I.
Dis warm....en stil.Stil ook in die grote boerehuis onder die eike;geslote ten halwe die luike—die groene luike van die rame—soos oë swaar van sluimeringby middag-sonnestowe;mure en stoep hier en daarbestrooi met ligtende skyfies,waar die sonlig val deur die blare,deur die donkere loof van die eike.Hoog bowe voordeur en stoep,eerwaardig en stil die skaad’-weeverrys die ou-Hollandse géwel,gestreel deur die uitspreiend loweren bowe die voordeur as rustendop twee sware krulle in die muurwerk,waar die jaartal, gedruk in die witkalk,die ouderdom toon van die woning.Dis stil.So ’n stilte wat hang en wat draal,of hy weet dat die middag nog lang isen hy heerskappy sal behoudaar in die ou bome se skaad’-wee.Onder die rusbank op stoep,sy lede rekkend van luiheid,lê Jafta die huishond te slaap,geterg deur die gonsende vlieë.Die tuinmuur langs, in die skaad’wee,daar skuil die hoenders byeenin klompies, swyend en gapend.Náby die klip oor die voortjielê Adam, die otjie, in die wateren dam dit op, teen sy sye,—stilbrommend van innig genotna rukkies van roereloos drome.Stil is die lange huisgang—die sware voordeur geslote—dofglimmend die donkere plankealleen waar dit lig deur die rete,wegduist’rend na agter in skeem’ring,in fluist’ring van vele geheime.Die tafel in die kombuisis blank geskuur vir die Sondag,en dáar staan, in eensaamheid singend,die ketel op die gele konfoortjie.Deur die half geópende luikieval skuins op die vloer, in die middel,’n goudgerf van léwende sonlig,deurwemeld van drywende stoffies,deurflits van die dartele vlieëwat, gonsende ook op die ruite,die dreune-deuntjie stemvan somer-námiddag-vrede.„Wouf”—dis ’n blaffie van Jafta,opskrikkend meteens uit sy sluimer,want dáar in die muur het die hekkiesy piepend geluidjie laat hoor,en ower die werf kom langsaam’n wandelaar aan in die paadjie.Nie meer nie as één luie blaffiehet Jafta gelos, die ou luiaard,en kom nou stêrtswaaiend nadertot aan die rand van die stoepom daar die besoeker te wagte;—vrind’lik, as oue bekende,streel Roelof die hond op sy hare.Nie wensend oom Koot en tant’ Mietate steur in hul námiddag-slapiegaan Roelof maar sit op die rusbanken wag in die eike se skaad’wee.Lui-kronkelend, vèr en naby,styg hier en daar uit die bome’n blou en gesellige rokie,van námiddag-koffie getuiend,van vrind’like buurskap en vrede.Aan die hek van die saailanderye,rus eensaam die dam in die skaad’wee,die hangende lower weerspieëlendvan omstaande dromende wilge;eentonig en skel klink vandaardie geluid van die singende bésiesin slepend en eindeloos skryne—soos lied van die warmte selwe.Te veel is die simfonievan die somernamiddag vir Roelof,te veel na ’n wand’ling veraluit die dorpie daar in die laagte;hy sien nog die dakke van verdeur die béwerige waas van die warmteen hy ruik die bedwelmende lugdeur die son uit die blare gestowe;dit skemer en draai voor sy oë,sy hoof sink al laer en laer....tot hy wegduik in rustige sluimer....Agter sy rug gaan die vensterluikstádigies, stádigies ope,’n handjie kom dáaruit te voorskynen hou in die fynblanke vingers’n koppie. Wat sou wel die plan wees?Kyk, dit kom nader en nadertot bowe sy halsboord van agter,hy sien nie en hoor nie, maar, au!daar voel hy ’n ys-koue straaltjiemeteens in sy nek en sy rugen spring hy oorend van die rusbank!’n halfgesmoorde laggie in die kameren vensterluik haastig geslote—dit help hom nog meer uit die droom;’n breë goedaardige glimlagverhelder