No. 95.

[Inhoud]No. 95.Die Krag van Bygeloof.OPMERKINGS:—Hierdie ware gebeurtenis is aan ons deur oom Karel en sy broer Piet M—— vertel.Net soos alle inboorlinge is die Boesman baie bygelowig. By hulle bestaan daar altyd ’n vrees dat ’n bose gees of die gees van ’n afgestorwene hulle gedurig gadeslaan om hul te straf as hul iets verkeerds doen, of om hul te seën as hul hulle plig verrig. Gevolglik is daar baie voorskrifte waaraan hul vir hulle moet hou. Bygeloof is sterker by een persoon as by ’n ander wat hom minder aan kleinighede steur, vernaamlik as dit hul ongerief en moeite besorg.So vertel oom Karel en sy broer Piet toe ons oor bygeloof oor die algemeen sit en praat:—Hulle vader, oom Willem, het met droë vrugte en rolle tabak ’n handelstog gaan maak en het met daardie geleentheid ’n jong Boesman op die lyf geloop. Hy was ’n besonder geslepe ventjie en was spoedig die gunsteling van hulle (die kinders van oom Willem). Hulle het hom die naam van Krappies gegee. Hy was baie bygelowig, en dit was vir die kinders te mooi; daarom kon hul so baie meer grappies met hom uitvoer.Dit was nog in die slawetyd; maar Krappies was altyd ’n strepie voor. Sy werk was dié van staljong en koesier,[152]en verder moes hy vir die varkens sorg en oplet waar die kalkoene en ganse nes maak. Voorwaar geen swaar werk nie! Hy was op sy manier dood eerlik, maar nie by tabak en sterk drank nie—hier steel hy waar ’n kans hom aanbied. In die dag kry hy min kans om sy planne uit te voer, dus neem hy sy kans waar in die aand of nag. Maar as daar op die plek sonder die wete van Krappies ’n wit laken oor ’n regop stok gehang word, is dit ’n waarborg dat daardie drank of tabak vir Krappies ontoeganklik is.Oom Willem se vrou sterf op haar ou dag en is in die famielie-kerkhof daar naby op die werf begrawe. Krappies was toe ook al ’n ouerige Boesman. Die kinders het by die graf ’n paar wit blomboompies geplant, en toe roep oom Willem vir Krappies, stap met hom na die kerkhof en sê aan hom dat die ounôi altyd vir hom so goed was, en om nou aan haar ’n diens te bewys, moet hy sorg dat die blomboompies altyd water kry. En as oom Willem eendag dood is, dan moet hy altyd die plantjies by sy oubaas en ounôi se grafte kom nat gooi. Hy sal sien as hy dit doen en die kerkhof verder van onkruid skoon hou, dat hy ’n gelukkige ou dag sal hê; want die kinders sal vir hom sorg en oppas as hy siek is.Dis te wonderlik watter effek hierdie versoek op ou Krappies gemaak het. Van daardie dag af het hy al begin te sorg vir die kerkhof en het nie toegelaat dat daar ’n grassie in groei nie. Hy was selfs nie bang om saans daar by die kerkhof verby te loop nie. En die kinders van oom Willem het dit so prysenswaardig van Krappies gevind[153]dat hul hom altyd vir sy attensie goed beloon het, en hulle het hom maar daartoe aangemoedig.Oom Willem sterf kort daarna en is naas sy vrou begrawe, en Krappies word nog meer aan die kerkhof geheg; want hy vind, na sy mening, dat die geeste van sy oubaas en ounôi hom seën. Almal het ou Krappies in sy werk van plig geprys. Hy kom maar eenkeer in die maand by die kerkhof as dit reën; maar in droë tyd dra hy water.Maar in die laaste jare gebeur dit dat ou Krappies af en toe baie spraaksaam en soms hoog deur die takke