[Inhoud]No. 93.Uit die Breekwater huis-toe.OPMERKINGS:—Die geskiedenis van ’Kabbo (Jantjie) is so belangwekkend dat ons uit “Specimens of Bushman Folklore” ook die volgende verhaal van sy terugkeer huis-toe aanhaal. Let op die redeneervermoë.“Jy weet dat ek hier sit en wag op die terugkeer van die maan vir my om huis-toe te gaan, sodat ek dan mag luister na al die mense hulle stories as ek hul ’n besoek tuis bring, dat ek mag luister na hulle stories wat hul vertel, en dat hulle tuis mag luister na die stories van die Plat-Boesmans aan die ander kant van die plek. Hulle kom hulle stories vertel as die son nog maar ’n bietjie warm is, sodat ek, sittende in die son, na hulle stories kan luister—stories wat van ver kom. Dan sal ek in besit kom van ’n storie wat van ver aangewaai kom.“Ek voel ek moet gaan om met my medemense daar te sit en praat; want ek werk nou hier aan ’n vrou se huiswerk, terwyl my maats na stories van ver af hoor. Nou hoor ek geen stories nie, omdat ek nie rondkuier nie. Ek voel dat ek nou met mense van ’n ander soort verkeer—hulle is nie in besit van my stories nie. Hulle praat nie in my taal nie, want hulle gaan hulle gelyke opsoek en doen huiswerk—want hulle maak huise aankant. Hulle werk vir kos om kos te kry. Hulle werk vir goeie en nuwe kos.[136]“Die Plat-Boesman stap oor na mekaar se hutte toe, sodat hul rokende daarvoor sit. Daarom hoor hul daar stories; want hul is gewoond om oor en weer te kuier, daar hul rokende mense is. Wat my betref, eksitop die maan en wag om vir my terug te kom dat ek my voete in die pad huis-toe kan plaas. Ek dink dat ek regtig vir die maan moet wag, dat ek dan aan my baas kan sê dat ek nou loop om by my mense te wees, om my gelyke op te soek. Want hier werk ek met meide saam; ek praat nie met hulle nie, want hulle gebruik my net vir huiswerk.“Ek moet eers ’n bietjie rus om my arms te koel, sodat die moegheid daaruit kan gaan; want ek sit hier tevergeefs op ’n storie te wag. Ek sit met al my ore te luister en sit stil om te wag op ’n storie. My naam gaan vooruit; my drie name1vlie voort padlangs na my huis toe; ek voel ek gaan daar sit, en draai eers my gesig na die plek waar my hakskene was: ek gaan mos terug. Net soos die wind sweef ’n storie na ’n ander plek toe; dan gaan ons name dwarsdeur die ander mense—hulle dink aan ons, al sien hul ons nie. Want ons name, swewende, bereik ’n ander plek. Al lê berge tussen die twee plekke, nogtans, ons naam gaan oor al die berge heen. Die naam waarmee hy terugkeer, dié gaan vooruit. Hy ken die pad reguit huis-toe. Die mense wat op ’n ander plek woon, hulle ore gaan luisterend die naam van die man tegemoet. Die teruggekeerde man ondersoek sy ou plek. Die bome van die plek lyk so mooi; want hul het intussentyd baie gegroei en is groot. Al die[137]tyd het die man van die plek, toe hy weg was, hul nie gesien om onder hulle in hulle skaduwee te stap nie. Al die tyd was hy op ’n ander plek, het daar gewoon—dit was tog nie sy plek nie. Hulle het hom na die ander plek geneem om daar te gaan werk. En hy is die een wat huis-toe verlang.“Ek wag slegs op die terugkoms van die maan, dat die maan kan omgaan, sodat die tyd vir huistoe-gaan daar is, dat ek dan die waterputte kan beskou—naamlik dié waaruit ek gedrink het. Ek begin te werk om die vervalle hut te herstel. Ek roep my kinders weer tesame, sodat hul kan saam help om die water vir my in orde te maak. Ek was weg, en vreemde het die plek betree; hulle plek is dit nie, want dit was ’Kabbo se vader se vader se plek. Toe word dit weer ’Kabbo se vader se plek; en toe ’Kabbo se pa sterf, toe kry ’Kabbo se oudste broer die plek. Toe dié sterwe, toe kry ’Kabbo die plek. (Die plek is bekend by die basters as Blouputs.) ’Kabbo, toe hy uitgegroei was, trou toe en bring sy vrou na daardie plek. Daar het die twee saam oud geword, en hulle kinders het daar getrou. Hulle kinds-kinders het al vir hulself kon sorg.