VOETNOTAS:[55]Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging, 2de druk, 1920.[56]SienDie Huisgenoot, Okt. 1921.[57]De Volkstem, 30 Des. 1909. Vgl.Die Huisgenoot, Julie 1922, oor opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke.[58]Aug. 1903.[59]Vgl. Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging2p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14Julie1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven."De Volkstem, 19 April 1905.[60]De Volkstem, 19 Junie 1907.[61]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.[62]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.[63]Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering inDie Brandwag, 15 Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.[64]De Roeping der Kunst, p. 5 en 25.[65]In 'n artiekel:Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)[66]Gesiteer in dieAlgemeen Handelsblad.[67]Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekelStryd en Taalstryd, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.[68]Oom Gert Vertel3, p. XX.[69]t.a.p., p. XXI.[70]Tomlinson inDie BrandwagDes. 1918.[71]Vir verder besonderhede oorOns Moedertaalkan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2, p. 64-74.[72]Herdruk inOns Weg deur die Wêreld(1919):Afrikaans als Voertaal.[73]Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se verweer oorgedruk en as pamflet versprei.
[55]Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging, 2de druk, 1920.
[55]Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging, 2de druk, 1920.
[56]SienDie Huisgenoot, Okt. 1921.
[56]SienDie Huisgenoot, Okt. 1921.
[57]De Volkstem, 30 Des. 1909. Vgl.Die Huisgenoot, Julie 1922, oor opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke.
[57]De Volkstem, 30 Des. 1909. Vgl.Die Huisgenoot, Julie 1922, oor opposiesie in die gemeente Noorder-Pêrel teen Afrikaanse preke.
[58]Aug. 1903.
[58]Aug. 1903.
[59]Vgl. Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging2p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14Julie1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven."De Volkstem, 19 April 1905.
[59]Vgl. Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie van die Twede Afr.-Taalbeweging2p. 16, waar 'n uitvoerige bespreking aan die brosjure gewy word. Die voorrede van Dr. Engelenburg is gedateer 14Julie1905. Pienaar se datum, Junie, is dus 'n vergissing. Die eerste gedeelte, wat in die brosjure weggelaat is, bevat 'n droom oor drie perskebome in 'n snaakse tussentaal, nog Hollands, nog Afrikaans, waarvan die volgende 'n staaltjie is: "Deze bomen waren hier geplant van steggies, en by al twee waren klompies mense hard bezig om te proberen ze te laten groeien, de een deur water te lei, de ander deur los te spit, de een weer deur te snoei, en de ander deur mest te geven."De Volkstem, 19 April 1905.
[60]De Volkstem, 19 Junie 1907.
[60]De Volkstem, 19 Junie 1907.
[61]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.
[61]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.
[62]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.
[62]Dit is ons Ernst, 13 Aug. 1908.
[63]Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering inDie Brandwag, 15 Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.
[63]Vgl. die raak opmerkings oor hierdie bewering inDie Brandwag, 15 Febr. 1913, en in 'n volgende nommer Brümmer se repliek.
[64]De Roeping der Kunst, p. 5 en 25.
[64]De Roeping der Kunst, p. 5 en 25.
[65]In 'n artiekel:Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)
[65]In 'n artiekel:Het Boek in Engeland (Algemeen Handelsblad.)
[66]Gesiteer in dieAlgemeen Handelsblad.
[66]Gesiteer in dieAlgemeen Handelsblad.
[67]Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekelStryd en Taalstryd, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.
[67]Sommige is van Jan Celliers, soos o.a. die artiekelStryd en Taalstryd, (1/4/11), in hierdie paragraaf aangehaal.
[68]Oom Gert Vertel3, p. XX.
[68]Oom Gert Vertel3, p. XX.
[69]t.a.p., p. XXI.
[69]t.a.p., p. XXI.
[70]Tomlinson inDie BrandwagDes. 1918.
[70]Tomlinson inDie BrandwagDes. 1918.
[71]Vir verder besonderhede oorOns Moedertaalkan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2, p. 64-74.
[71]Vir verder besonderhede oorOns Moedertaalkan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2, p. 64-74.
[72]Herdruk inOns Weg deur die Wêreld(1919):Afrikaans als Voertaal.
[72]Herdruk inOns Weg deur die Wêreld(1919):Afrikaans als Voertaal.
[73]Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se verweer oorgedruk en as pamflet versprei.
[73]Augustus 1919. Op aandrang van enige predikante is Prof. Smith se verweer oorgedruk en as pamflet versprei.
Die oprigting van die tydskrifDe Goede Hoopin Julie 1903 deur Mev. Koopmans-de Wet en "Onze Jan", "benevens andere der voorste Afrikaners in de Kaapstad".[75]met Adv. J.H.H. de Waal, 'n erkende voorstander van Afrikaans as redakteur, is ongetwyfeld 'n feit van groot betekenis in die geskiedenis van die Twede Afrikaanse Beweging. Die talentvolle leier van die Eerste Beweging, Ds. S.J. du Toit, het deur sy on-Afrikaanse politiek van ná 1896 die hele saak, waarvoor hy en sy medestryers met soveel opoffering sedert 1872 ge-ywer het, laat misluk. Die laaste spartelings van die Genootskap van Regte Afrikaners het nog tot 1909 geduur, toe die tydskrifOns Taaldood gekwyn 't, maar veral om politieke redes moes daar 'n heeltemal nuwe begin gemaak word. Die ondersteuning vanDe Goede Hoopdeur "Onze Jan" was 'n voldoende waarborg vir die eg-Afrikaanse rigting van die blad, en die redakteur het van die staanspoor af vasgetrap vir Afrikaans. Deur sy verstandige stadig-oor-die-klippers-taktiek[76]het hy veel gedoen omdie ou vooroordele teen die moedertaal weg te ruim, terwyl sy kragtige artiekels onder dienom de plume Jan van Rozenburg'n groot stoot aan die nasionale beweging gegee het.De Goede Hoopwas dan ook veel meer as 'n "eerste voorbode van die naderende renaissance", soos Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie beweer (2de druk, p. 12). "Van Kaapstad begint die viktorie vir die Twede Beweging en Adv. De Waal was seker een van die vernaamste kampvegters, wat deur middel van sy blad suksesvolle voortrekkerswerk gedoen het.
Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Twede Beweging besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit "op sy kragtige inisiatief in die lewe geroep" is, soos Dr. E.C. Pienaar doen, (Diss. p. 1) is stellig onjuis.[77]
De Goede Hoophet leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.[78]Dit het dan ook veral by jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reël.
Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die volgende: "In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een listige mededinger om de hand van de beminde ... Onverwachtegebeurtenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig tegen" (G.H.April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se romanVergeet Nie, en in nommer van Des. 1911 hoor ons van "verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman".
Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy bewondering virJohannes van Wyk. By sy beoordeling het die betekenis van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. "Ons volkstaal, ons dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en waardering." Vandag sal Malherbe seker nie meer vanJohannes van Wyko.a. beweer nie: "Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en gebeurtenisse in die oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole die inwendige van sy persone."
Vanaf Januarie 1915 tree Prof. Ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.[79]In sy studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie voortgeset; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropies, kerklik en wetenskaplik gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van die A.T.V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die wysbegeerte aan die Stellenbosse Uniwersiteit. Die grootste gedeelte van sy werk is in Hollands, o.a.SpokenenEerbied. Die Afrikaanse brosjureDie Afrikaanse Nasieis al onder Polemiese Prosa bespreek.
Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se redaksie nog altyd in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans in voorkom, worddit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. Die voorstanders van Afrikaans verenig hul rondomOns Moedertaal(1914), later verenig metDie Huisgenoot(1916) enDie Brandwag(1910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee kampe splits, invloed gehad 't op die groepering van lesers is ontwyfelbaar. In hierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die tydskrifte sou 'n nadere bespreking van die kwessie egter uit sy plek wees.
Brümmer skryf veral oor etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige Hollandse artiekels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukkeDie Spraaksame Ossewa[80]in Afrikaans. Die ossewa is vir hom 'n beeld van die menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van die as, wat "'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa" is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. "Die ossewa is al oud en daar sit wysheid in sy jare" (Sept. 1918). Dat so 'n sistematiese vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur. Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende: "as 'n goeie ding gemisbruik kom worde" (Feb. 1919).
Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middels gebruik om sy blad vol te kry blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word aangegee, nl. die verhaalHansie Smal, wat in een van die nommers van die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee Brümmer die verrassende uitspraak: "Poëzie moet vloeien, moetzalvendzijn....[81](Sept. 1916). Dit staan daar!
Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende "gedig" dien, wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is:
Geagte Heer, die editeur,Ek wil vir jou weer pla,Want ek wil in die "Goede Hoop"Vir jou 'n plekkie vra.Ek wil ook iets vir jou instuurSoos al jou vrindetal;En daarom skryf ek nou vir jouOor "Lente in die Dal",
Geagte Heer, die editeur,Ek wil vir jou weer pla,Want ek wil in die "Goede Hoop"Vir jou 'n plekkie vra.Ek wil ook iets vir jou instuurSoos al jou vrindetal;En daarom skryf ek nou vir jouOor "Lente in die Dal",
Op die manier kry die rymelaar "Charon" nog twee en 'n halwe kolom vol! (Sept. 1920.)
Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte nie. Dit is van "'n weerspannige dogter", wat "met 'n treurige, bleek gesiggie.... soos 'n skim deur die huis" dwaal, omdat haar vader vir Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in 'n ... klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy beskeidenheid, "versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe" en in 'n ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid.
'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan, maar omdat sy beste werk inDie Brandwagverskyn het, word dit daar bespreek.
Die letterkundige kritiek vanDe Goede Hoopbestaan nog altyd uit kort aankondiginge. "Dons maar op, alles sal reg kom!" wordMariustoegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte inDe Goede Hoopsoek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd loop.
Die Brandwagis opgerig op 31 Mei 1910 onder redaksie van Dr. W.M.R. Malherbe en Gustav Preller. Na die eerste ses nommers egter, vanaf 1 September 1910, is Dr. Malherbe alleen redakteur, totdat hy inSeptember 1919 weer vervang word deur Preller, wat die blad redigeer totdat die uitgawe in Februarie 1922 om finansiële redes gestaak word.
Die doel van die blad word in die eerste nommer só omskryf: "Die Brandwag heeft positie gekozen op 'n punt waar 't terrein alsnog onbewaakt bleef: het Afrikaner huisgezin." Dit wil die plek verower, wat opgevul word deur "vreemde kaf, alsHome NotesenHome ChatenHome Journal, enz." Verder wil die tydskrif probeer om "leiding en koers te geven aan de vele zeer bekwaam gebleken Afrikanerpennen, die ernaar streven ... 'n eigen nasionaal-afrikaanse letterkunde te helpen groot maken." Met die uitvoering van die programma het die blad uitstekend geslaag en dank sy die medewerking van feitlik alle skrywers en digters van betekenis kon dit 'n hoë literêre peil bereik en tot die end toe handhaaf. Dat die blad 'n faktor van groot betekenis in die kultuur- en taalstryd was is ongetwyfeld, en die verdwyning daarvan moet as 'n ramp beskou word. Daar is werk van blywende waarde in gepubliseer en deur middel van die wedstryde het 'n hele reeks nuwe skrywers, soos Jochem van Bruggen, Léon Maré, E. de Roubaix, M. Jansen, Hettie Cillié, e.a. bekend geword. In die kinder-afdeling het Mev. Iz. van Heerden naam gemaak met haar voortreflike verhale, sodat "Tannie van Die Brandwag" 'n geliefde naam by die kleinspan oor die hele land is.