is, en dan sorg hy nie meer so mooi vir die grafte nie. Hulle het al op alle maniere probeer om uit te vind waar Krappies aan die drank kom, maar dit geluk nooit nie. Hy kry dit by iemand anders; maar by wie?Dit raak na Nuwejaar se kant; die kerkhof was verwaarloos. Krappies kom sy kos haal om vir ’n hele dag daarin te werk, en niemand steur hom verder aan Krappies nie. Hy bly die hele dag daar alleen—net middag het hy sy kos kom haal en toe ’n dop wyn gekry.Nou, laat ons eers die geheim vertel waar Krappies die drank vandaan kry. Die slawe was toe lankal vry. Daar was een van die vrygeworde slawe wat nooit gewerk het nie, en tog is hy nooit sonder geld nie. Hy het met vertroubare volk ooreengekom dat as hul op sekere bepaalde plekke geld plaas, hy dan in die nag daar brandewyn sal plaas en die geld vir die brandewyn vat. Hy het te ordentlik gelyk en het ’n goeie getuigskrif van sy vorige baas gehad, sodat niemand die minste slegte gedagte van hom gehad het nie; want hy het nog by dit ’n soort van handel[154]gedrywe. Wel, Krappies se drank het hy altyd onder die sipresboom in die kerkhof begrawe. Eers het Krappies saans matig gedrink, en toe het hul nie uitgevind nie; maar later het hy in die dag begin en word dan spraaksaam.Ons kom weer terug na die dag toe Krappies so fluks die kerkhof aangepak het. Nuwejaar is naby; alles moet mooi lyk. Hierdie slag was daar nie brandewyn nie—die ander jong het met vergissing spieritus van brandewyn in plaas van brandewyn onder die sipresboom die vorige aand geplaas. Krappies het die sterkheid geproe, maar dag toe: “Arrie, dis nou vir jou die regte stof!” Hy begin ná die middagete op die dop wyn skerp aan die spieritus te drink en gaan dan weer aan gras skoffel. Die slotsom was, toe die son haas ondergaan, het Krappies half die horries gehad; want by al die drinkery kom nog dat die daggapyp ook nu en dan aangespreek geword is.Hy val vas aan die slaap, en dit word donker.Ná hy ’n goeie ruk geslaap het, skrik hy wakker, glad deurmekaar, sodat hy op die oomblik nie weet waar hy was nie. Hy proe nog die smaak van spieritus in sy mond, en toe val hom iets by, nl. dat hy in die kerkhof is. Hy kyk na sy ounôi haar grafsteen, en daar sit ’n uil (natuurlik denkbeeldig). Hy kyk na die sipresboom waaronder die bottel begrawe lê—daar sien hy die oubaas met die bottel in die hand staan en vra: “Krappies, Krappies, wat is dit?”Maar Krappies kies die pad na die hekkie toe, en daar keer ’n bok hom voor. Dog hy bars deur en hol tot in sy kamer waar hy slaap. Die oubaas se gees het dié nag in die[155]kamer gebly. Die ander dag was hy siek en voel sleg. Daar het hy gelê tot hy beter was.Maar in sy siekte kon hul sien dat iets hom kwel, en toe kom hy met die geskiedenis uit soos hierbo vertel. Daarop het oom Karel en oom Piet hom wysgemaak dat dit die gees van die oubaas was wat hom kom regstel. Hy het dit so vas geglo dat hy nooit weer sy mond aan drank wou sit nie; selfs het hy hard gestry om sy daggapyp te laat staan. Maar tabak het hy bly rook.Oom Karel het na die kerkhof gestap en het daar ’n halfbottel spieritus gekry.Hieruit kan ons sien dat ’n Boesman vir ’n ingrypende indruk ook vatbaar is en dat die indruk by hom bly—vernaamlik as bygeloof daar iets mee te doen het.[159]