“’Kabbo se kinders het by hom bly woon; sy hut het in die middel gestaan, terwyl hul naasaan in goeie hutte gewoon het. ’Kabbo se aangenome broerskind (Betjie) trou eerste, toe daarna sy eie. Betjie het met troue die plek verlaat, maar sy kom nog altyd haar pleegvader besoek; want hy het haar groot gemaak.”’Kabbo vertel verder: “Haar vader was nie die een wat haar kos gegee het nie; want hy is gestorwe en het haar nagelaat. Ek is die een wat haar gaan haal het net toe[138]haar moeder gesterwe het. Ek bring haar toe na my huis toe. Ek het haar vader (my broer) nie sien sterwe nie; ek het ook nie haar moeder sien sterwe nie. Haar moeder is gestorwe en laat haar hulpeloos na.”Tot so ver vereers. Ons vervolg die belangwekkendste, dog treurigste gedeelte van hierdie verhaal in die volgende storie, No. 94.[Uit hierdie deel van die verhaal blyk dit dat indiwiduele persone (Boesmans) vir hul seker waterregte toegeëien het.][141]1’Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.↑

No. 93.Uit die Breekwater huis-toe.
OPMERKINGS:—Die geskiedenis van ’Kabbo (Jantjie) is so belangwekkend dat ons uit “Specimens of Bushman Folklore” ook die volgende verhaal van sy terugkeer huis-toe aanhaal. Let op die redeneervermoë.“Jy weet dat ek hier sit en wag op die terugkeer van die maan vir my om huis-toe te gaan, sodat ek dan mag luister na al die mense hulle stories as ek hul ’n besoek tuis bring, dat ek mag luister na hulle stories wat hul vertel, en dat hulle tuis mag luister na die stories van die Plat-Boesmans aan die ander kant van die plek. Hulle kom hulle stories vertel as die son nog maar ’n bietjie warm is, sodat ek, sittende in die son, na hulle stories kan luister—stories wat van ver kom. Dan sal ek in besit kom van ’n storie wat van ver aangewaai kom.“Ek voel ek moet gaan om met my medemense daar te sit en praat; want ek werk nou hier aan ’n vrou se huiswerk, terwyl my maats na stories van ver af hoor. Nou hoor ek geen stories nie, omdat ek nie rondkuier nie. Ek voel dat ek nou met mense van ’n ander soort verkeer—hulle is nie in besit van my stories nie. Hulle praat nie in my taal nie, want hulle gaan hulle gelyke opsoek en doen huiswerk—want hulle maak huise aankant. Hulle werk vir kos om kos te kry. Hulle werk vir goeie en nuwe kos.[136]“Die Plat-Boesman stap oor na mekaar se hutte toe, sodat hul rokende daarvoor sit. Daarom hoor hul daar stories; want hul is gewoond om oor en weer te kuier, daar hul rokende mense is. Wat my betref, eksitop die maan en wag om vir my terug te kom dat ek my voete in die pad huis-toe kan plaas. Ek dink dat ek regtig vir die maan moet wag, dat ek dan aan my baas kan sê dat ek nou loop om by my mense te wees, om my gelyke op te soek. Want hier werk ek met meide saam; ek praat nie met hulle nie, want hulle gebruik my net vir huiswerk.“Ek moet eers ’n bietjie rus om my arms te koel, sodat die moegheid daaruit kan gaan; want ek sit hier tevergeefs op ’n storie te wag. Ek sit met al my ore te luister en sit stil om te wag op ’n storie. My naam gaan vooruit; my drie name1vlie voort padlangs na my huis toe; ek voel ek gaan daar sit, en draai eers my gesig na die plek waar my hakskene was: ek gaan mos terug. Net soos die wind sweef ’n storie na ’n ander plek toe; dan gaan ons name dwarsdeur die ander mense—hulle dink aan ons, al sien hul ons nie. Want ons name, swewende, bereik ’n ander plek. Al lê berge tussen die twee plekke, nogtans, ons naam gaan oor al die berge heen. Die naam waarmee hy terugkeer, dié gaan vooruit. Hy ken die pad reguit huis-toe. Die mense wat op ’n ander plek woon, hulle ore gaan luisterend die naam van die man tegemoet. Die teruggekeerde man ondersoek sy ou plek. Die bome van die plek lyk so mooi; want hul het intussentyd baie gegroei en is groot. Al die[137]tyd het die man van die plek, toe hy weg was, hul nie gesien om onder hulle in hulle skaduwee te stap nie. Al die tyd was hy op ’n ander plek, het daar gewoon—dit was tog nie sy plek nie. Hulle het hom na die ander plek geneem om daar te gaan werk. En hy is die een wat huis-toe verlang.