag van môre sorg nie; in hierdie respek is hul nes diere of kinders.

Ons het op ons waens gehad: twee grawe, twee byle, twee emmers, twee vate water; verder volop broodkos, sout,[27]en ’n groot pot. Daar oorkant is ’n woeste sandwêreld—net soos in die suidekant van Grootrivier. Langs die rivier op is daar bome, laagtes, en ook hier en daar klein bergies. Dit is eintlik die regte jagwêreld. Daar is gensbokke, volstruise, springbokke, koedoes en duikers, en so meer. Saans huil oom Wolf oor kos, en neef Jakkals probeer om lammers ná te blêr; maar regkry is net verniet—al het sy nasie al vir honderde jare geleer. Maar met dit alles het die twee baie planne om wild vas te keer. Hulle het dit net volop; maar die mooiste is om hulle kleinspan aan die kos te sien ruk en pluk. Dit geskied natuurlik nie sonder rusiemaak en baklei nie. Dan lê die oom en neef ewe hoogmoedig aan te kyk hoe hulle na-kroos hulle tande vir ’n ou dag oefen.

Ná ’n paar flukse skofte moes ons laer in ’n laagte trek; want daar in die rondte was baie wild, en die wêreld daar was baie geskik om te jag. Dit het die twee Boesman-leiers ons vooraf vertel.

In die jagveld is ’n mens heeltemal afhanklik van die Boesmans. As jy hulle taal nie kan praat nie, is jy heeltemal verlore. Gelukkig ken almal van ons wat op jag was, die Boesmantaal; want ons het dit as kinders by die kindermeide geleer. Baiekeer was ons in die jagveld alleen, onderwyl ons Boesmans weg was om wild te gaan opspoor; dan kom die wilde Boesmans op ons af om water of iets anders te vra. Ons kan dan goed met mekaar gesels, en ons vind dan baie dinge by hulle uit. Die nasie het vertroue in jou as jy hulle taal kan praat; anders is hul agterdogtig en sku vir dié wat hulle taal nie ken nie, en nog daarby skelm en vol draadwerk. Glo my vry, ’n Boesman is baie skelm;[28]maar dat hul onnosel is, moenie glo nie! As jy maar sien en let op die slim planne wat hulle maak om wild in die hande te kry, sal jou verstand stil staan.

Soos ons algar weet, is alle diere baie oplettend. As jy net ’n paar klippe op mekaar sit, of boomstompe oorkruis plaas, of bossies op die kop regop laat staan, dan sal die wild dit dadelik merk—al was hul nooit vroeër op die plek nie; en hulle gee altyd vir sulke plekke pad. Dit en nog meer weet die Boesmans te goed en weet daarvan gebruik te maak om hulle stukkie kos in hande te kry. Hulle beste wegkruipplek met hulle pyle en boog is die ope vlakte. Hulle grawe ’n holte diep genoeg om in te lê en wag daarin die wild af. Orals pak hul klippe of stawel bossies op mekaar om die wild in die rigting te drywe soos hulle dit wil hê; daarom is daar gewoonlik twee rye van hierdie soort verskrikkers wyd van mekaar om die wild tussendeur te laat kom. Dié wat die wild aankeer, loop ver om en kom langsaam nader om die wild nie te verskrik of te laat weghol nie. Dan kom die bokke stadig wei-wei aan. Die bossies en klippe is dan die oorsaak dat hul reg op die skutters afkom. Die skutters wag hulle kans mooi af om al hulle maats ’n kans te gee. Meteens word geskiet; en dit gebeur dat ’n man op een plek tot vier bokke doodskiet.

Dis nie die enigste plan van jag nie. Hulle vermom hul deur die vel van ’n bok om hulle lyf te trek, en dan stap hul op hande en voete. Of soms bind hul bosse om hulle lyf vas en kruip dan stadig nader. Soms is die bosse om hulle liggaam in so ’n vorm gebind dat die Boesman self na ’n groot bos lyk. ’n Ander plan is om die vel of[29]vere van ’n volstruis te gebruik en om dié om hulle lyf te bind, sodat die Boesman taamlik na ’n volstruis lyk. Daar is nog baie meer fyn planne wat hulle beraam om wild in hande te kry; maar dit sal te lank neem om algar te vertel. En tog verseker die Boesman ons dat dit baie moeilik gaan, met al die slim planne, om wild in die hande te kry; want die wild word minder, daar hul deur die jagters—wit en swart—doodgeskiet of verjaag word.

(Hierdie verhaal word vervolg onder No. 80.)[33]

Back to IndexNext