[Inhoud]No. 85.Kalmte in gevaar is die beste Raadsman.OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur die man wat die betrokke seun in die gebeurtenis was. Sy ouers het in later jare in Transvaal gewoon.Kort ná die burgers van die Vrystaat op hulle plase gaan woon het, het die volgende gebeurtenis plaasgevind.’n Man en sy vrou—albei nog maar sowat sewen-en-twintig jaar oud—het uit die Oostelike Provinsie van die ou Kolonie na die Vrystaat toe getrek. Hulle het ’n seuntjie van drie jaar en ’n dogtertjie van ’n jaar oud gehad en gaan toe êrens in die Vrystaat woon.Hulle het ’n Boesman gehad wat met hulle saam opgegroei het. Hy was so vertroubaar as een van die famielie. Hy was dan ook, so te sê, die regterhand van sy jong baas en het vir sy perde, melkkoeie en ander goed op die werf gesorg.Eendag moes sy baas onverwags op besigheid na Bloemfontein toe en sou twee dae en twee nagte moet uitbly. Daar was niemand anders op die plaas nie as Oortjies (dit was die naam van die Boesman) en sy twee Basoetoe-veewagters, wat snags by hulle strooihuise, ’n goeie ent van die werf af, slaap. Daar het wel ’n publieke pad by die werf[70]verbygegaan, maar tog was daarlangs nie so ’n groot gery nie.So het die man met sy vertrek aan Oortjies al die werkies opgedra en hom mooi vertel dat die nôi hom verder sal sê wat hy moet doen as daar iets noodsaakliks mag voorval. Daarop vertrek die man Bloemfontein-toe.Volgens afspraak tussen man en vrou, moes Oortjies gou oor hardloop om die oudste broer van die vrou te gaan vra om vir die paar dae self oor te kom of om sy seun te stuur, daar die vrou anders onbeskermd en alleen op die plaas sou agterbly.Oortjies het gegaan en kom ná sononder terug met ’n boodskap waaruit sy nôi kop nog stert kon maak. Die ware toedrag van die saak is: Oortjies was nooit op die plaas van die broer nie, daar hy ander planne gehad het, nl. om die geld van sy baas te roof en daarmee te vlug. Hy het al in die laaste maande nie meer so fluks gewees as sy baas en nôi van hom gewoond was nie. Daardie aand het hy ook die diere op ’nmanierversorg en het sy ander werkies halfhartig en half verrig.Dit neem nie lank vir ’n vrou om ’n ding raak te sien nie; maar om kalm onder sulke omstandighede te bly, is glad ’n ander ding. Maar sy was van dié soort wat kalm kan bly, en daarby was sy fris gebou. Sy slaan ieder beweging van die Boesman gade, maar laat egter niks merk dat sy baie onrustig voel nie.Sy sê toe aan hom: “Oortjies, jy moet buite alles mooi reg hou, want nou is jy op die werf baas; moenie dat daar iets verkeerd wees as die baas tuiskom nie!”[71]Dadelik werp hy teë: “Ek is nou nie alleen baas op die werf nie, maar ook in die huis. Nôi en die kinders kan vannag in die vry kamer gaan slaap, en ek wil in my baas se veerbed gaan inkruip.”Hierdie woorde rol soos stukkies ys agter haar rug af; dog sy laat nie die minste teken van ontsteltenis op haar gesig toe nie: sy gaan maar haar gewone gang en maak net plan. Sy gee haar kinders vroeg kos, sodat sy haar ook vroeg met hulle in die kamer kan opsluit om vry van die Boesman te wees. Sy neem die geld ongemerk uit die slaapkamer en steek dit by haar in die vry kamer weg; ook het sy die handbyl met haar in die kamer geneem.Hy het die baas se pyp en tabak gevra en ’n lang vetkers en is daarmee na die slaapkamer gegaan, en hy trek die deur agter hom toe. Die vrou het op die daad in haar kamer gegaan; sy sien hoe lief haar twee kinders slaap, en gee ieder ’n paar hartlike soentjies. Sy trek haar nie uit nie, en laat haar kers brand; onderwyl bly sy in ’n leuningstoel sit. Haar hart klop in haar keel, en verwarde gedagtes rol oormekaar deur haar kop; maar sy neem haar vas voor om kalm te bly, om nie ’n verkeerde stap te doen nie. Sy hoor hoe Oortjies in haar slaapkamer te kere gaan om kiste en katels heen en weer te trek en te stoot. Sy het daar niks toegesluit nie, anders sou Oortjies alles flenters gebreek het. Tot die wa se voorkis, waarin die geld en ander waarde gesluit was, is oop; al die waarde is nou by haar in die kamer waar sy en haar twee kindertjies is. Die kinders word van die rumoer nie wakker nie, maar slaap lief en lekker.