Veel het die blad ook daartoe bygedra om gesonde begrippe oor kuns ingang te laat vind. Deur goeie vertalings en studies oor buitelandse kunstenaars is 'n poging gedoen om in voeling te bly met Europese kuns, terwyl talryke sketse, veral oor die Voortrekkers, die historiese belangstelling aangekweek en wakker gehou 't. So word b.v. aangedring op die publikasie van ou handskrifte: "Daar is al soveel in die laaste oorlog verlore gegaan, dat ons nou betyds moet begin om te red, wat nog te redde is." (15 Julie 1910.)
Gesond was die letterkundige kritiek van die blad. Reeds in die eerste jaargang waarsku die opstelle-kommissie teen verhale met "awonture en kunsmatige verwikkelinge. Daarin moet die bekoring van 'n verhaal nie gesoek word nie, maar wèl in onopgesmukte voorstellingvan buitengewone of gewone gebeurtenisse—met ware en rake tekening van karakters." (Des. 1910.) Die krietikus X verklaar: "Ons skrywers begin in te sien, dat die krag en betekenis van 'n verhaal nie geleë is in gesogte samevlegting van buitengewone gebeurtenisse, opsetlike mooi-soekery, maar juistheid van skildering, natuurlike voorstelling, diepte en waarheid van karakter-uitbeelding, selfs in wat grappig is." (15 Feb. 1911.) Dit is nog iets anders as die "gemoedprikkelende verrassingen", waarDe Goede Hoopna gesoek het!
Ofskoon in die eerste jare die blote verskyning van 'n Afrikaanse boek al 'n gebeurtenis van belang was, laat die blad hom nie verlei nie tot wat G.S. P(reller) noem "onnadenkende, steriotiepe koerante-aanprysinge" (15 Sept. 1913). Nadruklik word gewys op die waarde van elke boek vir die besonder Afrikaanse kultuurtoestand, maar steeds ook aangetoon, dat dit geen blywende maatstaf moet wees nie. 'n Mooi voorbeeld daarvan is J.F.E. C(elliers) se beoordeling vanStompiesdeur Adv. J.H.H. de Waal. "Ons is bly met die verskyning van sulke werkies. Wat in ander land daarvan gesê mag word, gaat ons nie aan nie; ons weet net dat 't vir ons S.A. goed is, en dat manne wat hul daarop toelê om ons volk aan lees en aan dink en aan gebruik van sy eie taal te bring, alle lof verdien. Die skrywer siet goed in dat romanties aangelegde verhaaltjies, met 'n pikante sousie van awontuurlikheid of wonderbaarlikheid daaroor, meer lesers sal trek dan iets wat bepaald op letterkunde aangelê is, op karakter- en gevoelstudie van 'n fynere soort.... Nou die skrywer diegrootpubliek al by herhaling tevrede gestel het, spreek ons die hoop uit nog eendag 'n roman van sy hand te sien wat in diepgang, in gevoel- en karakterstudie, 'n letterkundige eersteling sal wees in ons wêrelddeel ..." (15 Jan. 1912.)
In die laaste jaargange tree veral Adv. Eugène, N. Marais op as krietikus, en ofskoon sy opmerkings meestal raak is, sou mens van een wat self digter is, nie sulke snaakse bewerings oor poësie verwag nie. Sonderling is b.v. die volgende uitspraak na aanleiding van Van Bruggen se bundelLente-Stemme: "Om die soort vangediggies goed te maak, is veel moeiliker dan om 'n goeie stoel te maak. Dit vereis meer tegniese bekwaamheid en seker veel meer arbeid. Dit kos altyd handwerk om alle spore van sukkel uit jou werk te skaaf en weg te polieer" (Maart 1920). Nadat hy die aanwesigheid van "ware poëtiese gevoel" gekonstateer het sê hy: "Al wat makeer is die handskaaf en die sandpapier.... En laat die digter dit vir 'n grondbeginsel eerbiedig: in die maak van 'n volmaakte rympie is handewerk van net soveel betekenis as inspirasie." Na aanleiding van dié resensie het ek aangetoon, dat so 'n beginsel 'n absolute miskenning van die wese van alle egte poësie is. (Die Brandwag, Okt. 1920.)[82]Dit is bes moontlik, dat Marais metskaafenhandwerkiets anders bedoel as die gewone opvatting van dié woorde in die letterkundige geskiedenis, wat uit die agtiende eeu dateer. Hy moes egter bedenk 't, dat die woorde 'n danig slegte reuk het met betrekking tot poësie en aanleiding kan gee tot fatale misverstand.
Een van die trouste medewerkers was
As digter is hy bekend genoeg, maar dat hy ook een van ons mees verdienstelike prosaskrywers is, daarop mag nog wel gewys word. InDie Brandwaghet onder sy eie en onder verskeie skuilname heelwat prosastukke van hom verskyn, waarin hy op populêre wyse allerlei historiese, sosiale en wetenskaplike onderwerpe behandel. In dié stukke munt sy styl uit deur helderheid en logiese gedagtegang, eienskappe, wat dit dan ook bevatlik maak vir selfs onontwikkelde lesers. Die meeste daarvan is later herdruk in syAfrikaanse Leesboek(1920). Veel het hy ook gedoen om juiste begrippe oor kuns en meer besonderlik oor letterkunde te bevorder. In dié verband kan gewys word op 'n reeks artiekels, getietelLewe en LettereinDie Burger, 1921,[84]waarin hy blyk gee van 'n gesonde kunsopvatting. In die stadium van ontwikkeling, waarin ons volk tans verkeer, is so 'n causerie oor kuns van groot waarde. 'n Verdienstelike omwerking van 'n roman van Henri Bordeaux,Bang vir die Lewe, het ook van hom inDie Brandwagverskyn en is later opgeneem in Die Burger-leeskring (1919).Colombovan Prosper Mérimée het hy ook daarvoor vertaal (1920).
