[Inhoud]No. 96.Nog meer oor Bygeloof.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is deur ou Bles in 1882 aan ons meegedeel. Ons het net van die Agter-Hantam van ’n opmeting na ons huis in Calvinia teruggekeer. Ons was pas terug, of ou Bles, die Boesman, kom ook van sy kuier terug en het weer die nag in die agterplaas geslaap. Hy het in die aand die volgende verhale vertel.“Van ek van basie weggegaan het, het ek my ou maats gaan opsoek. Wat nie weggetrek het nie, is dood; en dié wat ek ontmoet het, is die jonger Boesmans, wat meestal onder die mense groot geword het; en hulle weet van die ou dae maar min af. So kan basie ook sien ons ou opregte nasie van Boesmans raak stadigaan gedaan, en dié wat oorbly, sal naderhand nie meer ons taal kan praat nie. Al wat ek vir basie van die ou dae kon uitvind, is die volgende verhale:—“Daar ver aan die hang van ’n berg is ’n graafplek vir rooiklip. Die Boesmans van ons tyd het altyd daar rooiklip gaan haal om hulle lyf mee rooi te maak, om gebreide velle mee te kleur, en ook om mee mense en diere teen die rotse af te skilder. Die man wat rooiklip het, was net ’n ryk man; want hy het daarmee onder verafwonende Boesmans handel gedrywe. Hy het daarmee gehandel net wat sy hart begeer het; daarom het sulke Boesmans groot gewaag om rooiklip by daardie graafplek te gaan haal.[160]“Hulle het kom vertel dat in daardie berg baie kwaai towenaars woon en dat hul soms hard met daardie towenaars oor die rooiklip moes baklei.“Daar was in vanmelewe se dae—baie, baie lankal—’n ou geslag van Boesmans. Hulle kon hulle in diere verander en kon ook ander goed gemaak het. So het hul ’n gat aan die hang van die berg gegrawe; toe maak hul rooiklip en bêre dit in daardie gat aan die hang van die berg. Hulle het ook baie ander goed gemaak en dit daar in gate weggesteek, want hulle woon in daardie berg, en dus kon hul mooi oppas dat ander nie die goed opmors nie.“Nou moet basie weet, dis nie somar almal se werk om daar rooiklip te gaan haal nie. Hy moet man honderd wees. Maar iemand wat verstand het en wat weet, kan daarnatoe gaan. Want so slim as die ou geslag plek-plek was, so dom was hul plek-plek weer. Ons Boesmans wat nou lewe, is baie slimmer om iets uit te dink en te begryp as wat hulle was. Daardie ou geslag, weer, het baie snaakse dinge kon doen; hulle het maklik in bome geklim, hulle het vir hulle kan verander, en kon gevaarlik tower.“Maar ons geslag, naamlik dié wat verstand het, kan daardie ou towenaars uitoorlê. Ons het ook towenaars, wat slimmer as die oues is. Dus, as ons na die graafplek van die rooiklip wil gaan, dan gaan ons eers na een van ons towenaars toe en vra vir hom kouhoutjies om op te byt, sodat ons die ou towenaars kan sien, maar hulle kan ons dan nie sien nie. Dis mos ’n goeie plan hierdie, my basie—nie waar nie, my basie?[161]“Ek het nou by ’n ou meid gekuier. Sy vertel haar man het altyd daar by die berg van die rooiklip gaan haal. Hy het altyd sy eie towergoed gemaak; dan het hy twee maats met hom na die berg toe meegeneem. Sy vertel verder:—“ ‘Eendag stap die drie weer na die berg toe. Toe hul naby kom, begin hul aan hulle kouhoutjies te kou. Toe was hul veilig. Hul stap nader en begin toe te klim tot by die graafplek. Hul gooi al die tyd met klippe orals in die rondte om die towenaars bang te maak. Die towenaars kan wel die klippe sien val, maar weet nie van waar die klippe kom nie. Die towenaars word dan bang en vlug in gate. ’n Gaatjie kan nie te klein wees nie, of hul kan daarin kruip—ek meen die towenaars kan daarin wegkruip. Hulle kan in ’n muisgat, in ’n skerpioengat, in ’n miergat—ja, in die kleinste gaatjie kan hulle wegkruip. Solank die een grawe, moet die ander twee nie ophou om met klippe te gooi nie. As hy klaar met grawe het, dan kom hy weer gooi om ’n ander een ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe; as hy genoeg het, dan kom hy weer met klippe gooi om die ander wat nog nie gegrawe het nie, ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe. As hul wegstap met die sakke rooiklip agter hulle rug, dan slaan hul met stokke en kieries sover as hul loop, tot hul weer op die vlakte is.“ ‘Nou, daardie dag toe die drie gestap het om rooiklip te gaan haal en so met klippe gegooi het, en toe hul daar by die graafplek kom, toe vlie uit ’n gat bo in die afgegrawe wal ’n witstert-spreeu uit, en hy gaan op ’n bos daar naby sit en skree. My man sê toe aan sy twee maats: “Pas op,[162]dis een van die towenaars wat hom in ’n spreeu verander het. Wie kan die beste skot met die pyl skiet? Dè, hier is ’n kouhoutjie.” Die een kou aan die houtjie, kruip nader, skiet op die spreeu, en tref hom. Hy stap nader, gaan sy pyl haal, maar vat nie aan die voël nie.“ ‘Pas was hy terug, of daar kom bo-oor die randjie daar naby ’n groot mannetjiesbobbejaan; hy wys sy tande, gryns en rek sy oë. Meteens stap twee knewels van bobbejane agter die voorste aan. Hulle wys ook tande, gryns en rek oë. My man (sê die ou meid aan Bles) gee vir sy maats weer kouhoutjies, en al drie span hulle boë—en ieder Boesman het sy bobbejaan teen die grond. Hulle wag ’n bietjie, en toe stap hul nader om hulle pyle te gaan haal, wat die bobbejane self uit hulle lywe getrek, maar weggesmyt het. Die bobbejane sit nes mense en huil en trek self hulle eie ingewandes uit; en toe sterf hul. Want die spreeu het hom nou in ’n bobbejaan verander en het toe twee ander maats geroep. Die drie Boesmans het toe maar gou die rooiklip gegrawe en haastig gemaak om terug te gaan.“ ‘Daar onder in die vlakte kry hul ’n slang, en toe weer ’n slang, en toe weer ’n slang, en ieder maal kry hul ’n slang. En elkeen het hul doodgemaak om te wys dat hul sterker is as die ou towenaars en te toon dat hul deur die ou towenaars nie gepla wil wees nie; want merk die ou towenaars dat iemand nie teen hulle kan opkom nie, dan pla hul eers regtig.’“Ja,” sê ou Bles hierop, “nou kan my basie sien dat al wat ’n Boesman wil hê, kom hy maar swaar aan; maar tog, ons is en bly ’n plesierige nasie.”[165]

No. 96.Nog meer oor Bygeloof.
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is deur ou Bles in 1882 aan ons meegedeel. Ons het net van die Agter-Hantam van ’n opmeting na ons huis in Calvinia teruggekeer. Ons was pas terug, of ou Bles, die Boesman, kom ook van sy kuier terug en het weer die nag in die agterplaas geslaap. Hy het in die aand die volgende verhale vertel.“Van ek van basie weggegaan het, het ek my ou maats gaan opsoek. Wat nie weggetrek het nie, is dood; en dié wat ek ontmoet het, is die jonger Boesmans, wat meestal onder die mense groot geword het; en hulle weet van die ou dae maar min af. So kan basie ook sien ons ou opregte nasie van Boesmans raak stadigaan gedaan, en dié wat oorbly, sal naderhand nie meer ons taal kan praat nie. Al wat ek vir basie van die ou dae kon uitvind, is die volgende verhale:—“Daar ver aan die hang van ’n berg is ’n graafplek vir rooiklip. Die Boesmans van ons tyd het altyd daar rooiklip gaan haal om hulle lyf mee rooi te maak, om gebreide velle mee te kleur, en ook om mee mense en diere teen die rotse af te skilder. Die man wat rooiklip het, was net ’n ryk man; want hy het daarmee onder verafwonende Boesmans handel gedrywe. Hy het daarmee gehandel net wat sy hart begeer het; daarom het sulke Boesmans groot gewaag om rooiklip by daardie graafplek te gaan haal.