[Inhoud]No. 90.No. 90.Liewers Sterwe as Oorgee.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons deur mnr. Heink Vissagie, Zooverbij, Calvinia, en ander in 1882 vertel.Die Boesman, as kind van die natuur, wil volkome vry wees. God het hom vryheid gegee, en vry wil hy sterwe. In die strewe om vry te wees, moet hy vir self bestaan hard veg. Van gerief en gemak weet hy min af. Slaan maar ag op hoe hy gehuisves is; en dan moet ons erken dat die meeste voëls ’n beter begrip van gerieflike huisvesting besit as ’n Boesman—wat tog ’n baie hoër wese is as ’n voël. Die voëltjies bou mooi nessies en veer dit sag uit om warmte aan hulle kroos te besorg. Maar dan weer, nes die voëls, slaap die Boesmans net waar hul ’n skuiling kan vind; en die voëls ook het gedurende die winter geen nessies nie.Maar wag, die Boesman maak tog ’n soort van skuiling—dog baie ongerieflik, aangesien hy ’n mens is. In warm[114]en mooi weer, as die Boesman op jag is, slaap hy agter ’n bos of klip en het die sterrehemel vir ’n kombers. Maar as hy woon, dan verkies hy ’n spelonk of grot bo alles. Hy is dan tevrede om voor die wye opening bosse en takke te plaas, in plaas van om ’n stewige muur van grond of klip te bou. Van boukuns weet hy absoluut niks af nie. Sy geliefkoosde huis, egter, is ’n skuiling van matjies gemaak. Die matjies maak hy van matjiesgoed en vervoer dié orals met hom mee as hy op trek is. Teen sononder breek hy takke, plant dié in die grond, sprei die matjies daaroor, en maak dit op ’n manier vas. So ’n hut is glad nie bestand teen swaar reëns nie; dit lek dan soos ’n gieter.Kan hy geen takke kry om in die grond te plant nie, dan grawe hy ’n gat in die grond net so groot dat hy daarin opgerol kan lê. Hy neem los klippe of klein bossies en maak om die gat ’n skermpie. Op ’n manier span hy die matjies oor die skermpie en kruip daaronder in as herberg vir die nag. So maak elk afsonderlik. Dog as hul spelonke kies om in te woon, dan slaap almal daarin saam.’n Boesman mag ’n klein klipgat vir tydelike verblyf kies, maar nooit vir ’n vaste woning nie. Van dié soort vind ons baie in die veld. In sommige tref ons ook van hulle skilderinge aan. Die grootste nut, egter, van sulke klein gate is om in tyd van gevaar in te vlug, waaruit hul dan met die gifpyle kan skiet. So het baie van sulke soort klipgate ’n wonderlike geskiedenis aan hulle verbonde.Ons persoonlik was gevra om die plaas Zooverbij aan die Hantamrivier op te meet. Met die steek van ’n pylvlag[115]op ’n seker koppie, deel die eienaar ons mee dat die naam van die koppie Bamboeskop is; en voor hy ons die besonderhede gee waarom die naam so gekies is, wys hy ’n klein klipgrot aan aan die sy van die koppie en vervolg:—“In vroeër tyd het hier in hierdie buurte ’n ou Boesman met die naam van Bamboes rondgedwaal; hy was ’n beroemde veedief en ’n nog beroemder boogskut. Hy was een van die soort wat so moeilik was om in hande te kry as ’n dassie in ’n skurwe klipkrans. Die poliesie het al jagte op hom gemaak, maar kon hom maar nooit in die hande kry nie. Die base van die gestole vee het alle middels aangewend om sy verblyf uit te vind, maar alles verniet: hy weet sy spore te vernietig; en dan, vandag is hy hier en môre is hy daar.”Hier onderbreek ’n ander man wat daarby staan, die gesprek, en hy sê:—“Wag, neef Heink, behou jou rede; laat ek eers vertel wat ou Bamboes êrens in ons buurte gewaag het, en dan kan jy maar klaar end uit vertel.