[Inhoud]No. 97.No. 97.’n Boesman se Opvoeding.OPMERKINGS:—Die besonderhede omtrent hierdie onderwerp het ons van ou Bles ontvang.Die vernaamste opleiding wat ’n Boesman-jongetjie ontvang, is om goed te kan jag; en die meidjie leer, deur haar ma te help, om met hulpelose kinders om te gaan en om veldkos te grawe, daar dit meestal aan die meid oorgelaat word om euntjies en wortels te grawe, om veldvrugte te versamel, en om sulke goed te vang soos paddas, krappe, akkedisse, en selfs wurms.Daar bestaan haas geen sedelike opvoeding nie. Daar is hoegenaamd geen geheime van samelewing wat nie vryuit voor kinders gepraat word nie. En barbare is glad nie kieskeurig omtrent die onderwerpe van hulle gesprekke nie. As gevra word waarom hul soms nakend, sonder ’n stuk klere loop, dan vra hul eenvoudig: “Hoekom loop die diere sonder klere, en waarom moet ’n mens onnodig skaam wees[166]as hy sonder klere loop?†Maar tog, die Boesman besit ’n seker mate van skaamte en loop nie heeltemal kaal nie—nes die inboorlinge van Midden-Afrika.Die kinders leer wat te doen, meer deur aanluister en afkyk—met ander woorde, hul leer meer deur na-aap as deur direkte onderrig. En wie is ’n groter na-aper as ’n kind? Al wat hulle ouers en ander volwassene doen, wil en moet hul ook doen. Hulle kry seer en sukkel, maar later kry hul dit tog op ’n manier reg; en nog later kan hul dit ook net so goed, en soms beter, as die oues doen.Daar bestaan by die Boesman haas geen ouderlike tug nie. Dis selde dat hul ’n kind teen iets onbehoorliks waarsku, en nog minder word die kinders oor kwaad gestraf. Maar wee die arme kind as sy pa of ma hom eendag pak om hom ’n ranseling te gee—dan draai dit by die dood om; dan slaan hul onbarmhartig. Dit gebeur ook dat as die jong of meid net so groot en sterk as hulle ouers is, dat hulle hul dan deeglik teen hulle ouers verset en terug slaan.Die Boesman is eintlik nie ’n twisterige nasie nie, maar hy is koppig. Hy gee nie in nie, of hy moet amper doodgeslaan wees; dan eers hou hy op. Daarenteen is hy mededeelsaam; hy sal die laaste stukkie met ’n ander deel en verwag dat daardie een dieselfde aan hom moet doen—anders kom daar stry, of hy vat dit eenvoudig uit eie reg. Dit alles aanskou die kinders, en hulle aap hulle ouers na.Die wilde diere maak daar niks van om Boesmans op hulleslaapplekte kom bekruip en op te eet nie. Daarom moet snags vuur gemaak word om die diere mee te verdrywe. ’n Veldvuur is gesellig solank die slaaptyd nog nie daar is[167]nie. Ook die gesels en stories raak uitgeput, en dan is daar niks beters om die tyd mee te verdrywe nie as om te dans.Pretmaak hou kinders uit die slaap. Hulle let op die fyn passies wat die dansers uitvoer, en begin, tot vermaak van hulle ouers en ander, die passies na-aap. Van jongs af begin hul, word daardeur uitstekende dansers en neem in knapheid toe namate hul opgroei. So word die voornag en ’n deel van die na-nag met dans deurgebring.Watter kind is daar in die wêreld wat nie by een of ander geleentheid probeer het om ’n eie musiekinstrument te maak nie? Boesman-kinders vorm hierop ook geen uitsondering nie: Hulle maak ook ghoeras en ramkies, net soos hulle pa en ander dit doen; en spoedig boots hul die riele na wat die ander speel. Deurdat dans ’n groot tydverdryf by Boesmans uitmaak, en deurdat dans meer as helfte van sy bekoorlikheid sonder musiek verloor, so word baie geoefen om musiek te kan speel om daarmee danspartye te lei. Ook die ghoera (’n boog met een snaar en ’n stuk vlerkveer, waarop geblaas word) dien om die eensame of gesellige uurtjies aangenaam verby te laat vlie. Die kinders sien dit alles en aap dit ook na.Velle-brei is ook ’n kuns; die kinders slaan ag op die manier waarop hulle ouers dit doen, en spoedig het elke kind ’n velletjie waaraan hy besig is, en al doende leer hy om goeie