[Inhoud]No. 83.Die Wraak van ’n Boesman.OPMEKINGS:—Hierdie verhaal het oom Tys B—— ons in 1884 vertel.Dit was in die ou dae toe die mense reeds op hulle plase woon. In Transvaal was nog baie Boesmans—vernaamlik op die Hoëveld en in streke waar nie Kaffers gewoon het nie. Verskeie gesinne het by die boere kom woon, en so was op my oorlede vader se plaas ook ’n paar huisgesinne. Die mansvolk het met die vee gehelp, en van die jong meide het ons in die huis gebruik.Die witmense het maar nog dun die land bewoon; dus was ons bure omtrent ’n uur te perd van ons af. Een van ons bure het ’n uitgegroeide seun gehad, wat die hele boerdery van sy ou vader op hom geneem het. Sy naam was Koos. Hy het ’n groot aanleg gehad vir tuinmaak en om iets aan te plant. So was daar ’n fontein teen ’n lae skurwe randjie, en daar het hy ’n klipmuur gepak om daarin tuin te maak, soos b.v. die aanplant van groente, waatlemoene, en vroeë mielies om groen te eet.Hy het al lankal gemerk dat sy tuin stilletjies besoekers kry; en dan word sy goed soms baie verniel, soos deur die stukkendsny van waatlemoene en wegdra van groen mielies. Maar wie dit is, kon hy maar nie uitvind nie, daar hy daar geen spore vind nie.[54]Eendag het hy weer in die tuin, omtrent 800 of 1,000 tree van die woonhuis af, gewerk; die son was warm, en hy wou eers ’n bietjie uitrus voor hy na huis vir sy middagete stap. Hy gaan onder ’n boompie in die koelte lê. Hy het daar nie te lank gelê nie, of hier klim ’n Boesman oor die tuinmuur. Koos wag sy kans af; dog die Boesman het hom te gou gewaar, en Koos storm hom. Die Boesman gooi met ’n klip na Koos, en met die wegkeer tref hy die baas op die linkerhand. Koos gryp toe ook ’n klip en tref die Boesman teen die kop net toe hy oor die muur klouter. Hy val anderkant, en die bloed stroom uit die wond; dog dit het hom nie ’n gedugte pak slae met ’n kierie gespaar nie.Die Boesman het ’n rukkie gelê, maar staan toe op en stap die lae randjie uit; en toe hy bo-op staan, roep hy in gebroke Afrikaans uit: “Pas op vir jou waar ons mekaar kry.”Koos het pyn in die hand en stap huis-toe.Dieselfde agtermiddag kom oom Tys daar, en toe hoor hy wat plaasgevind het. Hulle almal het suspiesie op een van sy woon-Boesmans, en hulle besluit om die saak verder te ondersoek; want dis vir Koos nie veilig om in die veld rond te gaan solank daardie Boesman vry rondloop nie.Die anderdagoggend vroeg was Koos volgens afspraak by oom Tys op die werf; hulle gaan na die Boesmanstatjie, roep algar, en vind toe uit dat dit nie een van hulle is nie, maar wel Boesmans wat nog wild in die veld rondloop. Dit maak die saak vir Koos niks beter nie: sy lewe bly maar in gevaar.[55]’n Week en nog ’n week het gekom en gegaan, en daar was nie die minste teken van onrus nie. Maar een namiddag het Koos se span trekosse onopgemerk opsy gegaan, en teensteaand—voor sononder—kom een van Koos se volk en sê dat ’n klompie Boesmans met die osse voortgegaan is.Soos ’n geluk by ’n ongeluk soms opdaag, het dieselfde dag ’n stuk of tien burgers bymekaargekom om ook Boesmans op te spoor wat skape van ’n ander buurman weggevoer het. Koos saal sy perd op en ry na die plek toe en kom laat die aand by die plaas aan waar die gewapende burgers is; hulle was gereed om die volgende oggend te vertrek, daar die diefstal van osse makliker is om uit te vind as van kleinvee. Die oogmerk van die onderneming was die vang van die diewe.Hulle neem toe van die mak Boesmans mee om spoor te hou. Ná die hele voormiddag te gery het, kom hul op ’n plek waar daar baie randjies, klowe en kranse is. Hulle sien van die osse in die verte wei. Dog voor hul op die plek was, het die Boesmans al die osse met gifpyle