No. 95.Die Krag van Bygeloof.

OPMERKINGS:—Hierdie ware gebeurtenis is aan ons deur oom Karel en sy broer Piet M—— vertel.Net soos alle inboorlinge is die Boesman baie bygelowig. By hulle bestaan daar altyd ’n vrees dat ’n bose gees of die gees van ’n afgestorwene hulle gedurig gadeslaan om hul te straf as hul iets verkeerds doen, of om hul te seën as hul hulle plig verrig. Gevolglik is daar baie voorskrifte waaraan hul vir hulle moet hou. Bygeloof is sterker by een persoon as by ’n ander wat hom minder aan kleinighede steur, vernaamlik as dit hul ongerief en moeite besorg.So vertel oom Karel en sy broer Piet toe ons oor bygeloof oor die algemeen sit en praat:—Hulle vader, oom Willem, het met droë vrugte en rolle tabak ’n handelstog gaan maak en het met daardie geleentheid ’n jong Boesman op die lyf geloop. Hy was ’n besonder geslepe ventjie en was spoedig die gunsteling van hulle (die kinders van oom Willem). Hulle het hom die naam van Krappies gegee. Hy was baie bygelowig, en dit was vir die kinders te mooi; daarom kon hul so baie meer grappies met hom uitvoer.Dit was nog in die slawetyd; maar Krappies was altyd ’n strepie voor. Sy werk was dié van staljong en koesier,[152]en verder moes hy vir die varkens sorg en oplet waar die kalkoene en ganse nes maak. Voorwaar geen swaar werk nie! Hy was op sy manier dood eerlik, maar nie by tabak en sterk drank nie—hier steel hy waar ’n kans hom aanbied. In die dag kry hy min kans om sy planne uit te voer, dus neem hy sy kans waar in die aand of nag. Maar as daar op die plek sonder die wete van Krappies ’n wit laken oor ’n regop stok gehang word, is dit ’n waarborg dat daardie drank of tabak vir Krappies ontoeganklik is.Oom Willem se vrou sterf op haar ou dag en is in die famielie-kerkhof daar naby op die werf begrawe. Krappies was toe ook al ’n ouerige Boesman. Die kinders het by die graf ’n paar wit blomboompies geplant, en toe roep oom Willem vir Krappies, stap met hom na die kerkhof en sê aan hom dat die ounôi altyd vir hom so goed was, en om nou aan haar ’n diens te bewys, moet hy sorg dat die blomboompies altyd water kry. En as oom Willem eendag dood is, dan moet hy altyd die plantjies by sy oubaas en ounôi se grafte kom nat gooi. Hy sal sien as hy dit doen en die kerkhof verder van onkruid skoon hou, dat hy ’n gelukkige ou dag sal hê; want die kinders sal vir hom sorg en oppas as hy siek is.Dis te wonderlik watter effek hierdie versoek op ou Krappies gemaak het. Van daardie dag af het hy al begin te sorg vir die kerkhof en het nie toegelaat dat daar ’n grassie in groei nie. Hy was selfs nie bang om saans daar by die kerkhof verby te loop nie. En die kinders van oom Willem het dit so prysenswaardig van Krappies gevind[153]dat hul hom altyd vir sy attensie goed beloon het, en hulle het hom maar daartoe aangemoedig.Oom Willem sterf kort daarna en is naas sy vrou begrawe, en Krappies word nog meer aan die kerkhof geheg; want hy vind, na sy mening, dat die geeste van sy oubaas en ounôi hom seën. Almal het ou Krappies in sy werk van plig geprys. Hy kom maar eenkeer in die maand by die kerkhof as dit reën; maar in droë tyd dra hy water.Maar in die laaste jare gebeur dit dat ou Krappies af en toe baie spraaksaam en soms hoog deur die takke is, en dan sorg hy nie meer so mooi vir die grafte nie. Hulle het al op alle maniere probeer om uit te vind waar Krappies aan die drank kom, maar dit geluk nooit nie. Hy kry dit by iemand anders; maar by wie?Dit raak na Nuwejaar se kant; die kerkhof was verwaarloos. Krappies kom sy kos haal om vir ’n hele dag daarin te werk, en niemand steur hom verder aan Krappies nie. Hy bly die hele dag daar alleen—net middag het hy sy kos kom haal en toe ’n dop wyn gekry.Nou, laat ons eers die geheim vertel waar Krappies die drank vandaan kry. Die slawe was toe lankal vry. Daar was een van die vrygeworde slawe wat nooit gewerk het nie, en tog is hy nooit sonder geld nie. Hy het met vertroubare volk ooreengekom dat as hul op sekere bepaalde plekke geld plaas, hy dan in die nag daar brandewyn sal plaas en die geld vir die brandewyn vat. Hy het te ordentlik gelyk en het ’n goeie getuigskrif van sy vorige baas gehad, sodat niemand die minste slegte gedagte van hom gehad het nie; want hy het nog by dit ’n soort van handel[154]gedrywe. Wel, Krappies se drank het hy altyd onder die sipresboom in die kerkhof begrawe. Eers het Krappies saans matig gedrink, en toe het hul nie uitgevind nie; maar later het hy in die dag begin en word dan spraaksaam.Ons kom weer terug na die dag toe Krappies so fluks die kerkhof aangepak het. Nuwejaar is naby; alles moet mooi lyk. Hierdie slag was daar nie brandewyn nie—die ander jong het met vergissing spieritus van brandewyn in plaas van brandewyn onder die sipresboom die vorige aand geplaas. Krappies het die sterkheid geproe, maar dag toe: “Arrie, dis nou vir jou die regte stof!” Hy begin ná die middagete op die dop wyn skerp aan die spieritus te drink en gaan dan weer aan gras skoffel. Die slotsom was, toe die son haas ondergaan, het Krappies half die horries gehad; want by al die drinkery kom nog dat die daggapyp ook nu en dan aangespreek geword is.Hy val vas aan die slaap, en dit word donker.Ná hy ’n goeie ruk geslaap het, skrik hy wakker, glad deurmekaar, sodat hy op die oomblik nie weet waar hy was nie. Hy proe nog die smaak van spieritus in sy mond, en toe val hom iets by, nl. dat hy in die kerkhof is. Hy kyk na sy ounôi haar grafsteen, en daar sit ’n uil (natuurlik denkbeeldig). Hy kyk na die sipresboom waaronder die bottel begrawe lê—daar sien hy die oubaas met die bottel in die hand staan en vra: “Krappies, Krappies, wat is dit?”Maar Krappies kies die pad na die hekkie toe, en daar keer ’n bok hom voor. Dog hy bars deur en hol tot in sy kamer waar hy slaap. Die oubaas se gees het dié nag in die[155]kamer gebly. Die ander dag was hy siek en voel sleg. Daar het hy gelê tot hy beter was.Maar in sy siekte kon hul sien dat iets hom kwel, en toe kom hy met die geskiedenis uit soos hierbo vertel. Daarop het oom Karel en oom Piet hom wysgemaak dat dit die gees van die oubaas was wat hom kom regstel. Hy het dit so vas geglo dat hy nooit weer sy mond aan drank wou sit nie; selfs het hy hard gestry om sy daggapyp te laat staan. Maar tabak het hy bly rook.Oom Karel het na die kerkhof gestap en het daar ’n halfbottel spieritus gekry.Hieruit kan ons sien dat ’n Boesman vir ’n ingrypende indruk ook vatbaar is en dat die indruk by hom bly—vernaamlik as bygeloof daar iets mee te doen het.[159]