werk te maak.Op jeugdige ouderdom maak hul reeds kleiosse, of maak wild na met potklei. Hulle word met die geaardheid van potklei bekend: hulle weet watter soort bars as dit droog word, en watter soort nie bars nie. Of spoedig vind hul uit[168]dat potklei bars as dit in die sonskyn droog; dus plaas hul hulle nat kleigoed in die skaduwee om te droog. Spoedig aap hul—vernaamlik die meidjies—hulle moeders na om kleipotjies te maak en kook kamtag hulle kos daarin. Maar die ma help hiermee haar dogters reg.Vroeg in sy jeug begin die jongetjie sy pyl en boog te maak en skiet daarmee paddas en voëls, akkedisse en muise. In hierdie geval mag die pa, die oupa, of ’n oom hul reg help om ’n goeie boog en pyl te maak. Dog meestal is dit nie nodig nie. Hulle hoor genoeg oor boë praat, en hoe al die goeie en slegte puntjies daarvan bespreek word.Dus, ’n bepaalde skool om iets in te leer, weet die Boesman-kind niks van af nie. Hy begin uit sy eie te oefen en volg maar die wenke wat hy uit die gesprekke opvang. Maar tog, hier en daar word hy reg gehelp. By voorbeeld, hulle wys die kinders watter giftige vrugte, wortels of bossies te vermy. Ook word hul vertel wanneer sekere soorte eetbare vrugte of wortels as voedsel skadelik word. Jong kinders word voor oë gehou dat hul die ou Boesmans en meide moet respekteer. Dog verder moet die kind maar self sien deur na-aping reg te kom. Ons kan sê dit is nie veel beter as wat ’n aap sy kind opvoed nie.Dit is die werk van die kinders om water in doppe van volstruiseiers of in die maag van ’n springbok aan te dra; ook dra hul vuurmaakhout aan.Maar bo alles is die vader daarop gesteld om van sy seun ’n goeie jagter te maak. Hy neem die kind, as dié al goed muise en voëls kan skiet, met hom saam veld-toe. Hy leer die kind hoe om wild te bespied. As wild in gesig is,[169]onderrig hy die seun waarlangs te kruip en hoe om te kruip en dan hoe om die wild te skiet. Het die seun reeds ’n goeie begrip van die jag, dan word hom haarfyn die geaardheid van ieder stuk wild uitgelê. Vernaamlik word hom planne aan die hand gegee hoe om leeus, tiere en wolwe te beveg. Deur die geaardheid van ieder wildding en verskeurende dier te ken, weet hy presies wat te doen as hy die aanval moet maak; of as die woedende dier op hom aanval, hoe om hom te gedra en te verdedig.Ja, dierkundiges kan nog baie by ’n Boesman gaan leer wat die geaardheid van ieder Afrikaanse dier is; want een skrywer volg die ander, en so slaan almal die bal soms ver mis as die eerste skrywer dit gedoen het.[173]

No. 97.No. 97.’n Boesman se Opvoeding.
No. 97.
OPMERKINGS:—Die besonderhede omtrent hierdie onderwerp het ons van ou Bles ontvang.Die vernaamste opleiding wat ’n Boesman-jongetjie ontvang, is om goed te kan jag; en die meidjie leer, deur haar ma te help, om met hulpelose kinders om te gaan en om veldkos te grawe, daar dit meestal aan die meid oorgelaat word om euntjies en wortels te grawe, om veldvrugte te versamel, en om sulke goed te vang soos paddas, krappe, akkedisse, en selfs wurms.Daar bestaan haas geen sedelike opvoeding nie. Daar is hoegenaamd geen geheime van samelewing wat nie vryuit voor kinders gepraat word nie. En barbare is glad nie kieskeurig omtrent die onderwerpe van hulle gesprekke nie. As gevra word waarom hul soms nakend, sonder ’n stuk klere loop, dan vra hul eenvoudig: “Hoekom loop die diere sonder klere, en waarom moet ’n mens onnodig skaam wees[166]as hy sonder klere loop?