DIE AANROEPING.

DIE AANROEPING.

O land, my Moederland, my Afrika,Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem,En met jou liefde en guns besiel my lied,As ek die diepste diepte wens te peil!Bevoorreg deur die feit ek is jou kind,Vonk van jou vlam wat in jou vlam verskiet,Stof van jou stof wat weer jou stof sal wees,Leen my die mag om met gewyde hand’n Bousteen by te sit by wat alreedsGestapel is vir onse volkspaleis.Skenk my die sterkte wat uit liefde spruit—Aan my wat in my siel diep vir jou voel—Een van jou volk, verlore en alleen,Wat in die wêreld waar hy omdool, weetHoe groot sy land, hoe klein sy kragte is.O maak my magtig om die tranevloedDeur snode onreg of versmoorde smartEn bitter jammerly gewek, te stilMet taal wat aantoon waar die skuld betaalIn toekomsjare groter wins sal win.Wys my die weg om tussen haat en nyd,Dwarsoor my die pronk van patriotsgevoel,Vooroordeel en onwaardig, onwaar spog,En louter liefde vir my eie land,Oorheen te stap en onverdwaal daardeurDie hoë heiligdomme te bereikWaar eie liefde tot in niks verkwyn.Verlig my, Moeder, deur jou liefdeglansWat veld en bult en koppie en krans bestraal,Wat geil die saad laat opskiet tot die groenWat in die eerste somer oor die land’n Golwende see van teer smarag verwek,Wat met rooi prag die kafferboom belaai,En met ’n suiwer goud die aalwynblom.Verstrek my moed om agtertoe te sienEn afgedane werk te vergelykMet wat nog wag vir hande as liefdewerk—Die moed om sonder skroom en sonder skimpWaar skuld was, skuld te vind; te eer wat eer,Deur eerlik doen of late, waardig is—Dat ek die treurgekied’nis wat ek sing,Opreg, met al sy smart en al sy leed,Met al sy wonderglans van wondermoed,Uiteen kan sit. En laat jou liefde wekGevoel van vaste hoop en vurige trou,Geloof in groeikrag wat die kiem besitNog sluim’rend in ons harte en ons volk,En kennis van wat nog ontbreek om klaarEn vol-kompleet te maak die werk wat wag.Gee bystand, Moeder, as die taak te hardEn te ondankbaar skyn, en met jou ligBestraal wat in my lied verligting eis.Hy, digter, wat in duister vir sy volkBesing ’t die helde-heer van Ilion,Die toornende Achilles en die doodVan Hektor, en die doolweg van Ulisses—Hy het vertrou sy volk sal groter winsUit ongebore jare ryklik haal,Om met vereende kragte voort te gaanOp paaie deur die helde vroeër betree.En ek, wat t’rugdink aan dié worsteltyd,Gun, as ek dink, myself die hoop ons wenDeur broederlik-vergaarde nasievlytDie reg om volk te wees, as volk te staan,In dae wat nog verder voor ons lê.Gedwarsboom deur die daagliks-drukkende las,Wat moeg maak en wat afmat, kan dit weesDat verder peil vir ons onmoontlik is,En laer lot as skamel deel genoeg?So mag dit wees, miskien, dat Afrika,Soos eenmaal ou Italië, slaaf moet staan—’n Smartekroeg, ’n stuurmanlose skip,Ontmeester van sy eie, ’n bordeel.So mag dit wees as ons hiernamaals komDiep in die dodeland waar geeste woonWat eenmaal vleis en been op aarde was,Dat één ons aantref—één wat bloed van onsOp aarde was en vir sy lewenslandNog liefde oorhou: „Wat gebeur daarbo?Hoe staat dit met my land?” En ons moet sê:„Só staat dit met ons land: Verdeel, verspilDie kragte wat, verenig, seë bring;Vermink die mannemoed, verbreek die magWat eens die wilde woestheid kon bedwing.”En hy wat hoor, sal, soos Sordello, roep:„O wee my land, wat tot ’n slaaf versink!”So mag dit wees as kind se kinders vraVertelsels uit die jare lank