meteens sy gelaat—en hy gaan maar weer sit op die rusbank.’n Rukkie gaan so nog verby,en nou kom, met stadige stappies,om die verste hoek van die stoep,’n mooi slanke meisies-gestaltein haelwit sondagse klere,—’n handwerkie vlak voor haar oë,waar sy skynbaar geheel in verdiep is,singend, half-hoorbaar, ’n deuntjie,of sy dink dat sy heeltemal alleen is;maar nou en dan sweef om haar mondjie’n skuldig-ondeuënde laggiewat moeilik die dwang kan verdra.Sy ’s nader en nader gekomen meteens kyk sy kastig verwonderdnou op in die jonkman se oë:„So, is jy daar, en hoe lank alsit jy hier te wag op die rusbank?”En Roelof hou kastig vir hom kwaad,en set so’n donker gesig open roer so komieklik sy rugdat sy nou haar lag nie kan hou nie,en dit val soos musiek van haar mondjie,soos klippies wat ploems in die water.Dis seker maar die skone kans vandagwat Martjie het verleitot so’n grap,as dat sy lang genoeg vir Roelof kenom so iets te durf waag,want op haar wange is ’n bloswat sy probeer aan d’ aandag te onttrekdeur praatjies,volgend haastig op mekaar,en grappieswaar sy selwe baie om lag.Oom Kootjie en tant’ Mietaverskyn ook nou op stoep in sondags-klere.En nog ’n keer lag almal hart’lik saamoor daardie koppie water.Is Roelof onbeleef?Nee, maar onbedagsaam is hy welas hy hom af en toeso heeltemalkan omdraai na oom Kootom dan met hom alleente praat oor dit en dat,asof hy glad vergeetdat Martjie en tant’ Mieta ook nog daar is.En, kyk, dis dandat Martjie, op haar stoel se rug geleunen met haar hofie op haar hand gestut,haar oog laat gaanna vèr,waar bloue lug die blonde velde raak,waar goudstof lêvan ondergaande son, op gras gestrooi.En starend-ernstig bly dan daarhaar oog gevestig,soos ene wat die wêreld het vergeet—geslote in haarself.En wie haar nog nie ken,haar vrolik sorgeloos bestaanin ryke ouerhuis,sou dink in daardie blik d’ ontdekking te gewaarvan dreiend onheil,en ’n sielwat sig met huiw’ring tot ’n stryd berei.Maar hy dink daaraan wel die minste, hywat, altyd nog geselsend met oom Koot,na haar nie omkyk nie.Meteens het nou oom Kootjie haar gewaarsoos sy daar sit en droom.’n Grappie is die ou se lus en lewe:hy stoot vir Roelof aanen wink na Martjie.Behoedsaam staan die jonkman open, stadig naad’rend,klap hy meteens sy hande op mekaarnet by haar hoof.Sy wip van skriken vang haar asem met ’n diepe haal,en almal lag haar same uit,oom Koot, die ondeug, nie die minste nie.„So, nou het ek die skuld weer afbetaal,”sê Roelf, „vir daardie koppie water,„en jul kan my glo, oom Koot,„sy ’t net so hoog gespring soos ek.”Die meid, ou Rosie, bring op ou-nooi’s wink’n tafeltjie op stoep,gedek met haelwit kleedjie,die koppies en die kanmet koffie warm en geurend.„Maar Roelfie,” sê oom Koot, „vertel my nou„wanneer sal jy jou intrek eindlik neem?”„Oom Koot,” sê Roelf,„moet nou nie weer begin,„U weet dat my kantoor....”„Kyk Roelfie,”—en oom Kootjie lê sy handop Roelf se skouer en skud hom—„daar ’s die dorp„en hier die plaas,„dit weet ek nou al goed;„jou ryperd staan al langtyd klaar,„kom, wanneer trek jy in, vertel my nou!”„Oom Koot, ek het ’n kamer mos gehuur.....”„En tot wanneer?”„’n Maand die minste....”„Nou goed, maar langer as ’n maand„het ek nie meer geduld,„hier op die plaas wil ek jou hê,„en nou wil ek geen woordjie verder hoor!”Daar ’s niks met ou oom Kootjie te begin,hy is lank al aan die gang daaroor,en Roelof moet die saak gewonne gee:glimlaggend stem hy toe.

