No. 87.

[Inhoud]No. 87.Die Verkeerde Volstruis.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 86).Op vrae en kruisvrae vertel ou Bles nog verder:—“My basie, glo vir my, ons Boesmans kom swaar aan ons stukkie kos. As dit reën, dan kan ons nie jag nie, want dan word die boogsnaar nat en dryf dan die pyl nie te vinnig voort nie. Dan kom nog daarby, die snaar is van senings saamgedraai; en as dit nat word, dan draai dit alte graag los. Verder, as die wind sterk waai, dan moet ons die wild baie naby bykom, anders raak ons nie, daar die wind die gang van die pyl belemmer.“Nou, so baie witmense het al vir my gevra waarom ons nie ook saai en plant nie; toe het ek geantwoord dat as hulle in ons plek sou gewees het, sou hul maar net dieselfde gedoen het. Die grootste hinderpaal by ons is dat ons nie yster het nie. Jy kan mos nie grond met stokke of horings omgrawe nie! Ons het maar hier en daar stukkies yster by ander nasies opgetel. Van die Kaffers wat ons nasie so vervolg en vermoor het, het ons asgaaie afgeneem, en daardie asgaaie het ons skerp geslyp, sodat ons dié ook vir messe om vleis mee te sny, kan gebruik. Verder het ons vir ons met klipmesse moes behelp. Dis mos ’n gesukkel[84]om ’n bok met ’n stomp klipmes af te slag en stukkend te sny—nie waar nie?“Ek het al daarby gesit dat die mense praat oor hoe fyn ons wild bekruip en hoe net ons skiet. My hart voel dan somar groots; maar stilweg sê ek: Julle weet nie watter moeite en gevare dit alles kos nie. Glo vir my, my basie, dit gebeur baiemaal dat ons wild bekruip onderwyl ’n leeu vir ons bekruip. Of dit gebeur dat ons en ’n leeu saam, sonder van mekaar te weet, een en dieselfde wildding beoog en bekruip. Ons skiet, en dan spring die leeu uit en pak die buit voor ons neus weg. Nou, dis gemaklik genoeg vir mense wat roers het, om vir ons, wat maar stomp pyle het, te sê dat ons dan maar die leeu daar by die bok moet doodskiet. Ons skiet nie altyd ’n doodskot nie. En hoe dan as die leeu lig gewond is—hoe dan met jou? Ons het darem baie planne om reg te kom. As ons sien dat ’n leeu saam met ons die bok bekruip, dan lê ons maar stil of soek onderkant sy wind te kom. As daar ’n boom daar naby is, dan probeer ons om in die boom te klim en lok dan die leeu na ons toe en skiet hom as hy onder die boom is. Maar die ongeluk is, as ons wild bekruip, dan is ons meestal net een man. Kan jy op jou pyl en jou korrelhou staat maak, dan kan jy maar probeer om hom die pyl voor die bors, of as hy dwars lê, agter sy blaaie in te drywe, om sodoende ’n doodskot te gee. Maar dan moet jy baie seker van jou saak wees voordat jy probeer om dit uit te voer. Dit hang daar ook baie van af watter soort gif jy gebruik: alle soorte gif is nie ewe sterk nie. Daar is ’n soort gif wat dadelik soos die ding geskiet word, op sy senuwee werk, sodat hy[87]nie kan wegkom nie; dan weer is daar gif wat stadiger werk en die wildding ’n kans gee om ’n entjie te hardloop eer hy neerslaan. Ons moet ook soms die regte gif ver gaan haal, dit daar op die plek klaar maak, dit in volstruiseierdoppe gooi, toeplak, en dan na ons veraf-geleë plek oorbring om dit daar in voorraad te hou.“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”“By ons Boesmans bestaan ook ’n soort ruilery. By voorbeeld, op een plek is mooi klei om potte mee te maak, by die ander plek is weer goeie gif, en by ’n ander plek is weer rooiklip (oker) om die lyf mee te smeer of om mee te skilder. Dan gebeur dit in sulke gevalle dat ’n ruilery plaasvind. Ons gee ook presente oor en weer.