[160]“Hulle het kom vertel dat in daardie berg baie kwaai towenaars woon en dat hul soms hard met daardie towenaars oor die rooiklip moes baklei.“Daar was in vanmelewe se dae—baie, baie lankal—’n ou geslag van Boesmans. Hulle kon hulle in diere verander en kon ook ander goed gemaak het. So het hul ’n gat aan die hang van die berg gegrawe; toe maak hul rooiklip en bêre dit in daardie gat aan die hang van die berg. Hulle het ook baie ander goed gemaak en dit daar in gate weggesteek, want hulle woon in daardie berg, en dus kon hul mooi oppas dat ander nie die goed opmors nie.“Nou moet basie weet, dis nie somar almal se werk om daar rooiklip te gaan haal nie. Hy moet man honderd wees. Maar iemand wat verstand het en wat weet, kan daarnatoe gaan. Want so slim as die ou geslag plek-plek was, so dom was hul plek-plek weer. Ons Boesmans wat nou lewe, is baie slimmer om iets uit te dink en te begryp as wat hulle was. Daardie ou geslag, weer, het baie snaakse dinge kon doen; hulle het maklik in bome geklim, hulle het vir hulle kan verander, en kon gevaarlik tower.“Maar ons geslag, naamlik dié wat verstand het, kan daardie ou towenaars uitoorlê. Ons het ook towenaars, wat slimmer as die oues is. Dus, as ons na die graafplek van die rooiklip wil gaan, dan gaan ons eers na een van ons towenaars toe en vra vir hom kouhoutjies om op te byt, sodat ons die ou towenaars kan sien, maar hulle kan ons dan nie sien nie. Dis mos ’n goeie plan hierdie, my basie—nie waar nie, my basie?[161]“Ek het nou by ’n ou meid gekuier. Sy vertel haar man het altyd daar by die berg van die rooiklip gaan haal. Hy het altyd sy eie towergoed gemaak; dan het hy twee maats met hom na die berg toe meegeneem. Sy vertel verder:—“ ‘Eendag stap die drie weer na die berg toe. Toe hul naby kom, begin hul aan hulle kouhoutjies te kou. Toe was hul veilig. Hul stap nader en begin toe te klim tot by die graafplek. Hul gooi al die tyd met klippe orals in die rondte om die towenaars bang te maak. Die towenaars kan wel die klippe sien val, maar weet nie van waar die klippe kom nie. Die towenaars word dan bang en vlug in gate. ’n Gaatjie kan nie te klein wees nie, of hul kan daarin kruip—ek meen die towenaars kan daarin wegkruip. Hulle kan in ’n muisgat, in ’n skerpioengat, in ’n miergat—ja, in die kleinste gaatjie kan hulle wegkruip. Solank die een grawe, moet die ander twee nie ophou om met klippe te gooi nie. As hy klaar met grawe het, dan kom hy weer gooi om ’n ander een ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe; as hy genoeg het, dan kom hy weer met klippe gooi om die ander wat nog nie gegrawe het nie, ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe. As hul wegstap met die sakke rooiklip agter hulle rug, dan slaan hul met stokke en kieries sover as hul loop, tot hul weer op die vlakte is.“ ‘Nou, daardie dag toe die drie gestap het om rooiklip te gaan haal en so met klippe gegooi het, en toe hul daar by die graafplek kom, toe vlie uit ’n gat bo in die afgegrawe wal ’n witstert-spreeu uit, en hy gaan op ’n bos daar naby sit en skree. My man sê toe aan sy twee maats: “Pas op,[162]dis een van die towenaars wat hom in ’n spreeu verander het. Wie kan die beste skot met die pyl skiet? Dè, hier is ’n kouhoutjie.” Die een kou aan die houtjie, kruip nader, skiet op die spreeu, en tref hom. Hy stap nader, gaan sy pyl haal, maar vat nie aan die voël nie.