Dis warm....en stil.Stil ook in die grote boerehuis onder die eike;geslote ten halwe die luike—die groene luike van die rame—soos oë swaar van sluimeringby middag-sonnestowe;mure en stoep hier en daarbestrooi met ligtende skyfies,waar die sonlig val deur die blare,deur die donkere loof van die eike.Hoog bowe voordeur en stoep,eerwaardig en stil die skaad’-weeverrys die ou-Hollandse géwel,gestreel deur die uitspreiend loweren bowe die voordeur as rustendop twee sware krulle in die muurwerk,waar die jaartal, gedruk in die witkalk,die ouderdom toon van die woning.
Dis warm....
en stil.
Stil ook in die grote boerehuis onder die eike;
geslote ten halwe die luike
—die groene luike van die rame—
soos oë swaar van sluimering
by middag-sonnestowe;
mure en stoep hier en daar
bestrooi met ligtende skyfies,
waar die sonlig val deur die blare,
deur die donkere loof van die eike.
Hoog bowe voordeur en stoep,
eerwaardig en stil die skaad’-wee
verrys die ou-Hollandse géwel,
gestreel deur die uitspreiend lower
en bowe die voordeur as rustend
op twee sware krulle in die muurwerk,
waar die jaartal, gedruk in die witkalk,
die ouderdom toon van die woning.
Dis stil.So ’n stilte wat hang en wat draal,of hy weet dat die middag nog lang isen hy heerskappy sal behoudaar in die ou bome se skaad’-wee.Onder die rusbank op stoep,sy lede rekkend van luiheid,lê Jafta die huishond te slaap,geterg deur die gonsende vlieë.Die tuinmuur langs, in die skaad’wee,daar skuil die hoenders byeenin klompies, swyend en gapend.Náby die klip oor die voortjielê Adam, die otjie, in die wateren dam dit op, teen sy sye,—stilbrommend van innig genotna rukkies van roereloos drome.
Dis stil.
So ’n stilte wat hang en wat draal,
of hy weet dat die middag nog lang is
en hy heerskappy sal behou
daar in die ou bome se skaad’-wee.
Onder die rusbank op stoep,
sy lede rekkend van luiheid,
lê Jafta die huishond te slaap,
geterg deur die gonsende vlieë.
Die tuinmuur langs, in die skaad’wee,
daar skuil die hoenders byeen
in klompies, swyend en gapend.
Náby die klip oor die voortjie
lê Adam, die otjie, in die water
en dam dit op, teen sy sye,
—stilbrommend van innig genot
na rukkies van roereloos drome.
Stil is die lange huisgang—die sware voordeur geslote—dofglimmend die donkere plankealleen waar dit lig deur die rete,wegduist’rend na agter in skeem’ring,in fluist’ring van vele geheime.Die tafel in die kombuisis blank geskuur vir die Sondag,en dáar staan, in eensaamheid singend,die ketel op die gele konfoortjie.Deur die half geópende luikieval skuins op die vloer, in die middel,’n goudgerf van léwende sonlig,deurwemeld van drywende stoffies,deurflits van die dartele vlieëwat, gonsende ook op die ruite,die dreune-deuntjie stemvan somer-námiddag-vrede.
Stil is die lange huisgang
—die sware voordeur geslote—
dofglimmend die donkere planke
alleen waar dit lig deur die rete,
wegduist’rend na agter in skeem’ring,
in fluist’ring van vele geheime.
Die tafel in die kombuis
is blank geskuur vir die Sondag,
en dáar staan, in eensaamheid singend,
die ketel op die gele konfoortjie.
Deur die half geópende luikie
val skuins op die vloer, in die middel,
’n goudgerf van léwende sonlig,
deurwemeld van drywende stoffies,
deurflits van die dartele vlieë
wat, gonsende ook op die ruite,
die dreune-deuntjie stem
van somer-námiddag-vrede.
„Wouf”—dis ’n blaffie van Jafta,opskrikkend meteens uit sy sluimer,want dáar in die muur het die hekkiesy piepend geluidjie laat hoor,en ower die werf kom langsaam’n wandelaar aan in die paadjie.Nie meer nie as één luie blaffiehet Jafta gelos, die ou luiaard,en kom nou stêrtswaaiend nadertot aan die rand van die stoepom daar die besoeker te wagte;—vrind’lik, as oue bekende,streel Roelof die hond op sy hare.Nie wensend oom Koot en tant’ Mietate steur in hul námiddag-slapiegaan Roelof maar sit op die rusbanken wag in die eike se skaad’wee.