verbyEn luisterend roep: „Hoekom het ons vandagNie wat ons vroeër had nie?”Tyd vergeetNie en vergewe nie. Wat Nou vereis,Moet Nou geskied; en wie op Later wag,Wag op ’n skim wat skaduloos versmelt.O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed,En ryk beloon deur wat Natuur verspil,Skenk elke seun vir wie jou weelde geeOm rykelik die lewe te geniet,Die krag om wat geniet word, te betaalMet loon wat deur betaling liefde wek.Skenk hom die krag wanneer verdeeldheid skeiWat vroeër een was, om sy steun te geeOm wat verdeel is, weer tot een te maak.Tas met jou hand sy onsiende oë aan,Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sienDie doel wat dieper as die skynsel lê.Jy, Moeder, jy besit die mag! Jy houHier in jou skoot ’n weelde wat oortrefDie glorie eens aan Salomo se hofGetoon aan verre Skeba se vorstin—Wat groter is as al die skatte-pragWeleer gehaal deur fabel-geniusVanuit die diep smarag-gekleurde seeEn voor die meester neergelê wat hy,Gebonde deur sy eed, as slaaf moes dien.Wie het die reg, as hier die lente leerHoe kort die winter-slaaptyd eintlik is—Wie het die reg, as hier die daeraad breekIn pêrelgrys bevlek met rooi robyn,Om t’rug te dink aan winter en aan nag,Aan gisteraand se sterre en skemergroen?O glorie-songloed, wat jou goud verspilDie ooste oor, en van die bergrand maak’n Kroon wat skitter met besielde prag,Wie durf die donker aanroep en verbeelDat duister en dood oorwinning sal behaal?Die dag breek aan. In doringbosstruik en riet,En slanke wilger wat oor water treur,Ontwaak die koor van vinke in môrevreug.Die blom voel op die veld sy lewenssapEn werp sy geur uit om die dag te groet.Hier is ’n tuin van weelde, wierook-vol—Wilde skildpadbossies in bloei, en geel slangwortel.En rooi rabas, en goudgeel stekeltee,En rankende bitterappels in die sand,En droedaskruid wat op die droogte teer,Met sieketroos en wilde kamomille,Graweelkruid, roosmaryn, en ramenas,Bospeper, velskoenblaar, en in die vleiDie maerman sonder blomme, en boesmangras.Nou punt op punt en streek op streek verloorDie veld sy grys; en waar die skadu was,Daar skyn die son, en deur sy glans gelokKom koggelman en geitjie uit hul skeurOm op die goud-bestraalde klip te speel;En elke bos word lewendig met die liedVan duisend sangertjies wat tjilp en fluit’n Welkom vir die dag wat hier begin.’n Somer-daeraad! Waar die berge skerpDie lang gelykte van die ooste breekMet bult en kop en wind-gekerfde tand,Daar straal ’n gloed van grys en perlemoen,Met hiasintpunte en vlekke van vermiljoen,Wat lewe en bewe en skitter en skyn van kleur,En breek tot laaiende vlamme van rooi goud,Waarteen die donker purper van die randIn somber glorie-prag as skadu staan.En in die voorgrond, pêrelgrys en groen,Lê leegte en laagland, dou-benat en dof,Gesluier deur bewende môremis wat rys,Uit slaap gewek en vogtige drome-rus,Half sku die hemel in, om daar te kryHulp van die wolke wat die klowe dek,En nuwe vog wat, vrugbaar vir die reën,Die laagland en die leegte later voedMet nuwe lewe vir ’n nuwe tyd.O swanger grond en moeder-liewe turf,Wat in jou skoot die tere kiem bewaarMet warme liefde, tot die wonderwerkVerrig is en die groen spriet son-toe worstel—O Moeder, oud en wys deur wat die tydVrygéwend gee in rykste owerskotDeur ondervinding eeue deur geleerEn eeue deur herhaal, gee lig, en lag’n Welkomsgroet wat hoop en sterkte bring,En tot geduld en nuwe werkkrag spoor!