“My ou oom het eendag net van ’n ver rit met sy flukse bont ryperd tuisgekom. Hy het die perd gelos om veld-toe te gaan. Hy het toe ’n ander ryperd geneem om sy vee in die buiteveld te gaan beskou. Daar ver in die veld, toe hy om die punt van ’n randjie kom, sien hy ’n Boesman met sy bont ryperd ja of die dood agter hom is. Hy merk onraad en gee sy perd die teuels en agtervolg die Boesman. Gelukkig, die bont perd was nog baie moeg; anders sou die Boesman daarmee skoon van my oom weggeja het. My oom wen, maar nie so vinnig as hy verlang het nie. Dit sou nog[116]langer geduur het om die Boesman in te haal, maar gelukkig trap die perd in ’n erdvarkgat, slaan neer, en die Boesman val dat die stof so trek. Die eerste wat die Boesman doen toe hy van die grond opspring, was om na sy pyle en boog te gryp, en hy gaan agter die perd reg staan en loer skrams voor die perd se bors verby wat my ou oom nou wil maak.“My ou oom kon op sy skot reken; maar nie noudat hy so bewe van boosheid en ontsteltenis nie; hy het dus nie gewaag om ’n skrams skot op die Boesman te vuur nie. So na wou hy ook nie ry om onder pylskot te kom nie. Dus staan hy op veilige afstand die Boesman aan te kyk, en die Boesman loer voor die bors van die perd verby om te kyk wat die oubaas wil maak. My ou oom se omry sal niks help nie, want die Boesman draai die perd altyd voor hom. Dié plan het die Boesman gekry om die agtermiddag mee om te maak. Geen hulp daag op nie. My ou oom begin toe voor en agter die perd stofskote in die grond te skiet om te kyk of die perd nie wil skrik en weghardloop nie; maar die vergalgste Boesman klou nes ’n bloedsuier aan die perd vas. Wat eindelik daar by die perd gebeur het, weet my oom nie. Of die perd die Boesman gekap of getrap het, kan hy nie sê nie; want die perd was ’n bietjie wys. Die perd kom los en spring weg. My ou oom was klaar om die Boesman met die koeël te pleister; dog die skelm het soos rook verdwyn—vermoedelik in die erdvarkgat gekruip waarin die perd getrap het. Toe die bont perd buite pylskot draf, het my ou oom hom gevang en met hom staanplek-toe geja.[117]“Maar watter soort jaery was dit tent-toe? Want my ou oom moes gedurig omkyk of die Boesman hom nie agtervolg nie. Maar gelukkig het hy die staanplek veilig bereik. By ondersoek na die skelm blyk dit dat dit niemand anders was nie as ou Bamboes wat weer na daardie buurte getrek het om daar kwaad te doen. Hy sou seker die bont perd, toe hy weghol, doodgeskiet het, was dit nie dat die perd te ver was toe Bamboes veilig in die gat was nie.”Hierop vervolg oom Heink weer sy verhaal omtrent Bamboeskop en vertel:—“Daar kom ’n dag wanneer die fynste skelm betrap word. Bamboes was weer met sy skaapstelery besig, en daar word hy betrap. Die mense spoor hom op en vind uit dat hy posiesie in ’n klipgat in ’n koppie gevat het. Hulle kon sien uit watter gat die pyle geskiet word; want teen die sonlig kan ’n mens ’n pyl sien blink en trek.“Hy is oor en oor gesoebat geword om maar oor te gee; maar alles tevergeefs. Hy reken op sy krygsmanskap: hoeveel maal was hy nie in net so ’n gevaar nie, en toe kon hul aan hom niks doen nie; en sou hul nou iets aan hom kan doen? Nee, hy sal sy man tot die bitterste end toe staan. As geoefende krygsman verstaan hy die kuns om sy geskut nie in die wind weg te skiet nie. As hy afhaak, is dit ’n baie skrams skot; want die burgers wat hom in die gat vaskeer, het baie fyn krygslis gebruik om hom daartoe te kry om sy pyle weg te skiet. En dan, hulle roers skiet verder as ’n pyl kan raak.“Wel, ’n heftige bombardement word op die klipgat gerig. Onder dit alles kry Bamboes nog kanse om te skiet.[118]Hy het hom soos ’n leeu verdedig. Maar naderhand raak dit stil, en die burgers vermoed dat Bamboes nou ’n doodskot gekry het. Versigtig stap hul nader, agter beskerming van seker toestelle. Hulle vermoeding was maar te gegrond—Bamboes is ’n lyk.“En toe hul sy lyk ondersoek, blyk dit dat hy ’n koeël voor die kop gekry het. Die velle van sy voorvinger en duim was deur die boogsnaar glad weggeskeur. En toe het hy die boog met sy voete vasgeskop en die pyl met sy tande afgetrek. En dit het ook sy voortande uitgepluk.“Hy lê so dood sonder ’n pyl om verder mee te skiet!”[121]

No. 90.No. 90.Liewers Sterwe as Oorgee.