†Maar tog, die Boesman besit ’n seker mate van skaamte en loop nie heeltemal kaal nie—nes die inboorlinge van Midden-Afrika.Die kinders leer wat te doen, meer deur aanluister en afkyk—met ander woorde, hul leer meer deur na-aap as deur direkte onderrig. En wie is ’n groter na-aper as ’n kind? Al wat hulle ouers en ander volwassene doen, wil en moet hul ook doen. Hulle kry seer en sukkel, maar later kry hul dit tog op ’n manier reg; en nog later kan hul dit ook net so goed, en soms beter, as die oues doen.Daar bestaan by die Boesman haas geen ouderlike tug nie. Dis selde dat hul ’n kind teen iets onbehoorliks waarsku, en nog minder word die kinders oor kwaad gestraf. Maar wee die arme kind as sy pa of ma hom eendag pak om hom ’n ranseling te gee—dan draai dit by die dood om; dan slaan hul onbarmhartig. Dit gebeur ook dat as die jong of meid net so groot en sterk as hulle ouers is, dat hulle hul dan deeglik teen hulle ouers verset en terug slaan.Die Boesman is eintlik nie ’n twisterige nasie nie, maar hy is koppig. Hy gee nie in nie, of hy moet amper doodgeslaan wees; dan eers hou hy op. Daarenteen is hy mededeelsaam; hy sal die laaste stukkie met ’n ander deel en verwag dat daardie een dieselfde aan hom moet doen—anders kom daar stry, of hy vat dit eenvoudig uit eie reg. Dit alles aanskou die kinders, en hulle aap hulle ouers na.Die wilde diere maak daar niks van om Boesmans op hulleslaapplekte kom bekruip en op te eet nie. Daarom moet snags vuur gemaak word om die diere mee te verdrywe. ’n Veldvuur is gesellig solank die slaaptyd nog nie daar is[167]nie. Ook die gesels en stories raak uitgeput, en dan is daar niks beters om die tyd mee te verdrywe nie as om te dans.Pretmaak hou kinders uit die slaap. Hulle let op die fyn passies wat die dansers uitvoer, en begin, tot vermaak van hulle ouers en ander, die passies na-aap. Van jongs af begin hul, word daardeur uitstekende dansers en neem in knapheid toe namate hul opgroei. So word die voornag en ’n deel van die na-nag met dans deurgebring.Watter kind is daar in die wêreld wat nie by een of ander geleentheid probeer het om ’n eie musiekinstrument te maak nie? Boesman-kinders vorm hierop ook geen uitsondering nie: Hulle maak ook ghoeras en ramkies, net soos hulle pa en ander dit doen; en spoedig boots hul die riele na wat die ander speel. Deurdat dans ’n groot tydverdryf by Boesmans uitmaak, en deurdat dans meer as helfte van sy bekoorlikheid sonder musiek verloor, so word baie geoefen om musiek te kan speel om daarmee danspartye te lei. Ook die ghoera (’n boog met een snaar en ’n stuk vlerkveer, waarop geblaas word) dien om die eensame of gesellige uurtjies aangenaam verby te laat vlie. Die kinders sien dit alles en aap dit ook na.Velle-brei is ook ’n kuns; die kinders slaan ag op die manier waarop hulle ouers dit doen, en spoedig het elke kind ’n velletjie waaraan hy besig is, en al doende leer hy om goeie werk te maak.Op jeugdige ouderdom maak hul reeds kleiosse, of maak wild na met potklei. Hulle word met die geaardheid van potklei bekend: hulle weet watter soort bars as dit droog word, en watter soort nie bars nie. Of spoedig vind hul uit[168]dat potklei bars as dit in die sonskyn droog; dus plaas hul hulle nat kleigoed in die skaduwee om te droog. Spoedig aap hul—vernaamlik die meidjies—hulle moeders na om kleipotjies te maak en kook kamtag hulle kos daarin. Maar die ma help hiermee haar dogters reg.Vroeg in sy jeug begin die jongetjie sy pyl en boog te maak en skiet daarmee paddas en voëls, akkedisse en muise. In hierdie geval mag die pa, die oupa, of ’n oom hul reg help om ’n goeie boog en pyl te maak. Dog meestal is dit nie nodig nie. Hulle hoor genoeg oor boë praat, en hoe al die goeie en slegte puntjies daarvan bespreek word.Dus, ’n bepaalde skool om iets in te leer, weet die Boesman-kind niks van af nie. Hy begin uit sy eie te oefen en volg maar die wenke wat hy uit die gesprekke opvang. Maar tog, hier en daar word hy reg gehelp. By voorbeeld, hulle wys die kinders watter giftige vrugte, wortels of bossies te vermy. Ook word hul vertel wanneer sekere soorte eetbare vrugte of wortels as voedsel skadelik word. Jong kinders word voor oë gehou dat hul die