[Inhoud]No. 98.Hoe ’n Tier baas gespeel het.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Hy gaan met sy verhaal aan soos volg:—“Toe ek ’n kind was, het verskeie jong Boesmans by die mense gewerk. Hulle was nie bepaald slawe nie. Sommige het van hulle base weggeloop en vir ons vertel hoe dit op die plase toegaan. So het my oudste broer ook lus gekry om ’n tydjie op ’n plaas te gaan werk. Die plaas het oorkant teen die ander berge (die Tulbaghse berge) gelê. Hy het toe geleer om die taal van die witmense te praat, en sy oubaas en ounôi was baie goed vir hom.“Hy vra toe eendag verlof van sy baas om sy pa en ma te kom opsoek en by hul ’n rukkie te kuier. Die oubaas het geweet as hy nie ja sê nie, sal my broer tog wegloop; dus het hy maar ingestem dat my broer kan loop. Toe hy by ons kom, het hy baie mooi goed saamgebring, soos sakmesse, ysterhoepels om harpoene vir pyle te maak, en ’n koubeitel om die yster mee in vorm te kap. Maar waaroor ons die meeste bly was, was oor die twee honde wat hy meegebring het; want dié honde was deel van sy betaling vir die werk by sy oubaas. Ons het lank vir honde gewerk.[174]“Hy vertel toe aan ons dat daar naby die plaas van sy oubaas ’n man woon wat met negosiegoed rondry en handel; dié baas het gesê hy moet tier- en jakkalsvelle bring, dan sal hy dit ruil—want geld het in daardie dae vir ons Boesmans geen waarde gehad nie.“Ons jong Boesmans was net bly om dit te hoor, want ons het reeds verskeie tiervelle en ook jakkalsvelle gehad om te verhandel. Maar nou kan die twee honde mos help om nog meer jakkalse te vang. En daarin was hul net fluks.“Ná ’n rukkie het ons net baie velle gehad, wat ons vir messe, tonteldose en vuurslae, krale en ’n paar byltjies kan verhandel. Die goed wat my broer gebring het, het vir ons net baie beteken; want nou werk ons soveel makliker. Die strewe is nou om meer tier- en jakkalsvelle in hande te kry. Ons ou volk het help vang; maar met die wegbring wou hul net niks te doen hê nie. Hulle was vir die witmense baie bang; dus het my oudste broer, wat die plek ken, en ’n ander Boesman die velle gaan verhandel.“Daar was baie tiere in die Roggeveld- en Bokveld-berge in daardie dae. Ons het geweet hoe om hul te verstrik of in vanggate te vang. Kyk, my basie, dis nie algar se werk om ’n tier in ’n vanggat te vang nie. Die dier se ruik is te fyn; en dan, hy is baie, baie versigtig om uit gevaarlike plekke weg te bly. Maar ons het verstaan watter soort gat om te maak. Onder in die gat plant ons lang spits houtpenne, met punte so hard en skerp as ’n els. Aan die punte smeer ons van dieselfde gif as wat ons aan ons pyle smeer. Dus, al kry hy maar ’n ligte wond, die gif[177]maak hom dood. En dan, bo-op die vanggat moet jy verstaan hoe om die grond en gras daaroor te reël en met bloed te besprinkel, en agter plaas ons die stuk beenvleis.“HY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€â€œHY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€â€œOp ’n sekere dag het ons ’n kwagga geskiet—een van die vaal kwaggas. Ons het van die kwagga se bloed meegebring en het sy bladbeen met ’n stuk vleis daaraan vir stel-aas gebruik. Net in daardie tyd het ’n tier snags gebrul. Tiere, nes katte, het sekere tye om snags te brul, terwyl mak katte ’n lawaai opskop om ’n mens uit die slaap te hou. Ons het gou die looppaadjie van die tier agtergekom en daarin die vanggat gemaak; verder, ná alles in orde te gemaak het, het ons na ons woning teruggegaan.“Die volgende oggend sien ons wild daar oorkant teen ’n rand wei. Die ou volk gaan toe daarheen; maar een van hulle met twee van ons jong Boesmans, waarvan ek een was, moet gaan om te kyk of daar ’n tier in die vanggat dood lê. Want kom hy uit die vanggat, die gif maak hom tog dood. En los kom hy nie—dis te sê as hy in die gat geval het. Die val was meer bedoel om hom met gif te wond.