[Inhoud]No. 99.Twee verwante Stories.OPMERKINGS:—Die eerste storie is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Ná sy laaste besoek aan ons op Calvinia moes ons die volgende dag na Roggeveld vertrek om daar te meet; dus het ons hom nooit weer ontmoet nie, waaroor ons baie spyt het, daar sy verstand op sy hoë ouderdom nog heeltemal helder was en hy so baie kon vertel.Eendag sê ’n ou Boesman van die ou geslag aan sy seun om fluitjiesriet te gaan haal om pyle van te maak. Tegelykertyd waarsku hy die seun teen ’n ou towenaar wat daardie riet oppas, sodat die ou volk nie sulke goeie pyle kan maak nie; hul moet dan maar vir hul met slegte fluitjiesriet behelp. Hy gee die seun ’n sekere pyl om die towenaar mee te skiet; die pyl sal hom so brand dat hy niks sal kan doen nie.Maar die seun was eiewys; hy stap na sy hut waar hy slaap, en neem sy eie pyle met hom mee en neem die vurige pyl van sy vader nie mee nie.Toe die seun by die plek kom waar daardie goeie fluitjiesriet groei, begin hy somar op die daad te sny. Die ou towenaar verander hom en sy famielie in leeus, en hy vra aan die seun om te vertel wat hy daar maak. Die seun antwoord[184]dat sy vader hom gestuur het om riet vir pyle te kom haal.“Hoekom vra jy nie eers vir my nie?” vra die leeu.“Ek het jou nie gesien nie,” werp die seun teë.Toe byt die leeu die seun dood. Die leeu se drie kinders spring toe heen en weer oor die lyk en sing:—Hy steel ons fluitjiesriet,Hy steel ons fluitjiesrietOm pyl te maak.Ons pa het hom verslaan,Ons pa het hom verslaan;Sy pa weet niks!Toe die seun oor sy tyd wegbly, sê die vader aan sy vrou: “Ons seun is dood; ek kan dit aan my dolosse sien, en ek moet gaan kyk.”Hy kyk in sy seun se hut en kry die brandpyl daarin, en hy stap na die plek waar sy seun dood lê. Toe hy daar kom, kom die leeu nader en vra wat die ander man daar kom soek.“Ek kom fluitjiesriet haal,” antwoord die man.“Nou ja, dan sal ek vir jou ook doodbyt,” sê die leeu.Onderwyl spring die leeu se kinders nog altyd oor die lyk en sing een streep deur; dog hul verander die woorde nou en dan. Die leeu storm die man (wat ook kan tower); die man skiet hom met die brandpyl; toe brand die lywe van die hele gesin ook, en algar vlug.[185]Die volgende storie, wat groot verwantskap met die juis neergeskrewe storie besit, is deur mnr. Joseph M. Orpen, Britse Resident in Grikwaland-Oos, aan dieCape Monthly Magazinevan Julie 1874 meegedeel. Dit is ’n vertelling deur ’n Boesman uit die Maloetie-gebergtes. Dit lui soos volg:—[Inhoud]Storie van Cagn.1Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het om latte te sny om boë van te maak.Dus sê hulle: “Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak.”En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van ’n boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing ’n onbeskryflike bobbejaanlied met ’n koor wat sê: “Cagn dink hy is slim.”Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word, sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang dié oor sy neus, en hy sê: “Die bobbejane het vir Cogaz opgehang.”[186]Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur hul die naam Cagn uitlaat.Maar ’n bobbejaan-meisiekind sê: “Moenie só sing nie; kom, sing soos julle tevore gesing het.”Cagn sê toe: “Sing soos die klein meisie verlang.”En hulle sing en dans soos tevore.En Cagn sê: “Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom.”Hy stap toe weg om ’n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf ’n pen in elkeen se rug en gee dit boonop ’n buig—want hulle het so gedans dat dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as ’n straf vir hulle.Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte, en hulle sterte hang afgebuig.Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.[189]1[Cagn in hierdie storie moet lees ’Kaggen—die Boesman-naam vir ’n Hottentotsgod.—Die Skrywer.]↑

No. 99.Twee verwante Stories.