[72]Die rumoer word stil, en sy kan hoor dat die Boesman hom op die katel neergooi—om te rus, om planne te maak, of om te rook. Sy kry meteens ’n gril! Sy het al die voorsorg geneem en tog het sy die geweer in die eetkamer vergeet! Maar ’n mens kan in so ’n benoude tyd tog nie oor alles dink nie. Sy stap na haar deur toe en kyk nogmaals of dit goed gesluit is; daarna ondersoek sy die venster en druk die skuifie so vas as maar kan.Die Boesman staan toe van die bed op en kom na haar deur toe en roep op ’n soebattoon uit: “Nôi, moenie bang wees dat ek vir jou en die kinders sal vermoor nie; ek wil net die geld hê—verder sal ek jou nie pla nie.”“Toe, Oortjies, loop slaap! Moenie by my kamerdeur kom lol nie; ek is moeg en wil ook slaap. Netnou maak jy die kinders wakker, en dan sit ek met hulle opgeskeep.” Dit sê sy om haar grote angs te verberg. Dog sy begin al hoofpyn te kry van al die ontsteltenis.Dit lyk toe of hierdie kalm antwoord vir Oortjies laat dink het, want hy stap weer terug en gaan op die bed lê en prakseer. Maar sy wilde natuur por hom aan, en hy spring op om die vrou hierdie keer met dreigemente die skrik op die lyf te ja, en hy stamp aan haar kamerdeur en roep uit: “As nôi nie nou die deur oopmaak en die geld vir my gee nie, dan gaan ek die byl haal en kap die deur oop en vat al die geld. Ag nôi, toe gee my ’n handvol geld; die ander kan jy maar vir julle hou.”Daar kom geen antwoord nie, en Oortjies stap na die kombuis toe om die byl te gaan haal; maar toe hy dit daar[73]nie vind nie, kry hy die roer in die eetkamer en wou met die kolf daarvan die deur oopstamp.Toe roep die vrou uit: “Ek het die handbyl hier; en as jy durf jou kop in my kamer insteek, dan splyt ek dit middeldeur.”Oortjies ken sy nôi en weet dat sy doen wat sy sê; dus het hy sy planne opgegee, het die roer, kruit en koeëls gevat en het daarmee die vlug geneem en is tot vandag nog weg.Maar dit het die vrou in die toegesluite kamer nog nie geweet nie.Dit raak toe doodstil in die huis. Dit was ’n platdak-huis met ’n laag brakgrond op die dak om die water uit te hou; dus is daar geen kans om van een kamer na die ander oor te klim nie. Die gevaar is dat hy deur die venster en deur met die geweer op hulle kan skiet. Sy maak ’n bed in die hoek van die kamer, tel haar slapende kindertjies op en lê hul daarop neer, en sy gaan naas hul op die kermisbed lê en luister en wag op wat gaan gebeur.Die stilte duur voort. Eers kon sy nie slaap nie, maar sluimer later tog in, want die Boesman moet tog eers ’n rumoer maak eer hy kan inkom.Die oggend toe die son uitkom en die twee Basoetoe-wagters die vee kom haal, het sy maar stilgebly, om verder gevaar af te weer. Toe hul in die veld was, het sy die huis toegesluit en met haar twee kinders na die plaas van haar oudste broer gevlug.Maar hoe ’n vlug was dit? Sy moes ’n uur te voet die jongste kind van ’n jaar oud dra, en plek-plek die kind van drie jaar ook. Die twee onskuldige kinders het toe glad[74]nie geweet of verstaan dat dit ’n vlugtery was nie, want hul het die hele nag soet deurgeslaap; die jongste een het wel tweemaal in die nag wakker geword om melk te drink, maar het dadelik weer aan slaap geval sonder eens te weet in watter angs hulle arme moeder verkeer het.[77]

No. 85.Kalmte in gevaar is die beste Raadsman.
OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur die man wat die betrokke seun in die gebeurtenis was. Sy ouers het in later jare in Transvaal gewoon.Kort ná die burgers van die Vrystaat op hulle plase gaan woon het, het die volgende gebeurtenis plaasgevind.’n Man en sy vrou—albei nog maar sowat sewen-en-twintig jaar oud—het uit die Oostelike Provinsie van die ou Kolonie na die Vrystaat toe getrek. Hulle het ’n seuntjie van drie jaar en ’n dogtertjie van ’n jaar oud gehad en gaan toe êrens in die Vrystaat woon.Hulle het ’n Boesman gehad wat met hulle saam opgegroei het. Hy was so vertroubaar as een van die famielie. Hy was dan ook, so te sê, die regterhand van sy jong baas en het vir sy perde, melkkoeie en ander goed op die werf gesorg.Eendag moes sy baas onverwags op besigheid na Bloemfontein toe en sou twee dae en twee nagte moet uitbly. Daar was niemand anders op die plaas nie as Oortjies (dit was die naam van die Boesman) en sy twee Basoetoe-veewagters, wat snags by hulle strooihuise, ’n goeie ent van die werf af, slaap. Daar het wel ’n publieke pad by die werf[70]verbygegaan, maar tog was daarlangs nie so ’n groot gery nie.So het die man met sy vertrek aan Oortjies al die werkies opgedra en hom mooi vertel dat die nôi hom verder sal sê wat hy moet doen as daar iets noodsaakliks mag voorval. Daarop vertrek die man Bloemfontein-toe.Volgens afspraak tussen man en vrou, moes Oortjies gou oor hardloop om die oudste broer van die vrou te gaan vra om vir die paar dae self oor te kom of om sy seun te stuur, daar die vrou anders onbeskermd en alleen op die plaas sou agterbly.Oortjies het gegaan en kom ná sononder terug met ’n boodskap waaruit sy nôi kop nog stert kon maak. Die ware toedrag van die saak is: Oortjies was nooit op die plaas van die broer nie, daar hy ander planne gehad het, nl. om die geld van sy baas te roof en daarmee te vlug. Hy het al in die laaste maande nie meer so fluks gewees as sy baas en nôi van hom gewoond was nie. Daardie aand het hy ook die diere op ’nmanierversorg en het sy ander werkies halfhartig en half verrig.Dit neem nie lank vir ’n vrou om ’n ding raak te sien nie; maar om kalm onder sulke omstandighede te bly, is glad ’n ander ding. Maar sy was van dié soort wat kalm kan bly, en daarby was sy fris gebou. Sy slaan ieder beweging van die Boesman gade, maar laat egter niks merk dat sy baie onrustig voel nie.Sy sê toe aan hom: “Oortjies, jy moet buite alles mooi reg hou, want nou is jy op die werf baas; moenie dat daar iets verkeerd wees as die baas tuiskom nie!”[71]Dadelik werp hy teë: “Ek is nou nie alleen baas op die werf nie, maar ook in die huis. Nôi en die kinders kan vannag in die vry kamer gaan slaap, en ek wil in my baas se veerbed gaan inkruip.”Hierdie woorde rol soos stukkies ys agter haar rug af; dog sy laat nie die minste teken van ontsteltenis op haar gesig toe nie: sy gaan maar haar gewone gang en maak net plan. Sy gee haar kinders vroeg kos, sodat sy haar ook vroeg met hulle in die kamer kan opsluit om vry van die Boesman te wees. Sy neem die geld ongemerk uit die slaapkamer en steek dit by haar in die vry kamer weg; ook het sy die handbyl met haar in die kamer geneem.Hy het die baas se pyp en tabak gevra en ’n lang vetkers en is daarmee na die slaapkamer gegaan, en hy trek die deur agter hom toe. Die vrou het op die daad in haar kamer gegaan; sy sien hoe lief haar twee kinders slaap, en gee ieder ’n paar hartlike soentjies. Sy trek haar nie uit nie, en laat haar kers brand; onderwyl bly sy in ’n leuningstoel sit. Haar hart klop in haar keel, en verwarde gedagtes rol oormekaar deur haar kop; maar sy neem haar vas voor om kalm te bly, om nie ’n verkeerde stap te doen nie. Sy hoor hoe Oortjies in haar slaapkamer te kere gaan om kiste en katels heen en weer te trek en te stoot. Sy het daar niks toegesluit nie, anders sou Oortjies alles flenters gebreek het. Tot die wa se voorkis, waarin die geld en ander waarde gesluit was, is oop; al die waarde is nou by haar in die kamer waar sy en haar twee kindertjies is. Die kinders word van die rumoer nie wakker nie, maar slaap lief en lekker.