doodgeskiet. Van die Boesmans het hul net een ’n houtbossie sien inhardloop.Wel, geen verstandige mens sal daaraan dink om Boesmans in sulke gramadoelas te gaan opsoek nie. Daar lê die osse almal dood, en met gifpyle geskiet; geen witmens sal nou daarvan eet nie. Die kommandotjie draai om om raad te gaan hou en planne te maak. Hulle het tot die besluit gekom om van hulle Boesmans te stuur om die woonplek van die Boesmans te gaan opsoek. As hul daar kom, moet hul ook maak of hulle aan vlug is, en dan moet hul die praatjie[56]versprei dat die Boere en Kaffers met honde en wat nie al nie ’n groot kommando opmaak om hul te omsingel en uit te moor.Die mak Boesmans het hulle werk goed gedoen; want die ganse pakasie is in aller haas gevlug, en, na vertel word, het hul in die rigting van die Lydenburgse berge getrek; dog niemand het met sekerheid kon sê waarheen hulle gegaan was nie; maar daar het stilte en rus in die ou buurte gekom.’n Paar jaar het so verbygegaan sonder enige las van Boesmans. En in een van die winters het Koos met sy vee die Bosveld ingetrek om daar onder êrens langs Olifantsrivier te gaan staan. Oom Tys het toe ook saam Bosveld-toe getrek en het nie ver van Koos se staanplek sy veewerf gemaak nie.Eendag was Koos in die veld om ’n bokkie te gaan skiet. ’n Heuningvoël kom hom teë, en Koos volg die voëltjie om te gaan kyk waar die bynes sit. Die voëltjie lei hom na ’n randjie, wat maar laag, dog steil aan die agterkant is. Hy haak die ryperd aan ’n boom aan die voet van die randjie vas en volg die voëltjie, wat toe al begin te kloek, ’n teken dat die bynes hier naby is.Op die randjie kon Koos die bye agter groot rotse hoor gons. Toe hy om die rotse kom, staan hy so te sê bors aan bors met die Boesman wat hom die dood voor die oë geskilder het. Daar hy moes rondklouter, het hy sy geweer by sy perd agtergelaat.“A, nou het ek jou! Het ek nie vir jou gesê om uit my pad te bly nie?” roep die Boesman in triomf uit.[57]“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”[59]Hy het nog ’n maat by hom gehad; maar met die oopbreek van die bynes het ’n stuk rots losgebreek en op die maat se voet geval, en hy sit daaraan in smarte te dokter. Hulle pyle en boë lê daar op die grond, en die bekende Boesman staan met ’n Kaffer se steekasgaai klaar.“Kom, trek jou uit, nakend, dat ek vir jou met tyd kan moor,” sê die een in gebroke taal toe hy die asgaai reg vat in sy hand.Die gewonde Boesman sit sy pyle en boog klaar, net om te vat en te skiet.Koos was lam geskrik; maar hy vererg hom oor die brutaliteit, en hy herwin daardeur sy teenwoordigheid van gees en maak of hy sy klere los knoop; maar dit is net om plan te maak, want daar is twee gevaarlike vyande wat gereed staan. Die een met die seer voet bly sit, want hy kan sittende net so goed as staande skiet.“Toe, toe, moenie nog so lank maak nie!” roep die wraaksugtige Boesman weer in gebroke taal uit, en hy steek met die skerp punt van die asgaai in die dik vleis van Koos om hom haastig te maak.Koos draai hom dat hy die twee in ’n lyn met hom het, en meteens roep hy uit en wys oor hulle koppe heen: “Hier is hulle; toe skiet!”Die twee kyk waar Koos wys. Met die uitroep van die woorde pak hy die asgaai uit die hand van die Boesman en druk hom oor dat hy op die gewonde val, want albei het toe ander pad as na hom gekyk. Gou steek hy albei dood eer hul hom iets kon doen.[60]Ná hul twee dood was, het Koos vir oom Tys gaan roep en gevra wat te doen. Ná oom Tys alles deurgekyk het, het die twee belowe om nie ’n woord daarvan te praat nie. En noudat Koos dood is, vertel oom Tys die ware gebeurtenis; en niemand blameer Koos vir moord nie.[63]

No. 83.Die Wraak van ’n Boesman.
