[Inhoud]No. 94.No. 94.’n Boesman-Weeskind.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 93).Betjie, die Boesman-weeskind, het haar vader (die broer van ’Kabbo) op die volgende manier verloor:—Die vader is deur iemand gedood wat kwaad vir hom was, terwyl die vader nie vir die ander man kwaad was nie. Hy het na ’n ander plek gaan kuier en het vyf nagte van sy famielie weggebly. ’n Man wat by die plek was waar sy vrou woon, het die kind intussen kos gegee; maar die kind huil gedurig oor haar eie vader. Die man word toe kwaad vir die vader, omdat hy van sy vrou en kind wegbly en omdat die kind gedurig oor hom huil. En toe die vader terugkom en die nag by sy vrou in die hut gaan slaap het, kom daardie man vroeg in die oggend en steek die vader dwarsdeur die hut met ’n Kaffer-asgaai dood—’n asgaai wat hy op Witberg gekoop het. Toe hy in die hut dood lê, het[142]almal hom so verlaat—tot sy vrou—op raad van die moordenaar; dus het die ongedierte sy lyk verslind.Betjie se moeder sterf toe kort daarna aan ’n inwendige siekte. Sy was nie begrawe nie, want tydens haar siekte het sy net by haar ’n jonger suster gehad wat ook aan dieselfde siekte gely het.Die suster was swak en het met baie groot moeite die kind na die plek van ’n famielielid oorgebring, wat ver weg geleë was. Van daardie plek af kan ’n mens die vuur van ’Kabbo se plek in die aand sien brand. Sy het met die kind daarheen aangesukkel, en sy ontmoet vir ’Kabbo halfpad. Hy is egter eers na die dooie moeder haar hut gegaan om hul daar te soek, en het toe by daardie geleentheid die bene van die dooie moeder daar sien rondlê—want haar lyk was net deur die jakkalse verslind. Hy het in haas sy huis verlaat toe hy die tyding van die moeder se siekte en dood van die moeder haar suster ontvang het; want hy was bevrees dat die suster ook langs die pad sal sterwe en die kind daar hulpeloos, lewendig en spelende by haar lyk laat, sodat die jakkalse die kind lewendig sou verslind. Hy het sy huis vroeg in die oggend verlaat en het die plek waar die moeder dood lê eers die aand bereik. Hy maak toe ’n hut ’n entjie daarvandaan om in die nag daarin te slaap. Die volgende oggend het hy die kind daar by die famielie gaan soek. En dis toe dat hy die siek suster op pad ontmoet het. Hy gaan toe weer met die kind na die hut wat hy laas gemaak het, slaap die nag weer daar, en bereik sy eie huis eers die aand van daardie dag.[143]“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.... EN BRING DIT HUIS-TOE.”“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.… EN BRING DIT HUIS-TOE.”[145]’Kabbo gaan voort om sy storie te vertel:—“Ek het haar (Betjie) toe by my gebring; ek was toe nog ’n flukse jong man en kon vinnig hardloop om te jag. En ek dink sy kan by my oorvloed van kos kry, wat ek aan haar kan verskaf. Sy sou dit dan eet. Sy sou dit saam met my eie kind eet, wat toe nog die enigste was. Hulle sou saam opgroei en voor my uitgaan om te speel, daar naby die hut; want albei eet my wild. Ek was vlug om te hardloop; ek voel dat ek met hardloop nog baie goed kan inloop.“Dan hardloop ek om ’n haas te vang; ek bring dit dan huis-toe in my knapsak onderwyl die son warm is. Ek het geen springbokke gesien nie, maar net ’n haas. Ek sien ’n pou en skiet dit. Ek steek dit in my knapsak en bring dit huis-toe. My vrou pluk die vere tuis af. Sy kook dit in die kleipot, dat ons sop kan eet.“Die volgende dag gaan ek hase jag; ek loer orals in die skaduwee van die bossies, ek skiet, die haas spring op en hardloop weg om verderaan te vrek; ek tel dit op, sodat die kinders kan eet, want die springbokke het weggetrek. Daarom moes ek hase vang deur agter hulle te hardloop, dat hul deur die son se hitte kan dood val. Hulle word dan deur die son doodgebrand; want ek weet dat die haas iets is wat nie water drink nie. Dit eet net droë bossies en lek die dou wat daarop is. Daarom bly die haas dorstig. Dit bly in die warm somer ook sonder water, daar dit glad geen verstand van waterputte of damme het nie; so gaan hy nie drink nie. Hy bly so en lê in die warm son in die koelte van bossies.