[Inhoud]No. 89.Vryheid—die grootste Ideaal.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ons deur mnr. J. A. R. meegedeel.In die ou dae was dit ’n vaste gebruik by die veeboere om in die winter met hulle vee van die Hoëveld na die Lae- of Bosveld van Transvaal te trek. By dié geleentheid is in die ou dae tegelykertyd ’n jag op grootwild gemaak.Die Hoëveld word in die winter baie koud; want dit lê tussen 5,000 en 6,000 voet bokant die see. Selfs van die wild en ook van die Boesmans wat die wild agtervolg, trek na die warmer streke gedurende die koue jaargety. April en Mei is gewoonlik die maande wanneer die trek begin. Met Nagmaal kom die trekboere eers kerk-toe, koop by die winkels met daardie geleentheid wat nodig vir die winterveld is, en ná afloop daarvan gaan hul hulle vee haal; en oor veertien dae is daar maar min boere op hulle somersplase te vinde.’n Geselskap het Elandsberg-af getrek en het verstrooid langs Elandspruit in daardie groot vallei met hoë berge omring, gaan staan. In daardie streke was elande, buffels, renosters, kamele en olifante, sonder om van blou-wildebeeste, koedoes, kwaggas, bos- en vlakvarke, rooibokke en seekoeie eens te praat.[104]In daardie tyd kom daar ’n buitengewoon groot reën, want die winter is in Transvaal nie die reëntyd nie. Gewoonlik gaan so ’n reën met koue weer gepaard, en die Hoëveld kry dan gewoonlik kapok.Ná die weer opgeklaar het, word twee koeie en ’n kalf van een van die trekboere vermis. Die witmense het met die jag opgelet en gesoek; maar die saak is meestal aan die Kaffers opgedra om tussen die berge en klowe te voet te gaan soek; want die Drakensberge is maar ’n ruie gebergte. Die Kaffers vind niks nie; ook het die jagters niks gewaar nie. Dit het by vorige jare ook gebeur dat vee by klompies-wyse stilletjies wegraak. Die mense maak toe hulle planne op om die oorsaak uit te vind. Maar in hierdie geval was dit onmoontlik, want die spore was doodgereën; dus wag hul op die eerste die beste geleentheid.Omtrent drie dae ná die twee koeie en die kalf weggeraak het, kom die Kaffers vertel dat hul ’n klompie buffels in die onder-ent van ’n kloof sien wei het. Die jagters stuur toe die volgende oggend vroeg ’n klomp jag-Kaffers om die buffels die smal en diep kloof op te jaag. In die kloof was wildvoetpaaie; langs die rande kon hul nie bra uit nie, want dit het steil kranse; maar bo is ’n nek waar die voetpaaie uitgaan, en daar gaan die jagters die buffels voorlê. Hulle skiet toe ’n stuk of wat daarvan dood; een buffel word swaar gewond, hy spring kortom en vlug in die kloof af. Die jagters stuur ’n Kaffer agterna om die buffel op te pas onderwyl hul nog met die ander vlugtende wild besig is.“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”Die gewonde buffel val in die kloof aan die voet van die nek dood. En toe die Kaffer by die buffel kom, vlie[107]’n Boesman se pyl kort teen sy kop verby. Hy hou dadelik sy skildvel voor (want hy was ’n Swasie), en onder pyl-geskiet stap hy skuil-skuil agteruit en vlug agter ’n groot rots in en roep uit: “Baas, pas op! Hier is Boesmans, en hulle skiet met pyle.”Een van die jagters kon ’n Boesman voor ’n groot skeur in ’n klipkrans sien staan. Die jagter vuur op die skeur, en die Boesman verdwyn daarin.Die vlugtende wild was toe al algar verby. Die Swasies wat die wild aangekeer het, is nog ver onder in die kloof en kom aan. Die jagters daal van die nekkie te voet af na die kloof waar hul die Boesman in die skeur gesien het, en skiet af en toe ’n koeël in die skeur, en die Boesmans skiet ook in die rigting van die mense, wat skuil.Oom Pieter—een van die jagters—het reeds baie ondervinding in gevegte met Boesmans opgedoen, en algar was gewillig om sy orders op te volg. Hy roep toe een van die Boesman-agterryers en sê aan hom om aan die Boesmans in die skeur uit te roep om oor te gee. Eers kom daar geen antwoord nie; later antwoord hy terug dat hy veilig daar is en vra waarom hy moet oorgee. Hy weet as hy oorgee, dan maak hul hom dood. Die mak Boesman antwoord terug dat die een in die skeur gerus kan uitkom: sy lewe is gewaarborg; want hoekom maak die mense vir hom, wat agterryer is, nie dood nie.Die Boesman in die skeur antwoord terug: “Nou, ek wil nie agterryer wees nie; ek is my eie baas en wil my eie baas sterwe.”