OPMERKINGS:—Die eerste storie is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Ná sy laaste besoek aan ons op Calvinia moes ons die volgende dag na Roggeveld vertrek om daar te meet; dus het ons hom nooit weer ontmoet nie, waaroor ons baie spyt het, daar sy verstand op sy hoë ouderdom nog heeltemal helder was en hy so baie kon vertel.Eendag sê ’n ou Boesman van die ou geslag aan sy seun om fluitjiesriet te gaan haal om pyle van te maak. Tegelykertyd waarsku hy die seun teen ’n ou towenaar wat daardie riet oppas, sodat die ou volk nie sulke goeie pyle kan maak nie; hul moet dan maar vir hul met slegte fluitjiesriet behelp. Hy gee die seun ’n sekere pyl om die towenaar mee te skiet; die pyl sal hom so brand dat hy niks sal kan doen nie.Maar die seun was eiewys; hy stap na sy hut waar hy slaap, en neem sy eie pyle met hom mee en neem die vurige pyl van sy vader nie mee nie.Toe die seun by die plek kom waar daardie goeie fluitjiesriet groei, begin hy somar op die daad te sny. Die ou towenaar verander hom en sy famielie in leeus, en hy vra aan die seun om te vertel wat hy daar maak. Die seun antwoord[184]dat sy vader hom gestuur het om riet vir pyle te kom haal.“Hoekom vra jy nie eers vir my nie?” vra die leeu.“Ek het jou nie gesien nie,” werp die seun teë.Toe byt die leeu die seun dood. Die leeu se drie kinders spring toe heen en weer oor die lyk en sing:—Hy steel ons fluitjiesriet,Hy steel ons fluitjiesrietOm pyl te maak.Ons pa het hom verslaan,Ons pa het hom verslaan;Sy pa weet niks!Toe die seun oor sy tyd wegbly, sê die vader aan sy vrou: “Ons seun is dood; ek kan dit aan my dolosse sien, en ek moet gaan kyk.”Hy kyk in sy seun se hut en kry die brandpyl daarin, en hy stap na die plek waar sy seun dood lê. Toe hy daar kom, kom die leeu nader en vra wat die ander man daar kom soek.“Ek kom fluitjiesriet haal,” antwoord die man.“Nou ja, dan sal ek vir jou ook doodbyt,” sê die leeu.Onderwyl spring die leeu se kinders nog altyd oor die lyk en sing een streep deur; dog hul verander die woorde nou en dan. Die leeu storm die man (wat ook kan tower); die man skiet hom met die brandpyl; toe brand die lywe van die hele gesin ook, en algar vlug.[185]Die volgende storie, wat groot verwantskap met die juis neergeskrewe storie besit, is deur mnr. Joseph M. Orpen, Britse Resident in Grikwaland-Oos, aan dieCape Monthly Magazinevan Julie 1874 meegedeel. Dit is ’n vertelling deur ’n Boesman uit die Maloetie-gebergtes. Dit lui soos volg:—[Inhoud]Storie van Cagn.1Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het om latte te sny om boë van te maak.Dus sê hulle: “Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak.”En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van ’n boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing ’n onbeskryflike bobbejaanlied met ’n koor wat sê: “Cagn dink hy is slim.”Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word, sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang dié oor sy neus, en hy sê: “Die bobbejane het vir Cogaz opgehang.”[186]Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur hul die naam Cagn uitlaat.Maar ’n bobbejaan-meisiekind sê: “Moenie só sing nie; kom, sing soos julle tevore gesing het.”Cagn sê toe: “Sing soos die klein meisie verlang.”En hulle sing en dans soos tevore.En Cagn sê: “Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom.”Hy stap toe weg om ’n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf ’n pen in elkeen se rug en gee dit boonop ’n buig—want hulle het so gedans dat dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as ’n straf vir hulle.Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte, en hulle sterte hang afgebuig.Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.[189]
OPMERKINGS:—Die eerste storie is ook afkomstig van ou Bles, die Boesman. Ná sy laaste besoek aan ons op Calvinia moes ons die volgende dag na Roggeveld vertrek om daar te meet; dus het ons hom nooit weer ontmoet nie, waaroor ons baie spyt het, daar sy verstand op sy hoë ouderdom nog heeltemal helder was en hy so baie kon vertel.
