[Inhoud]No. 84.Boesmans by Chrissiesmeer.OPMEKINGS:—Die verhaal omtrent die opspoor van die Boesmans is aan ons deur oom Louw P—— en sy vrou vertel.Chrissiesmeer is geleë in die Ermelo-distrik, Transvaal, en is die grootste pan of meer in Suid-Afrika. Daar het in die vroeër dae baie Boesmans in die nabyheid gewoon, en vandag nog word daar Boesmans op die boerplase aangetref. Hulle is nou natuurlik mak en is in die diens van die mense daar.In 1883, toe ons vir die eerste maal met Transvaal kennis maak, het nog oor die hele Hoëveld op baie plase Boesman-huisgesinne gewoon. En vandag tref ons hul haas nie meer aan nie. Dood of uitgemoor is hul nie; maar baie, of die meeste meide is met Kaffers getroud, terwyl Kaffermeide so nooit ’n Boesman vir ’n man wil hê nie. Maar tog is daar nog hier en daar Boesmans wat Boesman-meide vir vrouens het.Die Transvaalse Boesman, net soos al die ander van hulle nasie, het baie skade onder die vee van die Kaffers en later weer van die Boere aangerig. Oor hierdie slegte gewoonte van hulle is hul hier, net soos maar op ander plekke, aanmerklik uitgedun.[64]Oom Louw vertel dat in die ou dae daar by hulle by Chrissiesmeer baie Boesmans gewoon het; almal het op die boerplase gewoon, behalwe wildes, wat in die klowe in die rigting van Swasieland gevestig was. Die Boesmans het toe nie meer met gifpyle geskiet nie. Dis miskien daaraan toe te skrywe dat hul die gif nie hier kon kry nie, of dat hulle base hul dit ten strengste verbied het om met gifpyle te jag. Daarom het hul wild met wippe, strikke, maar meestal met vanggate in hande gekry. Hulle het die gewoonte gehad om skerp penne onder in die vanggate só te plaas dat as die wildding daarin val, die pen dan in die ingewande van die gevange dier steek. Die vanggate, en ook die wippe en strikke vir wild, het later ’n gevaar vir die vee van die boere geword; dus moes die Boesmans dié soort liefhebbery ook opgee. Hulle is toe met dwangmaatreëls gebinde om meer beskaaf te wees—tenminste, om net soos die Kaffers op die boerplase te lewe. Hieraan het die Boesmans gou gewend geraak; en hulle het so handig geword om met vee, met ploeë en wa-drywe om te gaan as enige Kaffer sou dink om te kan doen; net swaar liggaamswerk kon hy nie verrig nie.By ’n sekere geleentheid in daardie dae was daar Nagmaal, en al die bure het kerk-toe gegaan. Ná hulle teruggekom het, vermis een van die bure sewentien van sy skape. Hy het orals in die veld rondgesoek, maar vind hulle nie; en die mense kry suspiese op die wilde Boesmans wat aan die bopunt van die Soetoerivier woon. Ná noukeurige ondersoek ingestel te hê, word hul in hulle vermoeding gesterk.[65]Die veldkornet roep toe van die burgers op om die diewe te gaan vang en om die Boesmans se vesting langs die Seotoerivier te gaan vernietig.Toe hul op die plek kom, sien hul klein mielietuintjies en bemerk somar dat dié nie van Kaffers was nie; want die landjies was baie klein, en bowendien woon daar toe ook geen Kaffers in die hele nabyheid nie. Hulle omsingel die tuine en vind daar twee jong Boesmans in wat daar weggekruip het. Van hierdie twee het die veldkornet alle informasie gekry wat hy nodig gehad het; en die twee erken dat hulle skape gesteel en algar saamgeëet het, maar vertel dat die twee diewe verderaf langs die rivier woon. Die veldkornet gebied hul om die plek te gaan wys. Ook hierdie plek word omsingel, en sonder baie moeite of enige geveg gee