“Ons kom by die vanggat, en daar sit die tier in een van die spits penne vas—so dood as ’n klip. Die tier het vooroor getuimel, en die skerp pen het die dier voor die bors tussen blad en ribbe ingesteek; met die kop half na onder was hy volkome magteloos.“Ons haal ons karosse af, ook plaas ons ons boë en pylsakke op die grond, pak die tier aan die stert en agterpote en sleep hom uit. Dit was te veel vir die mannetjie wat daar kortby lê. Hy spring op; en eer ons kon padgee,[178]was hy op ons. Hy pak een van ons deur hom ’n slag met sy skerp naels op die kop te gee en trek sy kopvel so te sê heeltemal af. Hy byt die een dood. Sonder om ons pyle en boë te gryp, vlug ons ander twee ieder in ’n boom. En daar sit ons veilig, dog heeltemal weerloos. Dat hy ons nie dadelik agtervolg het nie, was daaraan te danke dat ná hy ons maat doodgebyt het, hy ons velkarosse gepak en aan flenters geskeur het. Hy bly by ons dooie maat en die dooie wyfie lê. Hy was honger en begin somar die lyk te eet. Ons het hom eers deur te raas en skree teruggehou; maar later kon ons dit nie meer reg kry nie, want hy was te honger en het hom versadig aan die lyk geëet. Knippel-dik geëet, gaan hy onder ’n groot bos in die skaduwee lê om die lyk en die dooie wyfie op te pas.“En ons! Wat kon ons anders doen as net om om hulp te roep. Maar wat sal roep help? Ons mense jag daar ver teen die rand en in die kloof.“Toe hul middag tuiskom en ons is nog nie daar nie, merk hul onraad en maak plan om na ons te kom soek. Hulle kom nie reguit na ons toe nie, maar klim eers teen ’n koppie daar naby ons uit en roep na ons. Ons gee antwoord.“Ons kon hul toe die toestand mooi vertel en sê waar die tier lê en in watter bome hulle met hulle pyl en boog kon klim; dan sal ons die tier terg om hom uit te lok, en dan kan hul hom skiet.“Die Boesmans raak daar weg en gaan om ’n ander koppie om die tier van ’n ander rigting te bekruip as dié vanwaar hul met ons gepraat het; want die tier het daardie[179]koppie gedurig in die oog gehou en voel nou onrustiger as tevore.“Twee van die beste skutters het nader gekruip en het die plan fyn oorlê; want toe die tier nog gedurig na die plek kyk vanwaar hy die stemme gehoor het, toe vlug die twee ieder in ’n boom naby ons. Die tier swaai stert, dog lê maar stil. Ons lok hom toe uit, en hy kom. Die skutters lok hom toe weer uit, en hy gaan daarheen, om daar sy doodskot te ontvang.“So was die tier ’n hele dag oor ons baas.â€[183]

No. 98.Hoe ’n Tier baas gespeel het.
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Hy gaan met sy verhaal aan soos volg:—“Toe ek ’n kind was, het verskeie jong Boesmans by die mense gewerk. Hulle was nie bepaald slawe nie. Sommige het van hulle base weggeloop en vir ons vertel hoe dit op die plase toegaan. So het my oudste broer ook lus gekry om ’n tydjie op ’n plaas te gaan werk. Die plaas het oorkant teen die ander berge (die Tulbaghse berge) gelê. Hy het toe geleer om die taal van die witmense te praat, en sy oubaas en ounôi was baie goed vir hom.“Hy vra toe eendag verlof van sy baas om sy pa en ma te kom opsoek en by hul ’n rukkie te kuier. Die oubaas het geweet as hy nie ja sê nie, sal my broer tog wegloop; dus het hy maar ingestem dat my broer kan loop. Toe hy by ons kom, het hy baie mooi goed saamgebring, soos sakmesse, ysterhoepels om harpoene vir pyle te maak, en ’n koubeitel om die yster mee in vorm te kap. Maar waaroor ons die meeste bly was, was oor die twee honde wat hy meegebring het; want dié honde was deel van sy betaling vir die werk by sy oubaas. Ons het lank vir honde gewerk.[174]“Hy vertel toe aan ons dat daar naby die plaas van sy oubaas ’n man woon wat met negosiegoed rondry en handel; dié baas het gesê hy moet tier- en jakkalsvelle bring, dan sal hy dit ruil—want geld het in daardie dae vir ons Boesmans geen waarde gehad nie.