No. 91.

[Inhoud]No. 91.Die wreedheid van Boesmans.OPMERKINGS:—Nes alle barbare is die Boesman ook soms baie wreed. Baie van die besonderhede het ons van meneer Willem G——, wat vroeër naby Grootrivier gewoon het.Die Boesman kan baie wreed wees en ’n plesier daarin neem om iemand te martel—vernaamlik as hy meen dat iemand ’n teenstander van hom is, en dus hom verhinder om sy doel te bereik. Kry hy so een in hande, en tyd om te vlug is kort, dan skiet hy hom met ’n gifpyl dood. Maar bly daar oorgenoeg tyd oor om te vlug, dan neem hy sy kans om sy teenstander te martel en met tyd dood te maak.Baie getroue veewagters het die spit moes afbyt as hul nie gewillig was om van die vee goedwillig af te gee nie. Baie veewagters is oulik: hul maak of hul die vee goedwillig afgee; en wanneer die diewe onder pylskot uit is, dan vuur hulle met hul roer op die skelm; want baie veeboere was verplig om hulle wagters teen die Boesmans te wapen. Maar die Boesmans bekruip die wagter op so ’n fyn manier dat eer hy hulle gewaar, dan is hy onder pylskot en kan dan nie meer vlug of homself verdedig nie. In sulke gevalle gee die wagter vee goedwillig af. Die Boesman loop dan; en wanneer daar ’n geleentheid kom, hol die wagter na sy[122]baas om die gebeurtenis te gaan vertel. Dadelik word die Boesmans opgespoor en gevang, en by verset met pyl en boog word hulle doodgeskiet.Dit weet die Boesmans, en daarom maak hul ’n ander plan met die wagter. Hulle bind hom soms aan ’n boom en slaan hom met doringtakke, of martel hom op ’n ander manier, by voorbeeld deur hom hande en voete vas te maak en dan kole en warm as op hom te krap.Mnr. Willem G—— vertel ons dat hul vroeër baie las op hierdie manier van Boesmans gekry het. Dit het baiekeer moeilik gegaan om vertroubare wagters te kry; want hulle was deeglik bewus dat hulle lewe in gevaar is. Dis nie alleen dat hul so wreed deur die Boesmans behandel word nie, maar die Boesmans bekruip die wagters nes hul wild bekruip en skiet hul op die plek dood. Dié lot het nie alleen aan gekleurde skepsels ten deel geval nie, maar baie witmense het hulle lewe op hierdie manier moes inskiet, en etlike wrede moorde op blankes en hulle famielies het plaasgevind.“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”So vertel mnr. Willem G—— die volgende gebeurtenis:—“Ek was ’n jongeling van omtrent twintig jaar, en my vader het in die ou Kolonie suid van Grootrivier met sy vee op die ope gronde rondgetrek. By een geleentheid gee die waters op, en ons was verplig om ons staning nader na Grootrivier te verplaas. Juis te wyte aan die Boesmans was ons skaars aan wagters om met die vee te help. Die pad wat ons moes trek, was sanderig en swaar vir die osse om die wa deur die woeste veld te trek. Oorlede pa[125]was toe net siekerig; dus moes ek en my broer van agtien jaar oud eers met die trek help om dit op die nuwe staning te kry. Dan moes ons dadelik te voet omdraai om die wagter met die skape deur ’n ruie plaat bosse te help. Die orders was, as hy eerder by die ruie plek as ons kom, dan moet hy wag, sodat ons hom daar deur kan help. Wonderlik, ek was jare daarna weer op dieselfde plek en het dit amper nie meer geken nie: die groot digte bosse was uitgedun. Of dit opsetlik deur die veeboere uitgebrand is, weet ek nie.“Wel, ons sien toe die skape voor hul deur die bosse was. Ons stap daarheen. Die wind waai na ons kant toe, dus kon ons op ’n afstand iemand hoor benoud skree; maar dan volg daarop ’n uitbundige geskater en harde gelag. My broer en ek kon die ding nie begryp nie; ons stap in die rigting en klim agter ’n sandduin uit om tog te kyk wat al daardie pret mag wees.“Bo-oor die duine tussen die fyn bossies deur loer ons. Ons sien die veewagter lê ’n tree of wat van ’n vuur, hande en voete gebinde. Drie Boesmans sit om die vuur vleis te braai. Af en toe vat een ’n stomp vuur en brand daarmee die wagter onder sy voete of ander dele van sy liggaam—en dis vir sy pynlike geskree wat hul so danig lag! Die wrede moordenaars sit met hulle pylkokers agter hulle rug, dog hulle boë lê op ’n bossie. Ek en my broer maak toe plan wat om te doen.“Die digte bosse was te ná; ons sou die drie moordenaars nie in hande gekry het nie. Ons roers was met lopers gelaai, want daar was baie duikers in die veld. Ons besluit[126]toe om om die duin nader te kruip en dan uit te roep om oor te gee; wil hul nie, dan pleister ons hul met die lopers. Toe ons hul mooi onder skot het—ek het twee oormekaar, en my broer korrel op die ander—, toe roep ons in Boesmantaal uit: ‘Gee oor, of ons skiet!’ Hulle skrik en vlug. Ons roep: ‘Staan!’ en vuur toe. Twee val. Ek was weer klaar met die ander skot, en so was my broer (want ons het dubbelloopgewere gehad); ons vuur, en daar lê die derde morsdood. Twee was dadelik dood; dog een het nog ’n vyf minute gelewe, maar is toe ook dood.“Maar dit was ’n jammerte om die brandwonde aan die wagter te sien; sy klere was ook plek-plek aan brand sonder om te vlam. My broer het teruggehardloop om hulp. Ons het die Boesman na die staanplek vervoer en hom daar verpleeg en gedoen wat ’n mens se hand kon doen; maar die volgende dag is ons getroue Boesman-veewagter aan ’n smartlike einde gekom.”[129]