al die Boesmans hul aan die veldkornet oor. Hulle kry die versekering dat daar nie meer Boesmans is nie.Die veldkornet het die twee diewe aan die poliesie oorhandig; maar die ander wat algar medepligtig was aan die eet van die vleis, het hy nie tronk-toe gestuur nie, maar hul die kans gegee om by die boere op die plase te gaan woon. Hulle het toe hulle base gekies, of die base het vir hulle gekies; en so is hulle verdeel en die diewenes opgebreek.Die boere het hul toe in diens geneem en goed kos gegee, nes aan hulle ander werkvolk. Maar dit was te wonderlik watter soort veldkos hul nog gaan by soek het. Die meide neem stokke, druk dié in horings met skerp punte, steek die stok dan deur ’n ronde klip met ’n hol gat daarin, en grawe daarmee euntjies en ander wortels. Of hul neem ’n krom horinkie, druk dit aan die voorpunt van ’n stok, en ert[66]daarmee wurms op wat deur hul as ’n lekkerny beskou word.Daar was in daardie dae volop wild, en die mense het gereeld vir hulle eie gebruik en vir hulle volk geskiet; dog die Boesman, so klein as hy is, eet meer as die groot volk en is nie versadig voor en aleer sy maag vel soos ’n tamboer staan nie.Daardie Boesmans het net ’n kort tyd by die mense gebly, en op een en dieselfde dag is hulle spoorloos verdwyn—en nugter alleen weet waarheen.[69]

No. 84.Boesmans by Chrissiesmeer.
OPMEKINGS:—Die verhaal omtrent die opspoor van die Boesmans is aan ons deur oom Louw P—— en sy vrou vertel.Chrissiesmeer is geleë in die Ermelo-distrik, Transvaal, en is die grootste pan of meer in Suid-Afrika. Daar het in die vroeër dae baie Boesmans in die nabyheid gewoon, en vandag nog word daar Boesmans op die boerplase aangetref. Hulle is nou natuurlik mak en is in die diens van die mense daar.In 1883, toe ons vir die eerste maal met Transvaal kennis maak, het nog oor die hele Hoëveld op baie plase Boesman-huisgesinne gewoon. En vandag tref ons hul haas nie meer aan nie. Dood of uitgemoor is hul nie; maar baie, of die meeste meide is met Kaffers getroud, terwyl Kaffermeide so nooit ’n Boesman vir ’n man wil hê nie. Maar tog is daar nog hier en daar Boesmans wat Boesman-meide vir vrouens het.Die Transvaalse Boesman, net soos al die ander van hulle nasie, het baie skade onder die vee van die Kaffers en later weer van die Boere aangerig. Oor hierdie slegte gewoonte van hulle is hul hier, net soos maar op ander plekke, aanmerklik uitgedun.[64]Oom Louw vertel dat in die ou dae daar by hulle by Chrissiesmeer baie Boesmans gewoon het; almal het op die boerplase gewoon, behalwe wildes, wat in die klowe in die rigting van Swasieland gevestig was. Die Boesmans het toe nie meer met gifpyle geskiet nie. Dis miskien daaraan toe te skrywe dat hul die gif nie hier kon kry nie, of dat hulle base hul dit ten strengste verbied het om met gifpyle te jag. Daarom het hul wild met wippe, strikke, maar meestal met vanggate in hande gekry. Hulle het die gewoonte gehad om skerp penne onder in die vanggate só te plaas dat as die wildding daarin val, die pen dan in die ingewande van die gevange dier steek. Die vanggate, en ook die wippe en strikke vir wild, het later ’n gevaar vir die vee van die boere geword; dus moes die Boesmans dié soort liefhebbery ook opgee. Hulle is toe met dwangmaatreëls gebinde om meer beskaaf te wees—tenminste, om net soos die Kaffers op die boerplase te lewe. Hieraan het die Boesmans gou gewend geraak; en hulle het so handig geword