OPMEKINGS:—Hierdie verhaal het oom Tys B—— ons in 1884 vertel.Dit was in die ou dae toe die mense reeds op hulle plase woon. In Transvaal was nog baie Boesmans—vernaamlik op die Hoëveld en in streke waar nie Kaffers gewoon het nie. Verskeie gesinne het by die boere kom woon, en so was op my oorlede vader se plaas ook ’n paar huisgesinne. Die mansvolk het met die vee gehelp, en van die jong meide het ons in die huis gebruik.Die witmense het maar nog dun die land bewoon; dus was ons bure omtrent ’n uur te perd van ons af. Een van ons bure het ’n uitgegroeide seun gehad, wat die hele boerdery van sy ou vader op hom geneem het. Sy naam was Koos. Hy het ’n groot aanleg gehad vir tuinmaak en om iets aan te plant. So was daar ’n fontein teen ’n lae skurwe randjie, en daar het hy ’n klipmuur gepak om daarin tuin te maak, soos b.v. die aanplant van groente, waatlemoene, en vroeë mielies om groen te eet.Hy het al lankal gemerk dat sy tuin stilletjies besoekers kry; en dan word sy goed soms baie verniel, soos deur die stukkendsny van waatlemoene en wegdra van groen mielies. Maar wie dit is, kon hy maar nie uitvind nie, daar hy daar geen spore vind nie.[54]Eendag het hy weer in die tuin, omtrent 800 of 1,000 tree van die woonhuis af, gewerk; die son was warm, en hy wou eers ’n bietjie uitrus voor hy na huis vir sy middagete stap. Hy gaan onder ’n boompie in die koelte lê. Hy het daar nie te lank gelê nie, of hier klim ’n Boesman oor die tuinmuur. Koos wag sy kans af; dog die Boesman het hom te gou gewaar, en Koos storm hom. Die Boesman gooi met ’n klip na Koos, en met die wegkeer tref hy die baas op die linkerhand. Koos gryp toe ook ’n klip en tref die Boesman teen die kop net toe hy oor die muur klouter. Hy val anderkant, en die bloed stroom uit die wond; dog dit het hom nie ’n gedugte pak slae met ’n kierie gespaar nie.Die Boesman het ’n rukkie gelê, maar staan toe op en stap die lae randjie uit; en toe hy bo-op staan, roep hy in gebroke Afrikaans uit: “Pas op vir jou waar ons mekaar kry.”Koos het pyn in die hand en stap huis-toe.Dieselfde agtermiddag kom oom Tys daar, en toe hoor hy wat plaasgevind het. Hulle almal het suspiesie op een van sy woon-Boesmans, en hulle besluit om die saak verder te ondersoek; want dis vir Koos nie veilig om in die veld rond te gaan solank daardie Boesman vry rondloop nie.Die anderdagoggend vroeg was Koos volgens afspraak by oom Tys op die werf; hulle gaan na die Boesmanstatjie, roep algar, en vind toe uit dat dit nie een van hulle is nie, maar wel Boesmans wat nog wild in die veld rondloop. Dit maak die saak vir Koos niks beter nie: sy lewe bly maar in gevaar.[55]’n Week en nog ’n week het gekom en gegaan, en daar was nie die minste teken van onrus nie. Maar een namiddag het Koos se span trekosse onopgemerk opsy gegaan, en teensteaand—voor sononder—kom een van Koos se volk en sê dat ’n klompie Boesmans met die osse voortgegaan is.Soos ’n geluk by ’n ongeluk soms opdaag, het dieselfde dag ’n stuk of tien burgers bymekaargekom om ook Boesmans op te spoor wat skape van ’n ander buurman weggevoer het. Koos saal sy perd op en ry na die plek toe en kom laat die aand by die plaas aan waar die gewapende burgers is; hulle was gereed om die volgende oggend te vertrek, daar die diefstal van osse makliker is om uit te vind as van kleinvee. Die oogmerk van die onderneming was die vang van die diewe.Hulle neem toe van die mak Boesmans mee om spoor te hou. Ná die hele voormiddag te gery het, kom hul op ’n plek waar daar baie randjies, klowe en kranse is. Hulle sien van die osse in die verte wei. Dog voor hul op die plek was, het die Boesmans al die osse met gifpyle doodgeskiet. Van die Boesmans het