ou Boesmans en meide moet respekteer. Dog verder moet die kind maar self sien deur na-aping reg te kom. Ons kan sê dit is nie veel beter as wat ’n aap sy kind opvoed nie.Dit is die werk van die kinders om water in doppe van volstruiseiers of in die maag van ’n springbok aan te dra; ook dra hul vuurmaakhout aan.Maar bo alles is die vader daarop gesteld om van sy seun ’n goeie jagter te maak. Hy neem die kind, as dié al goed muise en voëls kan skiet, met hom saam veld-toe. Hy leer die kind hoe om wild te bespied. As wild in gesig is,[169]onderrig hy die seun waarlangs te kruip en hoe om te kruip en dan hoe om die wild te skiet. Het die seun reeds ’n goeie begrip van die jag, dan word hom haarfyn die geaardheid van ieder stuk wild uitgelê. Vernaamlik word hom planne aan die hand gegee hoe om leeus, tiere en wolwe te beveg. Deur die geaardheid van ieder wildding en verskeurende dier te ken, weet hy presies wat te doen as hy die aanval moet maak; of as die woedende dier op hom aanval, hoe om hom te gedra en te verdedig.Ja, dierkundiges kan nog baie by ’n Boesman gaan leer wat die geaardheid van ieder Afrikaanse dier is; want een skrywer volg die ander, en so slaan almal die bal soms ver mis as die eerste skrywer dit gedoen het.[173]
OPMERKINGS:—Die besonderhede omtrent hierdie onderwerp het ons van ou Bles ontvang.
Die vernaamste opleiding wat ’n Boesman-jongetjie ontvang, is om goed te kan jag; en die meidjie leer, deur haar ma te help, om met hulpelose kinders om te gaan en om veldkos te grawe, daar dit meestal aan die meid oorgelaat word om euntjies en wortels te grawe, om veldvrugte te versamel, en om sulke goed te vang soos paddas, krappe, akkedisse, en selfs wurms.
Daar bestaan haas geen sedelike opvoeding nie. Daar is hoegenaamd geen geheime van samelewing wat nie vryuit voor kinders gepraat word nie. En barbare is glad nie kieskeurig omtrent die onderwerpe van hulle gesprekke nie. As gevra word waarom hul soms nakend, sonder ’n stuk klere loop, dan vra hul eenvoudig: “Hoekom loop die diere sonder klere, en waarom moet ’n mens onnodig skaam wees[166]as hy sonder klere loop?†Maar tog, die Boesman besit ’n seker mate van skaamte en loop nie heeltemal kaal nie—nes die inboorlinge van Midden-Afrika.
Die kinders leer wat te doen, meer deur aanluister en afkyk—met ander woorde, hul leer meer deur na-aap as deur direkte onderrig. En wie is ’n groter na-aper as ’n kind? Al wat hulle ouers en ander volwassene doen, wil en moet hul ook doen. Hulle kry seer en sukkel, maar later kry hul dit tog op ’n manier reg; en nog later kan hul dit ook net so goed, en soms beter, as die oues doen.
Daar bestaan by die Boesman haas geen ouderlike tug nie. Dis selde dat hul ’n kind teen iets onbehoorliks waarsku, en nog minder word die kinders oor kwaad gestraf. Maar wee die arme kind as sy pa of ma hom eendag pak om hom ’n ranseling te gee—dan draai dit by die dood om; dan slaan hul onbarmhartig. Dit gebeur ook dat as die jong of meid net so groot en sterk as hulle ouers is, dat hulle hul dan deeglik teen hulle ouers verset en terug slaan.
Die Boesman is eintlik nie ’n twisterige nasie nie, maar hy is koppig. Hy gee nie in nie, of hy moet amper doodgeslaan wees; dan eers hou hy op. Daarenteen is hy mededeelsaam; hy sal die laaste stukkie met ’n ander deel en verwag dat daardie een dieselfde aan hom moet doen—anders kom daar stry, of hy vat dit eenvoudig uit eie reg. Dit alles aanskou die kinders, en hulle aap hulle ouers na.
Die wilde diere maak daar niks van om Boesmans op hulleslaapplekte kom bekruip en op te eet nie. Daarom moet snags vuur gemaak word om die diere mee te verdrywe. ’n Veldvuur is gesellig solank die slaaptyd nog nie daar is[167]nie. Ook die gesels en stories raak uitgeput, en dan is daar niks beters om die tyd mee te verdrywe nie as om te dans.
