IV.

IV.

Die Volkslied!?En so vroeg al in die môre?Ja, dit is die afgesproke teken,Martjie staan al lang daarop te wag.Nie nodig ookdie sweep se klap,sy ’s lank al aangekleed en klaar.Gelag en sangkom van die hek se kant,’n vrolik jongspan wag haar daarop bok-wa, vol gelaai.Twee jonkmans spring daar van die relings afen storrem op die hekkie toein wedstryd, uitgelate,die voetpad opin ylend-snelle vaart—wie of die eerste daar sal wees!Martjie staan al by die voordeur klaarmet kappie helderwit, en toegestrikteen môre-kou.Glimlaggend knik sy met haar hoof’n groet terug,op daardie twee se môre-groeten buiing, speels-oordrewe.Sy wys hul daar ’n mandjie, by die deur,wat mee moet gaan.Gejuig begroet haar by die wa.Haar twee geleiers maak, aan d’agterkant,met hande saamgevoeg,’n trappie waar sy op kan staan,en die wat op die wa is, neem haar hand;so word sy opgelig,en vooroor val sy byna in die wa,op die wat daar al sit!’n Juigkreet is die laaste groetaan Uitkyks woning, half geborge nogin skaad’wees van die nag,—en verder gaan die piekniek-wa.Tweekeer word die volkslied nog gehoor,voor wonings wat nog slaap,om die te wek wat mee moet gaan.Die span is nou voltallig, en die trekis berge toe.Hul ’s op die bult, en plots’ling word hul ooggetroffe deur die môre-son,oor verre vlakte-soom net opgeduik,—met drie hoera’s begroet;en kyk, dis net of hy vir hul’n ogie knipen blye dag beloof.Die bok-wa gooi sy skaad’wee lang-gerekop harde pad.En lieflik lag die vlakte na omhoog,deur môre-dou se dampe—luierend hier en daarin leegtes—as gedra op weerklank vandie verre hane-kraai.Uitgespan is reeds die waas Martjie eers van Roelf ’n môre-groeten handdruk kry.Hy was nie een van daardie twee geweeswat haar kom haal het by die deur:bésig het sy hom gesienmet diere en tuig,en toe hy op die wa sy sitplek neemwas sy al daar;van ver, so tussen al die ander uit,het hy maar net na haar geknik;en heel-pad langs het hygenoeg’lik met die nooi geselswat naas hom sit.In bonte ry sit almal op die gras,die maaltyd sal begin.Naas Roelof is ’n plekkie oop,maar Martjie loop verbyof sy dit glad nie sien,en kies ’n plekkie aan die ander kant.Is ’t wraak, of moedwil, in die snelle blikwat sy hom werp vandaar?Hoe ’t ook mag wees, op hom is ’t glad verloor:hy ’s besig met ’n bottel oop te maak,die meisie naas hom te bedien;as Martjie nog bewys moet hêdat hy haar moedwil glad nie het gemerk,dan lewer hy dit self,want, kyk, daar spring hy open wip die gras-perk oorna haar,en, op haar skouer tikkend,sê hy: „kom, ou sus,„laat ek jou glasie vir jou vul.”Sy blik is openhartig, reguit kyksy oog in hare,en bruisend tintel net alleendie piekniekdag se vreug daarinas hy laat volg:„en netnou kom ek vir jou haal, ou sus,„ons twee is maters by die meule-spel.”Na so’n ontwaap’ningkan sy wel nie anders nieas met ’n glimlag toegee aan sy wens.Hy ’s weg alweer van haar,na oorkant van die kring,om nog ’n leë glasie vol te skink.„Stilte daar! ’n voordrag word gegee.”Die voordraer het al pos gevatin middel van die kring;maar almal lag en praaten hoor nie hoe hy reeds die naamvan sy gediggie noem.Maar Martjie het die naam gevang, en weetdat daardie vers ’n spotgediggie isop een wat sig belaglik maak.Is ’t Martjie alleen wat merk hoe Roelof noumeteens verby die voordraer loopen snel’n woordjie fluister in sy oor?Sarie Drost is iemandsonderling in alles wat sy doen,in elke trekkie kom sy haas ooreenmet daardie noointjie in die vers beskrewe,en Sarie is vandag ook hier.Roelf, onseker of die voordraer welsy wenk sal volg,die versie sal laat staan,is snel na Sarie toe gestapen vraag haar om met hom’n wandeling te maak,soos ander reeds al doen—van ete opgestaan.Daar ’s stilte nou, en Roelof hoor van verdat hy, wat voor sal dra,’n ander versie noem as d’eerste keer;en, Sarie opmerksaam makend,stel hy voor aan haarom op die gras te siten eers met hom die voordrag aan te hoor.Onafgebroke is Martjies oog op hom,in stilte, so van ver;bewond’ring lê daar in die blik,so grootasof sy daad—beleefdheids-diens aan Sarie Drost betoon,deur Sarie-self en deur die gaste ooknie opgemerk—’n heldedaad van d’ allergrootste is.Die dag is omen almal word weer tuis gebring.Met Martjie saamstap Roelf by Uitkyk van die wa.Ná ete sal hy dorp toe stap, alleen,van-aand die laaste keer,want môre, eind’lik, is die dag gekomdat hy op Uitkyk intrek neem,na sy belofte aan oom Koot gedaan.