No. 82.

[Inhoud]No. 82.Hoe daardie Veldtog geëindig het.OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is die vervolg van die vorige (No. 81).Die vierde dag is die stilte gebreek. Drie skote val tegelyk. Almal gryp na hulle roers en roep uit: “Wat is dit? Het julle Boesmans gesien?”Die wagte wat geskiet het, vertel dat hul Boesmans onder die krans sien uitloer het, dat hul gelyk korrel gevat en gelyk geskiet het; en hulle meen dit moet raak wees, daar hul te goed korrel gevat het.Van toe af word alles eens so stil—geen geluid of stem word daar in die koppie gehoor nie. Ons mense word toe al meer en meer onverskillig en stap toe al ’n honderd tree voor die krans perdgerus verby; want hulle word aan daardie rustigheid onder die Boesmans gewend. Ja, sommige begin toe selfs al te praat om maar terug huis-toe te gaan, daar dit bitter vervelig word om aldag net na die dooie kranse te kyk sonder om iets te gewaar.Die volgende dag kom daar weer ’n afwisseling. Hierdie slag het twee Boesmans onder die krans uitgespring, tussen die groot kliprotse ingevlug, en daar nes dassies verdwyn. Toe dreun dit soos geskiet word; maar geeneen weet of dit raak is of nie.[46]Die sesde dag maak ons mense plan om die kop te storm. Maar hoe in die naam van moontlikheid gaan ons dit doen? Want die groot rotsblokke lê so deurmekaar teen die koppie dat ons plek-plek gebuk moet loop, dan weer op hande en knieë gaan, en enkele plekke gladenal op ons maag moet seil. En hoe sal die Boesmans dan nie met ons werk nie?Toe gee my pa order om groot dragte bossies in bondels van ses voet lank en so hoog as ’n tafel vas te knoop. Drie man moet dan agter so ’n bondel gaan lê en dit na die krans voortrol. Durf iemand waag om net effe bo-oor die bondel te loer, dan gons die pyle op daardie drag hout, en hy moet net rats wees om sy kop gou weer terug te trek en te koes; want geen enkele pyl gaan oorheen nie. Mensig, so ’n Boesman kan net skiet! As jy die boogsnaar hoor klink, dan klap die pyl hier by jou in die bondel hout. Lig jy jou hoed met ’n stok hoër as die bondel, dan klap die pyle daarteen.Hierdie plan met die dragte bossies was om die Boesmans te noodsaak om hulle voorraad van pyle op te skiet, en was ’n pure krygslis.En dit het amper ’n hele dag so aangehou. Ons mense begin toe al afgemat van honger en dors te voel; want hul was later so ná aan die krans dat niemand dit sou waag om vir hulle daar kos en water te gaan bring nie. Sommige begin uit te roep dat kramp in hulle bene hul beetpak.Ons vind toe uit dat ons mense toe in ’n moeilike posiesie gewikkel is; want om met, of sonder, die bondels bossies[47]te retireer, val nie aan te dink nie. Ek sien toe dat ons mense werklik ten einde raad is.Ek sê toe somar uit ’n grap: “Kan pa dan nie die koppie aan brand steek nie?”“My kleinjong, jy het nog die beste raad,” antwoord hy.Dadelik kom die orders dat ons dik wortels van droë vyebossies agter die kop moet omdra en dat die wagte gedurig in die krans moet skiet. Op dié manier kry ons kans om die stompe tot bo-op die krans reg bokant die gate te dra. ’n Paar begin ’n groot vuur aan te steek; en toe daar genoeg kole en brandende stompe was, stoot hul die brandende massa die krans af, en dit val vlak voor die gate. Verder stort hul nog meer brandstof af om onder ’n groot vuur te laat ontvlam. Daarop staan ’n 200 man ’n 150 tree van die gate af gereed om òm te kap wat nie wil oorgee nie.Dit duur toe ook nie lank nie, of ’n klomp Boesmans bars