hul net een ’n houtbossie sien inhardloop.Wel, geen verstandige mens sal daaraan dink om Boesmans in sulke gramadoelas te gaan opsoek nie. Daar lê die osse almal dood, en met gifpyle geskiet; geen witmens sal nou daarvan eet nie. Die kommandotjie draai om om raad te gaan hou en planne te maak. Hulle het tot die besluit gekom om van hulle Boesmans te stuur om die woonplek van die Boesmans te gaan opsoek. As hul daar kom, moet hul ook maak of hulle aan vlug is, en dan moet hul die praatjie[56]versprei dat die Boere en Kaffers met honde en wat nie al nie ’n groot kommando opmaak om hul te omsingel en uit te moor.Die mak Boesmans het hulle werk goed gedoen; want die ganse pakasie is in aller haas gevlug, en, na vertel word, het hul in die rigting van die Lydenburgse berge getrek; dog niemand het met sekerheid kon sê waarheen hulle gegaan was nie; maar daar het stilte en rus in die ou buurte gekom.’n Paar jaar het so verbygegaan sonder enige las van Boesmans. En in een van die winters het Koos met sy vee die Bosveld ingetrek om daar onder êrens langs Olifantsrivier te gaan staan. Oom Tys het toe ook saam Bosveld-toe getrek en het nie ver van Koos se staanplek sy veewerf gemaak nie.Eendag was Koos in die veld om ’n bokkie te gaan skiet. ’n Heuningvoël kom hom teë, en Koos volg die voëltjie om te gaan kyk waar die bynes sit. Die voëltjie lei hom na ’n randjie, wat maar laag, dog steil aan die agterkant is. Hy haak die ryperd aan ’n boom aan die voet van die randjie vas en volg die voëltjie, wat toe al begin te kloek, ’n teken dat die bynes hier naby is.Op die randjie kon Koos die bye agter groot rotse hoor gons. Toe hy om die rotse kom, staan hy so te sê bors aan bors met die Boesman wat hom die dood voor die oë geskilder het. Daar hy moes rondklouter, het hy sy geweer by sy perd agtergelaat.“A, nou het ek jou! Het ek nie vir jou gesê om uit my pad te bly nie?” roep die Boesman in triomf uit.[57]“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”[59]Hy het nog ’n maat by hom gehad; maar met die oopbreek van die bynes het ’n stuk rots losgebreek en op die maat se voet geval, en hy sit daaraan in smarte te dokter. Hulle pyle en boë lê daar op die grond, en die bekende Boesman staan met ’n Kaffer se steekasgaai klaar.“Kom, trek jou uit, nakend, dat ek vir jou met tyd kan moor,” sê die een in gebroke taal toe hy die asgaai reg vat in sy hand.Die gewonde Boesman sit sy pyle en boog klaar, net om te vat en te skiet.Koos was lam geskrik; maar hy vererg hom oor die brutaliteit, en hy herwin daardeur sy teenwoordigheid van gees en maak of hy sy klere los knoop; maar dit is net om plan te maak, want daar is twee gevaarlike vyande wat gereed staan. Die een met die seer voet bly sit, want hy kan sittende net so goed as staande skiet.“Toe, toe, moenie nog so lank maak nie!” roep die wraaksugtige Boesman weer in gebroke taal uit, en hy steek met die skerp punt van die asgaai in die dik vleis van Koos om hom haastig te maak.Koos draai hom dat hy die twee in ’n lyn met hom het, en meteens roep hy uit en wys oor hulle koppe heen: “Hier is hulle; toe skiet!”Die twee kyk waar Koos wys. Met die uitroep van die woorde pak hy die asgaai uit die hand van die Boesman en druk hom oor dat hy op die gewonde val, want albei het toe ander pad as na hom gekyk. Gou steek hy albei dood eer hul hom iets kon doen.[60]Ná hul twee dood was, het Koos vir oom Tys gaan roep en gevra wat te doen. Ná oom Tys alles deurgekyk het, het die twee belowe om nie ’n woord daarvan te praat nie. En noudat Koos dood is, vertel oom Tys die ware gebeurtenis; en niemand blameer Koos vir moord nie.[63]
OPMEKINGS:—Hierdie verhaal het oom Tys B—— ons in 1884 vertel.