[108]Oom Pieter vra toe aan die Kaffers, wat by hierdie tyd algar daar was, of hul die plek goed ken. Een gee antwoord dat hy vir ’n maand terug daar ’n jakkals gesien inhardloop het. Hy het toe die plek gaan beskou, en hy vertel dat die skeur voor maar nou is; maar agtertoe in is dit wyd en het nog ander sykamers. Daarop het hul die plek in die nabyheid van die grot verder goed verken om uit te vind of daar nie nog ander skeure is waaruit die Boesmans kon skiet nie. Dit het nie so gelyk nie, want die rotse aan weersye van die ingang was vaste rotse; dus het oom Pieter besluit om ’n groot rook voor die skeur te maak en om die Boesman op hierdie manier tot oorgawe te dwing. Met lang gaffels het hul droë gras en groen takke voor die ingang opgehoop; en voor dit aan brand gesteek word, word die Boesman nogmaals gevra om oor te gee; maar toe daar glad nie antwoord kom nie, gaan die vuur in die hoop voor die bek van die grot.Ná ’n hele ruk te gewag het, tot die brandstof uitgesmoor het, word weer uitgeroep om uit te kom, daar die jagters toe kinders binne-in kon hoor huil. Toe word alle middels aangewend om al was dit maar die meide met hulle kinders te red; maar een van die meide roep terug: “Ons maak net soos ons mans maak.”Die jagters kom toe tot die gevolgtrekking dat nie genoeg rook die gat binnedring nie; toe word meer brandstof aangevoer en met die gaffels brandend dieper die gat ingestoot. Die stilte duur binne-in voort—algar die Boesmans weier stilswyend om uit te kom.[109]Intussen het die Kaffers begin met die afslag van die wild. Daar het baie Swasies ’n dag ver van Komatierivier se kant gekom om met die jag te help; dus het dit nie lank geduur nie, of hulle het die vleis na ’n plek gedra vanwaar dit met sleë gehaal is om daar biltong van te maak.Met rondsoek daar om die gat, vind hul die geraamtes van die twee koeie en die kalf; wat die Boesmans nieopgeëethet nie, is deur die wilde gedierte verslind. Die lyke van die Boesmans met vroue en kinders is later in die gate ontdek, saam met vleis van die drie beeste.[113]

No. 89.Vryheid—die grootste Ideaal.
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ons deur mnr. J. A. R. meegedeel.In die ou dae was dit ’n vaste gebruik by die veeboere om in die winter met hulle vee van die Hoëveld na die Lae- of Bosveld van Transvaal te trek. By dié geleentheid is in die ou dae tegelykertyd ’n jag op grootwild gemaak.Die Hoëveld word in die winter baie koud; want dit lê tussen 5,000 en 6,000 voet bokant die see. Selfs van die wild en ook van die Boesmans wat die wild agtervolg, trek na die warmer streke gedurende die koue jaargety. April en Mei is gewoonlik die maande wanneer die trek begin. Met Nagmaal kom die trekboere eers kerk-toe, koop by die winkels met daardie geleentheid wat nodig vir die winterveld is, en ná afloop daarvan gaan hul hulle vee haal; en oor veertien dae is daar maar min boere op hulle somersplase te vinde.’n Geselskap het Elandsberg-af getrek en het verstrooid langs Elandspruit in daardie groot vallei met hoë berge omring, gaan staan. In daardie streke was elande, buffels, renosters, kamele en olifante, sonder om van blou-wildebeeste, koedoes, kwaggas, bos- en vlakvarke, rooibokke en seekoeie eens te praat.