O land, my Moederland, my Afrika,Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem,En met jou liefde en guns besiel my lied,As ek die diepste diepte wens te peil!Bevoorreg deur die feit ek is jou kind,Vonk van jou vlam wat in jou vlam verskiet,Stof van jou stof wat weer jou stof sal wees,Leen my die mag om met gewyde hand’n Bousteen by te sit by wat alreedsGestapel is vir onse volkspaleis.Skenk my die sterkte wat uit liefde spruit—Aan my wat in my siel diep vir jou voel—Een van jou volk, verlore en alleen,Wat in die wêreld waar hy omdool, weetHoe groot sy land, hoe klein sy kragte is.O maak my magtig om die tranevloedDeur snode onreg of versmoorde smartEn bitter jammerly gewek, te stilMet taal wat aantoon waar die skuld betaalIn toekomsjare groter wins sal win.Wys my die weg om tussen haat en nyd,Dwarsoor my die pronk van patriotsgevoel,Vooroordeel en onwaardig, onwaar spog,En louter liefde vir my eie land,Oorheen te stap en onverdwaal daardeurDie hoë heiligdomme te bereikWaar eie liefde tot in niks verkwyn.

O land, my Moederland, my Afrika,

Diep smart-verwonde Moeder, steun my stem,

En met jou liefde en guns besiel my lied,

As ek die diepste diepte wens te peil!

Bevoorreg deur die feit ek is jou kind,

Vonk van jou vlam wat in jou vlam verskiet,

Stof van jou stof wat weer jou stof sal wees,

Leen my die mag om met gewyde hand

’n Bousteen by te sit by wat alreeds

Gestapel is vir onse volkspaleis.

Skenk my die sterkte wat uit liefde spruit—

Aan my wat in my siel diep vir jou voel—

Een van jou volk, verlore en alleen,

Wat in die wêreld waar hy omdool, weet

Hoe groot sy land, hoe klein sy kragte is.

O maak my magtig om die tranevloed

Deur snode onreg of versmoorde smart

En bitter jammerly gewek, te stil

Met taal wat aantoon waar die skuld betaal

In toekomsjare groter wins sal win.

Wys my die weg om tussen haat en nyd,

Dwarsoor my die pronk van patriotsgevoel,

Vooroordeel en onwaardig, onwaar spog,

En louter liefde vir my eie land,

Oorheen te stap en onverdwaal daardeur

Die hoë heiligdomme te bereik

Waar eie liefde tot in niks verkwyn.

Verlig my, Moeder, deur jou liefdeglansWat veld en bult en koppie en krans bestraal,Wat geil die saad laat opskiet tot die groenWat in die eerste somer oor die land’n Golwende see van teer smarag verwek,Wat met rooi prag die kafferboom belaai,En met ’n suiwer goud die aalwynblom.Verstrek my moed om agtertoe te sienEn afgedane werk te vergelykMet wat nog wag vir hande as liefdewerk—Die moed om sonder skroom en sonder skimpWaar skuld was, skuld te vind; te eer wat eer,Deur eerlik doen of late, waardig is—Dat ek die treurgekied’nis wat ek sing,Opreg, met al sy smart en al sy leed,Met al sy wonderglans van wondermoed,Uiteen kan sit. En laat jou liefde wekGevoel van vaste hoop en vurige trou,Geloof in groeikrag wat die kiem besitNog sluim’rend in ons harte en ons volk,En kennis van wat nog ontbreek om klaarEn vol-kompleet te maak die werk wat wag.Gee bystand, Moeder, as die taak te hardEn te ondankbaar skyn, en met jou ligBestraal wat in my lied verligting eis.

Verlig my, Moeder, deur jou liefdeglans

Wat veld en bult en koppie en krans bestraal,

Wat geil die saad laat opskiet tot die groen

Wat in die eerste somer oor die land

’n Golwende see van teer smarag verwek,

Wat met rooi prag die kafferboom belaai,

En met ’n suiwer goud die aalwynblom.

