No. 88.

[Inhoud]No. 88.Staan tot die Dood toe.OPMERKINGS:—Hierdie gebeurtenis is in 1870 in Boesmanland, naby Krommaag, afgespeel. Ons was net daar toe dit voorgeval het.Dit is ons deur verskeie Boesmans wat eers wild was en later mak geword het, verseker dat dit ’n moeilike ding vir ’n wilde Boesman is om te verstaan waarom die witmense en basters mag vee aanhou en sê dat dit hulle eie is, terwyl hul aan die ander kant hulle eie reg gebruik om die Boesman se vee (die wild) te kom doodskiet of verjaag, waardeur die Boesmans moet honger ly. Later, as hul mak word, verstaan hul die saak beter; en dit word hul duidelik gemaak dat die witmense en basters met vee boer, dit oppas en versorg, terwyl die wild vir hulleself moet sorg. Maar tog, uit die oogpunt van ’n wilde Boesman gesien, lyk dit glad nie reg nie. Hulle meen dat die witman maar in sy eie land moes gebly het om daar met sy vee te boer, en nie hiernatoe moes gekom het om die Boesmans se vee, gronde en waters af te neem nie. Dus, uit weerwraak vat hul soveel van die vee van die blanke en basters as hulle in hande kan kry; wat hul nie vir onmiddellike gebruik nodig het nie, verniel hul op ’n gruwelike wyse, om môre maar weer ander te vat en dié op dieselfde wyse te behandel. En tog aan die ander kant verseker[96]Boesmans ons dat in hulle wilde staat diefstal swaar gestraf word. As uitgevind word dat iemand gesteel het, en die bestole persoon kom kla, dan, as dit die man se vrou of kind is, oorhandig hy hulle aan die klaer om hulle te straf—al was dit soms met die dood. Die man wat gesteel het, word net so behandel; maar natuurlik moet die kwaad eers deeglik bewys word. Bewyse en getuie moet daarvoor beskikbaar wees.Nou, wat reg of verkeerd is, is maar ’n opienie. Skurkery waarvoor geen wet bestaan nie, is geen misdaad nie. Die pous van Rome mag nie trou nie, maar hy mag wyn drink; die sultan van Turkye mag wel trou, maar mag nie wyn drink nie. In Rusland onder die saar se wet mag geen moordenaar opgehang word nie; maar ’n skurk word voor die voorkop gebrandmerk, of sy neus word afgesny, of sy oor verwyder. Dit is ons menslike begrip van reg. En hoe omtrent die Boesman se opvatting? En daarby kom nog: Hy is so kort van verstand. Hy verdedig sy grondgebied deur middels waaroor hy beskik. Maar dis darem baie onplesierige en wrede middels! Straf word alleen toegepas op die dommes wat so sleg is om uitgevinde te word: die slim skelms kom altyd vry.Die Boesman, aan die ander kant, as die instellings van die blanke vir hom duidelik geword het, is gewillig by die witman en baster te werk. Daar is oor en oor genoeg bewyse dat as hy weet dat sy baas hom regtig vertrou, hy sy baas ook getrou dien. Daar is ewe soveel bewyse dat hy vir bewese weldade dankbaar en erkentlik is. Hy doen[97]dit nie juis in dieselfde sin as ’n getroue hond nie, maar sal selfs uit sy pad vir sy baas gaan om hom ’n vrindskap te bewys of voordeel te laat bekom. Hy moet daartoe op ’n boerplaas opgevoed word. Die dorp is sy sedelike verderf: daar kry hy drank, en hy ken geen maat nie; daar kom hy in aanraking met lae karakters, en hy self is nie standvastig nie. Op