[146]“Daarom hardloop ek agter hulle as die son warm is; sodat die son, brandende, hulle vir my doodmaak; dat ek hul, dood deur die son, kan eet; want dis mos ek wat hul rondgeja het, en hulle het in vrees vir my gevlug. Uit dors en vrees gaan die haas lê om dood te gaan; want hy het droog geword. Al die tyd het ek nie opgehou of gestap nie, anders sou hy omgekyk het en dan van my weggehol het. Hy gaan lê om te sterwe, want dis afmatting wat die haas uitgeput het. Die grond was warm en het ook sy voete gebrand.“Ek stap nader en tel die haas op en steek dit in die pylsak. Nou gaan ek weer om ’n ander te soek. Dié een spring ook op en hol in die son. Hy is bang en hol in die warmte rond. Ek agtervolg dié een ook en hol tot hy ook deur die sonhitte dood val. Ek gaan ook dié haas optel, breek sy vier bene en steek hom ook in die sak. Ek gaan dan rondom in die bossies sy maat soek; want dit lyk vir my of hierdie haas getroud kan wees. Ek soek nou na die wyfie. Ek haal die sak van my skouers af dat ek vinnig kan hardloop, en lê die sak neer en vang hierdie hasie ook. Ek bring die buit huis-toe, sodat ek, my vrou en die twee kinders daarvan kan eet. Want ek is bang dat kambro die kinders sal doodmaak; want in tyd van droogte gee dit skerp pyne in die kop en ’n gesuis in die ore.“Die reën moet eers val, dan gaan ek volstruise jag. Hulle soek dan water langs die bedding van die Harrivier en gaan dan drink. Ek gaan voor die tyd en wag die volstruise daar af en bekruip hul in die rivierbedding. Ek moet dan plat op my buik lê om hul te skiet. Die volstruise[147]wat na die weste gegaan het, kom terug om die nuwe water te drink.”Ná dit spreek ’Kabbo sy verlange uit om van Kaapstad na sy woonplek terug te keer. Hy wag nog vir die beloofde paar stewels, wat sterk moet wees, want die son is warm en maak die pad ook warm. Sy woonplek lê ver. Hy wag net op die terugkeer van die maan om te vertrek. Hy sal sy huis bereik as die bome droog is en die blomme op die weg daarheen verdor het. Hy sal nie eers na ander plekke toe gaan nie, maar reguit huis-toe. Daar sal hy op die beloofde geweer wag; want ’n roer is iets wat vir ’n ou man sorg en hom nie honger laat ly nie. Dit was net deur pure honger dat hy gedrewe was om skape te steel en te slag, en so in die tronk gekom het. Maar met ’n roer kan ’n mens in winderige en bitter koue weer skiet, en dan het hy altyd kos in sy huis en hoef dan nie ander se kos te eet nie.[151]

No. 94.No. 94.’n Boesman-Weeskind.
No. 94.
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 93).Betjie, die Boesman-weeskind, het haar vader (die broer van ’Kabbo) op die volgende manier verloor:—Die vader is deur iemand gedood wat kwaad vir hom was, terwyl die vader nie vir die ander man kwaad was nie. Hy het na ’n ander plek gaan kuier en het vyf nagte van sy famielie weggebly. ’n Man wat by die plek was waar sy vrou woon, het die kind intussen kos gegee; maar die kind huil gedurig oor haar eie vader. Die man word toe kwaad vir die vader, omdat hy van sy vrou en kind wegbly en omdat die kind gedurig oor hom huil. En toe die vader terugkom en die nag by sy vrou in die hut gaan slaap het, kom daardie man vroeg in die oggend en steek die vader dwarsdeur die hut met ’n Kaffer-asgaai dood—’n asgaai wat hy op Witberg gekoop het. Toe hy in die hut dood lê, het[142]almal hom so verlaat—tot sy vrou—op raad van die moordenaar; dus het die ongedierte sy lyk verslind.Betjie se moeder sterf toe kort daarna aan ’n inwendige siekte. Sy was nie begrawe nie, want tydens haar siekte het sy net by haar ’n jonger suster gehad wat ook aan dieselfde siekte gely het.Die suster was swak en het met baie groot moeite die kind na die plek van ’n famielielid oorgebring, wat ver weg geleë was. Van