Verstrek my moed om agtertoe te sien

En afgedane werk te vergelyk

Met wat nog wag vir hande as liefdewerk—

Die moed om sonder skroom en sonder skimp

Waar skuld was, skuld te vind; te eer wat eer,

Deur eerlik doen of late, waardig is—

Dat ek die treurgekied’nis wat ek sing,

Opreg, met al sy smart en al sy leed,

Met al sy wonderglans van wondermoed,

Uiteen kan sit. En laat jou liefde wek

Gevoel van vaste hoop en vurige trou,

Geloof in groeikrag wat die kiem besit

Nog sluim’rend in ons harte en ons volk,

En kennis van wat nog ontbreek om klaar

En vol-kompleet te maak die werk wat wag.

Gee bystand, Moeder, as die taak te hard

En te ondankbaar skyn, en met jou lig

Bestraal wat in my lied verligting eis.

Hy, digter, wat in duister vir sy volkBesing ’t die helde-heer van Ilion,Die toornende Achilles en die doodVan Hektor, en die doolweg van Ulisses—Hy het vertrou sy volk sal groter winsUit ongebore jare ryklik haal,Om met vereende kragte voort te gaanOp paaie deur die helde vroeër betree.En ek, wat t’rugdink aan dié worsteltyd,Gun, as ek dink, myself die hoop ons wenDeur broederlik-vergaarde nasievlytDie reg om volk te wees, as volk te staan,In dae wat nog verder voor ons lê.Gedwarsboom deur die daagliks-drukkende las,Wat moeg maak en wat afmat, kan dit weesDat verder peil vir ons onmoontlik is,En laer lot as skamel deel genoeg?So mag dit wees, miskien, dat Afrika,Soos eenmaal ou Italië, slaaf moet staan—’n Smartekroeg, ’n stuurmanlose skip,Ontmeester van sy eie, ’n bordeel.So mag dit wees as ons hiernamaals komDiep in die dodeland waar geeste woonWat eenmaal vleis en been op aarde was,Dat één ons aantref—één wat bloed van onsOp aarde was en vir sy lewenslandNog liefde oorhou: „Wat gebeur daarbo?Hoe staat dit met my land?” En ons moet sê:„Só staat dit met ons land: Verdeel, verspilDie kragte wat, verenig, seë bring;Vermink die mannemoed, verbreek die magWat eens die wilde woestheid kon bedwing.”En hy wat hoor, sal, soos Sordello, roep:„O wee my land, wat tot ’n slaaf versink!”So mag dit wees as kind se kinders vraVertelsels uit die jare lank verbyEn luisterend roep: „Hoekom het ons vandagNie wat ons vroeër had nie?”Tyd vergeetNie en vergewe nie. Wat Nou vereis,Moet Nou geskied; en wie op Later wag,Wag op ’n skim wat skaduloos versmelt.

Hy, digter, wat in duister vir sy volk

Besing ’t die helde-heer van Ilion,

Die toornende Achilles en die dood

Van Hektor, en die doolweg van Ulisses—

Hy het vertrou sy volk sal groter wins

Uit ongebore jare ryklik haal,

Om met vereende kragte voort te gaan

Op paaie deur die helde vroeër betree.

En ek, wat t’rugdink aan dié worsteltyd,

Gun, as ek dink, myself die hoop ons wen

Deur broederlik-vergaarde nasievlyt

Die reg om volk te wees, as volk te staan,

In dae wat nog verder voor ons lê.

Gedwarsboom deur die daagliks-drukkende las,

Wat moeg maak en wat afmat, kan dit wees

Dat verder peil vir ons onmoontlik is,

En laer lot as skamel deel genoeg?

So mag dit wees, miskien, dat Afrika,

Soos eenmaal ou Italië, slaaf moet staan—

’n Smartekroeg, ’n stuurmanlose skip,

Ontmeester van sy eie, ’n bordeel.

So mag dit wees as ons hiernamaals kom

Diep in die dodeland waar geeste woon

Wat eenmaal vleis en been op aarde was,

Dat één ons aantref—één wat bloed van ons

Op aarde was en vir sy lewensland

Nog liefde oorhou: „Wat gebeur daarbo?

Hoe staat dit met my land?” En ons moet sê:

„Só staat dit met ons land: Verdeel, verspil

Die kragte wat, verenig, seë bring;

Vermink die mannemoed, verbreek die mag

Wat eens die wilde woestheid kon bedwing.”