“ ‘Pas was hy terug, of daar kom bo-oor die randjie daar naby ’n groot mannetjiesbobbejaan; hy wys sy tande, gryns en rek sy oë. Meteens stap twee knewels van bobbejane agter die voorste aan. Hulle wys ook tande, gryns en rek oë. My man (sê die ou meid aan Bles) gee vir sy maats weer kouhoutjies, en al drie span hulle boë—en ieder Boesman het sy bobbejaan teen die grond. Hulle wag ’n bietjie, en toe stap hul nader om hulle pyle te gaan haal, wat die bobbejane self uit hulle lywe getrek, maar weggesmyt het. Die bobbejane sit nes mense en huil en trek self hulle eie ingewandes uit; en toe sterf hul. Want die spreeu het hom nou in ’n bobbejaan verander en het toe twee ander maats geroep. Die drie Boesmans het toe maar gou die rooiklip gegrawe en haastig gemaak om terug te gaan.“ ‘Daar onder in die vlakte kry hul ’n slang, en toe weer ’n slang, en toe weer ’n slang, en ieder maal kry hul ’n slang. En elkeen het hul doodgemaak om te wys dat hul sterker is as die ou towenaars en te toon dat hul deur die ou towenaars nie gepla wil wees nie; want merk die ou towenaars dat iemand nie teen hulle kan opkom nie, dan pla hul eers regtig.’“Ja,” sê ou Bles hierop, “nou kan my basie sien dat al wat ’n Boesman wil hê, kom hy maar swaar aan; maar tog, ons is en bly ’n plesierige nasie.”[165]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is deur ou Bles in 1882 aan ons meegedeel. Ons het net van die Agter-Hantam van ’n opmeting na ons huis in Calvinia teruggekeer. Ons was pas terug, of ou Bles, die Boesman, kom ook van sy kuier terug en het weer die nag in die agterplaas geslaap. Hy het in die aand die volgende verhale vertel.
“Van ek van basie weggegaan het, het ek my ou maats gaan opsoek. Wat nie weggetrek het nie, is dood; en dié wat ek ontmoet het, is die jonger Boesmans, wat meestal onder die mense groot geword het; en hulle weet van die ou dae maar min af. So kan basie ook sien ons ou opregte nasie van Boesmans raak stadigaan gedaan, en dié wat oorbly, sal naderhand nie meer ons taal kan praat nie. Al wat ek vir basie van die ou dae kon uitvind, is die volgende verhale:—
“Daar ver aan die hang van ’n berg is ’n graafplek vir rooiklip. Die Boesmans van ons tyd het altyd daar rooiklip gaan haal om hulle lyf mee rooi te maak, om gebreide velle mee te kleur, en ook om mee mense en diere teen die rotse af te skilder. Die man wat rooiklip het, was net ’n ryk man; want hy het daarmee onder verafwonende Boesmans handel gedrywe. Hy het daarmee gehandel net wat sy hart begeer het; daarom het sulke Boesmans groot gewaag om rooiklip by daardie graafplek te gaan haal.[160]
“Hulle het kom vertel dat in daardie berg baie kwaai towenaars woon en dat hul soms hard met daardie towenaars oor die rooiklip moes baklei.
“Daar was in vanmelewe se dae—baie, baie lankal—’n ou geslag van Boesmans. Hulle kon hulle in diere verander en kon ook ander goed gemaak het. So het hul ’n gat aan die hang van die berg gegrawe; toe maak hul rooiklip en bêre dit in daardie gat aan die hang van die berg. Hulle het ook baie ander goed gemaak en dit daar in gate weggesteek, want hulle woon in daardie berg, en dus kon hul mooi oppas dat ander nie die goed opmors nie.
“Nou moet basie weet, dis nie somar almal se werk om daar rooiklip te gaan haal nie. Hy moet man honderd wees. Maar iemand wat verstand het en wat weet, kan daarnatoe gaan. Want so slim as die ou geslag plek-plek was, so dom was hul plek-plek weer. Ons Boesmans wat nou lewe, is baie slimmer om iets uit te dink en te begryp as wat hulle was. Daardie ou geslag, weer, het baie snaakse dinge kon doen; hulle het maklik in bome geklim, hulle het vir hulle kan verander, en kon gevaarlik tower.