[104]In daardie tyd kom daar ’n buitengewoon groot reën, want die winter is in Transvaal nie die reëntyd nie. Gewoonlik gaan so ’n reën met koue weer gepaard, en die Hoëveld kry dan gewoonlik kapok.Ná die weer opgeklaar het, word twee koeie en ’n kalf van een van die trekboere vermis. Die witmense het met die jag opgelet en gesoek; maar die saak is meestal aan die Kaffers opgedra om tussen die berge en klowe te voet te gaan soek; want die Drakensberge is maar ’n ruie gebergte. Die Kaffers vind niks nie; ook het die jagters niks gewaar nie. Dit het by vorige jare ook gebeur dat vee by klompies-wyse stilletjies wegraak. Die mense maak toe hulle planne op om die oorsaak uit te vind. Maar in hierdie geval was dit onmoontlik, want die spore was doodgereën; dus wag hul op die eerste die beste geleentheid.Omtrent drie dae ná die twee koeie en die kalf weggeraak het, kom die Kaffers vertel dat hul ’n klompie buffels in die onder-ent van ’n kloof sien wei het. Die jagters stuur toe die volgende oggend vroeg ’n klomp jag-Kaffers om die buffels die smal en diep kloof op te jaag. In die kloof was wildvoetpaaie; langs die rande kon hul nie bra uit nie, want dit het steil kranse; maar bo is ’n nek waar die voetpaaie uitgaan, en daar gaan die jagters die buffels voorlê. Hulle skiet toe ’n stuk of wat daarvan dood; een buffel word swaar gewond, hy spring kortom en vlug in die kloof af. Die jagters stuur ’n Kaffer agterna om die buffel op te pas onderwyl hul nog met die ander vlugtende wild besig is.“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”Die gewonde buffel val in die kloof aan die voet van die nek dood. En toe die Kaffer by die buffel kom, vlie[107]’n Boesman se pyl kort teen sy kop verby. Hy hou dadelik sy skildvel voor (want hy was ’n Swasie), en onder pyl-geskiet stap hy skuil-skuil agteruit en vlug agter ’n groot rots in en roep uit: “Baas, pas op! Hier is Boesmans, en hulle skiet met pyle.”Een van die jagters kon ’n Boesman voor ’n groot skeur in ’n klipkrans sien staan. Die jagter vuur op die skeur, en die Boesman verdwyn daarin.Die vlugtende wild was toe al algar verby. Die Swasies wat die wild aangekeer het, is nog ver onder in die kloof en kom aan. Die jagters daal van die nekkie te voet af na die kloof waar hul die Boesman in die skeur gesien het, en skiet af en toe ’n koeël in die skeur, en die Boesmans skiet ook in die rigting van die mense, wat skuil.Oom Pieter—een van die jagters—het reeds baie ondervinding in gevegte met Boesmans opgedoen, en algar was gewillig om sy orders op te volg. Hy roep toe een van die Boesman-agterryers en sê aan hom om aan die Boesmans in die skeur uit te roep om oor te gee. Eers kom daar geen antwoord nie; later antwoord hy terug dat hy veilig daar is en vra waarom hy moet oorgee. Hy weet as hy oorgee, dan maak hul hom dood. Die mak Boesman antwoord terug dat die een in die skeur gerus kan uitkom: sy lewe is gewaarborg; want hoekom maak die mense vir hom, wat agterryer is, nie dood nie.Die Boesman in die skeur antwoord terug: “Nou, ek wil nie agterryer wees nie; ek is my eie baas en wil my eie baas sterwe.”[108]Oom Pieter vra toe aan die Kaffers, wat by hierdie tyd algar daar was, of hul die plek goed ken. Een gee antwoord dat hy vir ’n maand terug daar ’n jakkals gesien inhardloop het. Hy het toe die plek gaan beskou, en hy vertel dat die skeur voor maar nou is; maar agtertoe in is dit wyd en het nog ander sykamers. Daarop het hul die plek in die nabyheid van die grot verder goed verken om uit te vind of daar nie nog ander skeure is waaruit die Boesmans kon skiet nie. Dit het nie so gelyk nie, want die rotse aan weersye van die ingang was vaste rotse; dus het oom Pieter besluit om ’n groot rook voor die skeur te maak en om die Boesman op hierdie manier tot oorgawe te dwing. Met lang gaffels het hul droë gras en groen takke voor die ingang opgehoop; en voor dit aan brand gesteek word, word die Boesman nogmaals gevra om oor te gee; maar toe daar glad nie antwoord kom