En hy wat hoor, sal, soos Sordello, roep:

„O wee my land, wat tot ’n slaaf versink!”

So mag dit wees as kind se kinders vra

Vertelsels uit die jare lank verby

En luisterend roep: „Hoekom het ons vandag

Nie wat ons vroeër had nie?”

Tyd vergeet

Nie en vergewe nie. Wat Nou vereis,

Moet Nou geskied; en wie op Later wag,

Wag op ’n skim wat skaduloos versmelt.

O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed,En ryk beloon deur wat Natuur verspil,Skenk elke seun vir wie jou weelde geeOm rykelik die lewe te geniet,Die krag om wat geniet word, te betaalMet loon wat deur betaling liefde wek.Skenk hom die krag wanneer verdeeldheid skeiWat vroeër een was, om sy steun te geeOm wat verdeel is, weer tot een te maak.Tas met jou hand sy onsiende oë aan,Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sienDie doel wat dieper as die skynsel lê.Jy, Moeder, jy besit die mag! Jy houHier in jou skoot ’n weelde wat oortrefDie glorie eens aan Salomo se hofGetoon aan verre Skeba se vorstin—Wat groter is as al die skatte-pragWeleer gehaal deur fabel-geniusVanuit die diep smarag-gekleurde seeEn voor die meester neergelê wat hy,Gebonde deur sy eed, as slaaf moes dien.

O, Moeder, ryk aan smarte, ryk aan moed,

En ryk beloon deur wat Natuur verspil,

Skenk elke seun vir wie jou weelde gee

Om rykelik die lewe te geniet,

Die krag om wat geniet word, te betaal

Met loon wat deur betaling liefde wek.

Skenk hom die krag wanneer verdeeldheid skei

Wat vroeër een was, om sy steun te gee

Om wat verdeel is, weer tot een te maak.

Tas met jou hand sy onsiende oë aan,

Dat hy, soos Saul van Tarsus, weer kan sien

Die doel wat dieper as die skynsel lê.

Jy, Moeder, jy besit die mag! Jy hou

Hier in jou skoot ’n weelde wat oortref

Die glorie eens aan Salomo se hof

Getoon aan verre Skeba se vorstin—

Wat groter is as al die skatte-prag

Weleer gehaal deur fabel-genius

Vanuit die diep smarag-gekleurde see

En voor die meester neergelê wat hy,

Gebonde deur sy eed, as slaaf moes dien.

Wie het die reg, as hier die lente leerHoe kort die winter-slaaptyd eintlik is—Wie het die reg, as hier die daeraad breekIn pêrelgrys bevlek met rooi robyn,Om t’rug te dink aan winter en aan nag,Aan gisteraand se sterre en skemergroen?O glorie-songloed, wat jou goud verspilDie ooste oor, en van die bergrand maak’n Kroon wat skitter met besielde prag,Wie durf die donker aanroep en verbeelDat duister en dood oorwinning sal behaal?

Wie het die reg, as hier die lente leer

Hoe kort die winter-slaaptyd eintlik is—

Wie het die reg, as hier die daeraad breek

In pêrelgrys bevlek met rooi robyn,

Om t’rug te dink aan winter en aan nag,

Aan gisteraand se sterre en skemergroen?

O glorie-songloed, wat jou goud verspil

Die ooste oor, en van die bergrand maak

’n Kroon wat skitter met besielde prag,

Wie durf die donker aanroep en verbeel

Dat duister en dood oorwinning sal behaal?