“Die ongedierte was in vroeër dae ’n baie groot gevaar vir ons. Dit was glad nie gewaag om ná of kort voor sonsondergang alleen in die veld rond te loop nie; want dan is dit die tyd dat leeus, tiere en wolwe uit hulle skuilplek te voorskyn kom; hulle is dan hongerig en begin rond te jag. By daardie tyd moet ons sôre dat ons tuis is en dat ons vure brand, om, as hul ons wil aanpak, klaar te wees om hul met stompe vuur van ons af te weer. Hulle is alte lief om ons spoor te vat, vernaamlik as ons wild geskiet het, of vleis na ons werf dra en van die bloeddruppels het op die grond geval sover as ons geloop het. Of hulle kan ook die vleis en bloed op ons werwe van veraf ruik. Dan kom hul snuffel.“In die oggend of gedurende die dag sal ’n leeu ’n mens nie somar pla nie, vernaamlik as die son die dag baie warm is. Maar tog, dit gebeur dat jy skielik op sy lyf afkom, dan voel hy onrustig en dink jy kom hom opsoek. In sulke[88]gevalle sal hy sy lyf klaarmaak om jou te bevlie. Hy neem ook soms in die dag sy kans waar as hy die vorige nag ’n slegte jag gemaak het.“Eenmaal het ek met ’n jong leeumannetjie noustrop getrek. Ek bekruip ’n hartbees wat in die koelte van ’n boom staan en vlieë wegja. Die jong leeumannetjie was op dieselfde besigheid uit as ek. Toe ons mekaar gewaar, was ons nog geen twintig tree van mekaar nie. Hy verander sy plan en kies my uit in plaas van die bok. Nou, die ou Boesmans het my vertel—want ek was toe maar nog ’n jong Boesman—dat as jy jou bekruipmus van jou kop afhaal, dit in jou mond vasbyt, sodat die hol kant na vorentoe staan en nes ’n groot oopgespalkte bek van iets lyk, dat ’n leeu jou dan nie somar sal bespring nie. Wel, daar was vir my geen ander raad nie—want vandag is ek dood se kind. Ek pluk gou die bekruipmus van my kop af en byt dit tussen my tande vas, knor hard, en staan op hande en voete klaar vir die leeu om hom te bevlie. Hierdie gesig moes vir hom tog te aaklig gelyk het; hy skrik, steier agtertoe, en stap omkyk-omkyk weg. Toe hy op veilige afstand was, skeur hy die wêreld vorentoe sonder om òm te kyk, en hy verdwyn spoedig oor die kliprandjie. Maar ek kan darem my basie verseker: dit vorder moed en koerasie om so voor ’n leeu reg te staan.“Ja. Nou, my basie, jy het my gevra hoe ek hierdie bles op my kop bekom het. Dit het ook deur die jag gekom, en ek sal die baas die ding mooi haarfyn vertel.“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”“Ek was toe nog ’n jong Boesman (soos hy beduie omtrent twintig jaar). Dit was ná ek die ontmoeting met die[91]jong leeu gehad het. Ek gaan die dag ook jag. Ek het vir my ’n pak klere van ’n afgeslagte volstruisvel gemaak. Ek het die affêre mooi reggekry, want dit was vir die ou volk te mooi om aan te kyk hoe natuurlik ek ’n volstruis kon namaak; en ek het net trots daarop gevoel. Wel, ek het met daardie pak klere gaan jag. In die volstruis se nekvel het ek ’n stok gesteek en stap nou net so parmantig in die veld as ’n volstruis self. Ek het ver in die veld geloop en stap toe om die punt van ’n randjie .… en toe ek my kom kry, ry twee base my op ’n kar!“Wat eintlik gebeur het, is dit: Een van daardie base het my uit die verte vir ’n regte volstruis aangesien; hy het my gaan voorlê; en toe ek onder skot was, haak hy af en ploeë my met die koeël oor die kop. Ek val bewusteloos neer; die base tel my op en bring my na hulle kar toe en ry nou vinnig om by die water te kom om my te lawe. Onder die ry het ek reggekom, en die baas het my na sy plaas toe gebring. Dit was toe nog slawetyd; maar die baas en nôi was vir my baie goed, en vernaamlik ook hulle kinders. Ek het toe somar by daardie baas en nôi gebly. Hulle het eers na Grahamstad se wêreld getrek. Daar het ek nog altyd by hulle gewoon; maar toe hul na die Vrystaat met die Groot Trek saamgegaan het, het ek gesê dat ek nooit van hulle sou weggaan nie, maar ek is tog te bang vir daardie wilde Kaffers van daardie wêreld. Ek het baie spyt gehad, en hulle ook, dat ek moes weggaan. Ek het toe my lewe in die Karoo geslyt; en nou kom ek, voor ek sterf, weer my ou wêreld beskou, en dan gaan ek weer terug na my kinders toe.”[95]