om met vee, met ploeë en wa-drywe om te gaan as enige Kaffer sou dink om te kan doen; net swaar liggaamswerk kon hy nie verrig nie.By ’n sekere geleentheid in daardie dae was daar Nagmaal, en al die bure het kerk-toe gegaan. Ná hulle teruggekom het, vermis een van die bure sewentien van sy skape. Hy het orals in die veld rondgesoek, maar vind hulle nie; en die mense kry suspiese op die wilde Boesmans wat aan die bopunt van die Soetoerivier woon. Ná noukeurige ondersoek ingestel te hê, word hul in hulle vermoeding gesterk.[65]Die veldkornet roep toe van die burgers op om die diewe te gaan vang en om die Boesmans se vesting langs die Seotoerivier te gaan vernietig.Toe hul op die plek kom, sien hul klein mielietuintjies en bemerk somar dat dié nie van Kaffers was nie; want die landjies was baie klein, en bowendien woon daar toe ook geen Kaffers in die hele nabyheid nie. Hulle omsingel die tuine en vind daar twee jong Boesmans in wat daar weggekruip het. Van hierdie twee het die veldkornet alle informasie gekry wat hy nodig gehad het; en die twee erken dat hulle skape gesteel en algar saamgeëet het, maar vertel dat die twee diewe verderaf langs die rivier woon. Die veldkornet gebied hul om die plek te gaan wys. Ook hierdie plek word omsingel, en sonder baie moeite of enige geveg gee al die Boesmans hul aan die veldkornet oor. Hulle kry die versekering dat daar nie meer Boesmans is nie.Die veldkornet het die twee diewe aan die poliesie oorhandig; maar die ander wat algar medepligtig was aan die eet van die vleis, het hy nie tronk-toe gestuur nie, maar hul die kans gegee om by die boere op die plase te gaan woon. Hulle het toe hulle base gekies, of die base het vir hulle gekies; en so is hulle verdeel en die diewenes opgebreek.Die boere het hul toe in diens geneem en goed kos gegee, nes aan hulle ander werkvolk. Maar dit was te wonderlik watter soort veldkos hul nog gaan by soek het. Die meide neem stokke, druk dié in horings met skerp punte, steek die stok dan deur ’n ronde klip met ’n hol gat daarin, en grawe daarmee euntjies en ander wortels. Of hul neem ’n krom horinkie, druk dit aan die voorpunt van ’n stok, en ert[66]daarmee wurms op wat deur hul as ’n lekkerny beskou word.Daar was in daardie dae volop wild, en die mense het gereeld vir hulle eie gebruik en vir hulle volk geskiet; dog die Boesman, so klein as hy is, eet meer as die groot volk en is nie versadig voor en aleer sy maag vel soos ’n tamboer staan nie.Daardie Boesmans het net ’n kort tyd by die mense gebly, en op een en dieselfde dag is hulle spoorloos verdwyn—en nugter alleen weet waarheen.[69]
OPMEKINGS:—Die verhaal omtrent die opspoor van die Boesmans is aan ons deur oom Louw P—— en sy vrou vertel.
Chrissiesmeer is geleë in die Ermelo-distrik, Transvaal, en is die grootste pan of meer in Suid-Afrika. Daar het in die vroeër dae baie Boesmans in die nabyheid gewoon, en vandag nog word daar Boesmans op die boerplase aangetref. Hulle is nou natuurlik mak en is in die diens van die mense daar.
In 1883, toe ons vir die eerste maal met Transvaal kennis maak, het nog oor die hele Hoëveld op baie plase Boesman-huisgesinne gewoon. En vandag tref ons hul haas nie meer aan nie. Dood of uitgemoor is hul nie; maar baie, of die meeste meide is met Kaffers getroud, terwyl Kaffermeide so nooit ’n Boesman vir ’n man wil hê nie. Maar tog is daar nog hier en daar Boesmans wat Boesman-meide vir vrouens het.