“Ons jong Boesmans was net bly om dit te hoor, want ons het reeds verskeie tiervelle en ook jakkalsvelle gehad om te verhandel. Maar nou kan die twee honde mos help om nog meer jakkalse te vang. En daarin was hul net fluks.“Ná ’n rukkie het ons net baie velle gehad, wat ons vir messe, tonteldose en vuurslae, krale en ’n paar byltjies kan verhandel. Die goed wat my broer gebring het, het vir ons net baie beteken; want nou werk ons soveel makliker. Die strewe is nou om meer tier- en jakkalsvelle in hande te kry. Ons ou volk het help vang; maar met die wegbring wou hul net niks te doen hê nie. Hulle was vir die witmense baie bang; dus het my oudste broer, wat die plek ken, en ’n ander Boesman die velle gaan verhandel.“Daar was baie tiere in die Roggeveld- en Bokveld-berge in daardie dae. Ons het geweet hoe om hul te verstrik of in vanggate te vang. Kyk, my basie, dis nie algar se werk om ’n tier in ’n vanggat te vang nie. Die dier se ruik is te fyn; en dan, hy is baie, baie versigtig om uit gevaarlike plekke weg te bly. Maar ons het verstaan watter soort gat om te maak. Onder in die gat plant ons lang spits houtpenne, met punte so hard en skerp as ’n els. Aan die punte smeer ons van dieselfde gif as wat ons aan ons pyle smeer. Dus, al kry hy maar ’n ligte wond, die gif[177]maak hom dood. En dan, bo-op die vanggat moet jy verstaan hoe om die grond en gras daaroor te reël en met bloed te besprinkel, en agter plaas ons die stuk beenvleis.“HY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€â€œHY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€â€œOp ’n sekere dag het ons ’n kwagga geskiet—een van die vaal kwaggas. Ons het van die kwagga se bloed meegebring en het sy bladbeen met ’n stuk vleis daaraan vir stel-aas gebruik. Net in daardie tyd het ’n tier snags gebrul. Tiere, nes katte, het sekere tye om snags te brul, terwyl mak katte ’n lawaai opskop om ’n mens uit die slaap te hou. Ons het gou die looppaadjie van die tier agtergekom en daarin die vanggat gemaak; verder, ná alles in orde te gemaak het, het ons na ons woning teruggegaan.“Die volgende oggend sien ons wild daar oorkant teen ’n rand wei. Die ou volk gaan toe daarheen; maar een van hulle met twee van ons jong Boesmans, waarvan ek een was, moet gaan om te kyk of daar ’n tier in die vanggat dood lê. Want kom hy uit die vanggat, die gif maak hom tog dood. En los kom hy nie—dis te sê as hy in die gat geval het. Die val was meer bedoel om hom met gif te wond.“Ons kom by die vanggat, en daar sit die tier in een van die spits penne vas—so dood as ’n klip. Die tier het vooroor getuimel, en die skerp pen het die dier voor die bors tussen blad en ribbe ingesteek; met die kop half na onder was hy volkome magteloos.“Ons haal ons karosse af, ook plaas ons ons boë en pylsakke op die grond, pak die tier aan die stert en agterpote en sleep hom uit. Dit was te veel vir die mannetjie wat daar kortby lê. Hy spring op; en eer ons kon padgee,[178]was hy op ons. Hy pak een van ons deur hom ’n slag met sy skerp naels op die kop te gee en trek sy kopvel so te sê heeltemal af. Hy byt die een dood. Sonder om ons pyle en boë te gryp, vlug ons ander twee ieder in ’n boom. En daar sit ons veilig, dog heeltemal weerloos. Dat hy ons nie dadelik agtervolg het nie, was daaraan te danke dat ná hy ons maat doodgebyt het, hy ons velkarosse gepak en aan flenters geskeur het. Hy bly by ons dooie maat en die dooie wyfie lê. Hy was honger en begin somar die lyk te eet. Ons het hom eers deur te raas en skree teruggehou; maar later kon ons dit nie meer reg kry nie, want hy was te honger en het hom versadig aan die lyk geëet. Knippel-dik geëet, gaan hy onder ’n groot bos in die skaduwee lê om die lyk en die dooie wyfie op te pas.“En ons! Wat kon ons anders doen as net om om hulp te roep. Maar wat sal roep help? Ons mense jag daar ver teen die rand en in die kloof.