No. 87.Die Verkeerde Volstruis.

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 86).Op vrae en kruisvrae vertel ou Bles nog verder:—“My basie, glo vir my, ons Boesmans kom swaar aan ons stukkie kos. As dit reën, dan kan ons nie jag nie, want dan word die boogsnaar nat en dryf dan die pyl nie te vinnig voort nie. Dan kom nog daarby, die snaar is van senings saamgedraai; en as dit nat word, dan draai dit alte graag los. Verder, as die wind sterk waai, dan moet ons die wild baie naby bykom, anders raak ons nie, daar die wind die gang van die pyl belemmer.“Nou, so baie witmense het al vir my gevra waarom ons nie ook saai en plant nie; toe het ek geantwoord dat as hulle in ons plek sou gewees het, sou hul maar net dieselfde gedoen het. Die grootste hinderpaal by ons is dat ons nie yster het nie. Jy kan mos nie grond met stokke of horings omgrawe nie! Ons het maar hier en daar stukkies yster by ander nasies opgetel. Van die Kaffers wat ons nasie so vervolg en vermoor het, het ons asgaaie afgeneem, en daardie asgaaie het ons skerp geslyp, sodat ons dié ook vir messe om vleis mee te sny, kan gebruik. Verder het ons vir ons met klipmesse moes behelp. Dis mos ’n gesukkel[84]om ’n bok met ’n stomp klipmes af te slag en stukkend te sny—nie waar nie?“Ek het al daarby gesit dat die mense praat oor hoe fyn ons wild bekruip en hoe net ons skiet. My hart voel dan somar groots; maar stilweg sê ek: Julle weet nie watter moeite en gevare dit alles kos nie. Glo vir my, my basie, dit gebeur baiemaal dat ons wild bekruip onderwyl ’n leeu vir ons bekruip. Of dit gebeur dat ons en ’n leeu saam, sonder van mekaar te weet, een en dieselfde wildding beoog en bekruip. Ons skiet, en dan spring die leeu uit en pak die buit voor ons neus weg. Nou, dis gemaklik genoeg vir mense wat roers het, om vir ons, wat maar stomp pyle het, te sê dat ons dan maar die leeu daar by die bok moet doodskiet. Ons skiet nie altyd ’n doodskot nie. En hoe dan as die leeu lig gewond is—hoe dan met jou? Ons het darem baie planne om reg te kom. As ons sien dat ’n leeu saam met ons die bok bekruip, dan lê ons maar stil of soek onderkant sy wind te kom. As daar ’n boom daar naby is, dan probeer ons om in die boom te klim en lok dan die leeu na ons toe en skiet hom as hy onder die boom is. Maar die ongeluk is, as ons wild bekruip, dan is ons meestal net een man. Kan jy op jou pyl en jou korrelhou staat maak, dan kan jy maar probeer om hom die pyl voor die bors, of as hy dwars lê, agter sy blaaie in te drywe, om sodoende ’n doodskot te gee. Maar dan moet jy baie seker van jou saak wees voordat jy probeer om dit uit te voer. Dit hang daar ook baie van af watter soort gif jy gebruik: alle soorte gif is nie ewe sterk nie. Daar is ’n soort gif wat dadelik soos die ding geskiet word, op sy senuwee werk, sodat hy[87]nie kan wegkom nie; dan weer is daar gif wat stadiger werk en die wildding ’n kans gee om ’n entjie te hardloop eer hy neerslaan. Ons moet ook soms die regte gif ver gaan haal, dit daar op die plek klaar maak, dit in volstruiseierdoppe gooi, toeplak, en dan na ons veraf-geleë plek oorbring om dit daar in voorraad te hou.“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”“By ons Boesmans bestaan ook ’n soort ruilery. By voorbeeld, op een plek is mooi klei om potte mee te maak, by die ander plek is weer goeie gif, en by ’n ander plek is weer rooiklip (oker) om die lyf mee te smeer of om mee te skilder. Dan gebeur dit in sulke gevalle dat ’n ruilery plaasvind. Ons gee ook presente oor en weer.