XXXVI.
Die son spat splinters goud en louter lig,Die hemel pronk met kleureprag, en digLê weelde oor die wêreld in glans van goud en kleur;En orals in die rondte is rykdom te bespeur:Natuur se geil-gegewe buit;Die veld se bont-geverfde geruit;Die koor van voëls wat sing;Die blye pret van alles wat huppel, en juig, en spring;Van visse in die kuile wat bo die water stoot;Van spreeus wat hul neste bou daar in die droë sloot;Van bokke wat die gras verdeelIn paaie wat die meerkat steel;Van loerie-voëls wat, pragtig blou,Met trots-gekuifde hoogmoed die laeveld aanskou.Dit is ’n nuwe wêreld hier,En anderste as tuis die veld die mooiste maande vier.Hier is nog net belofte van wat nog later kom:Groen grasskeutjies bo die grond; boom nog sonder blom;Vinkeneste, halfpad nat, nog maar halfpad klaar;Kafferboom al aan die bot, skoon nog sonder blaar—Groot belofte vir die Toekoms, wat so baie hou,Soos die wolke vol met reën drywend teen die blou;Groot belofte vir die Toekoms, wat so veel voorspel,Ryker oes wat later kom as die veld vervel.En hy staan teen sy perd geleun en kykNoordooste-toe, waar hemel en veld as eenSkyn in die middaglig—’n wêreldrykMet afdraand-vlaktes, opdraand-hellings, prykDaar voor hom. Waar die son se strale teenDie Draak se kettings val, daar vlam die rooiMet lyne wit daartussen—stukkies goudWat staan as eilande daar in die woud,En silwerdrade waar die laaste reënDie vlak riviere met hul waterprooiBelaai het. Waar die berg se skadu valOp kloof en sloot en dig-begroeide dal,Daar swewe donkerpurper, donkergroen,Die swart vernis van blare nuut-geboen,En skadu-kleure wat nog naam moet kry—So baie, so verskillend. Hier opsyVal weg die wêreld in ’n afgrond af,Om daar weer op te rys en hoog te stygTot kranse, klip-gehak, wat rusplek skafVir aalwyn en vir naboom ingelyfTussen die skeure waar daar skaars ’n steunSkyn vir die statige reuse wat daar leun.Lang doringtoue slinger daar, en vasKlou koningblomme op die varingbas,En rooi en blou klooflelies geur die lug,As van die see die seewind sukkel en sugOm deur die diep-gekloofde wêreld heenTe dring, en dal en vlakte met sy seën,Sy koel sag „Vrede bly met jou”, te susVoor op die middag hier die wêreld rus.Dis weelde hier—’n wêreld stil met vree....En veraf lê die blou lyn van die see.

Die son spat splinters goud en louter lig,Die hemel pronk met kleureprag, en digLê weelde oor die wêreld in glans van goud en kleur;En orals in die rondte is rykdom te bespeur:Natuur se geil-gegewe buit;Die veld se bont-geverfde geruit;Die koor van voëls wat sing;Die blye pret van alles wat huppel, en juig, en spring;Van visse in die kuile wat bo die water stoot;Van spreeus wat hul neste bou daar in die droë sloot;Van bokke wat die gras verdeelIn paaie wat die meerkat steel;Van loerie-voëls wat, pragtig blou,Met trots-gekuifde hoogmoed die laeveld aanskou.Dit is ’n nuwe wêreld hier,En anderste as tuis die veld die mooiste maande vier.Hier is nog net belofte van wat nog later kom:Groen grasskeutjies bo die grond; boom nog sonder blom;Vinkeneste, halfpad nat, nog maar halfpad klaar;Kafferboom al aan die bot, skoon nog sonder blaar—Groot belofte vir die Toekoms, wat so baie hou,Soos die wolke vol met reën drywend teen die blou;Groot belofte vir die Toekoms, wat so veel voorspel,Ryker oes wat later kom as die veld vervel.
