No. 92.

[Inhoud]No. 92.Boesmans in die Breekwater.OPMERKINGS:—Aangesien ons van ons eie nie genoeg gegewens omtrent hierdie onderwerp besit nie, so neem ons die vryheid om oor te neem wat mej. Lucy C. Lloyd in dr. W. H. I. Bleek se “Specimens of Bushman Folklore” meedeel.Soos blyk uit die vorige storie (No. 91) en uit andere, het die Boesmans hulle baie aan die wette vergryp. Vir moorde is hul opgehang; maar vir veediefstalle is hul na die breekwater aan Kaapstad gestuur.Dr. W. H. I. Bleek was ’n Duitse taalgeleerde, wat aan Mowbray, by Kaapstad, gewoon het. Toe die geleentheid daarvoor gunstig was, het hy verlof van die Kaapse Goewerment gekry om van die Boesmans wat in die breekwater was en wie se tyd amper verstryk was, by hom aan huis te neem en om alles aangaande die taal te leer wat daar te leer is. Hy kry toe ’n ou Boesman met die Boesman-naam van ’Kabbo, wat ook onder die naam van Jantjie bekend was. Hierdie Boesman word toe die leermeester van dr. Bleek en sy niggie, mej. Lucy Lloyd. So het die ou skepsel aan die een kant met sy kwaaddoen en aan die ander kant met sy goeddoen veel tot nut gewees om kennis aangaande die Boesmantaal vrywillig mee te deel. Sy eie storie hoe hul gevang is, is ongeveer soos volg:—[130]“Die Kaffer-poliesie het vir my, my seun en my dogter haar man vasgeknoop toe ons besig was om aan ’n springbok te eet. Ons was drie wat gebinde was, en so gebinde is ons na die magistraat geneem. Hy het toe met ons, en ons het met hom gepraat.“Ons was in die tronk, en hulle het ons bene in die blok gesit. Ons het só met ons bene in die blok moes slaap; want ons was in die huis van vullis. Daar het ook Korannas gekom. In die tronk het ons van die magistraat se skaapvleis gekry om te eet. Toe stuur hul ons voort; ons vrouens het meegegaan. Op pad het hul ons skaapvleis gegee. Ons kom toe by Victoria-Wes. Ons moes toe daar aan die pad werk en moes groot klippe rol. Ons het toe ook met grond gewerk; ons moes dit met kruiwaens wegstoot. Ook het ons grond op waens gelaai en moes dié trek, onderwyl ander mense langs ons loop. Ons gooi die grond op ’n plek uit en stoot die wa terug om weer grond te gaan haal. Die Korannas werk met ons saam.“Van daar is ons voortgestuur. Ons arms was aan ’n ketting gebind; ons moes met die wa meestap. Ons kom toe by Beaufort-Wes aan. Ons is toe weer losgemaak. Ons kry toe tabak van die magistraat, en ons stap rook-rook uit skaapbene padlangs. Dit het gereën toe ons in Beaufort se tronk geslaap het.“Die volgende dag is ons weer gebinde. Ons moes toe deur die rivier deur die water stap. Die wa het voor gery, en ons moes agternastap. So het ons aangehou tot ons by die breekwater gekom het, en werk toe daar.[131]“’n Witman het ons geneem en in die nag in die trein geplaas. Ons was vroeg in die trein. Die trein hardloop toe en bring ons tot in Kaapstad. Hulle plaas ons toe in die Kaapse tronk, en ons was baie moeg. Ons en die Korannas het toe somar in die dag gelê en slaap.”Uit die twede vertelling sê Jantjie (’Kabbo):—“Ek en my vrou was daar; my seun en sy vrou met ’n kind op haar rug was daar; my dogter met ’n kind op haar rug en haar man was daar. Die Kaffer-poliesie het ons so gekry en so weggevoer. Ons moes toe in die wa sit; die Kaffers neem ons in die wa weg. Ons vroue het ook in die wa gesit. Ons span toe uit en klim af. Ons het ’n vuur gemaak en vleis gebraai en lê toe langs die vuur. My seun se vrou braai ’n springbok wat ek met my pyl en boog geskiet het. Ons rook en lê. Die dag breek; ons maak toe weer vuur; ons het vroeg in die oggend gerook.“Ons ry toe weer voort en kom toe by die magistraat. Ons het toe van ons vroue weggegaan. Ons het toe met die magistraat gaan praat, en hy het met ons gepraat. Daarop neem hul ons toe weg en plaas ons voete in die blok. ’n Ander witman het gekom en het die bo-stuk van die blok oor ons voete geplaas, sodat ons nie ons voete kan uittrek nie. Ons moes met ons voete so in die blok slaap. Die ander dag kom die magistraat en haal ons voete uit die blok: hy wil ons ’n bietjie laat lekker voel, want dis mos sy skaapvleis wat ons toe eet. Ander mense het die vleis vir ons gekook. Ons rook—al is ons voete in die blok.”[132]Tot so ver die verhaal van ’Kabbo (Jantjie).Dis wonderlik watter indruk so ’n verandering in die lewe van ’n Boesman maak. Hy kom uit die wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom ’n wonder bo wonder.Hoe streng hul Boesmans ook al in die gevangenis bewaak, hul dros tog soms uit die breekwater weg. So is nog een droster op Hexrivier, Clanwilliam, gevang. Snags het hy hom daar aan druiwe in die wingerd ooreet, en oordags lê hy in die veld en slaap. Hy is opgespoor en terug na die breekwater gestuur.[135]