nie, gaan die vuur in die hoop voor die bek van die grot.Ná ’n hele ruk te gewag het, tot die brandstof uitgesmoor het, word weer uitgeroep om uit te kom, daar die jagters toe kinders binne-in kon hoor huil. Toe word alle middels aangewend om al was dit maar die meide met hulle kinders te red; maar een van die meide roep terug: “Ons maak net soos ons mans maak.”Die jagters kom toe tot die gevolgtrekking dat nie genoeg rook die gat binnedring nie; toe word meer brandstof aangevoer en met die gaffels brandend dieper die gat ingestoot. Die stilte duur binne-in voort—algar die Boesmans weier stilswyend om uit te kom.[109]Intussen het die Kaffers begin met die afslag van die wild. Daar het baie Swasies ’n dag ver van Komatierivier se kant gekom om met die jag te help; dus het dit nie lank geduur nie, of hulle het die vleis na ’n plek gedra vanwaar dit met sleë gehaal is om daar biltong van te maak.Met rondsoek daar om die gat, vind hul die geraamtes van die twee koeie en die kalf; wat die Boesmans nieopgeëethet nie, is deur die wilde gedierte verslind. Die lyke van die Boesmans met vroue en kinders is later in die gate ontdek, saam met vleis van die drie beeste.[113]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ons deur mnr. J. A. R. meegedeel.
In die ou dae was dit ’n vaste gebruik by die veeboere om in die winter met hulle vee van die Hoëveld na die Lae- of Bosveld van Transvaal te trek. By dié geleentheid is in die ou dae tegelykertyd ’n jag op grootwild gemaak.
Die Hoëveld word in die winter baie koud; want dit lê tussen 5,000 en 6,000 voet bokant die see. Selfs van die wild en ook van die Boesmans wat die wild agtervolg, trek na die warmer streke gedurende die koue jaargety. April en Mei is gewoonlik die maande wanneer die trek begin. Met Nagmaal kom die trekboere eers kerk-toe, koop by die winkels met daardie geleentheid wat nodig vir die winterveld is, en ná afloop daarvan gaan hul hulle vee haal; en oor veertien dae is daar maar min boere op hulle somersplase te vinde.
’n Geselskap het Elandsberg-af getrek en het verstrooid langs Elandspruit in daardie groot vallei met hoë berge omring, gaan staan. In daardie streke was elande, buffels, renosters, kamele en olifante, sonder om van blou-wildebeeste, koedoes, kwaggas, bos- en vlakvarke, rooibokke en seekoeie eens te praat.[104]
In daardie tyd kom daar ’n buitengewoon groot reën, want die winter is in Transvaal nie die reëntyd nie. Gewoonlik gaan so ’n reën met koue weer gepaard, en die Hoëveld kry dan gewoonlik kapok.
Ná die weer opgeklaar het, word twee koeie en ’n kalf van een van die trekboere vermis. Die witmense het met die jag opgelet en gesoek; maar die saak is meestal aan die Kaffers opgedra om tussen die berge en klowe te voet te gaan soek; want die Drakensberge is maar ’n ruie gebergte. Die Kaffers vind niks nie; ook het die jagters niks gewaar nie. Dit het by vorige jare ook gebeur dat vee by klompies-wyse stilletjies wegraak. Die mense maak toe hulle planne op om die oorsaak uit te vind. Maar in hierdie geval was dit onmoontlik, want die spore was doodgereën; dus wag hul op die eerste die beste geleentheid.
Omtrent drie dae ná die twee koeie en die kalf weggeraak het, kom die Kaffers vertel dat hul ’n klompie buffels in die onder-ent van ’n kloof sien wei het. Die jagters stuur toe die volgende oggend vroeg ’n klomp jag-Kaffers om die buffels die smal en diep kloof op te jaag. In die kloof was wildvoetpaaie; langs die rande kon hul nie bra uit nie, want dit het steil kranse; maar bo is ’n nek waar die voetpaaie uitgaan, en daar gaan die jagters die buffels voorlê. Hulle skiet toe ’n stuk of wat daarvan dood; een buffel word swaar gewond, hy spring kortom en vlug in die kloof af. Die jagters stuur ’n Kaffer agterna om die buffel op te pas onderwyl hul nog met die ander vlugtende wild besig is.