„Wouf”—dis ’n blaffie van Jafta,
opskrikkend meteens uit sy sluimer,
want dáar in die muur het die hekkie
sy piepend geluidjie laat hoor,
en ower die werf kom langsaam
’n wandelaar aan in die paadjie.
Nie meer nie as één luie blaffie
het Jafta gelos, die ou luiaard,
en kom nou stêrtswaaiend nader
tot aan die rand van die stoep
om daar die besoeker te wagte;
—vrind’lik, as oue bekende,
streel Roelof die hond op sy hare.
Nie wensend oom Koot en tant’ Mieta
te steur in hul námiddag-slapie
gaan Roelof maar sit op die rusbank
en wag in die eike se skaad’wee.
Lui-kronkelend, vèr en naby,styg hier en daar uit die bome’n blou en gesellige rokie,van námiddag-koffie getuiend,van vrind’like buurskap en vrede.
Lui-kronkelend, vèr en naby,
styg hier en daar uit die bome
’n blou en gesellige rokie,
van námiddag-koffie getuiend,
van vrind’like buurskap en vrede.
Aan die hek van die saailanderye,rus eensaam die dam in die skaad’wee,die hangende lower weerspieëlendvan omstaande dromende wilge;eentonig en skel klink vandaardie geluid van die singende bésiesin slepend en eindeloos skryne—soos lied van die warmte selwe.
Aan die hek van die saailanderye,
rus eensaam die dam in die skaad’wee,
die hangende lower weerspieëlend
van omstaande dromende wilge;
eentonig en skel klink vandaar
die geluid van die singende bésies
in slepend en eindeloos skryne
—soos lied van die warmte selwe.
Te veel is die simfonievan die somernamiddag vir Roelof,te veel na ’n wand’ling veraluit die dorpie daar in die laagte;hy sien nog die dakke van verdeur die béwerige waas van die warmteen hy ruik die bedwelmende lugdeur die son uit die blare gestowe;dit skemer en draai voor sy oë,sy hoof sink al laer en laer....tot hy wegduik in rustige sluimer....
Te veel is die simfonie
van die somernamiddag vir Roelof,
te veel na ’n wand’ling veral
uit die dorpie daar in die laagte;
hy sien nog die dakke van ver
deur die béwerige waas van die warmte
en hy ruik die bedwelmende lug
deur die son uit die blare gestowe;
dit skemer en draai voor sy oë,
sy hoof sink al laer en laer....
tot hy wegduik in rustige sluimer....
Agter sy rug gaan die vensterluikstádigies, stádigies ope,’n handjie kom dáaruit te voorskynen hou in die fynblanke vingers’n koppie. Wat sou wel die plan wees?Kyk, dit kom nader en nadertot bowe sy halsboord van agter,hy sien nie en hoor nie, maar, au!daar voel hy ’n ys-koue straaltjiemeteens in sy nek en sy rugen spring hy oorend van die rusbank!’n halfgesmoorde laggie in die kameren vensterluik haastig geslote—dit help hom nog meer uit die droom;’n breë goedaardige glimlagverhelder meteens sy gelaat—en hy gaan maar weer sit op die rusbank.
Agter sy rug gaan die vensterluik
stádigies, stádigies ope,
’n handjie kom dáaruit te voorskyn
en hou in die fynblanke vingers
’n koppie. Wat sou wel die plan wees?
Kyk, dit kom nader en nader
tot bowe sy halsboord van agter,
hy sien nie en hoor nie, maar, au!
daar voel hy ’n ys-koue straaltjie
meteens in sy nek en sy rug
en spring hy oorend van die rusbank!
’n halfgesmoorde laggie in die kamer
en vensterluik haastig geslote—
dit help hom nog meer uit die droom;
’n breë goedaardige glimlag
verhelder meteens sy gelaat—
en hy gaan maar weer sit op die rusbank.