No. 91.Die wreedheid van Boesmans.

OPMERKINGS:—Nes alle barbare is die Boesman ook soms baie wreed. Baie van die besonderhede het ons van meneer Willem G——, wat vroeër naby Grootrivier gewoon het.Die Boesman kan baie wreed wees en ’n plesier daarin neem om iemand te martel—vernaamlik as hy meen dat iemand ’n teenstander van hom is, en dus hom verhinder om sy doel te bereik. Kry hy so een in hande, en tyd om te vlug is kort, dan skiet hy hom met ’n gifpyl dood. Maar bly daar oorgenoeg tyd oor om te vlug, dan neem hy sy kans om sy teenstander te martel en met tyd dood te maak.Baie getroue veewagters het die spit moes afbyt as hul nie gewillig was om van die vee goedwillig af te gee nie. Baie veewagters is oulik: hul maak of hul die vee goedwillig afgee; en wanneer die diewe onder pylskot uit is, dan vuur hulle met hul roer op die skelm; want baie veeboere was verplig om hulle wagters teen die Boesmans te wapen. Maar die Boesmans bekruip die wagter op so ’n fyn manier dat eer hy hulle gewaar, dan is hy onder pylskot en kan dan nie meer vlug of homself verdedig nie. In sulke gevalle gee die wagter vee goedwillig af. Die Boesman loop dan; en wanneer daar ’n geleentheid kom, hol die wagter na sy[122]baas om die gebeurtenis te gaan vertel. Dadelik word die Boesmans opgespoor en gevang, en by verset met pyl en boog word hulle doodgeskiet.Dit weet die Boesmans, en daarom maak hul ’n ander plan met die wagter. Hulle bind hom soms aan ’n boom en slaan hom met doringtakke, of martel hom op ’n ander manier, by voorbeeld deur hom hande en voete vas te maak en dan kole en warm as op hom te krap.Mnr. Willem G—— vertel ons dat hul vroeër baie las op hierdie manier van Boesmans gekry het. Dit het baiekeer moeilik gegaan om vertroubare wagters te kry; want hulle was deeglik bewus dat hulle lewe in gevaar is. Dis nie alleen dat hul so wreed deur die Boesmans behandel word nie, maar die Boesmans bekruip die wagters nes hul wild bekruip en skiet hul op die plek dood. Dié lot het nie alleen aan gekleurde skepsels ten deel geval nie, maar baie witmense het hulle lewe op hierdie manier moes inskiet, en etlike wrede moorde op blankes en hulle famielies het plaasgevind.“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”So vertel mnr. Willem G—— die volgende gebeurtenis:—“Ek was ’n jongeling van omtrent twintig jaar, en my vader het in die ou Kolonie suid van Grootrivier met sy vee op die ope gronde rondgetrek. By een geleentheid gee die waters op, en ons was verplig om ons staning nader na Grootrivier te verplaas. Juis te wyte aan die Boesmans was ons skaars aan wagters om met die vee te help. Die pad wat ons moes trek, was sanderig en swaar vir die osse om die wa deur die woeste veld te trek. Oorlede pa[125]was toe net siekerig; dus moes ek en my broer van agtien jaar oud eers met die trek help om dit op die nuwe staning te kry. Dan moes ons dadelik te voet omdraai om die wagter met die skape deur ’n ruie plaat bosse te help. Die orders was, as hy eerder by die ruie plek as ons kom, dan moet hy wag, sodat ons hom daar deur kan help. Wonderlik, ek was jare daarna weer op dieselfde plek en het dit amper nie meer geken nie: die groot digte bosse was uitgedun. Of dit opsetlik deur die veeboere uitgebrand is, weet ek nie.“Wel, ons sien toe die skape voor hul deur die bosse was. Ons stap daarheen. Die wind waai na ons kant toe, dus kon ons op ’n afstand iemand hoor benoud skree; maar dan volg daarop ’n uitbundige geskater en harde gelag. My broer en ek kon die ding nie begryp nie; ons stap in die rigting en klim agter ’n sandduin uit om tog te kyk wat al daardie pret mag wees.“Bo-oor die duine tussen die fyn bossies deur loer ons. Ons sien die veewagter lê ’n tree of wat van ’n vuur, hande en voete gebinde. Drie Boesmans sit om die vuur vleis te braai. Af en toe vat een ’n stomp vuur en brand daarmee die wagter onder sy voete of ander dele van sy liggaam—en dis vir sy pynlike geskree wat hul so danig lag! Die wrede moordenaars sit met hulle pylkokers agter hulle rug, dog hulle boë lê op ’n bossie. Ek en my broer maak toe plan wat om te doen.“Die digte bosse was te ná; ons sou die drie moordenaars nie in hande gekry het nie. Ons roers was met lopers gelaai, want daar was baie duikers in die veld. Ons besluit[126]toe om om die duin nader te kruip en dan uit te roep om oor te gee; wil hul nie, dan pleister ons hul met die lopers. Toe ons hul mooi onder skot het—ek het twee oormekaar, en my broer korrel op die ander—, toe roep ons in Boesmantaal uit: ‘Gee oor, of ons skiet!’ Hulle skrik en vlug. Ons roep: ‘Staan!’ en vuur toe. Twee val. Ek was weer klaar met die ander skot, en so was my broer (want ons het dubbelloopgewere gehad); ons vuur, en daar lê die derde morsdood. Twee was dadelik dood; dog een het nog ’n vyf minute gelewe, maar is toe ook dood.“Maar dit was ’n jammerte om die brandwonde aan die wagter te sien; sy klere was ook plek-plek aan brand sonder om te vlam. My broer het teruggehardloop om hulp. Ons het die Boesman na die staanplek vervoer en hom daar verpleeg en gedoen wat ’n mens se hand kon doen; maar die volgende dag is ons getroue Boesman-veewagter aan ’n smartlike einde gekom.”[129]