deur die vuur, berg-af. Toe dreun dit soos die skote val. Een het die moed gehad om tussen die rotse deur te vleg en kom vry deur die wagte; want geen koeël kon hom raak nie, daar hy te gou en te rats was. Die vuur-maak het amper ’n halwe dag aangehou; die hitte en rookdamp moes straf gewees het.Die volgende dag vra pa vrywilligers om die gat te storm. Dadelik was ’n hele klomp mans gereed en kom vorentoe. Maar pa kies toe net vier uit. Tien ander staan toe klaar om op die gate te skiet sodra ’n Boesman hom maar effentjies vertoon. Naderhand was die vier man vlak[48]voor die gat. Dit het tyd geneem om daar te kom, want die opklim en deurkruip het swaar gegaan.Daar spring toe weer vier Boesmans by hulle verby, ook berg-af. Die tien man haal toe twee Boesmans neer; een glip verby en raak nes ’n groot speld tussen die rotse weg; en die ander het hul lewendig gevang. In die gat vind hul vier dood, wat gewond en ook deur die vuur gebrand was. Ons het dus van omtrent ’n sestig Boesmans net skaars tien dooies en een lewendige gevind.Ons gaan toe verder die koppie deursnuffel en vind toe op sandplekke baie spore en handdrukke soos die Boesmans deur die wagte deurgekruip het—maar hoe en wanneer kan niemand verklaar nie.Baie mense noem soiets Boesman-oorlog; maar ek noem dit Boesman-jag. En dit kan ek hier byvoeg: Ek ken leeu- en tierjag baie goed; maar ek verkies liewers tienmaal leeus en tiere te gaan skiet as om eenmaal Boesmans te jag. Want hulle is ook mos mense met verstand—hoe min dit ook al mag wees—, daar hulle die wonderlikste planne kan maak, waarvan ’n dier niks afweet nie. Op vyftig tree afstand is ’n Boesman ’n gevaarlike mannetjie; en wat hom nog gevaarliker maak, is dat hy geen genade verleen nie, en ook geen genade verwag nie. Ek moet erken dat ek vir ’n gewapende Boesman wat wegkruip, net baie bang is.Dit was ’n naarheid om die dooies, en selfs die een wat ons gevang het, te sien. Hulle het ’n indrukwekkende vertoning met hulle vaal velle, gerimpelde gelaat en ingekrimpte maagvel gemaak. Ek sal die gesig nooit vergeet nie. En as hul vir hulle weer ooreet het, dan kan die maagvel[49]weer so verbasend uitrek en styfspan. Wat iemand dadelik tref, is hulle muisoortjies, klein handjies, strykystervoetjies, peperkorrelhare, en die neusgaatjies sonder ’n behoorlike neus—ja, hulle hele liggaamsbou is wonderlik.Ons het die Boesman wat ons gevang het, kos en water gegee. Die meeste van ons het die Boesmantaal geken en kon dus met hom praat. Later was hy tevrede om by ons te kom woon en het ingestem om met ons mee te gaan.Omdat ek die raad van die vuurmaak gegee het, sê oorlede pa dat ek hom moet erf. Ek het hom toe by my geneem en het hom die naam van Vuurmaak gegee. Hy word toe baie aan my geheg, en hy het later een van my getrouste en beste volk geword. Ek kon altyd op hom reken. Hy is by my dood; en daar ons weens sy getrouheid aan hom so geheg was, het ons hom in die kerkhof begrawe.By dié geleentheid het ons daar by die koppie baie boë en pyle opgetel en dit meegebring. Ons het die mooistes en bestes daarvan uitgesoek en Kaapstad-toe gestuur.Ná ons die veldtog teen die Boesmans uitgevoer het, het die veediefstalle daar in die buurte vir ’n baie lang tyd opgehou; want soos ons later verneem het, het die Boesmans wat met hulle gesinne ontvlug en vrygekom het, oor Grootrivier die Kalaharie ingevlug en het hulle stof nie weer gou suid van Grootrivier laat waai nie.[53]

No. 82.Hoe daardie Veldtog geëindig het.

OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is die vervolg van die vorige (No. 81).Die vierde dag is die stilte gebreek. Drie skote val tegelyk. Almal gryp na hulle roers en roep uit: “Wat is dit? Het julle Boesmans gesien?”Die wagte wat geskiet het, vertel dat hul Boesmans onder die krans sien uitloer het, dat hul gelyk korrel gevat en gelyk geskiet het; en hulle meen dit moet raak wees, daar hul te goed korrel gevat het.Van toe af word alles eens so stil—geen geluid of stem word daar in die koppie gehoor nie. Ons mense word toe al meer en meer onverskillig en stap toe al ’n honderd tree voor die krans perdgerus verby; want hulle word aan daardie rustigheid onder die Boesmans gewend. Ja, sommige begin toe selfs al te praat om maar terug huis-toe te gaan, daar dit bitter vervelig word om aldag net na die dooie kranse te kyk sonder om iets te gewaar.Die volgende dag kom daar weer ’n afwisseling. Hierdie slag het twee Boesmans onder die krans uitgespring, tussen die groot kliprotse ingevlug, en daar nes dassies verdwyn. Toe dreun dit soos geskiet word; maar geeneen weet of dit raak is of nie.[46]Die sesde dag maak ons mense plan om die kop te storm. Maar hoe in die naam van moontlikheid gaan ons dit doen? Want die groot rotsblokke lê so deurmekaar teen die koppie dat ons plek-plek gebuk moet loop, dan weer op hande en knieë gaan, en enkele plekke gladenal op ons maag moet seil. En hoe sal die Boesmans dan nie met ons werk nie?Toe gee my pa order om groot dragte bossies in bondels van ses voet lank en so hoog as ’n tafel vas te knoop. Drie man moet dan agter so ’n bondel gaan lê en dit na die krans voortrol. Durf iemand waag om net effe bo-oor die bondel te loer, dan gons die pyle op daardie drag hout, en hy moet net rats wees om sy kop gou weer terug te trek en te koes; want geen enkele pyl gaan oorheen nie. Mensig, so ’n Boesman kan net skiet! As jy die boogsnaar hoor klink, dan klap die pyl hier by jou in die bondel hout. Lig jy jou hoed met ’n stok hoër as die bondel, dan klap die pyle daarteen.Hierdie plan met die dragte bossies was om die Boesmans te noodsaak om hulle voorraad van pyle op te skiet, en was ’n pure krygslis.En dit het amper ’n hele dag so aangehou. Ons mense begin toe al afgemat van honger en dors te voel; want hul was later so ná aan die krans dat niemand dit sou waag om vir hulle daar kos en water te gaan bring nie. Sommige begin uit te roep dat kramp in hulle bene hul beetpak.Ons vind toe uit dat ons mense toe in ’n moeilike posiesie gewikkel is; want om met, of sonder, die bondels bossies[47]te retireer, val nie aan te dink nie. Ek sien toe dat ons mense werklik ten einde raad is.Ek sê toe somar uit ’n grap: “Kan pa dan nie die koppie aan brand steek nie?”“My kleinjong, jy het nog die beste raad,” antwoord hy.Dadelik kom die orders dat ons dik wortels van droë vyebossies agter die kop moet omdra en dat die wagte gedurig in die krans moet skiet. Op dié manier kry ons kans om die stompe tot bo-op die krans reg bokant die gate te dra. ’n Paar begin ’n groot vuur aan te steek; en toe daar genoeg kole en brandende stompe was, stoot hul die brandende massa die krans af, en dit val vlak voor die gate. Verder stort hul nog meer brandstof af om onder ’n groot vuur te laat ontvlam. Daarop staan ’n 200 man ’n 150 tree van die gate af gereed om òm te kap wat nie wil oorgee nie.Dit duur toe ook nie lank nie, of ’n klomp Boesmans bars deur die