No. 90.
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons deur mnr. Heink Vissagie, Zooverbij, Calvinia, en ander in 1882 vertel.Die Boesman, as kind van die natuur, wil volkome vry wees. God het hom vryheid gegee, en vry wil hy sterwe. In die strewe om vry te wees, moet hy vir self bestaan hard veg. Van gerief en gemak weet hy min af. Slaan maar ag op hoe hy gehuisves is; en dan moet ons erken dat die meeste voëls ’n beter begrip van gerieflike huisvesting besit as ’n Boesman—wat tog ’n baie hoër wese is as ’n voël. Die voëltjies bou mooi nessies en veer dit sag uit om warmte aan hulle kroos te besorg. Maar dan weer, nes die voëls, slaap die Boesmans net waar hul ’n skuiling kan vind; en die voëls ook het gedurende die winter geen nessies nie.Maar wag, die Boesman maak tog ’n soort van skuiling—dog baie ongerieflik, aangesien hy ’n mens is. In warm[114]en mooi weer, as die Boesman op jag is, slaap hy agter ’n bos of klip en het die sterrehemel vir ’n kombers. Maar as hy woon, dan verkies hy ’n spelonk of grot bo alles. Hy is dan tevrede om voor die wye opening bosse en takke te plaas, in plaas van om ’n stewige muur van grond of klip te bou. Van boukuns weet hy absoluut niks af nie. Sy geliefkoosde huis, egter, is ’n skuiling van matjies gemaak. Die matjies maak hy van matjiesgoed en vervoer dié orals met hom mee as hy op trek is. Teen sononder breek hy takke, plant dié in die grond, sprei die matjies daaroor, en maak dit op ’n manier vas. So ’n hut is glad nie bestand teen swaar reëns nie; dit lek dan soos ’n gieter.Kan hy geen takke kry om in die grond te plant nie, dan grawe hy ’n gat in die grond net so groot dat hy daarin opgerol kan lê. Hy neem los klippe of klein bossies en maak om die gat ’n skermpie. Op ’n manier span hy die matjies oor die skermpie en kruip daaronder in as herberg vir die nag. So maak elk afsonderlik. Dog as hul spelonke kies om in te woon, dan slaap almal daarin saam.’n Boesman mag ’n klein klipgat vir tydelike verblyf kies, maar nooit vir ’n vaste woning nie. Van dié soort vind ons baie in die veld. In sommige tref ons ook van hulle skilderinge aan. Die grootste nut, egter, van sulke klein gate is om in tyd van gevaar in te vlug, waaruit hul dan met die gifpyle kan skiet. So het baie van sulke soort klipgate ’n wonderlike geskiedenis aan hulle verbonde.Ons persoonlik was gevra om die plaas Zooverbij aan die Hantamrivier op te meet. Met die steek van ’n pylvlag[115]op ’n seker koppie, deel die eienaar ons mee dat die naam van die koppie Bamboeskop is; en voor hy ons die besonderhede gee waarom die naam so gekies is, wys hy ’n klein klipgrot aan aan die sy van die koppie en vervolg:—“In vroeër tyd het hier in hierdie buurte ’n ou Boesman met die naam van Bamboes rondgedwaal; hy was ’n beroemde veedief en ’n nog beroemder boogskut. Hy was een van die soort wat so moeilik was om in hande te kry as ’n dassie in ’n skurwe klipkrans. Die poliesie het al jagte op hom gemaak, maar kon hom maar nooit in die hande kry nie. Die base van die gestole vee het alle middels aangewend om sy verblyf uit te vind, maar alles verniet: hy weet sy spore te vernietig; en dan, vandag is hy hier en môre is hy daar.”Hier onderbreek ’n ander man wat daarby staan, die gesprek, en hy sê:—“Wag, neef Heink, behou jou rede; laat ek eers vertel wat ou Bamboes êrens in ons buurte gewaag het, en dan kan jy maar klaar end uit vertel.“My ou oom het eendag net van ’n ver rit met sy flukse bont ryperd tuisgekom. Hy het die perd gelos om veld-toe te gaan. Hy het toe ’n ander ryperd geneem om sy vee in die buiteveld te gaan beskou. Daar ver in die veld, toe hy om die punt van ’n randjie kom, sien hy ’n Boesman met sy bont ryperd ja of die dood agter hom is. Hy merk onraad en gee sy perd die teuels en agtervolg die Boesman. Gelukkig, die bont perd was nog baie moeg; anders sou die Boesman daarmee skoon van my oom weggeja het. My oom wen, maar nie so vinnig as hy verlang het nie. Dit sou nog[116]langer geduur het om die Boesman in te haal, maar gelukkig trap die perd in ’n erdvarkgat, slaan neer, en die Boesman val dat die stof so trek. Die eerste wat die Boesman doen toe hy van die grond opspring, was om na sy pyle en boog te gryp, en hy gaan agter die perd reg staan en loer skrams voor die perd se bors verby wat my ou oom nou wil maak.