sendingstasies was hy ’n mislukking, omdat hy vir hoër begrippe onvatbaar is. Dit het vir die beskaafde nasies van die wêreld eeue geneem om beskaaf te word; hoe kan ’n skepsel so laag as ’n Boesman in ’n paar jaar beskaaf word?Nou gaan ons weer ’n verhaal meedeel om die roekelose handelwyse van wilde Boesmans bloot te stel—dade waartoe hy hom volkome geregtig vind.In 1870 het ’n klompie basters met hulle talryke vee saam op ’n plek in die nabyheid van Hartbeesrivier in Boesmanland gaan staan. Die veld was pragtig, en water was volop; dus was die vee vet, en die mense was vrolik. Op ’n sekere dag kom die veewagters vertel dat drie wilde Boesmans met ’n klompie osse voort is. Dadelik word die perde gehaal, opgesaal, en ’n klein gewapende mag volg die spore. Hulle druk op so vinnig as hul kan; want die Boesmans was ver voor. In sulke gevalle jaag die Boesmans die gestole vee so hard as hul kan gaan, sodat hulle tyd wen om te slag en te braai. Want hulle weet dat die eienaar tesame met andere hulle tog sal agtervolg. ’n Paar beeste het op pad flou geword. In plaas van hul agter te laat staan, skiet hul hulle met gifpyle dood om te dien as voedsel vir aasvoëls, leeus, wolwe en jakkalse; maar die baas wat die beeste[98]opgepas en versorg het, aan dié gun hul dit nie. Hulle slaan en gooi die beeste wat nog kan loop, om hul op ’n stywe draf te hou.Kort ná die middag het die basters die Boesmans met die geroofde beeste ingeja. Die vee staan toe op die oop vlakte. Maar waar is die Boesmans? En is hul nog drie? Pas op nou om ’n bees te gaan keer: jy of die dier kry die gifpyl. Op die gelyk vlakte kan ’n Boesman hom net so gevaarlik wegsteek as in die skurfste randjie. Hulle is fyn en geslepe om nie die geringste aanduiding te gee van waar hulle skuilplek is nie. Maar die basters, net soos die blanke van daardie streek, weet hoe om Boesmans te jag en uit te snuffel. Dit het ook nie te lank geduur nie, of die basters weet presies waar die drie gate in die grond gegrawe is. Uit die middelste gat sien hul af en toe die loop van ’n geweer uitsteek.By dié geleenthede roep die twee symaats uit: “Wag, moenie skiet nie; laat hul maar eers nader kom, dan kan ons hul ook met die gifpyle werk!”Vir die gifpyle was die basters toe nie so bang as vir daardie roer nie; want die roer kan verder tref as wat ’n pyl kan skiet.Hierdie krygslis van die Boesmans het die basters vir ’n lang ruk van aanval teruggehou. Dog toe die Boesmans so lank versuim, weet die basters dat dit met die roer somar blinde alarm is. Hulle keer toe versigtig die beeste tussen hulle en die Boesmans in en het hulle kans geneem om tussen die klomp beeste deur op die drie gate te skiet. Hulle het[99]uitgeroep om oor te gee; maar die Boesman wou tot die dood toe veg. En so het al drie in hulle stryd geval.Die lewendige vee het die basters teruggekeer ná hul die drie Boesmans in erdvarkgate begrawe het. Dog, oor wat hul gedoen het, het hul glad nie gerus gevoel nie. Hulle het toe vir ’n ruk oor Grootrivier gevlug; maar toe hulle vroue vir hulle laat weet dat alles veilig is, het hulle teruggekom: die Boesmans het tog die eerste op hulle geskiet.[103]