Die Transvaalse Boesman, net soos al die ander van hulle nasie, het baie skade onder die vee van die Kaffers en later weer van die Boere aangerig. Oor hierdie slegte gewoonte van hulle is hul hier, net soos maar op ander plekke, aanmerklik uitgedun.[64]
Oom Louw vertel dat in die ou dae daar by hulle by Chrissiesmeer baie Boesmans gewoon het; almal het op die boerplase gewoon, behalwe wildes, wat in die klowe in die rigting van Swasieland gevestig was. Die Boesmans het toe nie meer met gifpyle geskiet nie. Dis miskien daaraan toe te skrywe dat hul die gif nie hier kon kry nie, of dat hulle base hul dit ten strengste verbied het om met gifpyle te jag. Daarom het hul wild met wippe, strikke, maar meestal met vanggate in hande gekry. Hulle het die gewoonte gehad om skerp penne onder in die vanggate só te plaas dat as die wildding daarin val, die pen dan in die ingewande van die gevange dier steek. Die vanggate, en ook die wippe en strikke vir wild, het later ’n gevaar vir die vee van die boere geword; dus moes die Boesmans dié soort liefhebbery ook opgee. Hulle is toe met dwangmaatreëls gebinde om meer beskaaf te wees—tenminste, om net soos die Kaffers op die boerplase te lewe. Hieraan het die Boesmans gou gewend geraak; en hulle het so handig geword om met vee, met ploeë en wa-drywe om te gaan as enige Kaffer sou dink om te kan doen; net swaar liggaamswerk kon hy nie verrig nie.
By ’n sekere geleentheid in daardie dae was daar Nagmaal, en al die bure het kerk-toe gegaan. Ná hulle teruggekom het, vermis een van die bure sewentien van sy skape. Hy het orals in die veld rondgesoek, maar vind hulle nie; en die mense kry suspiese op die wilde Boesmans wat aan die bopunt van die Soetoerivier woon. Ná noukeurige ondersoek ingestel te hê, word hul in hulle vermoeding gesterk.[65]
Die veldkornet roep toe van die burgers op om die diewe te gaan vang en om die Boesmans se vesting langs die Seotoerivier te gaan vernietig.
Toe hul op die plek kom, sien hul klein mielietuintjies en bemerk somar dat dié nie van Kaffers was nie; want die landjies was baie klein, en bowendien woon daar toe ook geen Kaffers in die hele nabyheid nie. Hulle omsingel die tuine en vind daar twee jong Boesmans in wat daar weggekruip het. Van hierdie twee het die veldkornet alle informasie gekry wat hy nodig gehad het; en die twee erken dat hulle skape gesteel en algar saamgeëet het, maar vertel dat die twee diewe verderaf langs die rivier woon. Die veldkornet gebied hul om die plek te gaan wys. Ook hierdie plek word omsingel, en sonder baie moeite of enige geveg gee al die Boesmans hul aan die veldkornet oor. Hulle kry die versekering dat daar nie meer Boesmans is nie.
Die veldkornet het die twee diewe aan die poliesie oorhandig; maar die ander wat algar medepligtig was aan die eet van die vleis, het hy nie tronk-toe gestuur nie, maar hul die kans gegee om by die boere op die plase te gaan woon. Hulle het toe hulle base gekies, of die base het vir hulle gekies; en so is hulle verdeel en die diewenes opgebreek.
Die boere het hul toe in diens geneem en goed kos gegee, nes aan hulle ander werkvolk. Maar dit was te wonderlik watter soort veldkos hul nog gaan by soek het. Die meide neem stokke, druk dié in horings met skerp punte, steek die stok dan deur ’n ronde klip met ’n hol gat daarin, en grawe daarmee euntjies en ander wortels. Of hul neem ’n krom horinkie, druk dit aan die voorpunt van ’n stok, en ert[66]daarmee wurms op wat deur hul as ’n lekkerny beskou word.
Daar was in daardie dae volop wild, en die mense het gereeld vir hulle eie gebruik en vir hulle volk geskiet; dog die Boesman, so klein as hy is, eet meer as die groot volk en is nie versadig voor en aleer sy maag vel soos ’n tamboer staan nie.
Daardie Boesmans het net ’n kort tyd by die mense gebly, en op een en dieselfde dag is hulle spoorloos verdwyn—en nugter alleen weet waarheen.[69]