No. 92.Boesmans in die Breekwater.

OPMERKINGS:—Aangesien ons van ons eie nie genoeg gegewens omtrent hierdie onderwerp besit nie, so neem ons die vryheid om oor te neem wat mej. Lucy C. Lloyd in dr. W. H. I. Bleek se “Specimens of Bushman Folklore” meedeel.Soos blyk uit die vorige storie (No. 91) en uit andere, het die Boesmans hulle baie aan die wette vergryp. Vir moorde is hul opgehang; maar vir veediefstalle is hul na die breekwater aan Kaapstad gestuur.Dr. W. H. I. Bleek was ’n Duitse taalgeleerde, wat aan Mowbray, by Kaapstad, gewoon het. Toe die geleentheid daarvoor gunstig was, het hy verlof van die Kaapse Goewerment gekry om van die Boesmans wat in die breekwater was en wie se tyd amper verstryk was, by hom aan huis te neem en om alles aangaande die taal te leer wat daar te leer is. Hy kry toe ’n ou Boesman met die Boesman-naam van ’Kabbo, wat ook onder die naam van Jantjie bekend was. Hierdie Boesman word toe die leermeester van dr. Bleek en sy niggie, mej. Lucy Lloyd. So het die ou skepsel aan die een kant met sy kwaaddoen en aan die ander kant met sy goeddoen veel tot nut gewees om kennis aangaande die Boesmantaal vrywillig mee te deel. Sy eie storie hoe hul gevang is, is ongeveer soos volg:—[130]“Die Kaffer-poliesie het vir my, my seun en my dogter haar man vasgeknoop toe ons besig was om aan ’n springbok te eet. Ons was drie wat gebinde was, en so gebinde is ons na die magistraat geneem. Hy het toe met ons, en ons het met hom gepraat.“Ons was in die tronk, en hulle het ons bene in die blok gesit. Ons het só met ons bene in die blok moes slaap; want ons was in die huis van vullis. Daar het ook Korannas gekom. In die tronk het ons van die magistraat se skaapvleis gekry om te eet. Toe stuur hul ons voort; ons vrouens het meegegaan. Op pad het hul ons skaapvleis gegee. Ons kom toe by Victoria-Wes. Ons moes toe daar aan die pad werk en moes groot klippe rol. Ons het toe ook met grond gewerk; ons moes dit met kruiwaens wegstoot. Ook het ons grond op waens gelaai en moes dié trek, onderwyl ander mense langs ons loop. Ons gooi die grond op ’n plek uit en stoot die wa terug om weer grond te gaan haal. Die Korannas werk met ons saam.“Van daar is ons voortgestuur. Ons arms was aan ’n ketting gebind; ons moes met die wa meestap. Ons kom toe by Beaufort-Wes aan. Ons is toe weer losgemaak. Ons kry toe tabak van die magistraat, en ons stap rook-rook uit skaapbene padlangs. Dit het gereën toe ons in Beaufort se tronk geslaap het.“Die volgende dag is ons weer gebinde. Ons moes toe deur die rivier deur die water stap. Die wa het voor gery, en ons moes agternastap. So het ons aangehou tot ons by die breekwater gekom het, en werk toe daar.