No. 88.Staan tot die Dood toe.

OPMERKINGS:—Hierdie gebeurtenis is in 1870 in Boesmanland, naby Krommaag, afgespeel. Ons was net daar toe dit voorgeval het.Dit is ons deur verskeie Boesmans wat eers wild was en later mak geword het, verseker dat dit ’n moeilike ding vir ’n wilde Boesman is om te verstaan waarom die witmense en basters mag vee aanhou en sê dat dit hulle eie is, terwyl hul aan die ander kant hulle eie reg gebruik om die Boesman se vee (die wild) te kom doodskiet of verjaag, waardeur die Boesmans moet honger ly. Later, as hul mak word, verstaan hul die saak beter; en dit word hul duidelik gemaak dat die witmense en basters met vee boer, dit oppas en versorg, terwyl die wild vir hulleself moet sorg. Maar tog, uit die oogpunt van ’n wilde Boesman gesien, lyk dit glad nie reg nie. Hulle meen dat die witman maar in sy eie land moes gebly het om daar met sy vee te boer, en nie hiernatoe moes gekom het om die Boesmans se vee, gronde en waters af te neem nie. Dus, uit weerwraak vat hul soveel van die vee van die blanke en basters as hulle in hande kan kry; wat hul nie vir onmiddellike gebruik nodig het nie, verniel hul op ’n gruwelike wyse, om môre maar weer ander te vat en dié op dieselfde wyse te behandel. En tog aan die ander kant verseker[96]Boesmans ons dat in hulle wilde staat diefstal swaar gestraf word. As uitgevind word dat iemand gesteel het, en die bestole persoon kom kla, dan, as dit die man se vrou of kind is, oorhandig hy hulle aan die klaer om hulle te straf—al was dit soms met die dood. Die man wat gesteel het, word net so behandel; maar natuurlik moet die kwaad eers deeglik bewys word. Bewyse en getuie moet daarvoor beskikbaar wees.Nou, wat reg of verkeerd is, is maar ’n opienie. Skurkery waarvoor geen wet bestaan nie, is geen misdaad nie. Die pous van Rome mag nie trou nie, maar hy mag wyn drink; die sultan van Turkye mag wel trou, maar mag nie wyn drink nie. In Rusland onder die saar se wet mag geen moordenaar opgehang word nie; maar ’n skurk word voor die voorkop gebrandmerk, of sy neus word afgesny, of sy oor verwyder. Dit is ons menslike begrip van reg. En hoe omtrent die Boesman se opvatting? En daarby kom nog: Hy is so kort van verstand. Hy verdedig sy grondgebied deur middels waaroor hy beskik. Maar dis darem baie onplesierige en wrede middels! Straf word alleen toegepas op die dommes wat so sleg is om uitgevinde te word: die slim skelms kom altyd vry.Die Boesman, aan die ander kant, as die instellings van die blanke vir hom duidelik geword het, is gewillig by die witman en baster te werk. Daar is oor en oor genoeg bewyse dat as hy weet dat sy baas hom regtig vertrou, hy sy baas ook getrou dien. Daar is ewe soveel bewyse dat hy vir bewese weldade dankbaar en erkentlik is. Hy doen[97]dit nie juis in dieselfde sin as ’n getroue hond nie, maar sal selfs uit sy pad vir sy baas gaan om hom ’n vrindskap te bewys of voordeel te laat bekom. Hy moet daartoe op ’n boerplaas opgevoed word. Die dorp is sy sedelike verderf: daar kry hy drank, en hy ken geen maat nie; daar kom hy in aanraking met lae karakters, en hy self is nie standvastig nie. Op sendingstasies was hy ’n mislukking, omdat hy vir hoër begrippe onvatbaar is. Dit het vir die beskaafde nasies van die wêreld eeue geneem om beskaaf te word; hoe kan ’n skepsel so laag as ’n Boesman in ’n paar jaar beskaaf word?Nou gaan ons weer ’n verhaal meedeel om die roekelose handelwyse van wilde Boesmans bloot te stel—dade waartoe hy hom volkome geregtig vind.In 1870 het ’n klompie basters met hulle talryke vee saam op ’n plek in die nabyheid van Hartbeesrivier in Boesmanland gaan staan. Die veld was pragtig, en water was volop; dus was die vee vet, en die mense was vrolik. Op ’n sekere dag kom die veewagters vertel dat drie wilde Boesmans met ’n klompie osse voort is. Dadelik word die perde gehaal, opgesaal, en ’n klein gewapende mag volg die spore. Hulle druk op so vinnig as hul kan; want die Boesmans was ver voor. In sulke gevalle jaag die Boesmans die gestole vee so hard as hul kan gaan, sodat hulle tyd wen om te slag en te braai. Want hulle weet dat die eienaar tesame met andere hulle tog sal agtervolg. ’n Paar beeste het op pad flou geword. In plaas van hul agter te laat staan, skiet hul hulle met gifpyle dood om te dien as voedsel vir aasvoëls, leeus, wolwe en jakkalse; maar die baas wat die beeste[98]opgepas en versorg het, aan dié gun hul dit nie. Hulle slaan en gooi die beeste wat nog kan loop, om hul op ’n stywe draf te hou.Kort ná die middag het die basters die Boesmans met die geroofde beeste ingeja. Die vee staan toe op die oop vlakte. Maar waar is die Boesmans? En is hul nog drie? Pas op nou om ’n bees te gaan keer: jy of die dier kry die gifpyl. Op die gelyk vlakte kan ’n Boesman hom net so gevaarlik wegsteek as in die skurfste randjie. Hulle is fyn en geslepe om nie die geringste aanduiding te gee van waar hulle skuilplek is nie. Maar die basters, net soos die blanke van daardie streek, weet hoe om Boesmans te jag en uit te snuffel. Dit het ook nie te lank geduur nie, of die basters weet presies waar die drie gate in die grond gegrawe is. Uit die middelste gat sien hul af en toe die loop van ’n geweer uitsteek.By dié geleenthede roep die twee symaats uit: “Wag, moenie skiet nie; laat hul maar eers nader kom, dan kan ons hul ook met die gifpyle werk!”Vir die gifpyle was die basters toe nie so bang as vir daardie roer nie; want die roer kan verder tref as wat ’n pyl kan skiet.Hierdie krygslis van die Boesmans het die basters vir ’n lang ruk van aanval teruggehou. Dog toe die Boesmans so lank versuim, weet die basters dat dit met die roer somar blinde alarm is. Hulle keer toe versigtig die beeste tussen hulle en die Boesmans in en het hulle kans geneem om tussen die klomp beeste deur op die drie gate te skiet. Hulle het[99]uitgeroep om oor te gee; maar die Boesman wou tot die dood toe veg. En so het al drie in hulle stryd geval.Die lewendige vee het die basters teruggekeer ná hul die drie Boesmans in erdvarkgate begrawe het. Dog, oor wat hul gedoen het, het hul glad nie gerus gevoel nie. Hulle het toe vir ’n ruk oor Grootrivier gevlug; maar toe hulle vroue vir hulle laat weet dat alles veilig is, het hulle teruggekom: die Boesmans het tog die eerste op hulle geskiet.[103]