Dit was in die ou dae toe die mense reeds op hulle plase woon. In Transvaal was nog baie Boesmans—vernaamlik op die Hoëveld en in streke waar nie Kaffers gewoon het nie. Verskeie gesinne het by die boere kom woon, en so was op my oorlede vader se plaas ook ’n paar huisgesinne. Die mansvolk het met die vee gehelp, en van die jong meide het ons in die huis gebruik.
Die witmense het maar nog dun die land bewoon; dus was ons bure omtrent ’n uur te perd van ons af. Een van ons bure het ’n uitgegroeide seun gehad, wat die hele boerdery van sy ou vader op hom geneem het. Sy naam was Koos. Hy het ’n groot aanleg gehad vir tuinmaak en om iets aan te plant. So was daar ’n fontein teen ’n lae skurwe randjie, en daar het hy ’n klipmuur gepak om daarin tuin te maak, soos b.v. die aanplant van groente, waatlemoene, en vroeë mielies om groen te eet.
Hy het al lankal gemerk dat sy tuin stilletjies besoekers kry; en dan word sy goed soms baie verniel, soos deur die stukkendsny van waatlemoene en wegdra van groen mielies. Maar wie dit is, kon hy maar nie uitvind nie, daar hy daar geen spore vind nie.[54]
Eendag het hy weer in die tuin, omtrent 800 of 1,000 tree van die woonhuis af, gewerk; die son was warm, en hy wou eers ’n bietjie uitrus voor hy na huis vir sy middagete stap. Hy gaan onder ’n boompie in die koelte lê. Hy het daar nie te lank gelê nie, of hier klim ’n Boesman oor die tuinmuur. Koos wag sy kans af; dog die Boesman het hom te gou gewaar, en Koos storm hom. Die Boesman gooi met ’n klip na Koos, en met die wegkeer tref hy die baas op die linkerhand. Koos gryp toe ook ’n klip en tref die Boesman teen die kop net toe hy oor die muur klouter. Hy val anderkant, en die bloed stroom uit die wond; dog dit het hom nie ’n gedugte pak slae met ’n kierie gespaar nie.
Die Boesman het ’n rukkie gelê, maar staan toe op en stap die lae randjie uit; en toe hy bo-op staan, roep hy in gebroke Afrikaans uit: “Pas op vir jou waar ons mekaar kry.”
Koos het pyn in die hand en stap huis-toe.
Dieselfde agtermiddag kom oom Tys daar, en toe hoor hy wat plaasgevind het. Hulle almal het suspiesie op een van sy woon-Boesmans, en hulle besluit om die saak verder te ondersoek; want dis vir Koos nie veilig om in die veld rond te gaan solank daardie Boesman vry rondloop nie.
Die anderdagoggend vroeg was Koos volgens afspraak by oom Tys op die werf; hulle gaan na die Boesmanstatjie, roep algar, en vind toe uit dat dit nie een van hulle is nie, maar wel Boesmans wat nog wild in die veld rondloop. Dit maak die saak vir Koos niks beter nie: sy lewe bly maar in gevaar.[55]
’n Week en nog ’n week het gekom en gegaan, en daar was nie die minste teken van onrus nie. Maar een namiddag het Koos se span trekosse onopgemerk opsy gegaan, en teensteaand—voor sononder—kom een van Koos se volk en sê dat ’n klompie Boesmans met die osse voortgegaan is.
Soos ’n geluk by ’n ongeluk soms opdaag, het dieselfde dag ’n stuk of tien burgers bymekaargekom om ook Boesmans op te spoor wat skape van ’n ander buurman weggevoer het. Koos saal sy perd op en ry na die plek toe en kom laat die aand by die plaas aan waar die gewapende burgers is; hulle was gereed om die volgende oggend te vertrek, daar die diefstal van osse makliker is om uit te vind as van kleinvee. Die oogmerk van die onderneming was die vang van die diewe.
Hulle neem toe van die mak Boesmans mee om spoor te hou. Ná die hele voormiddag te gery het, kom hul op ’n plek waar daar baie randjies, klowe en kranse is. Hulle sien van die osse in die verte wei. Dog voor hul op die plek was, het die Boesmans al die osse met gifpyle doodgeskiet. Van die Boesmans het hul net een ’n houtbossie sien inhardloop.