[131]“’n Witman het ons geneem en in die nag in die trein geplaas. Ons was vroeg in die trein. Die trein hardloop toe en bring ons tot in Kaapstad. Hulle plaas ons toe in die Kaapse tronk, en ons was baie moeg. Ons en die Korannas het toe somar in die dag gelê en slaap.”Uit die twede vertelling sê Jantjie (’Kabbo):—“Ek en my vrou was daar; my seun en sy vrou met ’n kind op haar rug was daar; my dogter met ’n kind op haar rug en haar man was daar. Die Kaffer-poliesie het ons so gekry en so weggevoer. Ons moes toe in die wa sit; die Kaffers neem ons in die wa weg. Ons vroue het ook in die wa gesit. Ons span toe uit en klim af. Ons het ’n vuur gemaak en vleis gebraai en lê toe langs die vuur. My seun se vrou braai ’n springbok wat ek met my pyl en boog geskiet het. Ons rook en lê. Die dag breek; ons maak toe weer vuur; ons het vroeg in die oggend gerook.“Ons ry toe weer voort en kom toe by die magistraat. Ons het toe van ons vroue weggegaan. Ons het toe met die magistraat gaan praat, en hy het met ons gepraat. Daarop neem hul ons toe weg en plaas ons voete in die blok. ’n Ander witman het gekom en het die bo-stuk van die blok oor ons voete geplaas, sodat ons nie ons voete kan uittrek nie. Ons moes met ons voete so in die blok slaap. Die ander dag kom die magistraat en haal ons voete uit die blok: hy wil ons ’n bietjie laat lekker voel, want dis mos sy skaapvleis wat ons toe eet. Ander mense het die vleis vir ons gekook. Ons rook—al is ons voete in die blok.”[132]Tot so ver die verhaal van ’Kabbo (Jantjie).Dis wonderlik watter indruk so ’n verandering in die lewe van ’n Boesman maak. Hy kom uit die wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom ’n wonder bo wonder.Hoe streng hul Boesmans ook al in die gevangenis bewaak, hul dros tog soms uit die breekwater weg. So is nog een droster op Hexrivier, Clanwilliam, gevang. Snags het hy hom daar aan druiwe in die wingerd ooreet, en oordags lê hy in die veld en slaap. Hy is opgespoor en terug na die breekwater gestuur.[135]

OPMERKINGS:—Aangesien ons van ons eie nie genoeg gegewens omtrent hierdie onderwerp besit nie, so neem ons die vryheid om oor te neem wat mej. Lucy C. Lloyd in dr. W. H. I. Bleek se “Specimens of Bushman Folklore” meedeel.

Soos blyk uit die vorige storie (No. 91) en uit andere, het die Boesmans hulle baie aan die wette vergryp. Vir moorde is hul opgehang; maar vir veediefstalle is hul na die breekwater aan Kaapstad gestuur.

Dr. W. H. I. Bleek was ’n Duitse taalgeleerde, wat aan Mowbray, by Kaapstad, gewoon het. Toe die geleentheid daarvoor gunstig was, het hy verlof van die Kaapse Goewerment gekry om van die Boesmans wat in die breekwater was en wie se tyd amper verstryk was, by hom aan huis te neem en om alles aangaande die taal te leer wat daar te leer is. Hy kry toe ’n ou Boesman met die Boesman-naam van ’Kabbo, wat ook onder die naam van Jantjie bekend was. Hierdie Boesman word toe die leermeester van dr. Bleek en sy niggie, mej. Lucy Lloyd. So het die ou skepsel aan die een kant met sy kwaaddoen en aan die ander kant met sy goeddoen veel tot nut gewees om kennis aangaande die Boesmantaal vrywillig mee te deel. Sy eie storie hoe hul gevang is, is ongeveer soos volg:—[130]

“Die Kaffer-poliesie het vir my, my seun en my dogter haar man vasgeknoop toe ons besig was om aan ’n springbok te eet. Ons was drie wat gebinde was, en so gebinde is ons na die magistraat geneem. Hy het toe met ons, en ons het met hom gepraat.