OPMERKINGS:—Hierdie gebeurtenis is in 1870 in Boesmanland, naby Krommaag, afgespeel. Ons was net daar toe dit voorgeval het.

Dit is ons deur verskeie Boesmans wat eers wild was en later mak geword het, verseker dat dit ’n moeilike ding vir ’n wilde Boesman is om te verstaan waarom die witmense en basters mag vee aanhou en sê dat dit hulle eie is, terwyl hul aan die ander kant hulle eie reg gebruik om die Boesman se vee (die wild) te kom doodskiet of verjaag, waardeur die Boesmans moet honger ly. Later, as hul mak word, verstaan hul die saak beter; en dit word hul duidelik gemaak dat die witmense en basters met vee boer, dit oppas en versorg, terwyl die wild vir hulleself moet sorg. Maar tog, uit die oogpunt van ’n wilde Boesman gesien, lyk dit glad nie reg nie. Hulle meen dat die witman maar in sy eie land moes gebly het om daar met sy vee te boer, en nie hiernatoe moes gekom het om die Boesmans se vee, gronde en waters af te neem nie. Dus, uit weerwraak vat hul soveel van die vee van die blanke en basters as hulle in hande kan kry; wat hul nie vir onmiddellike gebruik nodig het nie, verniel hul op ’n gruwelike wyse, om môre maar weer ander te vat en dié op dieselfde wyse te behandel. En tog aan die ander kant verseker[96]Boesmans ons dat in hulle wilde staat diefstal swaar gestraf word. As uitgevind word dat iemand gesteel het, en die bestole persoon kom kla, dan, as dit die man se vrou of kind is, oorhandig hy hulle aan die klaer om hulle te straf—al was dit soms met die dood. Die man wat gesteel het, word net so behandel; maar natuurlik moet die kwaad eers deeglik bewys word. Bewyse en getuie moet daarvoor beskikbaar wees.

Nou, wat reg of verkeerd is, is maar ’n opienie. Skurkery waarvoor geen wet bestaan nie, is geen misdaad nie. Die pous van Rome mag nie trou nie, maar hy mag wyn drink; die sultan van Turkye mag wel trou, maar mag nie wyn drink nie. In Rusland onder die saar se wet mag geen moordenaar opgehang word nie; maar ’n skurk word voor die voorkop gebrandmerk, of sy neus word afgesny, of sy oor verwyder. Dit is ons menslike begrip van reg. En hoe omtrent die Boesman se opvatting? En daarby kom nog: Hy is so kort van verstand. Hy verdedig sy grondgebied deur middels waaroor hy beskik. Maar dis darem baie onplesierige en wrede middels! Straf word alleen toegepas op die dommes wat so sleg is om uitgevinde te word: die slim skelms kom altyd vry.