Eendag sê ’n ou Boesman van die ou geslag aan sy seun om fluitjiesriet te gaan haal om pyle van te maak. Tegelykertyd waarsku hy die seun teen ’n ou towenaar wat daardie riet oppas, sodat die ou volk nie sulke goeie pyle kan maak nie; hul moet dan maar vir hul met slegte fluitjiesriet behelp. Hy gee die seun ’n sekere pyl om die towenaar mee te skiet; die pyl sal hom so brand dat hy niks sal kan doen nie.
Maar die seun was eiewys; hy stap na sy hut waar hy slaap, en neem sy eie pyle met hom mee en neem die vurige pyl van sy vader nie mee nie.
Toe die seun by die plek kom waar daardie goeie fluitjiesriet groei, begin hy somar op die daad te sny. Die ou towenaar verander hom en sy famielie in leeus, en hy vra aan die seun om te vertel wat hy daar maak. Die seun antwoord[184]dat sy vader hom gestuur het om riet vir pyle te kom haal.
“Hoekom vra jy nie eers vir my nie?” vra die leeu.
“Ek het jou nie gesien nie,” werp die seun teë.
Toe byt die leeu die seun dood. Die leeu se drie kinders spring toe heen en weer oor die lyk en sing:—
Hy steel ons fluitjiesriet,Hy steel ons fluitjiesrietOm pyl te maak.Ons pa het hom verslaan,Ons pa het hom verslaan;Sy pa weet niks!
Hy steel ons fluitjiesriet,Hy steel ons fluitjiesrietOm pyl te maak.
Hy steel ons fluitjiesriet,
Hy steel ons fluitjiesriet
Om pyl te maak.
Ons pa het hom verslaan,Ons pa het hom verslaan;Sy pa weet niks!
Ons pa het hom verslaan,
Ons pa het hom verslaan;
Sy pa weet niks!
Toe die seun oor sy tyd wegbly, sê die vader aan sy vrou: “Ons seun is dood; ek kan dit aan my dolosse sien, en ek moet gaan kyk.”
Hy kyk in sy seun se hut en kry die brandpyl daarin, en hy stap na die plek waar sy seun dood lê. Toe hy daar kom, kom die leeu nader en vra wat die ander man daar kom soek.
“Ek kom fluitjiesriet haal,” antwoord die man.
“Nou ja, dan sal ek vir jou ook doodbyt,” sê die leeu.
Onderwyl spring die leeu se kinders nog altyd oor die lyk en sing een streep deur; dog hul verander die woorde nou en dan. Die leeu storm die man (wat ook kan tower); die man skiet hom met die brandpyl; toe brand die lywe van die hele gesin ook, en algar vlug.