OPMERKINGS:—Nes alle barbare is die Boesman ook soms baie wreed. Baie van die besonderhede het ons van meneer Willem G——, wat vroeër naby Grootrivier gewoon het.

Die Boesman kan baie wreed wees en ’n plesier daarin neem om iemand te martel—vernaamlik as hy meen dat iemand ’n teenstander van hom is, en dus hom verhinder om sy doel te bereik. Kry hy so een in hande, en tyd om te vlug is kort, dan skiet hy hom met ’n gifpyl dood. Maar bly daar oorgenoeg tyd oor om te vlug, dan neem hy sy kans om sy teenstander te martel en met tyd dood te maak.

Baie getroue veewagters het die spit moes afbyt as hul nie gewillig was om van die vee goedwillig af te gee nie. Baie veewagters is oulik: hul maak of hul die vee goedwillig afgee; en wanneer die diewe onder pylskot uit is, dan vuur hulle met hul roer op die skelm; want baie veeboere was verplig om hulle wagters teen die Boesmans te wapen. Maar die Boesmans bekruip die wagter op so ’n fyn manier dat eer hy hulle gewaar, dan is hy onder pylskot en kan dan nie meer vlug of homself verdedig nie. In sulke gevalle gee die wagter vee goedwillig af. Die Boesman loop dan; en wanneer daar ’n geleentheid kom, hol die wagter na sy[122]baas om die gebeurtenis te gaan vertel. Dadelik word die Boesmans opgespoor en gevang, en by verset met pyl en boog word hulle doodgeskiet.