Die Boesman, aan die ander kant, as die instellings van die blanke vir hom duidelik geword het, is gewillig by die witman en baster te werk. Daar is oor en oor genoeg bewyse dat as hy weet dat sy baas hom regtig vertrou, hy sy baas ook getrou dien. Daar is ewe soveel bewyse dat hy vir bewese weldade dankbaar en erkentlik is. Hy doen[97]dit nie juis in dieselfde sin as ’n getroue hond nie, maar sal selfs uit sy pad vir sy baas gaan om hom ’n vrindskap te bewys of voordeel te laat bekom. Hy moet daartoe op ’n boerplaas opgevoed word. Die dorp is sy sedelike verderf: daar kry hy drank, en hy ken geen maat nie; daar kom hy in aanraking met lae karakters, en hy self is nie standvastig nie. Op sendingstasies was hy ’n mislukking, omdat hy vir hoër begrippe onvatbaar is. Dit het vir die beskaafde nasies van die wêreld eeue geneem om beskaaf te word; hoe kan ’n skepsel so laag as ’n Boesman in ’n paar jaar beskaaf word?

Nou gaan ons weer ’n verhaal meedeel om die roekelose handelwyse van wilde Boesmans bloot te stel—dade waartoe hy hom volkome geregtig vind.

In 1870 het ’n klompie basters met hulle talryke vee saam op ’n plek in die nabyheid van Hartbeesrivier in Boesmanland gaan staan. Die veld was pragtig, en water was volop; dus was die vee vet, en die mense was vrolik. Op ’n sekere dag kom die veewagters vertel dat drie wilde Boesmans met ’n klompie osse voort is. Dadelik word die perde gehaal, opgesaal, en ’n klein gewapende mag volg die spore. Hulle druk op so vinnig as hul kan; want die Boesmans was ver voor. In sulke gevalle jaag die Boesmans die gestole vee so hard as hul kan gaan, sodat hulle tyd wen om te slag en te braai. Want hulle weet dat die eienaar tesame met andere hulle tog sal agtervolg. ’n Paar beeste het op pad flou geword. In plaas van hul agter te laat staan, skiet hul hulle met gifpyle dood om te dien as voedsel vir aasvoëls, leeus, wolwe en jakkalse; maar die baas wat die beeste[98]opgepas en versorg het, aan dié gun hul dit nie. Hulle slaan en gooi die beeste wat nog kan loop, om hul op ’n stywe draf te hou.

Kort ná die middag het die basters die Boesmans met die geroofde beeste ingeja. Die vee staan toe op die oop vlakte. Maar waar is die Boesmans? En is hul nog drie? Pas op nou om ’n bees te gaan keer: jy of die dier kry die gifpyl. Op die gelyk vlakte kan ’n Boesman hom net so gevaarlik wegsteek as in die skurfste randjie. Hulle is fyn en geslepe om nie die geringste aanduiding te gee van waar hulle skuilplek is nie. Maar die basters, net soos die blanke van daardie streek, weet hoe om Boesmans te jag en uit te snuffel. Dit het ook nie te lank geduur nie, of die basters weet presies waar die drie gate in die grond gegrawe is. Uit die middelste gat sien hul af en toe die loop van ’n geweer uitsteek.

By dié geleenthede roep die twee symaats uit: “Wag, moenie skiet nie; laat hul maar eers nader kom, dan kan ons hul ook met die gifpyle werk!”

Vir die gifpyle was die basters toe nie so bang as vir daardie roer nie; want die roer kan verder tref as wat ’n pyl kan skiet.

Hierdie krygslis van die Boesmans het die basters vir ’n lang ruk van aanval teruggehou. Dog toe die Boesmans so lank versuim, weet die basters dat dit met die roer somar blinde alarm is. Hulle keer toe versigtig die beeste tussen hulle en die Boesmans in en het hulle kans geneem om tussen die klomp beeste deur op die drie gate te skiet. Hulle het[99]uitgeroep om oor te gee; maar die Boesman wou tot die dood toe veg. En so het al drie in hulle stryd geval.

Die lewendige vee het die basters teruggekeer ná hul die drie Boesmans in erdvarkgate begrawe het. Dog, oor wat hul gedoen het, het hul glad nie gerus gevoel nie. Hulle het toe vir ’n ruk oor Grootrivier gevlug; maar toe hulle vroue vir hulle laat weet dat alles veilig is, het hulle teruggekom: die Boesmans het tog die eerste op hulle geskiet.[103]

Back to IndexNext