daardie plek af kan ’n mens die vuur van ’Kabbo se plek in die aand sien brand. Sy het met die kind daarheen aangesukkel, en sy ontmoet vir ’Kabbo halfpad. Hy is egter eers na die dooie moeder haar hut gegaan om hul daar te soek, en het toe by daardie geleentheid die bene van die dooie moeder daar sien rondlê—want haar lyk was net deur die jakkalse verslind. Hy het in haas sy huis verlaat toe hy die tyding van die moeder se siekte en dood van die moeder haar suster ontvang het; want hy was bevrees dat die suster ook langs die pad sal sterwe en die kind daar hulpeloos, lewendig en spelende by haar lyk laat, sodat die jakkalse die kind lewendig sou verslind. Hy het sy huis vroeg in die oggend verlaat en het die plek waar die moeder dood lê eers die aand bereik. Hy maak toe ’n hut ’n entjie daarvandaan om in die nag daarin te slaap. Die volgende oggend het hy die kind daar by die famielie gaan soek. En dis toe dat hy die siek suster op pad ontmoet het. Hy gaan toe weer met die kind na die hut wat hy laas gemaak het, slaap die nag weer daar, en bereik sy eie huis eers die aand van daardie dag.[143]“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.... EN BRING DIT HUIS-TOE.”“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.… EN BRING DIT HUIS-TOE.”[145]’Kabbo gaan voort om sy storie te vertel:—“Ek het haar (Betjie) toe by my gebring; ek was toe nog ’n flukse jong man en kon vinnig hardloop om te jag. En ek dink sy kan by my oorvloed van kos kry, wat ek aan haar kan verskaf. Sy sou dit dan eet. Sy sou dit saam met my eie kind eet, wat toe nog die enigste was. Hulle sou saam opgroei en voor my uitgaan om te speel, daar naby die hut; want albei eet my wild. Ek was vlug om te hardloop; ek voel dat ek met hardloop nog baie goed kan inloop.“Dan hardloop ek om ’n haas te vang; ek bring dit dan huis-toe in my knapsak onderwyl die son warm is. Ek het geen springbokke gesien nie, maar net ’n haas. Ek sien ’n pou en skiet dit. Ek steek dit in my knapsak en bring dit huis-toe. My vrou pluk die vere tuis af. Sy kook dit in die kleipot, dat ons sop kan eet.“Die volgende dag gaan ek hase jag; ek loer orals in die skaduwee van die bossies, ek skiet, die haas spring op en hardloop weg om verderaan te vrek; ek tel dit op, sodat die kinders kan eet, want die springbokke het weggetrek. Daarom moes ek hase vang deur agter hulle te hardloop, dat hul deur die son se hitte kan dood val. Hulle word dan deur die son doodgebrand; want ek weet dat die haas iets is wat nie water drink nie. Dit eet net droë bossies en lek die dou wat daarop is. Daarom bly die haas dorstig. Dit bly in die warm somer ook sonder water, daar dit glad geen verstand van waterputte of damme het nie; so gaan hy nie drink nie. Hy bly so en lê in die warm son in die koelte van bossies.[146]“Daarom hardloop ek agter hulle as die son warm is; sodat die son, brandende, hulle vir my doodmaak; dat ek hul, dood deur die son, kan eet; want dis mos ek wat hul rondgeja het, en hulle het in vrees vir my gevlug. Uit dors en vrees gaan die haas lê om dood te gaan; want hy het droog geword. Al die tyd het ek nie opgehou of gestap nie, anders sou hy omgekyk het en dan van my weggehol het. Hy gaan lê om te sterwe, want dis afmatting wat die haas uitgeput het. Die grond was warm en het ook sy voete gebrand.“Ek stap nader en tel die haas op en steek dit in die pylsak. Nou gaan ek weer om ’n ander te soek. Dié een spring ook op en hol in die son. Hy is bang en hol in die warmte rond. Ek agtervolg dié een ook en hol tot hy ook deur die sonhitte dood val. Ek gaan ook dié haas optel, breek sy vier bene en steek hom ook in die sak. Ek gaan dan rondom in die bossies sy maat soek; want dit lyk vir my of hierdie haas getroud kan wees. Ek soek nou na die wyfie. Ek haal die sak van my skouers af dat ek vinnig kan hardloop, en lê die sak neer en vang hierdie hasie ook. Ek bring die buit huis-toe, sodat ek, my vrou en die twee kinders daarvan kan eet. Want ek is bang dat kambro die kinders sal doodmaak; want in tyd van droogte gee dit skerp pyne in die kop en ’n gesuis in die ore.