OPMERKINGS:—Hierdie ware gebeurtenis is aan ons deur oom Karel en sy broer Piet M—— vertel.

Net soos alle inboorlinge is die Boesman baie bygelowig. By hulle bestaan daar altyd ’n vrees dat ’n bose gees of die gees van ’n afgestorwene hulle gedurig gadeslaan om hul te straf as hul iets verkeerds doen, of om hul te seën as hul hulle plig verrig. Gevolglik is daar baie voorskrifte waaraan hul vir hulle moet hou. Bygeloof is sterker by een persoon as by ’n ander wat hom minder aan kleinighede steur, vernaamlik as dit hul ongerief en moeite besorg.

So vertel oom Karel en sy broer Piet toe ons oor bygeloof oor die algemeen sit en praat:—

Hulle vader, oom Willem, het met droë vrugte en rolle tabak ’n handelstog gaan maak en het met daardie geleentheid ’n jong Boesman op die lyf geloop. Hy was ’n besonder geslepe ventjie en was spoedig die gunsteling van hulle (die kinders van oom Willem). Hulle het hom die naam van Krappies gegee. Hy was baie bygelowig, en dit was vir die kinders te mooi; daarom kon hul so baie meer grappies met hom uitvoer.

Dit was nog in die slawetyd; maar Krappies was altyd ’n strepie voor. Sy werk was dié van staljong en koesier,[152]en verder moes hy vir die varkens sorg en oplet waar die kalkoene en ganse nes maak. Voorwaar geen swaar werk nie! Hy was op sy manier dood eerlik, maar nie by tabak en sterk drank nie—hier steel hy waar ’n kans hom aanbied. In die dag kry hy min kans om sy planne uit te voer, dus neem hy sy kans waar in die aand of nag. Maar as daar op die plek sonder die wete van Krappies ’n wit laken oor ’n regop stok gehang word, is dit ’n waarborg dat daardie drank of tabak vir Krappies ontoeganklik is.

Oom Willem se vrou sterf op haar ou dag en is in die famielie-kerkhof daar naby op die werf begrawe. Krappies was toe ook al ’n ouerige Boesman. Die kinders het by die graf ’n paar wit blomboompies geplant, en toe roep oom Willem vir Krappies, stap met hom na die kerkhof en sê aan hom dat die ounôi altyd vir hom so goed was, en om nou aan haar ’n diens te bewys, moet hy sorg dat die blomboompies altyd water kry. En as oom Willem eendag dood is, dan moet hy altyd die plantjies by sy oubaas en ounôi se grafte kom nat gooi. Hy sal sien as hy dit doen en die kerkhof verder van onkruid skoon hou, dat hy ’n gelukkige ou dag sal hê; want die kinders sal vir hom sorg en oppas as hy siek is.

Dis te wonderlik watter effek hierdie versoek op ou Krappies gemaak het. Van daardie dag af het hy al begin te sorg vir die kerkhof en het nie toegelaat dat daar ’n grassie in groei nie. Hy was selfs nie bang om saans daar by die kerkhof verby te loop nie. En die kinders van oom Willem het dit so prysenswaardig van Krappies gevind[153]dat hul hom altyd vir sy attensie goed beloon het, en hulle het hom maar daartoe aangemoedig.