“Die ongedierte was in vroeër dae ’n baie groot gevaar vir ons. Dit was glad nie gewaag om ná of kort voor sonsondergang alleen in die veld rond te loop nie; want dan is dit die tyd dat leeus, tiere en wolwe uit hulle skuilplek te voorskyn kom; hulle is dan hongerig en begin rond te jag. By daardie tyd moet ons sôre dat ons tuis is en dat ons vure brand, om, as hul ons wil aanpak, klaar te wees om hul met stompe vuur van ons af te weer. Hulle is alte lief om ons spoor te vat, vernaamlik as ons wild geskiet het, of vleis na ons werf dra en van die bloeddruppels het op die grond geval sover as ons geloop het. Of hulle kan ook die vleis en bloed op ons werwe van veraf ruik. Dan kom hul snuffel.“In die oggend of gedurende die dag sal ’n leeu ’n mens nie somar pla nie, vernaamlik as die son die dag baie warm is. Maar tog, dit gebeur dat jy skielik op sy lyf afkom, dan voel hy onrustig en dink jy kom hom opsoek. In sulke[88]gevalle sal hy sy lyf klaarmaak om jou te bevlie. Hy neem ook soms in die dag sy kans waar as hy die vorige nag ’n slegte jag gemaak het.“Eenmaal het ek met ’n jong leeumannetjie noustrop getrek. Ek bekruip ’n hartbees wat in die koelte van ’n boom staan en vlieë wegja. Die jong leeumannetjie was op dieselfde besigheid uit as ek. Toe ons mekaar gewaar, was ons nog geen twintig tree van mekaar nie. Hy verander sy plan en kies my uit in plaas van die bok. Nou, die ou Boesmans het my vertel—want ek was toe maar nog ’n jong Boesman—dat as jy jou bekruipmus van jou kop afhaal, dit in jou mond vasbyt, sodat die hol kant na vorentoe staan en nes ’n groot oopgespalkte bek van iets lyk, dat ’n leeu jou dan nie somar sal bespring nie. Wel, daar was vir my geen ander raad nie—want vandag is ek dood se kind. Ek pluk gou die bekruipmus van my kop af en byt dit tussen my tande vas, knor hard, en staan op hande en voete klaar vir die leeu om hom te bevlie. Hierdie gesig moes vir hom tog te aaklig gelyk het; hy skrik, steier agtertoe, en stap omkyk-omkyk weg. Toe hy op veilige afstand was, skeur hy die wêreld vorentoe sonder om òm te kyk, en hy verdwyn spoedig oor die kliprandjie. Maar ek kan darem my basie verseker: dit vorder moed en koerasie om so voor ’n leeu reg te staan.“Ja. Nou, my basie, jy het my gevra hoe ek hierdie bles op my kop bekom het. Dit het ook deur die jag gekom, en ek sal die baas die ding mooi haarfyn vertel.“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”“Ek was toe nog ’n jong Boesman (soos hy beduie omtrent twintig jaar). Dit was ná ek die ontmoeting met die[91]jong leeu gehad het. Ek gaan die dag ook jag. Ek het vir my ’n pak klere van ’n afgeslagte volstruisvel gemaak. Ek het die affêre mooi reggekry, want dit was vir die ou volk te mooi om aan te kyk hoe natuurlik ek ’n volstruis kon namaak; en ek het net trots daarop gevoel. Wel, ek het met daardie pak klere gaan jag. In die volstruis se nekvel het ek ’n stok gesteek en stap nou net so parmantig in die veld as ’n volstruis self. Ek het ver in die veld geloop en stap toe om die punt van ’n randjie .… en toe ek my kom kry, ry twee base my op ’n kar!“Wat eintlik gebeur het, is dit: Een van daardie base het my uit die verte vir ’n regte volstruis aangesien; hy het my gaan voorlê; en toe ek onder skot was, haak hy af en ploeë my met die koeël oor die kop. Ek val bewusteloos neer; die base tel my op en bring my na hulle kar toe en ry nou vinnig om by die water te kom om my te lawe. Onder die ry het ek reggekom, en die baas het my na sy plaas toe gebring. Dit was toe nog slawetyd; maar die baas en nôi was vir my baie goed, en vernaamlik ook hulle kinders. Ek het toe somar by daardie baas en nôi gebly. Hulle het eers na Grahamstad se wêreld getrek. Daar het ek nog altyd by hulle gewoon; maar toe hul na die Vrystaat met die Groot Trek saamgegaan het, het ek gesê dat ek nooit van hulle sou weggaan nie, maar ek is tog te bang vir daardie wilde Kaffers van daardie wêreld. Ek het baie spyt gehad, en hulle ook, dat ek moes weggaan. Ek het toe my lewe in die Karoo geslyt; en nou kom ek, voor ek sterf, weer my ou wêreld beskou, en dan gaan ek weer terug na my kinders toe.”[95]