Dit is veral in sy natuurbeskrywings, dat Celliers as woordkunstenaar verdienstelik is. Hier openbaar hy 'n fynheid van gevoel vir die kleinste klanknuansering, 'n liefde vir die woord, wat ons dan ook van hom as digter mag verwag. Skoonheid in die natuur bring hom in 'n jubelende ekstase: "Olaatmy hier verlore raak, hier altyd bly, hier sterwe as dit moet, want hier bereik die lewe sy hoogste heerlikheid, so naby die Onsienlike as nêrens anders nie...." (Die Brandwag, Jan. 1917.) "Ons wil een word met die gaos van dartelende geluk en ongebondenheid, ons wil verfrommel word in die mallende, krullende skuim, ons wil onsselwe vergeet en verloor in die wilde vrye roes van uitjuigende, uitspattende beweging en krag ..." (Jan. 1918). In sy uitgelatenheid laat hy die woorde om ons wirrel-warrel, soms wel in verbysterende veelheid, maar altyd vol suggestiewe klank. "Die see in die rotse! O, nêrens soos hier is die water 'n beeld van krag—dronk, mal van pret, van selfbewuste eie weelderige oordaad, sigself oortreffend, oorrollend, oorbotsend in aksie-begeerte teen hindernis, swelgend in oordaad van alles-oorswalpende aanstorming, melk-wit oor-soppend die rotsbanke se skulp-skurfte, swoep! opdoeffend teen blinde klip, oppluimend, uitspattend in 'n wolk van skuim wat bo in puntjies uitpyl en wind-verwaaid neerswiets in die siedende karning omlaag; na aanstorming waggel-wild wegvallende elke keer, in rotstregters ingesuie, maar opgudsend weer na halwe wegsakking, in altyd-durende dans van strydlustige durf en ongeduld." (id.)[85]
"Malkop-moedwillig spring waterdruppeltjies af van die oorleunende kranse bo, om te kyk wie die beste kan duik—met 'n stadig-lange swaai, net of die lug hul dra in hul val, seil hul neer, en pets op onse hande of val in die rivier naas die skuit." (Die Brandwag, Jan. 1917.)
Sulke impressionistiese prosa is in ons letterkunde maar al te skaars! Noem dit navolging van die Tagtiger woordkuns as jy wil; praat van Querido-aanse oorlading—ook goed; maar hier is in elk geval 'n ontroerde, wat soek na treffende segging en juiste klank.
Celliers raak nie alleen in vervoering oor die skoonheid in die natuur nie; hy is die peinsende wandelaar, wat steeds na dieper waarheid soek, telkens met 'n wondervraag stilstaan. "Pylsnel skiet 'n groot naaldekoker soos 'n blou bliksemstraal deur die lug en is weg met een van die stryders. En ek verwyder my, met die ewige vraag op my lippe, hier as in die groot wêreld daarbuite: Waarom, God, waarom?" (Leesboekp. 206.)
"Die genius van die veld het die invloed op ons, dat ons telkens die vraag aan onsselwe doen: het ons lewe en bestaan op aarde 'n doel of is alles sommerso?" (id. p. 204.)
"Soek ons hier nie wat ons soek in die donkere dieptes van ons eie gees, in elke ander gees, in elke oog, in boeke, in die natuur:wat, waar is die groot geheim, is daar skoonheid, is daar waarheid vir my te ontdek?" (In die Kango-grotte. Die Brandwag, April 1918.)
Mooi plastiese uitbeelding is daar ook inWinter-môre-mark: "Kaffers wat werk toe gaan, loop met skouers hoog opgetrek, hande diep in die broeksakke, elke voet eina-eina neergeset,—almal ewe stuurs.... 'n Pikenien het 'n soldaatbaadjie aan; en as jy daar so inkyk, sien jy sy kaal pensie, en daaronder sy nakende maer beentjies, wat lyk of daar as aan kleef." (Leesboekp. 133.)