Wel, geen verstandige mens sal daaraan dink om Boesmans in sulke gramadoelas te gaan opsoek nie. Daar lê die osse almal dood, en met gifpyle geskiet; geen witmens sal nou daarvan eet nie. Die kommandotjie draai om om raad te gaan hou en planne te maak. Hulle het tot die besluit gekom om van hulle Boesmans te stuur om die woonplek van die Boesmans te gaan opsoek. As hul daar kom, moet hul ook maak of hulle aan vlug is, en dan moet hul die praatjie[56]versprei dat die Boere en Kaffers met honde en wat nie al nie ’n groot kommando opmaak om hul te omsingel en uit te moor.
Die mak Boesmans het hulle werk goed gedoen; want die ganse pakasie is in aller haas gevlug, en, na vertel word, het hul in die rigting van die Lydenburgse berge getrek; dog niemand het met sekerheid kon sê waarheen hulle gegaan was nie; maar daar het stilte en rus in die ou buurte gekom.
’n Paar jaar het so verbygegaan sonder enige las van Boesmans. En in een van die winters het Koos met sy vee die Bosveld ingetrek om daar onder êrens langs Olifantsrivier te gaan staan. Oom Tys het toe ook saam Bosveld-toe getrek en het nie ver van Koos se staanplek sy veewerf gemaak nie.
Eendag was Koos in die veld om ’n bokkie te gaan skiet. ’n Heuningvoël kom hom teë, en Koos volg die voëltjie om te gaan kyk waar die bynes sit. Die voëltjie lei hom na ’n randjie, wat maar laag, dog steil aan die agterkant is. Hy haak die ryperd aan ’n boom aan die voet van die randjie vas en volg die voëltjie, wat toe al begin te kloek, ’n teken dat die bynes hier naby is.
Op die randjie kon Koos die bye agter groot rotse hoor gons. Toe hy om die rotse kom, staan hy so te sê bors aan bors met die Boesman wat hom die dood voor die oë geskilder het. Daar hy moes rondklouter, het hy sy geweer by sy perd agtergelaat.
“A, nou het ek jou! Het ek nie vir jou gesê om uit my pad te bly nie?” roep die Boesman in triomf uit.[57]
“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”
“HY PAK DIE ASGAAI UIT DIE HAND VAN DIE BOESMAN EN DRUK HOM OOR.”
[59]
Hy het nog ’n maat by hom gehad; maar met die oopbreek van die bynes het ’n stuk rots losgebreek en op die maat se voet geval, en hy sit daaraan in smarte te dokter. Hulle pyle en boë lê daar op die grond, en die bekende Boesman staan met ’n Kaffer se steekasgaai klaar.
“Kom, trek jou uit, nakend, dat ek vir jou met tyd kan moor,” sê die een in gebroke taal toe hy die asgaai reg vat in sy hand.
Die gewonde Boesman sit sy pyle en boog klaar, net om te vat en te skiet.
Koos was lam geskrik; maar hy vererg hom oor die brutaliteit, en hy herwin daardeur sy teenwoordigheid van gees en maak of hy sy klere los knoop; maar dit is net om plan te maak, want daar is twee gevaarlike vyande wat gereed staan. Die een met die seer voet bly sit, want hy kan sittende net so goed as staande skiet.
“Toe, toe, moenie nog so lank maak nie!” roep die wraaksugtige Boesman weer in gebroke taal uit, en hy steek met die skerp punt van die asgaai in die dik vleis van Koos om hom haastig te maak.
Koos draai hom dat hy die twee in ’n lyn met hom het, en meteens roep hy uit en wys oor hulle koppe heen: “Hier is hulle; toe skiet!”
Die twee kyk waar Koos wys. Met die uitroep van die woorde pak hy die asgaai uit die hand van die Boesman en druk hom oor dat hy op die gewonde val, want albei het toe ander pad as na hom gekyk. Gou steek hy albei dood eer hul hom iets kon doen.[60]
Ná hul twee dood was, het Koos vir oom Tys gaan roep en gevra wat te doen. Ná oom Tys alles deurgekyk het, het die twee belowe om nie ’n woord daarvan te praat nie. En noudat Koos dood is, vertel oom Tys die ware gebeurtenis; en niemand blameer Koos vir moord nie.[63]