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 86).

Op vrae en kruisvrae vertel ou Bles nog verder:—“My basie, glo vir my, ons Boesmans kom swaar aan ons stukkie kos. As dit reën, dan kan ons nie jag nie, want dan word die boogsnaar nat en dryf dan die pyl nie te vinnig voort nie. Dan kom nog daarby, die snaar is van senings saamgedraai; en as dit nat word, dan draai dit alte graag los. Verder, as die wind sterk waai, dan moet ons die wild baie naby bykom, anders raak ons nie, daar die wind die gang van die pyl belemmer.

“Nou, so baie witmense het al vir my gevra waarom ons nie ook saai en plant nie; toe het ek geantwoord dat as hulle in ons plek sou gewees het, sou hul maar net dieselfde gedoen het. Die grootste hinderpaal by ons is dat ons nie yster het nie. Jy kan mos nie grond met stokke of horings omgrawe nie! Ons het maar hier en daar stukkies yster by ander nasies opgetel. Van die Kaffers wat ons nasie so vervolg en vermoor het, het ons asgaaie afgeneem, en daardie asgaaie het ons skerp geslyp, sodat ons dié ook vir messe om vleis mee te sny, kan gebruik. Verder het ons vir ons met klipmesse moes behelp. Dis mos ’n gesukkel[84]om ’n bok met ’n stomp klipmes af te slag en stukkend te sny—nie waar nie?