“Maar ons geslag, naamlik dié wat verstand het, kan daardie ou towenaars uitoorlê. Ons het ook towenaars, wat slimmer as die oues is. Dus, as ons na die graafplek van die rooiklip wil gaan, dan gaan ons eers na een van ons towenaars toe en vra vir hom kouhoutjies om op te byt, sodat ons die ou towenaars kan sien, maar hulle kan ons dan nie sien nie. Dis mos ’n goeie plan hierdie, my basie—nie waar nie, my basie?[161]
“Ek het nou by ’n ou meid gekuier. Sy vertel haar man het altyd daar by die berg van die rooiklip gaan haal. Hy het altyd sy eie towergoed gemaak; dan het hy twee maats met hom na die berg toe meegeneem. Sy vertel verder:—
“ ‘Eendag stap die drie weer na die berg toe. Toe hul naby kom, begin hul aan hulle kouhoutjies te kou. Toe was hul veilig. Hul stap nader en begin toe te klim tot by die graafplek. Hul gooi al die tyd met klippe orals in die rondte om die towenaars bang te maak. Die towenaars kan wel die klippe sien val, maar weet nie van waar die klippe kom nie. Die towenaars word dan bang en vlug in gate. ’n Gaatjie kan nie te klein wees nie, of hul kan daarin kruip—ek meen die towenaars kan daarin wegkruip. Hulle kan in ’n muisgat, in ’n skerpioengat, in ’n miergat—ja, in die kleinste gaatjie kan hulle wegkruip. Solank die een grawe, moet die ander twee nie ophou om met klippe te gooi nie. As hy klaar met grawe het, dan kom hy weer gooi om ’n ander een ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe; as hy genoeg het, dan kom hy weer met klippe gooi om die ander wat nog nie gegrawe het nie, ’n kans te gee om vir hom ook rooiklip te grawe. As hul wegstap met die sakke rooiklip agter hulle rug, dan slaan hul met stokke en kieries sover as hul loop, tot hul weer op die vlakte is.
“ ‘Nou, daardie dag toe die drie gestap het om rooiklip te gaan haal en so met klippe gegooi het, en toe hul daar by die graafplek kom, toe vlie uit ’n gat bo in die afgegrawe wal ’n witstert-spreeu uit, en hy gaan op ’n bos daar naby sit en skree. My man sê toe aan sy twee maats: “Pas op,[162]dis een van die towenaars wat hom in ’n spreeu verander het. Wie kan die beste skot met die pyl skiet? Dè, hier is ’n kouhoutjie.” Die een kou aan die houtjie, kruip nader, skiet op die spreeu, en tref hom. Hy stap nader, gaan sy pyl haal, maar vat nie aan die voël nie.
“ ‘Pas was hy terug, of daar kom bo-oor die randjie daar naby ’n groot mannetjiesbobbejaan; hy wys sy tande, gryns en rek sy oë. Meteens stap twee knewels van bobbejane agter die voorste aan. Hulle wys ook tande, gryns en rek oë. My man (sê die ou meid aan Bles) gee vir sy maats weer kouhoutjies, en al drie span hulle boë—en ieder Boesman het sy bobbejaan teen die grond. Hulle wag ’n bietjie, en toe stap hul nader om hulle pyle te gaan haal, wat die bobbejane self uit hulle lywe getrek, maar weggesmyt het. Die bobbejane sit nes mense en huil en trek self hulle eie ingewandes uit; en toe sterf hul. Want die spreeu het hom nou in ’n bobbejaan verander en het toe twee ander maats geroep. Die drie Boesmans het toe maar gou die rooiklip gegrawe en haastig gemaak om terug te gaan.
“ ‘Daar onder in die vlakte kry hul ’n slang, en toe weer ’n slang, en toe weer ’n slang, en ieder maal kry hul ’n slang. En elkeen het hul doodgemaak om te wys dat hul sterker is as die ou towenaars en te toon dat hul deur die ou towenaars nie gepla wil wees nie; want merk die ou towenaars dat iemand nie teen hulle kan opkom nie, dan pla hul eers regtig.’
“Ja,” sê ou Bles hierop, “nou kan my basie sien dat al wat ’n Boesman wil hê, kom hy maar swaar aan; maar tog, ons is en bly ’n plesierige nasie.”[165]