“Die reën moet eers val, dan gaan ek volstruise jag. Hulle soek dan water langs die bedding van die Harrivier en gaan dan drink. Ek gaan voor die tyd en wag die volstruise daar af en bekruip hul in die rivierbedding. Ek moet dan plat op my buik lê om hul te skiet. Die volstruise[147]wat na die weste gegaan het, kom terug om die nuwe water te drink.”Ná dit spreek ’Kabbo sy verlange uit om van Kaapstad na sy woonplek terug te keer. Hy wag nog vir die beloofde paar stewels, wat sterk moet wees, want die son is warm en maak die pad ook warm. Sy woonplek lê ver. Hy wag net op die terugkeer van die maan om te vertrek. Hy sal sy huis bereik as die bome droog is en die blomme op die weg daarheen verdor het. Hy sal nie eers na ander plekke toe gaan nie, maar reguit huis-toe. Daar sal hy op die beloofde geweer wag; want ’n roer is iets wat vir ’n ou man sorg en hom nie honger laat ly nie. Dit was net deur pure honger dat hy gedrewe was om skape te steel en te slag, en so in die tronk gekom het. Maar met ’n roer kan ’n mens in winderige en bitter koue weer skiet, en dan het hy altyd kos in sy huis en hoef dan nie ander se kos te eet nie.[151]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 93).
Betjie, die Boesman-weeskind, het haar vader (die broer van ’Kabbo) op die volgende manier verloor:—Die vader is deur iemand gedood wat kwaad vir hom was, terwyl die vader nie vir die ander man kwaad was nie. Hy het na ’n ander plek gaan kuier en het vyf nagte van sy famielie weggebly. ’n Man wat by die plek was waar sy vrou woon, het die kind intussen kos gegee; maar die kind huil gedurig oor haar eie vader. Die man word toe kwaad vir die vader, omdat hy van sy vrou en kind wegbly en omdat die kind gedurig oor hom huil. En toe die vader terugkom en die nag by sy vrou in die hut gaan slaap het, kom daardie man vroeg in die oggend en steek die vader dwarsdeur die hut met ’n Kaffer-asgaai dood—’n asgaai wat hy op Witberg gekoop het. Toe hy in die hut dood lê, het[142]almal hom so verlaat—tot sy vrou—op raad van die moordenaar; dus het die ongedierte sy lyk verslind.
Betjie se moeder sterf toe kort daarna aan ’n inwendige siekte. Sy was nie begrawe nie, want tydens haar siekte het sy net by haar ’n jonger suster gehad wat ook aan dieselfde siekte gely het.
Die suster was swak en het met baie groot moeite die kind na die plek van ’n famielielid oorgebring, wat ver weg geleë was. Van daardie plek af kan ’n mens die vuur van ’Kabbo se plek in die aand sien brand. Sy het met die kind daarheen aangesukkel, en sy ontmoet vir ’Kabbo halfpad. Hy is egter eers na die dooie moeder haar hut gegaan om hul daar te soek, en het toe by daardie geleentheid die bene van die dooie moeder daar sien rondlê—want haar lyk was net deur die jakkalse verslind. Hy het in haas sy huis verlaat toe hy die tyding van die moeder se siekte en dood van die moeder haar suster ontvang het; want hy was bevrees dat die suster ook langs die pad sal sterwe en die kind daar hulpeloos, lewendig en spelende by haar lyk laat, sodat die jakkalse die kind lewendig sou verslind. Hy het sy huis vroeg in die oggend verlaat en het die plek waar die moeder dood lê eers die aand bereik. Hy maak toe ’n hut ’n entjie daarvandaan om in die nag daarin te slaap. Die volgende oggend het hy die kind daar by die famielie gaan soek. En dis toe dat hy die siek suster op pad ontmoet het. Hy gaan toe weer met die kind na die hut wat hy laas gemaak het, slaap die nag weer daar, en bereik sy eie huis eers die aand van daardie dag.[143]
“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.... EN BRING DIT HUIS-TOE.”“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.… EN BRING DIT HUIS-TOE.”
“EK SIEN ’N POU EN SKIET DIT.… EN BRING DIT HUIS-TOE.”