Drie verhaaltjies van 'n wonder-mooi innigheid het Celliers ook geskryf:Sy tel nie mee nie, enNie nodig nie, in syLeesboekenWaarom Hy en nie Ek nie?inDie Brandwag(15 Maart 1914). Hier is hy ook die woord-arties, wat ons verras met fris beeldspraak. "Arme Gawie verwag 'n bondgenoot en uitredder in oupa en begin dadelik: "Meneer, is dit nou reg...." maar, wiesê, die ou-meid blus hom in 'n kits, met 'n maxim-sarsie van kort en klein gekapte skreeuerige woorde...." Onder sy ander verhale munt die volgende uit:Suster Greta, (5 Aug. 1913);'n Ou Vlam, (1 Mei 1912).Vyf Minute, (15 Junie 1913), is besonder goed gestileer. Die goeie beginsels wat hy inDie Huisgenoot, (Aug. 1919) aanbeveel, word hier toegepas—geen kakelbonte awonture nie—maar studie van die mens.[86]Van sy hand is ook die reeks didaktieseBriewe van Bram, waarin 'n paar treffende gedagtes voorkom.[87]
Vir 'n juiste begrip van Celliers se kunsopvatting is die volgende van belang:"Kuns is nie daar vir die kuns nie, maar vir die mens,[88]omdat dit ook maar een van die middele in die mens se hand is in sy strewe naar geluk, deur volmaaktheid, waarheid, skoonheid.... In ons land het 'n skrywer 'n besonder moeilike taak: hy staat voor die moeilikheid dat die buite-bevolking ander leesstof nodig het as die dorpsbevolking; en hy mag die buite-bevolking nie sommer aan hul lot oorlaat nie, en sê, "ek bemoei my net met die dorpsmense", omdat die Afrikaners te min in aantal is teenoor die inkomelinge van buite, omdat elke Afrikaner 'n onmisbare gewig in die skaal is vir ons taal- en volksbestaan.Die nasionale skrywer moet as-ware elke Afrikaner uit snuffel en soek om hom 'n skool te gee, 'n meester, 'n boek, wat hy kan verstaan, wat hom voorlig en opvoed.[89]Hier staan Celliers dus op dieselfde standpunt as Langenhoven en in verband met die se opvatting sal die vraag nader bespreek word.[90]'n Groot gedeelte van Celliers se prosawerk is dan ook suiwer didakties en ontstaan uit 'n drang om die volk op te voed tot 'n beter begrip van kuns. In dieselfde artiekel sê hy verder: "Aan die ander kant staat die dorpsman, wat al gesnuffel en geproe het in die letterkundige tuin van die groot wêreld.... Aan hom moet ook gegee word wat sy smaak bevredig en wat enigsins 'n vergelyking kan deurstaan met dieletterkundige voortbrengsels van die buiteland.... Die Afrikaanse kunstenaar moet dusnie altyd[91]uitsluitend aan die beginner dink nieen sy gevoel of siening in-toom nie[91]—hy moet daar dikwels die volle teuel aan gee en die allerbeste lewer wat hy kan, want veral die opgevoede man moet vir ons taal en nasionale saak gewin word ..." In sy poësie word die twede gedeelte van die program uitgewerk en gelukkig het dit weinig gely onder sy didaktiese en patriotiese geteoretiseer. As 'ndigterons kom vertel, dat hynie altyd...sy gevoel of siening in-toom nie, m.a.w. dat hy dit soms tòg doen om vir die "beginner" bevatlik te wees, dan sou ons verwag dat dit met sy kuns heeltemal misloop, hoe goed die bedoeling ook al mag wees. Gelukkig is dit by Jan Celliers nie die geval nie. Wat C.R. de Klerk van Vondel sê, geld ook hier: "De beste schilders zijn niet zelden de onbeholpenste stamelaars als ze hun eigen werk trachten te duiden in woorden."[92]"Nut en stichting", "nuttigheid voor de scholieren en opluikende jonkheid", sulke woorde kry mens in meer dan een Berecht van Vondel, maar in sy beste werk, soos b.v. dieLucifer, vergeet hy totaal, dat hy die mense wou "verbeter" en is hy veral 'nsoeker van skoonheid. Verblydend is dit, dat Jan Celliers in die laaste tyd ook in sy teoretiese beskouing 'n veel juister standpunt inneem. "Geniale uitbeelding, plastiese voorstelling, dis die eintlike werk van die kuns, die letterkunde. En die uitbeelding is hier alleen goed as dit, daardeurheen, die gronde en dieptes laat sien,sonder dat dit die eintlike welbewuste doel van die kunstenaar was om bepaald sedelik of opbouend te werk te gaan, soos die predikant of die onderwyser. 'n Ware kunswerk kom alleen voort uit 'n vrye estetiese stemming of gevoel, wat sy doel bereik sonder dat dit lyk of hy 'n bepaalde doel gehad het. As die vrye uiting hom 'n rigting laat voorskrywe deur 'n sedelike of ander doel, word persone en toestande vanself verdraai, pasklaar gemaak, om aan die doel ofstrekking diensbaar te wees, en dan is so 'n werk, as kunswerk, nie meer van die beste nie."[93]
Een van die skryfsters wat baie opgang gemaak 't in die tydskrif en wie se werk herhaaldelik bekroon is, is
Sy is die dogter van 'n onderwyser, wat in 1884 uit Wellington na Transvaal getrek 't. Na die Engelse oorlog het sy haar opvoeding aan die Hugenote-Seminarie ontvang. In 1906 en 1909 het sy Taalbondpryse vir histories-romantiese verhale gekry. 'n Twintigtal van haar stories en sketse is in verskillende krante en tydskrifte gepubliseer.[94]
Sy teken by voorkeur 'n eenvoudige verwikkeling, waarin die liefde 'n rol speel en verstaan die tegniek van die kort verhaal goed. Haar karakteruitbeelding getuig van groot mensekennis, maar is nie treffend genoeg om 'n blywende indruk te maak nie, veral omdat haar styl so onpersoonlik is.Twee Susters, (Die Brandwag, 1 Maart 1913) en'n Ongeluk, (15 Des. 1910) is tiepiese verhaaltjies, op rustig-aangename toon vertel.
Van hierdie skrywer het 'n hele reeks verhale in verskillende tydskrifte verskyn. Hy is gebore in 1880 op Tabaktuin, 'n plaas digby Nieuwoudtville. Jare lank het hy sy vader se skape opgepas. Die enigste lektuur was die Bybel, Katkisasieboek,Ons KleintjienOns Tydskrif. In 1898 kon hy op Nieuwoudtville skool gaan en met die Engelse "Step by Step" begin. Gedurende die oorlog het hy by Gen. Maritz aangesluit.
In die Boland het hy gematrikuleer en sedert 1907 hou hy skool in Namakwaland. Veertien jaar was hy opRoggeland en vanaf 1922 is hy op Paardekraal (Noord-Bokveld).