’n Rukkie gaan so nog verby,en nou kom, met stadige stappies,om die verste hoek van die stoep,’n mooi slanke meisies-gestaltein haelwit sondagse klere,—’n handwerkie vlak voor haar oë,waar sy skynbaar geheel in verdiep is,singend, half-hoorbaar, ’n deuntjie,of sy dink dat sy heeltemal alleen is;maar nou en dan sweef om haar mondjie’n skuldig-ondeuënde laggiewat moeilik die dwang kan verdra.Sy ’s nader en nader gekomen meteens kyk sy kastig verwonderdnou op in die jonkman se oë:„So, is jy daar, en hoe lank alsit jy hier te wag op die rusbank?”En Roelof hou kastig vir hom kwaad,en set so’n donker gesig open roer so komieklik sy rugdat sy nou haar lag nie kan hou nie,en dit val soos musiek van haar mondjie,soos klippies wat ploems in die water.
’n Rukkie gaan so nog verby,
en nou kom, met stadige stappies,
om die verste hoek van die stoep,
’n mooi slanke meisies-gestalte
in haelwit sondagse klere,—
’n handwerkie vlak voor haar oë,
waar sy skynbaar geheel in verdiep is,
singend, half-hoorbaar, ’n deuntjie,
of sy dink dat sy heeltemal alleen is;
maar nou en dan sweef om haar mondjie
’n skuldig-ondeuënde laggie
wat moeilik die dwang kan verdra.
Sy ’s nader en nader gekom
en meteens kyk sy kastig verwonderd
nou op in die jonkman se oë:
„So, is jy daar, en hoe lank al
sit jy hier te wag op die rusbank?”
En Roelof hou kastig vir hom kwaad,
en set so’n donker gesig op
en roer so komieklik sy rug
dat sy nou haar lag nie kan hou nie,
en dit val soos musiek van haar mondjie,
soos klippies wat ploems in die water.
Dis seker maar die skone kans vandagwat Martjie het verleitot so’n grap,as dat sy lang genoeg vir Roelof kenom so iets te durf waag,want op haar wange is ’n bloswat sy probeer aan d’ aandag te onttrekdeur praatjies,volgend haastig op mekaar,en grappieswaar sy selwe baie om lag.
Dis seker maar die skone kans vandag
wat Martjie het verlei
tot so’n grap,
as dat sy lang genoeg vir Roelof ken
om so iets te durf waag,
want op haar wange is ’n blos
wat sy probeer aan d’ aandag te onttrek
deur praatjies,
volgend haastig op mekaar,
en grappies
waar sy selwe baie om lag.
Oom Kootjie en tant’ Mietaverskyn ook nou op stoep in sondags-klere.En nog ’n keer lag almal hart’lik saamoor daardie koppie water.Is Roelof onbeleef?Nee, maar onbedagsaam is hy welas hy hom af en toeso heeltemalkan omdraai na oom Kootom dan met hom alleente praat oor dit en dat,asof hy glad vergeetdat Martjie en tant’ Mieta ook nog daar is.En, kyk, dis dandat Martjie, op haar stoel se rug geleunen met haar hofie op haar hand gestut,haar oog laat gaanna vèr,waar bloue lug die blonde velde raak,waar goudstof lêvan ondergaande son, op gras gestrooi.En starend-ernstig bly dan daarhaar oog gevestig,soos ene wat die wêreld het vergeet—geslote in haarself.En wie haar nog nie ken,haar vrolik sorgeloos bestaanin ryke ouerhuis,sou dink in daardie blik d’ ontdekking te gewaarvan dreiend onheil,en ’n sielwat sig met huiw’ring tot ’n stryd berei.Maar hy dink daaraan wel die minste, hywat, altyd nog geselsend met oom Koot,na haar nie omkyk nie.
Oom Kootjie en tant’ Mieta
verskyn ook nou op stoep in sondags-klere.
En nog ’n keer lag almal hart’lik saam
oor daardie koppie water.
Is Roelof onbeleef?
Nee, maar onbedagsaam is hy wel
as hy hom af en toe
so heeltemal
kan omdraai na oom Koot
om dan met hom alleen
te praat oor dit en dat,
asof hy glad vergeet
dat Martjie en tant’ Mieta ook nog daar is.
En, kyk, dis dan
dat Martjie, op haar stoel se rug geleun
en met haar hofie op haar hand gestut,
haar oog laat gaan
na vèr,
waar bloue lug die blonde velde raak,
waar goudstof lê
van ondergaande son, op gras gestrooi.