vuur, berg-af. Toe dreun dit soos die skote val. Een het die moed gehad om tussen die rotse deur te vleg en kom vry deur die wagte; want geen koeël kon hom raak nie, daar hy te gou en te rats was. Die vuur-maak het amper ’n halwe dag aangehou; die hitte en rookdamp moes straf gewees het.Die volgende dag vra pa vrywilligers om die gat te storm. Dadelik was ’n hele klomp mans gereed en kom vorentoe. Maar pa kies toe net vier uit. Tien ander staan toe klaar om op die gate te skiet sodra ’n Boesman hom maar effentjies vertoon. Naderhand was die vier man vlak[48]voor die gat. Dit het tyd geneem om daar te kom, want die opklim en deurkruip het swaar gegaan.Daar spring toe weer vier Boesmans by hulle verby, ook berg-af. Die tien man haal toe twee Boesmans neer; een glip verby en raak nes ’n groot speld tussen die rotse weg; en die ander het hul lewendig gevang. In die gat vind hul vier dood, wat gewond en ook deur die vuur gebrand was. Ons het dus van omtrent ’n sestig Boesmans net skaars tien dooies en een lewendige gevind.Ons gaan toe verder die koppie deursnuffel en vind toe op sandplekke baie spore en handdrukke soos die Boesmans deur die wagte deurgekruip het—maar hoe en wanneer kan niemand verklaar nie.Baie mense noem soiets Boesman-oorlog; maar ek noem dit Boesman-jag. En dit kan ek hier byvoeg: Ek ken leeu- en tierjag baie goed; maar ek verkies liewers tienmaal leeus en tiere te gaan skiet as om eenmaal Boesmans te jag. Want hulle is ook mos mense met verstand—hoe min dit ook al mag wees—, daar hulle die wonderlikste planne kan maak, waarvan ’n dier niks afweet nie. Op vyftig tree afstand is ’n Boesman ’n gevaarlike mannetjie; en wat hom nog gevaarliker maak, is dat hy geen genade verleen nie, en ook geen genade verwag nie. Ek moet erken dat ek vir ’n gewapende Boesman wat wegkruip, net baie bang is.Dit was ’n naarheid om die dooies, en selfs die een wat ons gevang het, te sien. Hulle het ’n indrukwekkende vertoning met hulle vaal velle, gerimpelde gelaat en ingekrimpte maagvel gemaak. Ek sal die gesig nooit vergeet nie. En as hul vir hulle weer ooreet het, dan kan die maagvel[49]weer so verbasend uitrek en styfspan. Wat iemand dadelik tref, is hulle muisoortjies, klein handjies, strykystervoetjies, peperkorrelhare, en die neusgaatjies sonder ’n behoorlike neus—ja, hulle hele liggaamsbou is wonderlik.Ons het die Boesman wat ons gevang het, kos en water gegee. Die meeste van ons het die Boesmantaal geken en kon dus met hom praat. Later was hy tevrede om by ons te kom woon en het ingestem om met ons mee te gaan.Omdat ek die raad van die vuurmaak gegee het, sê oorlede pa dat ek hom moet erf. Ek het hom toe by my geneem en het hom die naam van Vuurmaak gegee. Hy word toe baie aan my geheg, en hy het later een van my getrouste en beste volk geword. Ek kon altyd op hom reken. Hy is by my dood; en daar ons weens sy getrouheid aan hom so geheg was, het ons hom in die kerkhof begrawe.By dié geleentheid het ons daar by die koppie baie boë en pyle opgetel en dit meegebring. Ons het die mooistes en bestes daarvan uitgesoek en Kaapstad-toe gestuur.Ná ons die veldtog teen die Boesmans uitgevoer het, het die veediefstalle daar in die buurte vir ’n baie lang tyd opgehou; want soos ons later verneem het, het die Boesmans wat met hulle gesinne ontvlug en vrygekom het, oor Grootrivier die Kalaharie ingevlug en het hulle stof nie weer gou suid van Grootrivier laat waai nie.[53]

OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is die vervolg van die vorige (No. 81).

Die vierde dag is die stilte gebreek. Drie skote val tegelyk. Almal gryp na hulle roers en roep uit: “Wat is dit? Het julle Boesmans gesien?”

Die wagte wat geskiet het, vertel dat hul Boesmans onder die krans sien uitloer het, dat hul gelyk korrel gevat en gelyk geskiet het; en hulle meen dit moet raak wees, daar hul te goed korrel gevat het.

Van toe af word alles eens so stil—geen geluid of stem word daar in die koppie gehoor nie. Ons mense word toe al meer en meer onverskillig en stap toe al ’n honderd tree voor die krans perdgerus verby; want hulle word aan daardie rustigheid onder die Boesmans gewend. Ja, sommige begin toe selfs al te praat om maar terug huis-toe te gaan, daar dit bitter vervelig word om aldag net na die dooie kranse te kyk sonder om iets te gewaar.

Die volgende dag kom daar weer ’n afwisseling. Hierdie slag het twee Boesmans onder die krans uitgespring, tussen die groot kliprotse ingevlug, en daar nes dassies verdwyn. Toe dreun dit soos geskiet word; maar geeneen weet of dit raak is of nie.[46]

Die sesde dag maak ons mense plan om die kop te storm. Maar hoe in die naam van moontlikheid gaan ons dit doen? Want die groot rotsblokke lê so deurmekaar teen die koppie dat ons plek-plek gebuk moet loop, dan weer op hande en knieë gaan, en enkele plekke gladenal op ons maag moet seil. En hoe sal die Boesmans dan nie met ons werk nie?

Toe gee my pa order om groot dragte bossies in bondels van ses voet lank en so hoog as ’n tafel vas te knoop. Drie man moet dan agter so ’n bondel gaan lê en dit na die krans voortrol. Durf iemand waag om net effe bo-oor die bondel te loer, dan gons die pyle op daardie drag hout, en hy moet net rats wees om sy kop gou weer terug te trek en te koes; want geen enkele pyl gaan oorheen nie. Mensig, so ’n Boesman kan net skiet! As jy die boogsnaar hoor klink, dan klap die pyl hier by jou in die bondel hout. Lig jy jou hoed met ’n stok hoër as die bondel, dan klap die pyle daarteen.

Hierdie plan met die dragte bossies was om die Boesmans te noodsaak om hulle voorraad van pyle op te skiet, en was ’n pure krygslis.

En dit het amper ’n hele dag so aangehou. Ons mense begin toe al afgemat van honger en dors te voel; want hul was later so ná aan die krans dat niemand dit sou waag om vir hulle daar kos en water te gaan bring nie. Sommige begin uit te roep dat kramp in hulle bene hul beetpak.

Ons vind toe uit dat ons mense toe in ’n moeilike posiesie gewikkel is; want om met, of sonder, die bondels bossies[47]te retireer, val nie aan te dink nie. Ek sien toe dat ons mense werklik ten einde raad is.

Ek sê toe somar uit ’n grap: “Kan pa dan nie die koppie aan brand steek nie?”

“My kleinjong, jy het nog die beste raad,” antwoord hy.

Dadelik kom die orders dat ons dik wortels van droë vyebossies agter die kop moet omdra en dat die wagte gedurig in die krans moet skiet. Op dié manier kry ons kans om die stompe tot bo-op die krans reg bokant die gate te dra. ’n Paar begin ’n groot vuur aan te steek; en toe daar genoeg kole en brandende stompe was, stoot hul die brandende massa die krans af, en dit val vlak voor die gate. Verder stort hul nog meer brandstof af om onder ’n groot vuur te laat ontvlam. Daarop staan ’n 200 man ’n 150 tree van die gate af gereed om òm te kap wat nie wil oorgee nie.