[72]Die rumoer word stil, en sy kan hoor dat die Boesman hom op die katel neergooi—om te rus, om planne te maak, of om te rook. Sy kry meteens ’n gril! Sy het al die voorsorg geneem en tog het sy die geweer in die eetkamer vergeet! Maar ’n mens kan in so ’n benoude tyd tog nie oor alles dink nie. Sy stap na haar deur toe en kyk nogmaals of dit goed gesluit is; daarna ondersoek sy die venster en druk die skuifie so vas as maar kan.Die Boesman staan toe van die bed op en kom na haar deur toe en roep op ’n soebattoon uit: “Nôi, moenie bang wees dat ek vir jou en die kinders sal vermoor nie; ek wil net die geld hê—verder sal ek jou nie pla nie.”“Toe, Oortjies, loop slaap! Moenie by my kamerdeur kom lol nie; ek is moeg en wil ook slaap. Netnou maak jy die kinders wakker, en dan sit ek met hulle opgeskeep.” Dit sê sy om haar grote angs te verberg. Dog sy begin al hoofpyn te kry van al die ontsteltenis.Dit lyk toe of hierdie kalm antwoord vir Oortjies laat dink het, want hy stap weer terug en gaan op die bed lê en prakseer. Maar sy wilde natuur por hom aan, en hy spring op om die vrou hierdie keer met dreigemente die skrik op die lyf te ja, en hy stamp aan haar kamerdeur en roep uit: “As nôi nie nou die deur oopmaak en die geld vir my gee nie, dan gaan ek die byl haal en kap die deur oop en vat al die geld. Ag nôi, toe gee my ’n handvol geld; die ander kan jy maar vir julle hou.”Daar kom geen antwoord nie, en Oortjies stap na die kombuis toe om die byl te gaan haal; maar toe hy dit daar[73]nie vind nie, kry hy die roer in die eetkamer en wou met die kolf daarvan die deur oopstamp.Toe roep die vrou uit: “Ek het die handbyl hier; en as jy durf jou kop in my kamer insteek, dan splyt ek dit middeldeur.”Oortjies ken sy nôi en weet dat sy doen wat sy sê; dus het hy sy planne opgegee, het die roer, kruit en koeëls gevat en het daarmee die vlug geneem en is tot vandag nog weg.Maar dit het die vrou in die toegesluite kamer nog nie geweet nie.Dit raak toe doodstil in die huis. Dit was ’n platdak-huis met ’n laag brakgrond op die dak om die water uit te hou; dus is daar geen kans om van een kamer na die ander oor te klim nie. Die gevaar is dat hy deur die venster en deur met die geweer op hulle kan skiet. Sy maak ’n bed in die hoek van die kamer, tel haar slapende kindertjies op en lê hul daarop neer, en sy gaan naas hul op die kermisbed lê en luister en wag op wat gaan gebeur.Die stilte duur voort. Eers kon sy nie slaap nie, maar sluimer later tog in, want die Boesman moet tog eers ’n rumoer maak eer hy kan inkom.Die oggend toe die son uitkom en die twee Basoetoe-wagters die vee kom haal, het sy maar stilgebly, om verder gevaar af te weer. Toe hul in die veld was, het sy die huis toegesluit en met haar twee kinders na die plaas van haar oudste broer gevlug.Maar hoe ’n vlug was dit? Sy moes ’n uur te voet die jongste kind van ’n jaar oud dra, en plek-plek die kind van drie jaar ook. Die twee onskuldige kinders het toe glad[74]nie geweet of verstaan dat dit ’n vlugtery was nie, want hul het die hele nag soet deurgeslaap; die jongste een het wel tweemaal in die nag wakker geword om melk te drink, maar het dadelik weer aan slaap geval sonder eens te weet in watter angs hulle arme moeder verkeer het.[77]
OPMEKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons meegedeel deur die man wat die betrokke seun in die gebeurtenis was. Sy ouers het in later jare in Transvaal gewoon.