“Ek wag slegs op die terugkoms van die maan, dat die maan kan omgaan, sodat die tyd vir huistoe-gaan daar is, dat ek dan die waterputte kan beskou—naamlik dié waaruit ek gedrink het. Ek begin te werk om die vervalle hut te herstel. Ek roep my kinders weer tesame, sodat hul kan saam help om die water vir my in orde te maak. Ek was weg, en vreemde het die plek betree; hulle plek is dit nie, want dit was ’Kabbo se vader se vader se plek. Toe word dit weer ’Kabbo se vader se plek; en toe ’Kabbo se pa sterf, toe kry ’Kabbo se oudste broer die plek. Toe dié sterwe, toe kry ’Kabbo die plek. (Die plek is bekend by die basters as Blouputs.) ’Kabbo, toe hy uitgegroei was, trou toe en bring sy vrou na daardie plek. Daar het die twee saam oud geword, en hulle kinders het daar getrou. Hulle kinds-kinders het al vir hulself kon sorg.“’Kabbo se kinders het by hom bly woon; sy hut het in die middel gestaan, terwyl hul naasaan in goeie hutte gewoon het. ’Kabbo se aangenome broerskind (Betjie) trou eerste, toe daarna sy eie. Betjie het met troue die plek verlaat, maar sy kom nog altyd haar pleegvader besoek; want hy het haar groot gemaak.”’Kabbo vertel verder: “Haar vader was nie die een wat haar kos gegee het nie; want hy is gestorwe en het haar nagelaat. Ek is die een wat haar gaan haal het net toe[138]haar moeder gesterwe het. Ek bring haar toe na my huis toe. Ek het haar vader (my broer) nie sien sterwe nie; ek het ook nie haar moeder sien sterwe nie. Haar moeder is gestorwe en laat haar hulpeloos na.”Tot so ver vereers. Ons vervolg die belangwekkendste, dog treurigste gedeelte van hierdie verhaal in die volgende storie, No. 94.[Uit hierdie deel van die verhaal blyk dit dat indiwiduele persone (Boesmans) vir hul seker waterregte toegeëien het.][141]
OPMERKINGS:—Die geskiedenis van ’Kabbo (Jantjie) is so belangwekkend dat ons uit “Specimens of Bushman Folklore” ook die volgende verhaal van sy terugkeer huis-toe aanhaal. Let op die redeneervermoë.
“Jy weet dat ek hier sit en wag op die terugkeer van die maan vir my om huis-toe te gaan, sodat ek dan mag luister na al die mense hulle stories as ek hul ’n besoek tuis bring, dat ek mag luister na hulle stories wat hul vertel, en dat hulle tuis mag luister na die stories van die Plat-Boesmans aan die ander kant van die plek. Hulle kom hulle stories vertel as die son nog maar ’n bietjie warm is, sodat ek, sittende in die son, na hulle stories kan luister—stories wat van ver kom. Dan sal ek in besit kom van ’n storie wat van ver aangewaai kom.
“Ek voel ek moet gaan om met my medemense daar te sit en praat; want ek werk nou hier aan ’n vrou se huiswerk, terwyl my maats na stories van ver af hoor. Nou hoor ek geen stories nie, omdat ek nie rondkuier nie. Ek voel dat ek nou met mense van ’n ander soort verkeer—hulle is nie in besit van my stories nie. Hulle praat nie in my taal nie, want hulle gaan hulle gelyke opsoek en doen huiswerk—want hulle maak huise aankant. Hulle werk vir kos om kos te kry. Hulle werk vir goeie en nuwe kos.[136]
“Die Plat-Boesman stap oor na mekaar se hutte toe, sodat hul rokende daarvoor sit. Daarom hoor hul daar stories; want hul is gewoond om oor en weer te kuier, daar hul rokende mense is. Wat my betref, eksitop die maan en wag om vir my terug te kom dat ek my voete in die pad huis-toe kan plaas. Ek dink dat ek regtig vir die maan moet wag, dat ek dan aan my baas kan sê dat ek nou loop om by my mense te wees, om my gelyke op te soek. Want hier werk ek met meide saam; ek praat nie met hulle nie, want hulle gebruik my net vir huiswerk.