Oom Willem sterf kort daarna en is naas sy vrou begrawe, en Krappies word nog meer aan die kerkhof geheg; want hy vind, na sy mening, dat die geeste van sy oubaas en ounôi hom seën. Almal het ou Krappies in sy werk van plig geprys. Hy kom maar eenkeer in die maand by die kerkhof as dit reën; maar in droë tyd dra hy water.

Maar in die laaste jare gebeur dit dat ou Krappies af en toe baie spraaksaam en soms hoog deur die takke is, en dan sorg hy nie meer so mooi vir die grafte nie. Hulle het al op alle maniere probeer om uit te vind waar Krappies aan die drank kom, maar dit geluk nooit nie. Hy kry dit by iemand anders; maar by wie?

Dit raak na Nuwejaar se kant; die kerkhof was verwaarloos. Krappies kom sy kos haal om vir ’n hele dag daarin te werk, en niemand steur hom verder aan Krappies nie. Hy bly die hele dag daar alleen—net middag het hy sy kos kom haal en toe ’n dop wyn gekry.

Nou, laat ons eers die geheim vertel waar Krappies die drank vandaan kry. Die slawe was toe lankal vry. Daar was een van die vrygeworde slawe wat nooit gewerk het nie, en tog is hy nooit sonder geld nie. Hy het met vertroubare volk ooreengekom dat as hul op sekere bepaalde plekke geld plaas, hy dan in die nag daar brandewyn sal plaas en die geld vir die brandewyn vat. Hy het te ordentlik gelyk en het ’n goeie getuigskrif van sy vorige baas gehad, sodat niemand die minste slegte gedagte van hom gehad het nie; want hy het nog by dit ’n soort van handel[154]gedrywe. Wel, Krappies se drank het hy altyd onder die sipresboom in die kerkhof begrawe. Eers het Krappies saans matig gedrink, en toe het hul nie uitgevind nie; maar later het hy in die dag begin en word dan spraaksaam.

Ons kom weer terug na die dag toe Krappies so fluks die kerkhof aangepak het. Nuwejaar is naby; alles moet mooi lyk. Hierdie slag was daar nie brandewyn nie—die ander jong het met vergissing spieritus van brandewyn in plaas van brandewyn onder die sipresboom die vorige aand geplaas. Krappies het die sterkheid geproe, maar dag toe: “Arrie, dis nou vir jou die regte stof!” Hy begin ná die middagete op die dop wyn skerp aan die spieritus te drink en gaan dan weer aan gras skoffel. Die slotsom was, toe die son haas ondergaan, het Krappies half die horries gehad; want by al die drinkery kom nog dat die daggapyp ook nu en dan aangespreek geword is.

Hy val vas aan die slaap, en dit word donker.

Ná hy ’n goeie ruk geslaap het, skrik hy wakker, glad deurmekaar, sodat hy op die oomblik nie weet waar hy was nie. Hy proe nog die smaak van spieritus in sy mond, en toe val hom iets by, nl. dat hy in die kerkhof is. Hy kyk na sy ounôi haar grafsteen, en daar sit ’n uil (natuurlik denkbeeldig). Hy kyk na die sipresboom waaronder die bottel begrawe lê—daar sien hy die oubaas met die bottel in die hand staan en vra: “Krappies, Krappies, wat is dit?”

Maar Krappies kies die pad na die hekkie toe, en daar keer ’n bok hom voor. Dog hy bars deur en hol tot in sy kamer waar hy slaap. Die oubaas se gees het dié nag in die[155]kamer gebly. Die ander dag was hy siek en voel sleg. Daar het hy gelê tot hy beter was.

Maar in sy siekte kon hul sien dat iets hom kwel, en toe kom hy met die geskiedenis uit soos hierbo vertel. Daarop het oom Karel en oom Piet hom wysgemaak dat dit die gees van die oubaas was wat hom kom regstel. Hy het dit so vas geglo dat hy nooit weer sy mond aan drank wou sit nie; selfs het hy hard gestry om sy daggapyp te laat staan. Maar tabak het hy bly rook.

Oom Karel het na die kerkhof gestap en het daar ’n halfbottel spieritus gekry.

Hieruit kan ons sien dat ’n Boesman vir ’n ingrypende indruk ook vatbaar is en dat die indruk by hom bly—vernaamlik as bygeloof daar iets mee te doen het.[159]

Back to IndexNext