Die son spat splinters goud en louter lig,
Die hemel pronk met kleureprag, en dig
Lê weelde oor die wêreld in glans van goud en kleur;
En orals in die rondte is rykdom te bespeur:
Natuur se geil-gegewe buit;
Die veld se bont-geverfde geruit;
Die koor van voëls wat sing;
Die blye pret van alles wat huppel, en juig, en spring;
Van visse in die kuile wat bo die water stoot;
Van spreeus wat hul neste bou daar in die droë sloot;
Van bokke wat die gras verdeel
In paaie wat die meerkat steel;
Van loerie-voëls wat, pragtig blou,
Met trots-gekuifde hoogmoed die laeveld aanskou.
Dit is ’n nuwe wêreld hier,
En anderste as tuis die veld die mooiste maande vier.
Hier is nog net belofte van wat nog later kom:
Groen grasskeutjies bo die grond; boom nog sonder blom;
Vinkeneste, halfpad nat, nog maar halfpad klaar;
Kafferboom al aan die bot, skoon nog sonder blaar—
Groot belofte vir die Toekoms, wat so baie hou,
Soos die wolke vol met reën drywend teen die blou;
Groot belofte vir die Toekoms, wat so veel voorspel,
Ryker oes wat later kom as die veld vervel.
En hy staan teen sy perd geleun en kykNoordooste-toe, waar hemel en veld as eenSkyn in die middaglig—’n wêreldrykMet afdraand-vlaktes, opdraand-hellings, prykDaar voor hom. Waar die son se strale teenDie Draak se kettings val, daar vlam die rooiMet lyne wit daartussen—stukkies goudWat staan as eilande daar in die woud,En silwerdrade waar die laaste reënDie vlak riviere met hul waterprooiBelaai het. Waar die berg se skadu valOp kloof en sloot en dig-begroeide dal,Daar swewe donkerpurper, donkergroen,Die swart vernis van blare nuut-geboen,En skadu-kleure wat nog naam moet kry—So baie, so verskillend. Hier opsyVal weg die wêreld in ’n afgrond af,Om daar weer op te rys en hoog te stygTot kranse, klip-gehak, wat rusplek skafVir aalwyn en vir naboom ingelyfTussen die skeure waar daar skaars ’n steunSkyn vir die statige reuse wat daar leun.Lang doringtoue slinger daar, en vasKlou koningblomme op die varingbas,En rooi en blou klooflelies geur die lug,As van die see die seewind sukkel en sugOm deur die diep-gekloofde wêreld heenTe dring, en dal en vlakte met sy seën,Sy koel sag „Vrede bly met jou”, te susVoor op die middag hier die wêreld rus.Dis weelde hier—’n wêreld stil met vree....En veraf lê die blou lyn van die see.
En hy staan teen sy perd geleun en kyk
Noordooste-toe, waar hemel en veld as een
Skyn in die middaglig—’n wêreldryk
Met afdraand-vlaktes, opdraand-hellings, pryk
Daar voor hom. Waar die son se strale teen
Die Draak se kettings val, daar vlam die rooi
Met lyne wit daartussen—stukkies goud
Wat staan as eilande daar in die woud,
En silwerdrade waar die laaste reën
Die vlak riviere met hul waterprooi
Belaai het. Waar die berg se skadu val
Op kloof en sloot en dig-begroeide dal,
Daar swewe donkerpurper, donkergroen,
Die swart vernis van blare nuut-geboen,
En skadu-kleure wat nog naam moet kry—
So baie, so verskillend. Hier opsy
Val weg die wêreld in ’n afgrond af,
Om daar weer op te rys en hoog te styg
Tot kranse, klip-gehak, wat rusplek skaf
Vir aalwyn en vir naboom ingelyf
Tussen die skeure waar daar skaars ’n steun
Skyn vir die statige reuse wat daar leun.
Lang doringtoue slinger daar, en vas
Klou koningblomme op die varingbas,
En rooi en blou klooflelies geur die lug,
As van die see die seewind sukkel en sug
Om deur die diep-gekloofde wêreld heen
Te dring, en dal en vlakte met sy seën,
Sy koel sag „Vrede bly met jou”, te sus
Voor op die middag hier die wêreld rus.
Dis weelde hier—’n wêreld stil met vree....
En veraf lê die blou lyn van die see.