Pretmaak hou kinders uit die slaap. Hulle let op die fyn passies wat die dansers uitvoer, en begin, tot vermaak van hulle ouers en ander, die passies na-aap. Van jongs af begin hul, word daardeur uitstekende dansers en neem in knapheid toe namate hul opgroei. So word die voornag en ’n deel van die na-nag met dans deurgebring.
Watter kind is daar in die wêreld wat nie by een of ander geleentheid probeer het om ’n eie musiekinstrument te maak nie? Boesman-kinders vorm hierop ook geen uitsondering nie: Hulle maak ook ghoeras en ramkies, net soos hulle pa en ander dit doen; en spoedig boots hul die riele na wat die ander speel. Deurdat dans ’n groot tydverdryf by Boesmans uitmaak, en deurdat dans meer as helfte van sy bekoorlikheid sonder musiek verloor, so word baie geoefen om musiek te kan speel om daarmee danspartye te lei. Ook die ghoera (’n boog met een snaar en ’n stuk vlerkveer, waarop geblaas word) dien om die eensame of gesellige uurtjies aangenaam verby te laat vlie. Die kinders sien dit alles en aap dit ook na.
Velle-brei is ook ’n kuns; die kinders slaan ag op die manier waarop hulle ouers dit doen, en spoedig het elke kind ’n velletjie waaraan hy besig is, en al doende leer hy om goeie werk te maak.
Op jeugdige ouderdom maak hul reeds kleiosse, of maak wild na met potklei. Hulle word met die geaardheid van potklei bekend: hulle weet watter soort bars as dit droog word, en watter soort nie bars nie. Of spoedig vind hul uit[168]dat potklei bars as dit in die sonskyn droog; dus plaas hul hulle nat kleigoed in die skaduwee om te droog. Spoedig aap hul—vernaamlik die meidjies—hulle moeders na om kleipotjies te maak en kook kamtag hulle kos daarin. Maar die ma help hiermee haar dogters reg.
Vroeg in sy jeug begin die jongetjie sy pyl en boog te maak en skiet daarmee paddas en voëls, akkedisse en muise. In hierdie geval mag die pa, die oupa, of ’n oom hul reg help om ’n goeie boog en pyl te maak. Dog meestal is dit nie nodig nie. Hulle hoor genoeg oor boë praat, en hoe al die goeie en slegte puntjies daarvan bespreek word.
Dus, ’n bepaalde skool om iets in te leer, weet die Boesman-kind niks van af nie. Hy begin uit sy eie te oefen en volg maar die wenke wat hy uit die gesprekke opvang. Maar tog, hier en daar word hy reg gehelp. By voorbeeld, hulle wys die kinders watter giftige vrugte, wortels of bossies te vermy. Ook word hul vertel wanneer sekere soorte eetbare vrugte of wortels as voedsel skadelik word. Jong kinders word voor oë gehou dat hul die ou Boesmans en meide moet respekteer. Dog verder moet die kind maar self sien deur na-aping reg te kom. Ons kan sê dit is nie veel beter as wat ’n aap sy kind opvoed nie.
Dit is die werk van die kinders om water in doppe van volstruiseiers of in die maag van ’n springbok aan te dra; ook dra hul vuurmaakhout aan.
Maar bo alles is die vader daarop gesteld om van sy seun ’n goeie jagter te maak. Hy neem die kind, as dié al goed muise en voëls kan skiet, met hom saam veld-toe. Hy leer die kind hoe om wild te bespied. As wild in gesig is,[169]onderrig hy die seun waarlangs te kruip en hoe om te kruip en dan hoe om die wild te skiet. Het die seun reeds ’n goeie begrip van die jag, dan word hom haarfyn die geaardheid van ieder stuk wild uitgelê. Vernaamlik word hom planne aan die hand gegee hoe om leeus, tiere en wolwe te beveg. Deur die geaardheid van ieder wildding en verskeurende dier te ken, weet hy presies wat te doen as hy die aanval moet maak; of as die woedende dier op hom aanval, hoe om hom te gedra en te verdedig.
Ja, dierkundiges kan nog baie by ’n Boesman gaan leer wat die geaardheid van ieder Afrikaanse dier is; want een skrywer volg die ander, en so slaan almal die bal soms ver mis as die eerste skrywer dit gedoen het.[173]