Die gewoontes van die Boesmanlanders, hul awonture op lang trektogte—dit is die tema van Roubaix se verhale. Soms gee hy 'n reeks los anekdotes, (Op wag in Boesmanlandb.v., (Die Brandwag, 1 Mei 1916), maar meestal 'n afgeronde verhaal. Hy ken die mense deur en deur, en in eenvoudige, ongekunstelde taal, wat uitstekend pas by sy onderwerp, vertel hy die ervarings van eenvoudige siele. Dit is 'n primitiewe beskawing, wat hy beskryf in onopgesmukte toneeltjies van roerende eenvoudigheid. Treffend het hy die agterdog van die Boesmanlanders teenoor allerlei nuwighede geteken inIn die Land van Dr. Steenkamp, (Die Brandwag, Julie 1920). In sy styl is daar af en toe 'n fris oorspronklikheid; sy taal en beeldspraak sit vasgewortel in die Boesmanlandse aarde. Met sy dialoog is hy minder gelukkig. Daar stuit mens telkens op gedagtes van die skrywer self. Onwaarskynlik klink dit b.v. om 'n Namakwalandse "boggie van veertien jaar" te hoor praat van "ware skuldvergiffenis, (wat) altyd volg op ware skulderkentenis", (Die Brandwag, 1 Des. 1917). Ook die outa inMaar 'n ou Hotnotpraat 'n opgepoetste, onware taal.
In die laaste tyd vertoon De Roubaix 'n neiging vir melodramatiese grieselighede. So teken hy inPietertjie en Johannetjie'n verlore seun, wat op sy ouers se graf met 'n skeermes sy nekare afsny. (Die Huisgenoot, Junie 1920.)
Onder die jagstories, wat inDie Brandwagverskyn het, verdien die reeksHerinneringe van 'n JagterdeurVaalswaervermelding. Dit is geen geweldige awonture wat hy verhaal nie. So af en toe vleg hy wel 'n klein anekdote in, maar hy is in die eerste plaas die peinsende jagter, wat onder die bekoring van die bosveld sy gedagtes vrye loop gee en met 'n paar trekkies mooi 'n stemming aandui. 'n Goeie voorbeeld daarvan staan in die nommer van 1 Oktober 1916.Vaalswaeris in 1870 in die distrik Cradock gebore. Sedert 1905 het hy met Preller saamgewerkin die taalstryd, o.a. as sekretaris van die A.T.G. Met sy eggenote,Tannie, woon hy nou op Potgietersrust.
Die Brandwagbevat ook verskillende goed geslaagde oorlogsverhale, waarvan o.a. die volgende kan genoem word:'n Bestormingdeur Nig Mimmie (15 Mei 1911);Oormagdeur P. (Sept. 1921);Boere op Seedeur O.D. (Sept. 1921).
Onder die groot aantal verdienstelike kort stories verdien die volgende veral aandag:Die Bymotdeur Carl Jeppe (15 Des. 1910);Sy Terugkomsdeur Steph. Maré (1 Des. 1912);Wraakdeur J.F. Engelbrecht (15 Des. 1912);'n Briefdeur H. (1 Des. 1915);Oom Hans(Sept. 1921). Van sulke min of meer onbekende outeurs sou daar 'n mooi bloemlesing kan saamgestel word. As vervolgstorie het vanaf 1 Oktober 1914 'n roman in Afrikaans:Die Niggies van die Kommandeurverskyn deur J.F. van Oordt (1856-1918),'n skrywer, wat onder die naamD'Arbez'n hele reeks Hoog-Hollandse romans gepubliseer het[95]. Van hom is ook die verhaalDie Wolwegat, later opgeneem in die bundelLosse Klippe.
In Mei 1916 isDie Huisgenoot opgerigonder redaksie van Prof. J.J. Smith, as vertegenwoordiger van die Afrikaanse Taal-Vereniging en C.J.L. Ruysch van Dugteren, van die Nasionale Pers. Met die blad is verenig die A.T.V. orgaan,Ons Moedertaal, wat onder die oorlogsdruk moeilik kon bestaan[96]. Na die dood van Ruysch van Dugteren in 1918 is Prof. Smith alleen redakteur. Ofskoon Hollandse stukke natuurlik nog 'n enkele maal opgeneem word, verskyn die blad sedert 1918 feitlik uitsluitend in Afrikaans. Dit is ook die offisiële orgaan van dieA.T.V., A.C. V.V., O.V.V.HelpmekaarenWerda.
Die doel vanDie Huisgenootword in die uitgawevan Julie 1917 só aangedui: "Die Huisgenootis 'n tydskrif, wat tot doel het die handhawing van ons taalregte en die bevordering van Afrikaans. Dit wil, sonder die terrein van partypolitiek te betree, meewerk in die opbou van ons nasionale lewe deur die aandag te vestig op alles wat goed is in die geskiedenis, owerleweringe en ideale van Hollands Suid-Afrika." Heel goed word die geaardheid van die blad deur die redakteur beskryf: "Die Huisgenoothet probeer om populêr te wees, sonder om juis die wetenskap enige geweld aan te doen; en dit was altyd sy strewe om vir elke leser in die Afrikaanse wêreld iets boeiends te verskaf. Deur lewensbeskrywinge van groot Afrikaners, deur sketse uit ons dierewêreld, deur stukke oor Suid-Afrikaanse kuns, deur verhale vir kinders en grootmense, deur die bespreking van taalkwessies, deur wenke vir die vrou, deur foto's, grappies en ander sake, het ons probeer om met die smaak van al ons lesers enigsins rekening te hou. Ons het, met ander woorde, 'n bont verskeidenheid nagestreef...." (Mei 1918). Met groot sukses het die blad sy program uitgewerk. In die moeilike taak om wetenskaplik en daarby ook populêr te wees, het die redaksie vry goed geslaag. Voorlopig skyn die bestaan van 'n tydskrif nog daarvan af te hang, want pas in 1922 het die pogings om 'n suiwer wetenskaplike en kuns-blad te stig sukses gehad[97].
