I.

I.

Die môreson bestraal die plaas;In goue glans lê veld en tuin;Die leë kraaltjie op die kruinGlim silwer in die môrewaas.En op die stoep, en om die stoep,Daar draai ’n mensehoop omheen;En een staan op ’n stoel alleen,En algar hoor hom as hy roep:„Kom, kêrels, kom! ’n KandelaarVan eerste-klas ou silwerwerk—’n Ouderwetse sieraad, sterkEn sierlik, van die beste waar!Hoeveel nou vir die sieraad? Kom,Gee my ’n bod! Die hoogste win.Ag dalers? Man, jy dink te min:Dis silwer dit—nie waboomgom!”Met mooipraat en met skerts vergaanDie treurig-lang vandiesiedag;En eind’lik daal die skemernag,En vredevol bestraal die maanDie half verkoopte plaas en dal,Die treurige uitverkoopte huis—En deur die ope vensters druisDie wind, wat sag oor alles val.Die wa staan klaar-gepak, gelaai;En twee span osse wag hul taak—En in die leë kamers waak’n Huisgesin tot hanekraai,Om met die eerste môregrouDie vaderplaas vaarwel te wens,En voort te struikel oor die grensTot waar die verte vryheid hou.

Die môreson bestraal die plaas;In goue glans lê veld en tuin;Die leë kraaltjie op die kruinGlim silwer in die môrewaas.

Die môreson bestraal die plaas;

In goue glans lê veld en tuin;

Die leë kraaltjie op die kruin

Glim silwer in die môrewaas.

En op die stoep, en om die stoep,Daar draai ’n mensehoop omheen;En een staan op ’n stoel alleen,En algar hoor hom as hy roep:

En op die stoep, en om die stoep,

Daar draai ’n mensehoop omheen;

En een staan op ’n stoel alleen,

En algar hoor hom as hy roep:

„Kom, kêrels, kom! ’n KandelaarVan eerste-klas ou silwerwerk—’n Ouderwetse sieraad, sterkEn sierlik, van die beste waar!

„Kom, kêrels, kom! ’n Kandelaar

Van eerste-klas ou silwerwerk—

’n Ouderwetse sieraad, sterk

En sierlik, van die beste waar!

Hoeveel nou vir die sieraad? Kom,Gee my ’n bod! Die hoogste win.Ag dalers? Man, jy dink te min:Dis silwer dit—nie waboomgom!”

Hoeveel nou vir die sieraad? Kom,

Gee my ’n bod! Die hoogste win.

Ag dalers? Man, jy dink te min:

Dis silwer dit—nie waboomgom!”

Met mooipraat en met skerts vergaanDie treurig-lang vandiesiedag;En eind’lik daal die skemernag,En vredevol bestraal die maan

Met mooipraat en met skerts vergaan

Die treurig-lang vandiesiedag;

En eind’lik daal die skemernag,

En vredevol bestraal die maan

Die half verkoopte plaas en dal,Die treurige uitverkoopte huis—En deur die ope vensters druisDie wind, wat sag oor alles val.

Die half verkoopte plaas en dal,

Die treurige uitverkoopte huis—

En deur die ope vensters druis

Die wind, wat sag oor alles val.

Die wa staan klaar-gepak, gelaai;En twee span osse wag hul taak—En in die leë kamers waak’n Huisgesin tot hanekraai,

Die wa staan klaar-gepak, gelaai;

En twee span osse wag hul taak—

En in die leë kamers waak

’n Huisgesin tot hanekraai,

Om met die eerste môregrouDie vaderplaas vaarwel te wens,En voort te struikel oor die grensTot waar die verte vryheid hou.

Om met die eerste môregrou

Die vaderplaas vaarwel te wens,

En voort te struikel oor die grens

Tot waar die verte vryheid hou.

Back to IndexNext