“My ou oom kon op sy skot reken; maar nie noudat hy so bewe van boosheid en ontsteltenis nie; hy het dus nie gewaag om ’n skrams skot op die Boesman te vuur nie. So na wou hy ook nie ry om onder pylskot te kom nie. Dus staan hy op veilige afstand die Boesman aan te kyk, en die Boesman loer voor die bors van die perd verby om te kyk wat die oubaas wil maak. My ou oom se omry sal niks help nie, want die Boesman draai die perd altyd voor hom. Dié plan het die Boesman gekry om die agtermiddag mee om te maak. Geen hulp daag op nie. My ou oom begin toe voor en agter die perd stofskote in die grond te skiet om te kyk of die perd nie wil skrik en weghardloop nie; maar die vergalgste Boesman klou nes ’n bloedsuier aan die perd vas. Wat eindelik daar by die perd gebeur het, weet my oom nie. Of die perd die Boesman gekap of getrap het, kan hy nie sê nie; want die perd was ’n bietjie wys. Die perd kom los en spring weg. My ou oom was klaar om die Boesman met die koeël te pleister; dog die skelm het soos rook verdwyn—vermoedelik in die erdvarkgat gekruip waarin die perd getrap het. Toe die bont perd buite pylskot draf, het my ou oom hom gevang en met hom staanplek-toe geja.[117]“Maar watter soort jaery was dit tent-toe? Want my ou oom moes gedurig omkyk of die Boesman hom nie agtervolg nie. Maar gelukkig het hy die staanplek veilig bereik. By ondersoek na die skelm blyk dit dat dit niemand anders was nie as ou Bamboes wat weer na daardie buurte getrek het om daar kwaad te doen. Hy sou seker die bont perd, toe hy weghol, doodgeskiet het, was dit nie dat die perd te ver was toe Bamboes veilig in die gat was nie.”Hierop vervolg oom Heink weer sy verhaal omtrent Bamboeskop en vertel:—“Daar kom ’n dag wanneer die fynste skelm betrap word. Bamboes was weer met sy skaapstelery besig, en daar word hy betrap. Die mense spoor hom op en vind uit dat hy posiesie in ’n klipgat in ’n koppie gevat het. Hulle kon sien uit watter gat die pyle geskiet word; want teen die sonlig kan ’n mens ’n pyl sien blink en trek.“Hy is oor en oor gesoebat geword om maar oor te gee; maar alles tevergeefs. Hy reken op sy krygsmanskap: hoeveel maal was hy nie in net so ’n gevaar nie, en toe kon hul aan hom niks doen nie; en sou hul nou iets aan hom kan doen? Nee, hy sal sy man tot die bitterste end toe staan. As geoefende krygsman verstaan hy die kuns om sy geskut nie in die wind weg te skiet nie. As hy afhaak, is dit ’n baie skrams skot; want die burgers wat hom in die gat vaskeer, het baie fyn krygslis gebruik om hom daartoe te kry om sy pyle weg te skiet. En dan, hulle roers skiet verder as ’n pyl kan raak.“Wel, ’n heftige bombardement word op die klipgat gerig. Onder dit alles kry Bamboes nog kanse om te skiet.[118]Hy het hom soos ’n leeu verdedig. Maar naderhand raak dit stil, en die burgers vermoed dat Bamboes nou ’n doodskot gekry het. Versigtig stap hul nader, agter beskerming van seker toestelle. Hulle vermoeding was maar te gegrond—Bamboes is ’n lyk.“En toe hul sy lyk ondersoek, blyk dit dat hy ’n koeël voor die kop gekry het. Die velle van sy voorvinger en duim was deur die boogsnaar glad weggeskeur. En toe het hy die boog met sy voete vasgeskop en die pyl met sy tande afgetrek. En dit het ook sy voortande uitgepluk.“Hy lê so dood sonder ’n pyl om verder mee te skiet!”[121]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is aan ons deur mnr. Heink Vissagie, Zooverbij, Calvinia, en ander in 1882 vertel.