Dit weet die Boesmans, en daarom maak hul ’n ander plan met die wagter. Hulle bind hom soms aan ’n boom en slaan hom met doringtakke, of martel hom op ’n ander manier, by voorbeeld deur hom hande en voete vas te maak en dan kole en warm as op hom te krap.

Mnr. Willem G—— vertel ons dat hul vroeër baie las op hierdie manier van Boesmans gekry het. Dit het baiekeer moeilik gegaan om vertroubare wagters te kry; want hulle was deeglik bewus dat hulle lewe in gevaar is. Dis nie alleen dat hul so wreed deur die Boesmans behandel word nie, maar die Boesmans bekruip die wagters nes hul wild bekruip en skiet hul op die plek dood. Dié lot het nie alleen aan gekleurde skepsels ten deel geval nie, maar baie witmense het hulle lewe op hierdie manier moes inskiet, en etlike wrede moorde op blankes en hulle famielies het plaasgevind.

“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”

“HULLE SKRIK EN VLUG. ONS ROEP: ‘STAAN!’ EN VUUR TOE.”

So vertel mnr. Willem G—— die volgende gebeurtenis:—

“Ek was ’n jongeling van omtrent twintig jaar, en my vader het in die ou Kolonie suid van Grootrivier met sy vee op die ope gronde rondgetrek. By een geleentheid gee die waters op, en ons was verplig om ons staning nader na Grootrivier te verplaas. Juis te wyte aan die Boesmans was ons skaars aan wagters om met die vee te help. Die pad wat ons moes trek, was sanderig en swaar vir die osse om die wa deur die woeste veld te trek. Oorlede pa[125]was toe net siekerig; dus moes ek en my broer van agtien jaar oud eers met die trek help om dit op die nuwe staning te kry. Dan moes ons dadelik te voet omdraai om die wagter met die skape deur ’n ruie plaat bosse te help. Die orders was, as hy eerder by die ruie plek as ons kom, dan moet hy wag, sodat ons hom daar deur kan help. Wonderlik, ek was jare daarna weer op dieselfde plek en het dit amper nie meer geken nie: die groot digte bosse was uitgedun. Of dit opsetlik deur die veeboere uitgebrand is, weet ek nie.

“Wel, ons sien toe die skape voor hul deur die bosse was. Ons stap daarheen. Die wind waai na ons kant toe, dus kon ons op ’n afstand iemand hoor benoud skree; maar dan volg daarop ’n uitbundige geskater en harde gelag. My broer en ek kon die ding nie begryp nie; ons stap in die rigting en klim agter ’n sandduin uit om tog te kyk wat al daardie pret mag wees.

“Bo-oor die duine tussen die fyn bossies deur loer ons. Ons sien die veewagter lê ’n tree of wat van ’n vuur, hande en voete gebinde. Drie Boesmans sit om die vuur vleis te braai. Af en toe vat een ’n stomp vuur en brand daarmee die wagter onder sy voete of ander dele van sy liggaam—en dis vir sy pynlike geskree wat hul so danig lag! Die wrede moordenaars sit met hulle pylkokers agter hulle rug, dog hulle boë lê op ’n bossie. Ek en my broer maak toe plan wat om te doen.

“Die digte bosse was te ná; ons sou die drie moordenaars nie in hande gekry het nie. Ons roers was met lopers gelaai, want daar was baie duikers in die veld. Ons besluit[126]toe om om die duin nader te kruip en dan uit te roep om oor te gee; wil hul nie, dan pleister ons hul met die lopers. Toe ons hul mooi onder skot het—ek het twee oormekaar, en my broer korrel op die ander—, toe roep ons in Boesmantaal uit: ‘Gee oor, of ons skiet!’ Hulle skrik en vlug. Ons roep: ‘Staan!’ en vuur toe. Twee val. Ek was weer klaar met die ander skot, en so was my broer (want ons het dubbelloopgewere gehad); ons vuur, en daar lê die derde morsdood. Twee was dadelik dood; dog een het nog ’n vyf minute gelewe, maar is toe ook dood.

“Maar dit was ’n jammerte om die brandwonde aan die wagter te sien; sy klere was ook plek-plek aan brand sonder om te vlam. My broer het teruggehardloop om hulp. Ons het die Boesman na die staanplek vervoer en hom daar verpleeg en gedoen wat ’n mens se hand kon doen; maar die volgende dag is ons getroue Boesman-veewagter aan ’n smartlike einde gekom.”[129]

Back to IndexNext