En starend-ernstig bly dan daar
haar oog gevestig,
soos ene wat die wêreld het vergeet—
geslote in haarself.
En wie haar nog nie ken,
haar vrolik sorgeloos bestaan
in ryke ouerhuis,
sou dink in daardie blik d’ ontdekking te gewaar
van dreiend onheil,
en ’n siel
wat sig met huiw’ring tot ’n stryd berei.
Maar hy dink daaraan wel die minste, hy
wat, altyd nog geselsend met oom Koot,
na haar nie omkyk nie.
Meteens het nou oom Kootjie haar gewaarsoos sy daar sit en droom.’n Grappie is die ou se lus en lewe:hy stoot vir Roelof aanen wink na Martjie.Behoedsaam staan die jonkman open, stadig naad’rend,klap hy meteens sy hande op mekaarnet by haar hoof.Sy wip van skriken vang haar asem met ’n diepe haal,en almal lag haar same uit,oom Koot, die ondeug, nie die minste nie.„So, nou het ek die skuld weer afbetaal,”sê Roelf, „vir daardie koppie water,„en jul kan my glo, oom Koot,„sy ’t net so hoog gespring soos ek.”
Meteens het nou oom Kootjie haar gewaar
soos sy daar sit en droom.
’n Grappie is die ou se lus en lewe:
hy stoot vir Roelof aan
en wink na Martjie.
Behoedsaam staan die jonkman op
en, stadig naad’rend,
klap hy meteens sy hande op mekaar
net by haar hoof.
Sy wip van skrik
en vang haar asem met ’n diepe haal,
en almal lag haar same uit,
oom Koot, die ondeug, nie die minste nie.
„So, nou het ek die skuld weer afbetaal,”
sê Roelf, „vir daardie koppie water,
„en jul kan my glo, oom Koot,
„sy ’t net so hoog gespring soos ek.”
Die meid, ou Rosie, bring op ou-nooi’s wink’n tafeltjie op stoep,gedek met haelwit kleedjie,die koppies en die kanmet koffie warm en geurend.„Maar Roelfie,” sê oom Koot, „vertel my nou„wanneer sal jy jou intrek eindlik neem?”„Oom Koot,” sê Roelf,„moet nou nie weer begin,„U weet dat my kantoor....”„Kyk Roelfie,”—en oom Kootjie lê sy handop Roelf se skouer en skud hom—„daar ’s die dorp„en hier die plaas,„dit weet ek nou al goed;„jou ryperd staan al langtyd klaar,„kom, wanneer trek jy in, vertel my nou!”„Oom Koot, ek het ’n kamer mos gehuur.....”„En tot wanneer?”„’n Maand die minste....”„Nou goed, maar langer as ’n maand„het ek nie meer geduld,„hier op die plaas wil ek jou hê,„en nou wil ek geen woordjie verder hoor!”Daar ’s niks met ou oom Kootjie te begin,hy is lank al aan die gang daaroor,en Roelof moet die saak gewonne gee:glimlaggend stem hy toe.
Die meid, ou Rosie, bring op ou-nooi’s wink
’n tafeltjie op stoep,
gedek met haelwit kleedjie,
die koppies en die kan
met koffie warm en geurend.
„Maar Roelfie,” sê oom Koot, „vertel my nou
„wanneer sal jy jou intrek eindlik neem?”
„Oom Koot,” sê Roelf,
„moet nou nie weer begin,
„U weet dat my kantoor....”
„Kyk Roelfie,”—en oom Kootjie lê sy hand
op Roelf se skouer en skud hom—
„daar ’s die dorp
„en hier die plaas,
„dit weet ek nou al goed;
„jou ryperd staan al langtyd klaar,
„kom, wanneer trek jy in, vertel my nou!”
„Oom Koot, ek het ’n kamer mos gehuur.....”
„En tot wanneer?”
„’n Maand die minste....”
„Nou goed, maar langer as ’n maand
„het ek nie meer geduld,
„hier op die plaas wil ek jou hê,
„en nou wil ek geen woordjie verder hoor!”
Daar ’s niks met ou oom Kootjie te begin,
hy is lank al aan die gang daaroor,
en Roelof moet die saak gewonne gee:
glimlaggend stem hy toe.