Deur 'n konsekwente, ofskoon krietiese toepassing van die Akademie-reëls hetDie Huisgenootveel gedoen om aan die verwarring op spellinggebied 'n einde te maak en die afdelingTaalvraewas seker een van die nuttigste. Tog het die redaksie nooit uit die oog verloor nie, dat daar naas die taal nog ander belangrike sake was. "We moeten een volk zijn met eigen taal niet alleen, maar met eigen tradities, eigen bouwkunst, eigen schilderkunst, eigen muziek, eigen levensopvatting." (Feb. 1917.)—"'n Volk wat hom ten volle wens te ontwikkel en wat 'n waardige plek onder die nasies van die wêreld wil beklee moet hom op alle gebied(e) ontwikkel. Dit is nie genoeg dat ons vir ons taalregte stry nie; en dit is ooknie genoeg om na politieke mag te strewe nie...." (Julie 1919).—"Uit ekonomiese afhanklikheid spruit alte dikwels kultuurslawerny...." (April 1919).
Daar is een geval waar die ywer vir die taal van letterkundige standpunt minder gelukkig was. B. Spoelstra bring, "op 'n heel interessante manier", seg die redakteur 'n versameling van ses-en-vyftig spreekwoorde in 'n verhaaltjie byeen, (Jan. en Mei 1921) en ander lesers word aangespoor om die spreekwoord-gimnastiek na te volg! Tot watter verwarrende beeldspraak dit aanleiding gee, blyk al uit die eerste sin: "Toe ons die ander dag'n voëltjie gehoor fluit 't, dat twee jong mensedie huweliksbootjie wou instap, en al taamlik goudie vierperdewa wou inspan, hetmenigeen sy tande geslypvir die bruilof en gehoop om weer 'n keer lekkerte gaan skoffel." (Jan. 1921.)
Letterkundige kritiek beslaan 'n vername plaas in die blad en oor die algemeen is dit op gesonde beginsels gebaseer. Dat die blad hom nie leen tot onoordeelkundige ophemeling van minderwaardige of middelmatige werk nie en by sy kritiek steeds 'n hoë peil handhaaf ten spyte van heelwat teenstand is 'n verblydende teken.
Dit spreek egter vanself dat met ongeveer 'n vyftiental resensente dit moeilik gaan om die eenheid op krieties gebied te handhaaf. So word dieselfde stuk by 'n eerste en twede druk nogal heel verskillend beoordeel. Dit is die geval metDie Vrou van S.A.(Nov. 1918 deur H.A. Fagan, Feb. 1922 deur F.B.).
Veral in die begin van 1919 het 'n paar resensies van verskillende kante teenspraak uitgelok en aanleiding gegee tot vrugbare polemiek.[98]
In Februarie 1919 wys J.J. S(mith) op die algemene gebrek aan tegniek: "Ons wil (die) skrywers net daarop wys, dat hul ons letterkunde 'n groot diens sal bewys as hul, voor hul aan die skrywe gaan, eers 'n bietjie wil studeer en nadink oor die wette wat gedurende die eeue heen in hul besondere kunsvak geformuleer is." In 1920 word dit nodig om aan die talryke skryflustigesdie volgende waarskuwing te gee: "Kyk, die Afrikaanse Taalbeweging het darem nou 'n stadium bereik waarin ons nie meer alles wat daar in druk verskyn as hemelval hoef te begroet nie" (E.C. P(ienaar) Nov.).Slypsteenontlok aan M.T. die versugting: "Van Lennep, Van Lennep en sy geesgenote—dat hulle tydperk hier in S.A. verbygaan!" Daarby word gevoeg:Slypsteen"weet oënskynlik nog niks van die groot strome in die hele nuwe Europese letterkunde nie." (Julie 1921.)
Dat daar vir die Europese en meer spesiaal vir die Nederlandse letterkunde so weinig, of glad geen plaas ingeruim word inDie Huisgenootnie is 'n gebrek, waarop ek in die uitgawe van Desember 1920 gewys het. "Van die kunsafdeling in ons tydskrifte verwag ons veel meer. Dit behoort ons op die hoogte te hou van kultuuruitinge en -strominge in ander lande. Deur ons geografiese ligging loop ons groot gevaar om op kunsgebied agterlik en geïsoleerd te bly. Ons land lê in 'n uithoek, en die storme wat die gemoedere elders in heftige beroering bring, gly as geruislose kabbeling om ons kuste heen, soms 'n paar verdwaalde opdrifsels meevoerende. Vir ons tydskrifte meen ek is die tyd tans gekom vir 'n breër behandeling van die literatuur, vir 'n intenser meelewe in die literêre strominge van die wêreld, sonder welke dit onmoontlik is om die literatuur van enige land te begryp. Deur vergelykende studie alleen kom ons tot 'n besef van die groot eenheid, tot 'n begrip van die menigvuldige aanknopingspunte tussen die nasionale en die internasionale kultuur. Dit is onmoontlik om elke literatuur in 'n aparte hokkie te hou. Ons moet in staat wees om 'n blik oor die gehele wetenskap te werp, en op dié wyse alleen kan ons die onderlinge verband tussen die verskillende dele en die grote geheel begryp."[99]
Tot die prosaskrywers, wat inDie Huisgenootgedebuteer het, behoort A. du Biel, (Getrouen 'n paar kort verhale) en A.A. Pienaar (Sangiro). Die kort verhale, wat enigsins bo die middelmatige uitkom is besonder skaars. Die meeste daarvan verraai 'nongeoefende hand.Onsigbare Handedeur M. Linde (Maart 1920) en veralDie Bosduiwenesdeur J.W. (Des. 1920) verdien vermelding. Laasgenoemde is sonder enige mooi-doenery, vol stemming en goed vertel. Ook die volgende bevat 'n belofte:Die Ou Bliktrommel(Aug. 1917) deurKleinjan, J.R.L. van Bruggen, die digter vanLente-Stemme, enVergeet-my-Nietjiesdeur Rikie Postma (Des. 1921).