Die Boesman, as kind van die natuur, wil volkome vry wees. God het hom vryheid gegee, en vry wil hy sterwe. In die strewe om vry te wees, moet hy vir self bestaan hard veg. Van gerief en gemak weet hy min af. Slaan maar ag op hoe hy gehuisves is; en dan moet ons erken dat die meeste voëls ’n beter begrip van gerieflike huisvesting besit as ’n Boesman—wat tog ’n baie hoër wese is as ’n voël. Die voëltjies bou mooi nessies en veer dit sag uit om warmte aan hulle kroos te besorg. Maar dan weer, nes die voëls, slaap die Boesmans net waar hul ’n skuiling kan vind; en die voëls ook het gedurende die winter geen nessies nie.
Maar wag, die Boesman maak tog ’n soort van skuiling—dog baie ongerieflik, aangesien hy ’n mens is. In warm[114]en mooi weer, as die Boesman op jag is, slaap hy agter ’n bos of klip en het die sterrehemel vir ’n kombers. Maar as hy woon, dan verkies hy ’n spelonk of grot bo alles. Hy is dan tevrede om voor die wye opening bosse en takke te plaas, in plaas van om ’n stewige muur van grond of klip te bou. Van boukuns weet hy absoluut niks af nie. Sy geliefkoosde huis, egter, is ’n skuiling van matjies gemaak. Die matjies maak hy van matjiesgoed en vervoer dié orals met hom mee as hy op trek is. Teen sononder breek hy takke, plant dié in die grond, sprei die matjies daaroor, en maak dit op ’n manier vas. So ’n hut is glad nie bestand teen swaar reëns nie; dit lek dan soos ’n gieter.
Kan hy geen takke kry om in die grond te plant nie, dan grawe hy ’n gat in die grond net so groot dat hy daarin opgerol kan lê. Hy neem los klippe of klein bossies en maak om die gat ’n skermpie. Op ’n manier span hy die matjies oor die skermpie en kruip daaronder in as herberg vir die nag. So maak elk afsonderlik. Dog as hul spelonke kies om in te woon, dan slaap almal daarin saam.
’n Boesman mag ’n klein klipgat vir tydelike verblyf kies, maar nooit vir ’n vaste woning nie. Van dié soort vind ons baie in die veld. In sommige tref ons ook van hulle skilderinge aan. Die grootste nut, egter, van sulke klein gate is om in tyd van gevaar in te vlug, waaruit hul dan met die gifpyle kan skiet. So het baie van sulke soort klipgate ’n wonderlike geskiedenis aan hulle verbonde.
Ons persoonlik was gevra om die plaas Zooverbij aan die Hantamrivier op te meet. Met die steek van ’n pylvlag[115]op ’n seker koppie, deel die eienaar ons mee dat die naam van die koppie Bamboeskop is; en voor hy ons die besonderhede gee waarom die naam so gekies is, wys hy ’n klein klipgrot aan aan die sy van die koppie en vervolg:—
“In vroeër tyd het hier in hierdie buurte ’n ou Boesman met die naam van Bamboes rondgedwaal; hy was ’n beroemde veedief en ’n nog beroemder boogskut. Hy was een van die soort wat so moeilik was om in hande te kry as ’n dassie in ’n skurwe klipkrans. Die poliesie het al jagte op hom gemaak, maar kon hom maar nooit in die hande kry nie. Die base van die gestole vee het alle middels aangewend om sy verblyf uit te vind, maar alles verniet: hy weet sy spore te vernietig; en dan, vandag is hy hier en môre is hy daar.”
Hier onderbreek ’n ander man wat daarby staan, die gesprek, en hy sê:—
“Wag, neef Heink, behou jou rede; laat ek eers vertel wat ou Bamboes êrens in ons buurte gewaag het, en dan kan jy maar klaar end uit vertel.