“Ek moet eers ’n bietjie rus om my arms te koel, sodat die moegheid daaruit kan gaan; want ek sit hier tevergeefs op ’n storie te wag. Ek sit met al my ore te luister en sit stil om te wag op ’n storie. My naam gaan vooruit; my drie name1vlie voort padlangs na my huis toe; ek voel ek gaan daar sit, en draai eers my gesig na die plek waar my hakskene was: ek gaan mos terug. Net soos die wind sweef ’n storie na ’n ander plek toe; dan gaan ons name dwarsdeur die ander mense—hulle dink aan ons, al sien hul ons nie. Want ons name, swewende, bereik ’n ander plek. Al lê berge tussen die twee plekke, nogtans, ons naam gaan oor al die berge heen. Die naam waarmee hy terugkeer, dié gaan vooruit. Hy ken die pad reguit huis-toe. Die mense wat op ’n ander plek woon, hulle ore gaan luisterend die naam van die man tegemoet. Die teruggekeerde man ondersoek sy ou plek. Die bome van die plek lyk so mooi; want hul het intussentyd baie gegroei en is groot. Al die[137]tyd het die man van die plek, toe hy weg was, hul nie gesien om onder hulle in hulle skaduwee te stap nie. Al die tyd was hy op ’n ander plek, het daar gewoon—dit was tog nie sy plek nie. Hulle het hom na die ander plek geneem om daar te gaan werk. En hy is die een wat huis-toe verlang.
“Ek wag slegs op die terugkoms van die maan, dat die maan kan omgaan, sodat die tyd vir huistoe-gaan daar is, dat ek dan die waterputte kan beskou—naamlik dié waaruit ek gedrink het. Ek begin te werk om die vervalle hut te herstel. Ek roep my kinders weer tesame, sodat hul kan saam help om die water vir my in orde te maak. Ek was weg, en vreemde het die plek betree; hulle plek is dit nie, want dit was ’Kabbo se vader se vader se plek. Toe word dit weer ’Kabbo se vader se plek; en toe ’Kabbo se pa sterf, toe kry ’Kabbo se oudste broer die plek. Toe dié sterwe, toe kry ’Kabbo die plek. (Die plek is bekend by die basters as Blouputs.) ’Kabbo, toe hy uitgegroei was, trou toe en bring sy vrou na daardie plek. Daar het die twee saam oud geword, en hulle kinders het daar getrou. Hulle kinds-kinders het al vir hulself kon sorg.
“’Kabbo se kinders het by hom bly woon; sy hut het in die middel gestaan, terwyl hul naasaan in goeie hutte gewoon het. ’Kabbo se aangenome broerskind (Betjie) trou eerste, toe daarna sy eie. Betjie het met troue die plek verlaat, maar sy kom nog altyd haar pleegvader besoek; want hy het haar groot gemaak.”
’Kabbo vertel verder: “Haar vader was nie die een wat haar kos gegee het nie; want hy is gestorwe en het haar nagelaat. Ek is die een wat haar gaan haal het net toe[138]haar moeder gesterwe het. Ek bring haar toe na my huis toe. Ek het haar vader (my broer) nie sien sterwe nie; ek het ook nie haar moeder sien sterwe nie. Haar moeder is gestorwe en laat haar hulpeloos na.”
Tot so ver vereers. Ons vervolg die belangwekkendste, dog treurigste gedeelte van hierdie verhaal in die volgende storie, No. 94.
[Uit hierdie deel van die verhaal blyk dit dat indiwiduele persone (Boesmans) vir hul seker waterregte toegeëien het.][141]
1’Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.↑
1’Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.↑
1’Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.↑
1’Kabbo, Jantjie, Uhi-ddoro.↑