Kort ná die burgers van die Vrystaat op hulle plase gaan woon het, het die volgende gebeurtenis plaasgevind.
’n Man en sy vrou—albei nog maar sowat sewen-en-twintig jaar oud—het uit die Oostelike Provinsie van die ou Kolonie na die Vrystaat toe getrek. Hulle het ’n seuntjie van drie jaar en ’n dogtertjie van ’n jaar oud gehad en gaan toe êrens in die Vrystaat woon.
Hulle het ’n Boesman gehad wat met hulle saam opgegroei het. Hy was so vertroubaar as een van die famielie. Hy was dan ook, so te sê, die regterhand van sy jong baas en het vir sy perde, melkkoeie en ander goed op die werf gesorg.
Eendag moes sy baas onverwags op besigheid na Bloemfontein toe en sou twee dae en twee nagte moet uitbly. Daar was niemand anders op die plaas nie as Oortjies (dit was die naam van die Boesman) en sy twee Basoetoe-veewagters, wat snags by hulle strooihuise, ’n goeie ent van die werf af, slaap. Daar het wel ’n publieke pad by die werf[70]verbygegaan, maar tog was daarlangs nie so ’n groot gery nie.
So het die man met sy vertrek aan Oortjies al die werkies opgedra en hom mooi vertel dat die nôi hom verder sal sê wat hy moet doen as daar iets noodsaakliks mag voorval. Daarop vertrek die man Bloemfontein-toe.
Volgens afspraak tussen man en vrou, moes Oortjies gou oor hardloop om die oudste broer van die vrou te gaan vra om vir die paar dae self oor te kom of om sy seun te stuur, daar die vrou anders onbeskermd en alleen op die plaas sou agterbly.
Oortjies het gegaan en kom ná sononder terug met ’n boodskap waaruit sy nôi kop nog stert kon maak. Die ware toedrag van die saak is: Oortjies was nooit op die plaas van die broer nie, daar hy ander planne gehad het, nl. om die geld van sy baas te roof en daarmee te vlug. Hy het al in die laaste maande nie meer so fluks gewees as sy baas en nôi van hom gewoond was nie. Daardie aand het hy ook die diere op ’nmanierversorg en het sy ander werkies halfhartig en half verrig.
Dit neem nie lank vir ’n vrou om ’n ding raak te sien nie; maar om kalm onder sulke omstandighede te bly, is glad ’n ander ding. Maar sy was van dié soort wat kalm kan bly, en daarby was sy fris gebou. Sy slaan ieder beweging van die Boesman gade, maar laat egter niks merk dat sy baie onrustig voel nie.
Sy sê toe aan hom: “Oortjies, jy moet buite alles mooi reg hou, want nou is jy op die werf baas; moenie dat daar iets verkeerd wees as die baas tuiskom nie!”[71]
Dadelik werp hy teë: “Ek is nou nie alleen baas op die werf nie, maar ook in die huis. Nôi en die kinders kan vannag in die vry kamer gaan slaap, en ek wil in my baas se veerbed gaan inkruip.”
Hierdie woorde rol soos stukkies ys agter haar rug af; dog sy laat nie die minste teken van ontsteltenis op haar gesig toe nie: sy gaan maar haar gewone gang en maak net plan. Sy gee haar kinders vroeg kos, sodat sy haar ook vroeg met hulle in die kamer kan opsluit om vry van die Boesman te wees. Sy neem die geld ongemerk uit die slaapkamer en steek dit by haar in die vry kamer weg; ook het sy die handbyl met haar in die kamer geneem.