[145]
’Kabbo gaan voort om sy storie te vertel:—
“Ek het haar (Betjie) toe by my gebring; ek was toe nog ’n flukse jong man en kon vinnig hardloop om te jag. En ek dink sy kan by my oorvloed van kos kry, wat ek aan haar kan verskaf. Sy sou dit dan eet. Sy sou dit saam met my eie kind eet, wat toe nog die enigste was. Hulle sou saam opgroei en voor my uitgaan om te speel, daar naby die hut; want albei eet my wild. Ek was vlug om te hardloop; ek voel dat ek met hardloop nog baie goed kan inloop.
“Dan hardloop ek om ’n haas te vang; ek bring dit dan huis-toe in my knapsak onderwyl die son warm is. Ek het geen springbokke gesien nie, maar net ’n haas. Ek sien ’n pou en skiet dit. Ek steek dit in my knapsak en bring dit huis-toe. My vrou pluk die vere tuis af. Sy kook dit in die kleipot, dat ons sop kan eet.
“Die volgende dag gaan ek hase jag; ek loer orals in die skaduwee van die bossies, ek skiet, die haas spring op en hardloop weg om verderaan te vrek; ek tel dit op, sodat die kinders kan eet, want die springbokke het weggetrek. Daarom moes ek hase vang deur agter hulle te hardloop, dat hul deur die son se hitte kan dood val. Hulle word dan deur die son doodgebrand; want ek weet dat die haas iets is wat nie water drink nie. Dit eet net droë bossies en lek die dou wat daarop is. Daarom bly die haas dorstig. Dit bly in die warm somer ook sonder water, daar dit glad geen verstand van waterputte of damme het nie; so gaan hy nie drink nie. Hy bly so en lê in die warm son in die koelte van bossies.[146]
“Daarom hardloop ek agter hulle as die son warm is; sodat die son, brandende, hulle vir my doodmaak; dat ek hul, dood deur die son, kan eet; want dis mos ek wat hul rondgeja het, en hulle het in vrees vir my gevlug. Uit dors en vrees gaan die haas lê om dood te gaan; want hy het droog geword. Al die tyd het ek nie opgehou of gestap nie, anders sou hy omgekyk het en dan van my weggehol het. Hy gaan lê om te sterwe, want dis afmatting wat die haas uitgeput het. Die grond was warm en het ook sy voete gebrand.
“Ek stap nader en tel die haas op en steek dit in die pylsak. Nou gaan ek weer om ’n ander te soek. Dié een spring ook op en hol in die son. Hy is bang en hol in die warmte rond. Ek agtervolg dié een ook en hol tot hy ook deur die sonhitte dood val. Ek gaan ook dié haas optel, breek sy vier bene en steek hom ook in die sak. Ek gaan dan rondom in die bossies sy maat soek; want dit lyk vir my of hierdie haas getroud kan wees. Ek soek nou na die wyfie. Ek haal die sak van my skouers af dat ek vinnig kan hardloop, en lê die sak neer en vang hierdie hasie ook. Ek bring die buit huis-toe, sodat ek, my vrou en die twee kinders daarvan kan eet. Want ek is bang dat kambro die kinders sal doodmaak; want in tyd van droogte gee dit skerp pyne in die kop en ’n gesuis in die ore.
“Die reën moet eers val, dan gaan ek volstruise jag. Hulle soek dan water langs die bedding van die Harrivier en gaan dan drink. Ek gaan voor die tyd en wag die volstruise daar af en bekruip hul in die rivierbedding. Ek moet dan plat op my buik lê om hul te skiet. Die volstruise[147]wat na die weste gegaan het, kom terug om die nuwe water te drink.”
Ná dit spreek ’Kabbo sy verlange uit om van Kaapstad na sy woonplek terug te keer. Hy wag nog vir die beloofde paar stewels, wat sterk moet wees, want die son is warm en maak die pad ook warm. Sy woonplek lê ver. Hy wag net op die terugkeer van die maan om te vertrek. Hy sal sy huis bereik as die bome droog is en die blomme op die weg daarheen verdor het. Hy sal nie eers na ander plekke toe gaan nie, maar reguit huis-toe. Daar sal hy op die beloofde geweer wag; want ’n roer is iets wat vir ’n ou man sorg en hom nie honger laat ly nie. Dit was net deur pure honger dat hy gedrewe was om skape te steel en te slag, en so in die tronk gekom het. Maar met ’n roer kan ’n mens in winderige en bitter koue weer skiet, en dan het hy altyd kos in sy huis en hoef dan nie ander se kos te eet nie.[151]