“Ons was in die tronk, en hulle het ons bene in die blok gesit. Ons het só met ons bene in die blok moes slaap; want ons was in die huis van vullis. Daar het ook Korannas gekom. In die tronk het ons van die magistraat se skaapvleis gekry om te eet. Toe stuur hul ons voort; ons vrouens het meegegaan. Op pad het hul ons skaapvleis gegee. Ons kom toe by Victoria-Wes. Ons moes toe daar aan die pad werk en moes groot klippe rol. Ons het toe ook met grond gewerk; ons moes dit met kruiwaens wegstoot. Ook het ons grond op waens gelaai en moes dié trek, onderwyl ander mense langs ons loop. Ons gooi die grond op ’n plek uit en stoot die wa terug om weer grond te gaan haal. Die Korannas werk met ons saam.

“Van daar is ons voortgestuur. Ons arms was aan ’n ketting gebind; ons moes met die wa meestap. Ons kom toe by Beaufort-Wes aan. Ons is toe weer losgemaak. Ons kry toe tabak van die magistraat, en ons stap rook-rook uit skaapbene padlangs. Dit het gereën toe ons in Beaufort se tronk geslaap het.

“Die volgende dag is ons weer gebinde. Ons moes toe deur die rivier deur die water stap. Die wa het voor gery, en ons moes agternastap. So het ons aangehou tot ons by die breekwater gekom het, en werk toe daar.[131]

“’n Witman het ons geneem en in die nag in die trein geplaas. Ons was vroeg in die trein. Die trein hardloop toe en bring ons tot in Kaapstad. Hulle plaas ons toe in die Kaapse tronk, en ons was baie moeg. Ons en die Korannas het toe somar in die dag gelê en slaap.”

Uit die twede vertelling sê Jantjie (’Kabbo):—

“Ek en my vrou was daar; my seun en sy vrou met ’n kind op haar rug was daar; my dogter met ’n kind op haar rug en haar man was daar. Die Kaffer-poliesie het ons so gekry en so weggevoer. Ons moes toe in die wa sit; die Kaffers neem ons in die wa weg. Ons vroue het ook in die wa gesit. Ons span toe uit en klim af. Ons het ’n vuur gemaak en vleis gebraai en lê toe langs die vuur. My seun se vrou braai ’n springbok wat ek met my pyl en boog geskiet het. Ons rook en lê. Die dag breek; ons maak toe weer vuur; ons het vroeg in die oggend gerook.

“Ons ry toe weer voort en kom toe by die magistraat. Ons het toe van ons vroue weggegaan. Ons het toe met die magistraat gaan praat, en hy het met ons gepraat. Daarop neem hul ons toe weg en plaas ons voete in die blok. ’n Ander witman het gekom en het die bo-stuk van die blok oor ons voete geplaas, sodat ons nie ons voete kan uittrek nie. Ons moes met ons voete so in die blok slaap. Die ander dag kom die magistraat en haal ons voete uit die blok: hy wil ons ’n bietjie laat lekker voel, want dis mos sy skaapvleis wat ons toe eet. Ander mense het die vleis vir ons gekook. Ons rook—al is ons voete in die blok.”[132]

Tot so ver die verhaal van ’Kabbo (Jantjie).

Dis wonderlik watter indruk so ’n verandering in die lewe van ’n Boesman maak. Hy kom uit die wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom ’n wonder bo wonder.

Hoe streng hul Boesmans ook al in die gevangenis bewaak, hul dros tog soms uit die breekwater weg. So is nog een droster op Hexrivier, Clanwilliam, gevang. Snags het hy hom daar aan druiwe in die wingerd ooreet, en oordags lê hy in die veld en slaap. Hy is opgespoor en terug na die breekwater gestuur.[135]

Back to IndexNext