[185]
Die volgende storie, wat groot verwantskap met die juis neergeskrewe storie besit, is deur mnr. Joseph M. Orpen, Britse Resident in Grikwaland-Oos, aan dieCape Monthly Magazinevan Julie 1874 meegedeel. Dit is ’n vertelling deur ’n Boesman uit die Maloetie-gebergtes. Dit lui soos volg:—
[Inhoud]Storie van Cagn.1Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het om latte te sny om boë van te maak.Dus sê hulle: “Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak.”En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van ’n boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing ’n onbeskryflike bobbejaanlied met ’n koor wat sê: “Cagn dink hy is slim.”Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word, sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang dié oor sy neus, en hy sê: “Die bobbejane het vir Cogaz opgehang.”[186]Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur hul die naam Cagn uitlaat.Maar ’n bobbejaan-meisiekind sê: “Moenie só sing nie; kom, sing soos julle tevore gesing het.”Cagn sê toe: “Sing soos die klein meisie verlang.”En hulle sing en dans soos tevore.En Cagn sê: “Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom.”Hy stap toe weg om ’n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf ’n pen in elkeen se rug en gee dit boonop ’n buig—want hulle het so gedans dat dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as ’n straf vir hulle.Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte, en hulle sterte hang afgebuig.Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.[189]
Storie van Cagn.1
Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het om latte te sny om boë van te maak.Dus sê hulle: “Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak.”En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van ’n boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing ’n onbeskryflike bobbejaanlied met ’n koor wat sê: “Cagn dink hy is slim.”Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word, sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang dié oor sy neus, en hy sê: “Die bobbejane het vir Cogaz opgehang.”[186]Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur hul die naam Cagn uitlaat.Maar ’n bobbejaan-meisiekind sê: “Moenie só sing nie; kom, sing soos julle tevore gesing het.”Cagn sê toe: “Sing soos die klein meisie verlang.”En hulle sing en dans soos tevore.En Cagn sê: “Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom.”Hy stap toe weg om ’n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf ’n pen in elkeen se rug en gee dit boonop ’n buig—want hulle het so gedans dat dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as ’n straf vir hulle.Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte, en hulle sterte hang afgebuig.Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.[189]
Cagn stuur Cogaz (sy oudste seun) om latte te sny om boë van te maak. Toe Cogaz by die bos kom, vang die bobbejane hom. Hulle roep toe al die ander bobbejane om hom te kom hoor, en hulle vra hom wie hom daarheen gestuur het. Hy antwoord dat sy vader hom gestuur het om latte te sny om boë van te maak.
Dus sê hulle: “Jou vader beskou hom baie slimmer as ons; hy wil die boë hê net om ons mee dood te maak, dus sal ons jou maar doodmaak.”
En hulle maak Cogaz toe dood en hang hom bo aan die top van ’n boom op; hulle dans toe om die boom, en hulle sing ’n onbeskryflike bobbejaanlied met ’n koor wat sê: “Cagn dink hy is slim.”
Cagn lê en slaap toe Cogaz doodgemaak word; en toe hy wakker word, sê hy aan Coti (sy vrou) om vir hom sy dolosse aan te gee, en hy hang dié oor sy neus, en hy sê: “Die bobbejane het vir Cogaz opgehang.”[186]
Dus stap hy na die plek waar die bobbejane is. En toe hul hom daar naby sien aankom, toe verander hul die woorde van die lied, waardeur hul die naam Cagn uitlaat.
Maar ’n bobbejaan-meisiekind sê: “Moenie só sing nie; kom, sing soos julle tevore gesing het.”
Cagn sê toe: “Sing soos die klein meisie verlang.”
En hulle sing en dans soos tevore.
En Cagn sê: “Dis die lied wat ek netnou gehoor het; dit is wat ek wil hê. Toe, gaan maar voort om te dans tot ek terugkom.”
Hy stap toe weg om ’n mandjie vol skerp penne te haal. En toe hy terugkom, stap hy om en gaan agter een vir een staan en dryf ’n pen in elkeen se rug en gee dit boonop ’n buig—want hulle het so gedans dat dit donker van die stof was. Hy ja hul toe weg na die berge toe om daar te gaan lewe op wortels, goggas, en skerpioene as ’n straf vir hulle.
Voor dit was bobbejane mense; maar van daardie tyd af het hul sterte, en hulle sterte hang afgebuig.
Cagn haal toe vir Cogaz af, gee hom kanna en maak hom weer lewendig.[189]
1[Cagn in hierdie storie moet lees ’Kaggen—die Boesman-naam vir ’n Hottentotsgod.—Die Skrywer.]↑