“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”
“DIE SWASIE HOU DADELIK SY SKILDVEL VOOR.”
Die gewonde buffel val in die kloof aan die voet van die nek dood. En toe die Kaffer by die buffel kom, vlie[107]’n Boesman se pyl kort teen sy kop verby. Hy hou dadelik sy skildvel voor (want hy was ’n Swasie), en onder pyl-geskiet stap hy skuil-skuil agteruit en vlug agter ’n groot rots in en roep uit: “Baas, pas op! Hier is Boesmans, en hulle skiet met pyle.”
Een van die jagters kon ’n Boesman voor ’n groot skeur in ’n klipkrans sien staan. Die jagter vuur op die skeur, en die Boesman verdwyn daarin.
Die vlugtende wild was toe al algar verby. Die Swasies wat die wild aangekeer het, is nog ver onder in die kloof en kom aan. Die jagters daal van die nekkie te voet af na die kloof waar hul die Boesman in die skeur gesien het, en skiet af en toe ’n koeël in die skeur, en die Boesmans skiet ook in die rigting van die mense, wat skuil.
Oom Pieter—een van die jagters—het reeds baie ondervinding in gevegte met Boesmans opgedoen, en algar was gewillig om sy orders op te volg. Hy roep toe een van die Boesman-agterryers en sê aan hom om aan die Boesmans in die skeur uit te roep om oor te gee. Eers kom daar geen antwoord nie; later antwoord hy terug dat hy veilig daar is en vra waarom hy moet oorgee. Hy weet as hy oorgee, dan maak hul hom dood. Die mak Boesman antwoord terug dat die een in die skeur gerus kan uitkom: sy lewe is gewaarborg; want hoekom maak die mense vir hom, wat agterryer is, nie dood nie.
Die Boesman in die skeur antwoord terug: “Nou, ek wil nie agterryer wees nie; ek is my eie baas en wil my eie baas sterwe.”[108]
Oom Pieter vra toe aan die Kaffers, wat by hierdie tyd algar daar was, of hul die plek goed ken. Een gee antwoord dat hy vir ’n maand terug daar ’n jakkals gesien inhardloop het. Hy het toe die plek gaan beskou, en hy vertel dat die skeur voor maar nou is; maar agtertoe in is dit wyd en het nog ander sykamers. Daarop het hul die plek in die nabyheid van die grot verder goed verken om uit te vind of daar nie nog ander skeure is waaruit die Boesmans kon skiet nie. Dit het nie so gelyk nie, want die rotse aan weersye van die ingang was vaste rotse; dus het oom Pieter besluit om ’n groot rook voor die skeur te maak en om die Boesman op hierdie manier tot oorgawe te dwing. Met lang gaffels het hul droë gras en groen takke voor die ingang opgehoop; en voor dit aan brand gesteek word, word die Boesman nogmaals gevra om oor te gee; maar toe daar glad nie antwoord kom nie, gaan die vuur in die hoop voor die bek van die grot.
Ná ’n hele ruk te gewag het, tot die brandstof uitgesmoor het, word weer uitgeroep om uit te kom, daar die jagters toe kinders binne-in kon hoor huil. Toe word alle middels aangewend om al was dit maar die meide met hulle kinders te red; maar een van die meide roep terug: “Ons maak net soos ons mans maak.”
Die jagters kom toe tot die gevolgtrekking dat nie genoeg rook die gat binnedring nie; toe word meer brandstof aangevoer en met die gaffels brandend dieper die gat ingestoot. Die stilte duur binne-in voort—algar die Boesmans weier stilswyend om uit te kom.[109]
Intussen het die Kaffers begin met die afslag van die wild. Daar het baie Swasies ’n dag ver van Komatierivier se kant gekom om met die jag te help; dus het dit nie lank geduur nie, of hulle het die vleis na ’n plek gedra vanwaar dit met sleë gehaal is om daar biltong van te maak.
Met rondsoek daar om die gat, vind hul die geraamtes van die twee koeie en die kalf; wat die Boesmans nieopgeëethet nie, is deur die wilde gedierte verslind. Die lyke van die Boesmans met vroue en kinders is later in die gate ontdek, saam met vleis van die drie beeste.[113]