“Ek het al daarby gesit dat die mense praat oor hoe fyn ons wild bekruip en hoe net ons skiet. My hart voel dan somar groots; maar stilweg sê ek: Julle weet nie watter moeite en gevare dit alles kos nie. Glo vir my, my basie, dit gebeur baiemaal dat ons wild bekruip onderwyl ’n leeu vir ons bekruip. Of dit gebeur dat ons en ’n leeu saam, sonder van mekaar te weet, een en dieselfde wildding beoog en bekruip. Ons skiet, en dan spring die leeu uit en pak die buit voor ons neus weg. Nou, dis gemaklik genoeg vir mense wat roers het, om vir ons, wat maar stomp pyle het, te sê dat ons dan maar die leeu daar by die bok moet doodskiet. Ons skiet nie altyd ’n doodskot nie. En hoe dan as die leeu lig gewond is—hoe dan met jou? Ons het darem baie planne om reg te kom. As ons sien dat ’n leeu saam met ons die bok bekruip, dan lê ons maar stil of soek onderkant sy wind te kom. As daar ’n boom daar naby is, dan probeer ons om in die boom te klim en lok dan die leeu na ons toe en skiet hom as hy onder die boom is. Maar die ongeluk is, as ons wild bekruip, dan is ons meestal net een man. Kan jy op jou pyl en jou korrelhou staat maak, dan kan jy maar probeer om hom die pyl voor die bors, of as hy dwars lê, agter sy blaaie in te drywe, om sodoende ’n doodskot te gee. Maar dan moet jy baie seker van jou saak wees voordat jy probeer om dit uit te voer. Dit hang daar ook baie van af watter soort gif jy gebruik: alle soorte gif is nie ewe sterk nie. Daar is ’n soort gif wat dadelik soos die ding geskiet word, op sy senuwee werk, sodat hy[87]nie kan wegkom nie; dan weer is daar gif wat stadiger werk en die wildding ’n kans gee om ’n entjie te hardloop eer hy neerslaan. Ons moet ook soms die regte gif ver gaan haal, dit daar op die plek klaar maak, dit in volstruiseierdoppe gooi, toeplak, en dan na ons veraf-geleë plek oorbring om dit daar in voorraad te hou.

“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”

“DIE JONG LEEUMANNETJIE WAS OP DIESELFDE BESIGHEID UIT AS EK.”

“By ons Boesmans bestaan ook ’n soort ruilery. By voorbeeld, op een plek is mooi klei om potte mee te maak, by die ander plek is weer goeie gif, en by ’n ander plek is weer rooiklip (oker) om die lyf mee te smeer of om mee te skilder. Dan gebeur dit in sulke gevalle dat ’n ruilery plaasvind. Ons gee ook presente oor en weer.

“Die ongedierte was in vroeër dae ’n baie groot gevaar vir ons. Dit was glad nie gewaag om ná of kort voor sonsondergang alleen in die veld rond te loop nie; want dan is dit die tyd dat leeus, tiere en wolwe uit hulle skuilplek te voorskyn kom; hulle is dan hongerig en begin rond te jag. By daardie tyd moet ons sôre dat ons tuis is en dat ons vure brand, om, as hul ons wil aanpak, klaar te wees om hul met stompe vuur van ons af te weer. Hulle is alte lief om ons spoor te vat, vernaamlik as ons wild geskiet het, of vleis na ons werf dra en van die bloeddruppels het op die grond geval sover as ons geloop het. Of hulle kan ook die vleis en bloed op ons werwe van veraf ruik. Dan kom hul snuffel.

“In die oggend of gedurende die dag sal ’n leeu ’n mens nie somar pla nie, vernaamlik as die son die dag baie warm is. Maar tog, dit gebeur dat jy skielik op sy lyf afkom, dan voel hy onrustig en dink jy kom hom opsoek. In sulke[88]gevalle sal hy sy lyf klaarmaak om jou te bevlie. Hy neem ook soms in die dag sy kans waar as hy die vorige nag ’n slegte jag gemaak het.