Van die digter, Dr. C. Louis Leipoldt het o.a. verskyn:Wit Anjeliere(Nov. 1919) enDie Transportryer se Storie(Okt. 1921). Hy laat graag 'n onopgeloste raaiseltjie aan die leser oor om tot nadenk te prikkel. Dit is in ooreenstemming met sy kritiek oor Van Reenen seCelestine, waar hy sê: "'n Ware kunstenaar fluister as hy by so 'n punt (waar jou hare moet rys) kom: juis die sagte gefluister gee die indruk van geheimsinnigheid, moedeloosheid, angs, gevaar, smart, vertwyfling." (Nov. 1919.) Maar sy besgeslaagde verhaal het inDie Brandwagverskyn (1 Aug. 1914). Dis 'n digterlike sprokie van wondervolle teerheid:Die Weeskindjie, wat 'n moeder wou hê!
Die griep-epidemie, die opstand in 1914 en die druk van die oorlog, dit is oorsake, wat die getal "blyeyndende" verhale so klein maak in die jare 1918 en 1919, en 'n besondere voorliefde vir die skildering van treurige voorvalle in die hand werk. Die strekkings-verhale vanHermanusbehoort tot die gebied van die traktaatjiesliteratuur.As Vader gaan Biljart speelkan dien as staaltjie, (Nov. 1921). 'n Voorbeeld van valse romantiekerigheid gee N.H. Theunissen in sy verhaal:Tussen die Aand- en Môre-skemer(April 1920). Hy wil 'n digterlike Voortrekkersdogter en haar dom-onnosele vryer uitbeeld. Dit sou moeilik gaan om meer staaltjies van verknoeide viesie en onware tekening in 'n kort verhaal bymekaar te bring. "Oor die lieflike gesiggie sprei daar 'n tergende glimlag, ... en haar oë,diep poele van geheimsinnigheid, verduister, en wordonleesbaar." Die arme Jan kry les in digterlike natuur-beskouing. "Kom en kyk hoe mooi lyk die groot bome, hoe hulle hulde bring aan die sonsondergang." Die raadselagtige nooi word so geteken: "Sy was dieverpersoonliking van leed en van vreugde. Die groot ruimtes was haar wêreld. Sy het geleef en gevoel vir alles om haar. Vir haarmede-wagenotewas syonaantasbaar. Hulle siele kon nie saamgaan met haar langs die babbelende strome, na diesoemendebosse op 'n blosende môre nie." As Jan haar in sy arme neem is daar in haar "geen antwoordende vuur nie". Gelukkig, want in die dae was daar nog geen brandweer nie! Maar nou kry Jan weer les in sielkunde: "Die bloed wat deur my stroom, het die are van die wêreld gegee; die hart wat in my klop, is die kloppende hart van die see. Sien jy, Jan, ek kan ook rym!... Van uit die diepe aarde, van uit die waters het my liggaam gekom; en my liggaam is 'nhok(sic!) van drome" ... Sy dowwe verstand kon haar woorde nie volg nie. Die beeldspraak was buite die enge kring van sy gedagtes." Ook ons slaan dit totaal dronk! Maar die domme Jan ondergaan 'n gedaanteverwisseling. "Sy ontvang sy lippe sonder weerstand ... Hy trek hom weg en kyk na haar oë. 'n Straal van kennis, 'n profeteviesie het hom ingevloei". Soe! maar dis darem vir jou 'n nooi! In die aand het "die stergegordelde nag haar omhels" en na die Soeloes se aanval "sluit hulle hul lippe in wederkerige, ewigdurende liefde, terwyl die bloed hulle monde oorstelp. Al die vlekke op die gesigte van die dode word deur 'n engelehand uitgewis. Die man se gesig word kalm, oorsprei met 'n waas van alomkennis ..."—"Geef ons natuur en waarheid weer" mag ons wel uitroep! Gelukkig is dit op ander plekke in die blad wel aanwesig.
InDie Boerevrou, 'n damesblad, opgerig in Maart 1919 onder redaksie van Mevrou K. Malherbe het 'n paar mooi verhale van Adv. Eugène, N. Marais verskyn, o.a.:Die Brief van Nooitgedag(Des. 1919)[100]. OokF. v.d. Heever,[101]van wie in 1919 'n bundel gedigte uitgegee is, het 'n paar veelbelowende sketse geskryf, waaronder:Werkstaking by die Kleigat(Mei 1922) uitmunt deur plastiese tekening.
Sedert Maart 1920 het 'n orgaan van die Afrikaanse Studentebond as byvoegsel vanDie Brandwagverskyn onder die naamDie Banier. Die inhoud was meestal van wetenskaplike aard en word hier dus nie nader bespreek nie.
In Junie 1922 het onder redaksie van Dr. D.F. Malherbe verskyn dieTydskrif vir Wetenskap en Kuns. In die voorwoord word gesê: "Ons (wil) met hierdie Tydskrif 'n gees van ernstige studie help aankweek, geleentheid bied vir elkeen wat oorspronklike beskouinge het of nuwe resultate of nuwe materiaal om te publiseer.... Laat die Tydskrif dan 'n middel wees om Afrikaans betekenis te verleen in die wetenskaplike wêreld, om te ontplooi die rykdom van sy vormende krag, sy vermoë om die nuwe woord te skep wat met raak seggingskrag verras, om te openbaar sy suiwerheid en helder eenvoud, om te getuig van sy mondigheid en bruikbaarheid op elke gebied van die geestelike lewe, om deur sy veelsydigheid van uiting ons volkskultuur tot skoner bloei te bevorder." Die blad wil ook gee "kunskritiek wat kan oprys uit die vlakteveld van dorre eensydigheid tot 'n hoër plan met wyer uitsigte." Die oprigting van so 'n tydskrif is 'n bewys van die gestadige ontwikkeling en ernstige strewe van die Twede Beweging.