Die dag breek aan. In doringbosstruik en riet,En slanke wilger wat oor water treur,Ontwaak die koor van vinke in môrevreug.Die blom voel op die veld sy lewenssapEn werp sy geur uit om die dag te groet.Hier is ’n tuin van weelde, wierook-vol—Wilde skildpadbossies in bloei, en geel slangwortel.En rooi rabas, en goudgeel stekeltee,En rankende bitterappels in die sand,En droedaskruid wat op die droogte teer,Met sieketroos en wilde kamomille,Graweelkruid, roosmaryn, en ramenas,Bospeper, velskoenblaar, en in die vleiDie maerman sonder blomme, en boesmangras.Nou punt op punt en streek op streek verloorDie veld sy grys; en waar die skadu was,Daar skyn die son, en deur sy glans gelokKom koggelman en geitjie uit hul skeurOm op die goud-bestraalde klip te speel;En elke bos word lewendig met die liedVan duisend sangertjies wat tjilp en fluit’n Welkom vir die dag wat hier begin.’n Somer-daeraad! Waar die berge skerpDie lang gelykte van die ooste breekMet bult en kop en wind-gekerfde tand,Daar straal ’n gloed van grys en perlemoen,Met hiasintpunte en vlekke van vermiljoen,Wat lewe en bewe en skitter en skyn van kleur,En breek tot laaiende vlamme van rooi goud,Waarteen die donker purper van die randIn somber glorie-prag as skadu staan.En in die voorgrond, pêrelgrys en groen,Lê leegte en laagland, dou-benat en dof,Gesluier deur bewende môremis wat rys,Uit slaap gewek en vogtige drome-rus,Half sku die hemel in, om daar te kryHulp van die wolke wat die klowe dek,En nuwe vog wat, vrugbaar vir die reën,Die laagland en die leegte later voedMet nuwe lewe vir ’n nuwe tyd.

Die dag breek aan. In doringbosstruik en riet,

En slanke wilger wat oor water treur,

Ontwaak die koor van vinke in môrevreug.

Die blom voel op die veld sy lewenssap

En werp sy geur uit om die dag te groet.

Hier is ’n tuin van weelde, wierook-vol—

Wilde skildpadbossies in bloei, en geel slangwortel.

En rooi rabas, en goudgeel stekeltee,

En rankende bitterappels in die sand,

En droedaskruid wat op die droogte teer,

Met sieketroos en wilde kamomille,

Graweelkruid, roosmaryn, en ramenas,

Bospeper, velskoenblaar, en in die vlei

Die maerman sonder blomme, en boesmangras.

Nou punt op punt en streek op streek verloor

Die veld sy grys; en waar die skadu was,

Daar skyn die son, en deur sy glans gelok

Kom koggelman en geitjie uit hul skeur

Om op die goud-bestraalde klip te speel;

En elke bos word lewendig met die lied

Van duisend sangertjies wat tjilp en fluit

’n Welkom vir die dag wat hier begin.

’n Somer-daeraad! Waar die berge skerp

Die lang gelykte van die ooste breek

Met bult en kop en wind-gekerfde tand,

Daar straal ’n gloed van grys en perlemoen,

Met hiasintpunte en vlekke van vermiljoen,

Wat lewe en bewe en skitter en skyn van kleur,

En breek tot laaiende vlamme van rooi goud,

Waarteen die donker purper van die rand

In somber glorie-prag as skadu staan.

En in die voorgrond, pêrelgrys en groen,

Lê leegte en laagland, dou-benat en dof,

Gesluier deur bewende môremis wat rys,

Uit slaap gewek en vogtige drome-rus,

Half sku die hemel in, om daar te kry

Hulp van die wolke wat die klowe dek,

En nuwe vog wat, vrugbaar vir die reën,

Die laagland en die leegte later voed

Met nuwe lewe vir ’n nuwe tyd.

O swanger grond en moeder-liewe turf,Wat in jou skoot die tere kiem bewaarMet warme liefde, tot die wonderwerkVerrig is en die groen spriet son-toe worstel—O Moeder, oud en wys deur wat die tydVrygéwend gee in rykste owerskotDeur ondervinding eeue deur geleerEn eeue deur herhaal, gee lig, en lag’n Welkomsgroet wat hoop en sterkte bring,En tot geduld en nuwe werkkrag spoor!

O swanger grond en moeder-liewe turf,

Wat in jou skoot die tere kiem bewaar

Met warme liefde, tot die wonderwerk

Verrig is en die groen spriet son-toe worstel—

O Moeder, oud en wys deur wat die tyd

Vrygéwend gee in rykste owerskot

Deur ondervinding eeue deur geleer

En eeue deur herhaal, gee lig, en lag

’n Welkomsgroet wat hoop en sterkte bring,

En tot geduld en nuwe werkkrag spoor!

Back to IndexNext