Hy het die baas se pyp en tabak gevra en ’n lang vetkers en is daarmee na die slaapkamer gegaan, en hy trek die deur agter hom toe. Die vrou het op die daad in haar kamer gegaan; sy sien hoe lief haar twee kinders slaap, en gee ieder ’n paar hartlike soentjies. Sy trek haar nie uit nie, en laat haar kers brand; onderwyl bly sy in ’n leuningstoel sit. Haar hart klop in haar keel, en verwarde gedagtes rol oormekaar deur haar kop; maar sy neem haar vas voor om kalm te bly, om nie ’n verkeerde stap te doen nie. Sy hoor hoe Oortjies in haar slaapkamer te kere gaan om kiste en katels heen en weer te trek en te stoot. Sy het daar niks toegesluit nie, anders sou Oortjies alles flenters gebreek het. Tot die wa se voorkis, waarin die geld en ander waarde gesluit was, is oop; al die waarde is nou by haar in die kamer waar sy en haar twee kindertjies is. Die kinders word van die rumoer nie wakker nie, maar slaap lief en lekker.[72]
Die rumoer word stil, en sy kan hoor dat die Boesman hom op die katel neergooi—om te rus, om planne te maak, of om te rook. Sy kry meteens ’n gril! Sy het al die voorsorg geneem en tog het sy die geweer in die eetkamer vergeet! Maar ’n mens kan in so ’n benoude tyd tog nie oor alles dink nie. Sy stap na haar deur toe en kyk nogmaals of dit goed gesluit is; daarna ondersoek sy die venster en druk die skuifie so vas as maar kan.
Die Boesman staan toe van die bed op en kom na haar deur toe en roep op ’n soebattoon uit: “Nôi, moenie bang wees dat ek vir jou en die kinders sal vermoor nie; ek wil net die geld hê—verder sal ek jou nie pla nie.”
“Toe, Oortjies, loop slaap! Moenie by my kamerdeur kom lol nie; ek is moeg en wil ook slaap. Netnou maak jy die kinders wakker, en dan sit ek met hulle opgeskeep.” Dit sê sy om haar grote angs te verberg. Dog sy begin al hoofpyn te kry van al die ontsteltenis.
Dit lyk toe of hierdie kalm antwoord vir Oortjies laat dink het, want hy stap weer terug en gaan op die bed lê en prakseer. Maar sy wilde natuur por hom aan, en hy spring op om die vrou hierdie keer met dreigemente die skrik op die lyf te ja, en hy stamp aan haar kamerdeur en roep uit: “As nôi nie nou die deur oopmaak en die geld vir my gee nie, dan gaan ek die byl haal en kap die deur oop en vat al die geld. Ag nôi, toe gee my ’n handvol geld; die ander kan jy maar vir julle hou.”
Daar kom geen antwoord nie, en Oortjies stap na die kombuis toe om die byl te gaan haal; maar toe hy dit daar[73]nie vind nie, kry hy die roer in die eetkamer en wou met die kolf daarvan die deur oopstamp.
Toe roep die vrou uit: “Ek het die handbyl hier; en as jy durf jou kop in my kamer insteek, dan splyt ek dit middeldeur.”
Oortjies ken sy nôi en weet dat sy doen wat sy sê; dus het hy sy planne opgegee, het die roer, kruit en koeëls gevat en het daarmee die vlug geneem en is tot vandag nog weg.
Maar dit het die vrou in die toegesluite kamer nog nie geweet nie.
Dit raak toe doodstil in die huis. Dit was ’n platdak-huis met ’n laag brakgrond op die dak om die water uit te hou; dus is daar geen kans om van een kamer na die ander oor te klim nie. Die gevaar is dat hy deur die venster en deur met die geweer op hulle kan skiet. Sy maak ’n bed in die hoek van die kamer, tel haar slapende kindertjies op en lê hul daarop neer, en sy gaan naas hul op die kermisbed lê en luister en wag op wat gaan gebeur.
Die stilte duur voort. Eers kon sy nie slaap nie, maar sluimer later tog in, want die Boesman moet tog eers ’n rumoer maak eer hy kan inkom.
Die oggend toe die son uitkom en die twee Basoetoe-wagters die vee kom haal, het sy maar stilgebly, om verder gevaar af te weer. Toe hul in die veld was, het sy die huis toegesluit en met haar twee kinders na die plaas van haar oudste broer gevlug.
Maar hoe ’n vlug was dit? Sy moes ’n uur te voet die jongste kind van ’n jaar oud dra, en plek-plek die kind van drie jaar ook. Die twee onskuldige kinders het toe glad[74]nie geweet of verstaan dat dit ’n vlugtery was nie, want hul het die hele nag soet deurgeslaap; die jongste een het wel tweemaal in die nag wakker geword om melk te drink, maar het dadelik weer aan slaap geval sonder eens te weet in watter angs hulle arme moeder verkeer het.[77]