“My ou oom het eendag net van ’n ver rit met sy flukse bont ryperd tuisgekom. Hy het die perd gelos om veld-toe te gaan. Hy het toe ’n ander ryperd geneem om sy vee in die buiteveld te gaan beskou. Daar ver in die veld, toe hy om die punt van ’n randjie kom, sien hy ’n Boesman met sy bont ryperd ja of die dood agter hom is. Hy merk onraad en gee sy perd die teuels en agtervolg die Boesman. Gelukkig, die bont perd was nog baie moeg; anders sou die Boesman daarmee skoon van my oom weggeja het. My oom wen, maar nie so vinnig as hy verlang het nie. Dit sou nog[116]langer geduur het om die Boesman in te haal, maar gelukkig trap die perd in ’n erdvarkgat, slaan neer, en die Boesman val dat die stof so trek. Die eerste wat die Boesman doen toe hy van die grond opspring, was om na sy pyle en boog te gryp, en hy gaan agter die perd reg staan en loer skrams voor die perd se bors verby wat my ou oom nou wil maak.
“My ou oom kon op sy skot reken; maar nie noudat hy so bewe van boosheid en ontsteltenis nie; hy het dus nie gewaag om ’n skrams skot op die Boesman te vuur nie. So na wou hy ook nie ry om onder pylskot te kom nie. Dus staan hy op veilige afstand die Boesman aan te kyk, en die Boesman loer voor die bors van die perd verby om te kyk wat die oubaas wil maak. My ou oom se omry sal niks help nie, want die Boesman draai die perd altyd voor hom. Dié plan het die Boesman gekry om die agtermiddag mee om te maak. Geen hulp daag op nie. My ou oom begin toe voor en agter die perd stofskote in die grond te skiet om te kyk of die perd nie wil skrik en weghardloop nie; maar die vergalgste Boesman klou nes ’n bloedsuier aan die perd vas. Wat eindelik daar by die perd gebeur het, weet my oom nie. Of die perd die Boesman gekap of getrap het, kan hy nie sê nie; want die perd was ’n bietjie wys. Die perd kom los en spring weg. My ou oom was klaar om die Boesman met die koeël te pleister; dog die skelm het soos rook verdwyn—vermoedelik in die erdvarkgat gekruip waarin die perd getrap het. Toe die bont perd buite pylskot draf, het my ou oom hom gevang en met hom staanplek-toe geja.[117]
“Maar watter soort jaery was dit tent-toe? Want my ou oom moes gedurig omkyk of die Boesman hom nie agtervolg nie. Maar gelukkig het hy die staanplek veilig bereik. By ondersoek na die skelm blyk dit dat dit niemand anders was nie as ou Bamboes wat weer na daardie buurte getrek het om daar kwaad te doen. Hy sou seker die bont perd, toe hy weghol, doodgeskiet het, was dit nie dat die perd te ver was toe Bamboes veilig in die gat was nie.”
Hierop vervolg oom Heink weer sy verhaal omtrent Bamboeskop en vertel:—
“Daar kom ’n dag wanneer die fynste skelm betrap word. Bamboes was weer met sy skaapstelery besig, en daar word hy betrap. Die mense spoor hom op en vind uit dat hy posiesie in ’n klipgat in ’n koppie gevat het. Hulle kon sien uit watter gat die pyle geskiet word; want teen die sonlig kan ’n mens ’n pyl sien blink en trek.
“Hy is oor en oor gesoebat geword om maar oor te gee; maar alles tevergeefs. Hy reken op sy krygsmanskap: hoeveel maal was hy nie in net so ’n gevaar nie, en toe kon hul aan hom niks doen nie; en sou hul nou iets aan hom kan doen? Nee, hy sal sy man tot die bitterste end toe staan. As geoefende krygsman verstaan hy die kuns om sy geskut nie in die wind weg te skiet nie. As hy afhaak, is dit ’n baie skrams skot; want die burgers wat hom in die gat vaskeer, het baie fyn krygslis gebruik om hom daartoe te kry om sy pyle weg te skiet. En dan, hulle roers skiet verder as ’n pyl kan raak.
“Wel, ’n heftige bombardement word op die klipgat gerig. Onder dit alles kry Bamboes nog kanse om te skiet.[118]Hy het hom soos ’n leeu verdedig. Maar naderhand raak dit stil, en die burgers vermoed dat Bamboes nou ’n doodskot gekry het. Versigtig stap hul nader, agter beskerming van seker toestelle. Hulle vermoeding was maar te gegrond—Bamboes is ’n lyk.
“En toe hul sy lyk ondersoek, blyk dit dat hy ’n koeël voor die kop gekry het. Die velle van sy voorvinger en duim was deur die boogsnaar glad weggeskeur. En toe het hy die boog met sy voete vasgeskop en die pyl met sy tande afgetrek. En dit het ook sy voortande uitgepluk.
“Hy lê so dood sonder ’n pyl om verder mee te skiet!”[121]