“Eenmaal het ek met ’n jong leeumannetjie noustrop getrek. Ek bekruip ’n hartbees wat in die koelte van ’n boom staan en vlieë wegja. Die jong leeumannetjie was op dieselfde besigheid uit as ek. Toe ons mekaar gewaar, was ons nog geen twintig tree van mekaar nie. Hy verander sy plan en kies my uit in plaas van die bok. Nou, die ou Boesmans het my vertel—want ek was toe maar nog ’n jong Boesman—dat as jy jou bekruipmus van jou kop afhaal, dit in jou mond vasbyt, sodat die hol kant na vorentoe staan en nes ’n groot oopgespalkte bek van iets lyk, dat ’n leeu jou dan nie somar sal bespring nie. Wel, daar was vir my geen ander raad nie—want vandag is ek dood se kind. Ek pluk gou die bekruipmus van my kop af en byt dit tussen my tande vas, knor hard, en staan op hande en voete klaar vir die leeu om hom te bevlie. Hierdie gesig moes vir hom tog te aaklig gelyk het; hy skrik, steier agtertoe, en stap omkyk-omkyk weg. Toe hy op veilige afstand was, skeur hy die wêreld vorentoe sonder om òm te kyk, en hy verdwyn spoedig oor die kliprandjie. Maar ek kan darem my basie verseker: dit vorder moed en koerasie om so voor ’n leeu reg te staan.

“Ja. Nou, my basie, jy het my gevra hoe ek hierdie bles op my kop bekom het. Dit het ook deur die jag gekom, en ek sal die baas die ding mooi haarfyn vertel.

“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”

“EK STAP NOU NET SO PARMANTIG IN DIE VELD AS ’N VOLSTRUIS SELF.”

“Ek was toe nog ’n jong Boesman (soos hy beduie omtrent twintig jaar). Dit was ná ek die ontmoeting met die[91]jong leeu gehad het. Ek gaan die dag ook jag. Ek het vir my ’n pak klere van ’n afgeslagte volstruisvel gemaak. Ek het die affêre mooi reggekry, want dit was vir die ou volk te mooi om aan te kyk hoe natuurlik ek ’n volstruis kon namaak; en ek het net trots daarop gevoel. Wel, ek het met daardie pak klere gaan jag. In die volstruis se nekvel het ek ’n stok gesteek en stap nou net so parmantig in die veld as ’n volstruis self. Ek het ver in die veld geloop en stap toe om die punt van ’n randjie .… en toe ek my kom kry, ry twee base my op ’n kar!

“Wat eintlik gebeur het, is dit: Een van daardie base het my uit die verte vir ’n regte volstruis aangesien; hy het my gaan voorlê; en toe ek onder skot was, haak hy af en ploeë my met die koeël oor die kop. Ek val bewusteloos neer; die base tel my op en bring my na hulle kar toe en ry nou vinnig om by die water te kom om my te lawe. Onder die ry het ek reggekom, en die baas het my na sy plaas toe gebring. Dit was toe nog slawetyd; maar die baas en nôi was vir my baie goed, en vernaamlik ook hulle kinders. Ek het toe somar by daardie baas en nôi gebly. Hulle het eers na Grahamstad se wêreld getrek. Daar het ek nog altyd by hulle gewoon; maar toe hul na die Vrystaat met die Groot Trek saamgegaan het, het ek gesê dat ek nooit van hulle sou weggaan nie, maar ek is tog te bang vir daardie wilde Kaffers van daardie wêreld. Ek het baie spyt gehad, en hulle ook, dat ek moes weggaan. Ek het toe my lewe in die Karoo geslyt; en nou kom ek, voor ek sterf, weer my ou wêreld beskou, en dan gaan ek weer terug na my kinders toe.”[95]

Back to IndexNext