“Toe hul middag tuiskom en ons is nog nie daar nie, merk hul onraad en maak plan om na ons te kom soek. Hulle kom nie reguit na ons toe nie, maar klim eers teen ’n koppie daar naby ons uit en roep na ons. Ons gee antwoord.“Ons kon hul toe die toestand mooi vertel en sê waar die tier lê en in watter bome hulle met hulle pyl en boog kon klim; dan sal ons die tier terg om hom uit te lok, en dan kan hul hom skiet.“Die Boesmans raak daar weg en gaan om ’n ander koppie om die tier van ’n ander rigting te bekruip as dié vanwaar hul met ons gepraat het; want die tier het daardie[179]koppie gedurig in die oog gehou en voel nou onrustiger as tevore.“Twee van die beste skutters het nader gekruip en het die plan fyn oorlê; want toe die tier nog gedurig na die plek kyk vanwaar hy die stemme gehoor het, toe vlug die twee ieder in ’n boom naby ons. Die tier swaai stert, dog lê maar stil. Ons lok hom toe uit, en hy kom. Die skutters lok hom toe weer uit, en hy gaan daarheen, om daar sy doodskot te ontvang.“So was die tier ’n hele dag oor ons baas.â€[183]
OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Hy gaan met sy verhaal aan soos volg:—
“Toe ek ’n kind was, het verskeie jong Boesmans by die mense gewerk. Hulle was nie bepaald slawe nie. Sommige het van hulle base weggeloop en vir ons vertel hoe dit op die plase toegaan. So het my oudste broer ook lus gekry om ’n tydjie op ’n plaas te gaan werk. Die plaas het oorkant teen die ander berge (die Tulbaghse berge) gelê. Hy het toe geleer om die taal van die witmense te praat, en sy oubaas en ounôi was baie goed vir hom.
“Hy vra toe eendag verlof van sy baas om sy pa en ma te kom opsoek en by hul ’n rukkie te kuier. Die oubaas het geweet as hy nie ja sê nie, sal my broer tog wegloop; dus het hy maar ingestem dat my broer kan loop. Toe hy by ons kom, het hy baie mooi goed saamgebring, soos sakmesse, ysterhoepels om harpoene vir pyle te maak, en ’n koubeitel om die yster mee in vorm te kap. Maar waaroor ons die meeste bly was, was oor die twee honde wat hy meegebring het; want dié honde was deel van sy betaling vir die werk by sy oubaas. Ons het lank vir honde gewerk.[174]
“Hy vertel toe aan ons dat daar naby die plaas van sy oubaas ’n man woon wat met negosiegoed rondry en handel; dié baas het gesê hy moet tier- en jakkalsvelle bring, dan sal hy dit ruil—want geld het in daardie dae vir ons Boesmans geen waarde gehad nie.
“Ons jong Boesmans was net bly om dit te hoor, want ons het reeds verskeie tiervelle en ook jakkalsvelle gehad om te verhandel. Maar nou kan die twee honde mos help om nog meer jakkalse te vang. En daarin was hul net fluks.
“Ná ’n rukkie het ons net baie velle gehad, wat ons vir messe, tonteldose en vuurslae, krale en ’n paar byltjies kan verhandel. Die goed wat my broer gebring het, het vir ons net baie beteken; want nou werk ons soveel makliker. Die strewe is nou om meer tier- en jakkalsvelle in hande te kry. Ons ou volk het help vang; maar met die wegbring wou hul net niks te doen hê nie. Hulle was vir die witmense baie bang; dus het my oudste broer, wat die plek ken, en ’n ander Boesman die velle gaan verhandel.
“Daar was baie tiere in die Roggeveld- en Bokveld-berge in daardie dae. Ons het geweet hoe om hul te verstrik of in vanggate te vang. Kyk, my basie, dis nie algar se werk om ’n tier in ’n vanggat te vang nie. Die dier se ruik is te fyn; en dan, hy is baie, baie versigtig om uit gevaarlike plekke weg te bly. Maar ons het verstaan watter soort gat om te maak. Onder in die gat plant ons lang spits houtpenne, met punte so hard en skerp as ’n els. Aan die punte smeer ons van dieselfde gif as wat ons aan ons pyle smeer. Dus, al kry hy maar ’n ligte wond, die gif[177]maak hom dood. En dan, bo-op die vanggat moet jy verstaan hoe om die grond en gras daaroor te reël en met bloed te besprinkel, en agter plaas ons die stuk beenvleis.