Dit duur toe ook nie lank nie, of ’n klomp Boesmans bars deur die vuur, berg-af. Toe dreun dit soos die skote val. Een het die moed gehad om tussen die rotse deur te vleg en kom vry deur die wagte; want geen koeël kon hom raak nie, daar hy te gou en te rats was. Die vuur-maak het amper ’n halwe dag aangehou; die hitte en rookdamp moes straf gewees het.

Die volgende dag vra pa vrywilligers om die gat te storm. Dadelik was ’n hele klomp mans gereed en kom vorentoe. Maar pa kies toe net vier uit. Tien ander staan toe klaar om op die gate te skiet sodra ’n Boesman hom maar effentjies vertoon. Naderhand was die vier man vlak[48]voor die gat. Dit het tyd geneem om daar te kom, want die opklim en deurkruip het swaar gegaan.

Daar spring toe weer vier Boesmans by hulle verby, ook berg-af. Die tien man haal toe twee Boesmans neer; een glip verby en raak nes ’n groot speld tussen die rotse weg; en die ander het hul lewendig gevang. In die gat vind hul vier dood, wat gewond en ook deur die vuur gebrand was. Ons het dus van omtrent ’n sestig Boesmans net skaars tien dooies en een lewendige gevind.

Ons gaan toe verder die koppie deursnuffel en vind toe op sandplekke baie spore en handdrukke soos die Boesmans deur die wagte deurgekruip het—maar hoe en wanneer kan niemand verklaar nie.

Baie mense noem soiets Boesman-oorlog; maar ek noem dit Boesman-jag. En dit kan ek hier byvoeg: Ek ken leeu- en tierjag baie goed; maar ek verkies liewers tienmaal leeus en tiere te gaan skiet as om eenmaal Boesmans te jag. Want hulle is ook mos mense met verstand—hoe min dit ook al mag wees—, daar hulle die wonderlikste planne kan maak, waarvan ’n dier niks afweet nie. Op vyftig tree afstand is ’n Boesman ’n gevaarlike mannetjie; en wat hom nog gevaarliker maak, is dat hy geen genade verleen nie, en ook geen genade verwag nie. Ek moet erken dat ek vir ’n gewapende Boesman wat wegkruip, net baie bang is.

Dit was ’n naarheid om die dooies, en selfs die een wat ons gevang het, te sien. Hulle het ’n indrukwekkende vertoning met hulle vaal velle, gerimpelde gelaat en ingekrimpte maagvel gemaak. Ek sal die gesig nooit vergeet nie. En as hul vir hulle weer ooreet het, dan kan die maagvel[49]weer so verbasend uitrek en styfspan. Wat iemand dadelik tref, is hulle muisoortjies, klein handjies, strykystervoetjies, peperkorrelhare, en die neusgaatjies sonder ’n behoorlike neus—ja, hulle hele liggaamsbou is wonderlik.

Ons het die Boesman wat ons gevang het, kos en water gegee. Die meeste van ons het die Boesmantaal geken en kon dus met hom praat. Later was hy tevrede om by ons te kom woon en het ingestem om met ons mee te gaan.

Omdat ek die raad van die vuurmaak gegee het, sê oorlede pa dat ek hom moet erf. Ek het hom toe by my geneem en het hom die naam van Vuurmaak gegee. Hy word toe baie aan my geheg, en hy het later een van my getrouste en beste volk geword. Ek kon altyd op hom reken. Hy is by my dood; en daar ons weens sy getrouheid aan hom so geheg was, het ons hom in die kerkhof begrawe.

By dié geleentheid het ons daar by die koppie baie boë en pyle opgetel en dit meegebring. Ons het die mooistes en bestes daarvan uitgesoek en Kaapstad-toe gestuur.

Ná ons die veldtog teen die Boesmans uitgevoer het, het die veediefstalle daar in die buurte vir ’n baie lang tyd opgehou; want soos ons later verneem het, het die Boesmans wat met hulle gesinne ontvlug en vrygekom het, oor Grootrivier die Kalaharie ingevlug en het hulle stof nie weer gou suid van Grootrivier laat waai nie.[53]

Back to IndexNext