“HY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€â€œHY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€
“HY PAK EEN VAN ONS DEUR HOM ’N SLAG MET SY SKERP NAELS OP DIE KOP TE GEE.â€
“Op ’n sekere dag het ons ’n kwagga geskiet—een van die vaal kwaggas. Ons het van die kwagga se bloed meegebring en het sy bladbeen met ’n stuk vleis daaraan vir stel-aas gebruik. Net in daardie tyd het ’n tier snags gebrul. Tiere, nes katte, het sekere tye om snags te brul, terwyl mak katte ’n lawaai opskop om ’n mens uit die slaap te hou. Ons het gou die looppaadjie van die tier agtergekom en daarin die vanggat gemaak; verder, ná alles in orde te gemaak het, het ons na ons woning teruggegaan.
“Die volgende oggend sien ons wild daar oorkant teen ’n rand wei. Die ou volk gaan toe daarheen; maar een van hulle met twee van ons jong Boesmans, waarvan ek een was, moet gaan om te kyk of daar ’n tier in die vanggat dood lê. Want kom hy uit die vanggat, die gif maak hom tog dood. En los kom hy nie—dis te sê as hy in die gat geval het. Die val was meer bedoel om hom met gif te wond.
“Ons kom by die vanggat, en daar sit die tier in een van die spits penne vas—so dood as ’n klip. Die tier het vooroor getuimel, en die skerp pen het die dier voor die bors tussen blad en ribbe ingesteek; met die kop half na onder was hy volkome magteloos.
“Ons haal ons karosse af, ook plaas ons ons boë en pylsakke op die grond, pak die tier aan die stert en agterpote en sleep hom uit. Dit was te veel vir die mannetjie wat daar kortby lê. Hy spring op; en eer ons kon padgee,[178]was hy op ons. Hy pak een van ons deur hom ’n slag met sy skerp naels op die kop te gee en trek sy kopvel so te sê heeltemal af. Hy byt die een dood. Sonder om ons pyle en boë te gryp, vlug ons ander twee ieder in ’n boom. En daar sit ons veilig, dog heeltemal weerloos. Dat hy ons nie dadelik agtervolg het nie, was daaraan te danke dat ná hy ons maat doodgebyt het, hy ons velkarosse gepak en aan flenters geskeur het. Hy bly by ons dooie maat en die dooie wyfie lê. Hy was honger en begin somar die lyk te eet. Ons het hom eers deur te raas en skree teruggehou; maar later kon ons dit nie meer reg kry nie, want hy was te honger en het hom versadig aan die lyk geëet. Knippel-dik geëet, gaan hy onder ’n groot bos in die skaduwee lê om die lyk en die dooie wyfie op te pas.
“En ons! Wat kon ons anders doen as net om om hulp te roep. Maar wat sal roep help? Ons mense jag daar ver teen die rand en in die kloof.
“Toe hul middag tuiskom en ons is nog nie daar nie, merk hul onraad en maak plan om na ons te kom soek. Hulle kom nie reguit na ons toe nie, maar klim eers teen ’n koppie daar naby ons uit en roep na ons. Ons gee antwoord.
“Ons kon hul toe die toestand mooi vertel en sê waar die tier lê en in watter bome hulle met hulle pyl en boog kon klim; dan sal ons die tier terg om hom uit te lok, en dan kan hul hom skiet.
“Die Boesmans raak daar weg en gaan om ’n ander koppie om die tier van ’n ander rigting te bekruip as dié vanwaar hul met ons gepraat het; want die tier het daardie[179]koppie gedurig in die oog gehou en voel nou onrustiger as tevore.
“Twee van die beste skutters het nader gekruip en het die plan fyn oorlê; want toe die tier nog gedurig na die plek kyk vanwaar hy die stemme gehoor het, toe vlug die twee ieder in ’n boom naby ons. Die tier swaai stert, dog lê maar stil. Ons lok hom toe uit, en hy kom. Die skutters lok hom toe weer uit, en hy gaan daarheen, om daar sy doodskot te ontvang.
“So was die tier ’n hele dag oor ons baas.â€[183]