—Sy buitekamer staan al klaar,met sorg vir hom berei.Dis stil op stoep,die nag hang swaar in digte eike-lower,breë stamme eenkant net verligwaar lamplig uit die rame stroom;en uit die ope voordeur gly oor stoep’n baan van lig,vèr-strekkend oor die werf se gras, tot waardie swarte donker dit verswelg.Oom Kootjie sit voor ope raam te lees,die bybel-blaaie hel verlig,en volgend met sy vinger elke reël:met vrome aandag nog ’n keer die woord,die skone woord herhalend wat hom flusgetref het toe hy vir almal saam,die aand-diens het gelei.En by die tafel ook, met hoof gebuiein stilte, oor die handwerk wat sy doen,hoor ou tant’ Mieta aan.Onvermoeid nog na die dag se togin berge en veld,kuier Martjie en Roelf op stoep,in awendkoelte.Vertrouelik, asofhy nader sig aan haar wil voelhet hy haar arm geneem;maar ná ’n rukkie, plots’ling,net of hyna iets wou buk,het hy haar weer gelos.En al te goed het sy gemerkdat hy die plan ekspres maar het bedagom van haar af te raak.In stilte vra sy aan haarselwe:wáarom tog?Elke keer gaan huldie ope raam verbyen oor die ronding van die boom se stamgly stil hul skaad’wee.Fluist’rend praat die twee, om ou oom Kootsy stotend lese nie te steur.Dit word vir Roelof tyd,—verbygaand by die voordeur stap hy inom aan tant’ Mieta en oom Kootgoeienag te sê.„Tot môre, Roelfie,” sê oom Koot,„dan is jy eind’lik onse huisgenoot.”Martjie stap met hom die treedjies afom mee te gaantot aan die hekkie van die werf.Sy het van-aand maar min gepraat,werktuig’lik antwoord géwend as hy so,by kuier heen en weer op stoep,haar iets gesê het of gevra;en droomverlore stap sy nou ook nogso met hom saam.Hul ’s by die hekkie voor sy weet;en as hy haar ’n hand tot afskeid geeen sê:„die laaste keer,”dan hou sy in haar handjie nogsy vingers vas ’n oënblik....Opskrikkend, plots’ling,los sy goudie jonkmans handen sê gejaag, met laggie baie verleë:„maar kyk vir my,„is ek dan mal om so meteens te dink„dat jy vir altyd gaan,„en môre kom j’ eers regtig....”„Martjie, Martjie!” antwoord Roelfgemaak-bestraffend;—en dan is hy weg,verdwene in die nag,op ligte tred en snel,’n vrolik deuntjie fluitend op sy gang.Glansend-wit, ’n oënblik,vertoon sig in die lamplig voor die deurdie slanke beeld van Martjie,as sy sneldie treedjies opstap en oor stoepna binne gaan,die voordeur sluitend vir die nag.In sware mantel duik die nagnog dieper weg,gewieg as op die naklank, sterwend-ver,van bybelwoorde flus gehoor,en op die koorgesangvan kikkers in die slote al-omheen.En hoor, dis net of uit die sfere bo’n fluist’ring van die sterre ruis,sig mengend met die koorgesang beneë,tot lied van vrede en rus....Martjie is kwaaden met haarselwe ontevree;met hand-ruk driftig-snelhet sy haar tjalie op ’n stoel gegooien stap haar kamer op en neer:Wáarom het sy haar ge-èrg gevoelvan-môre op die watoe Roelf so min na haarhet omgekyk;en watter reg had sy om te verwagdat hy nou juis naas haar’n plekkie op die bok-wa in sou neem?Nee, had hy dit wèl gedaandan was sy juis miskienge-èrg om so ’n handeling, daar,voor oë van die hele piekniek-skaar,want maklik word so iets verkeerd bedui.En hoe verspot van haar,toe hy van-aandsoos ander dae haar wou groet,te dink of droomdat hy vir altyd afskeid neem,en so sy hand in hare vas te hou!O, foei, en wat gedagte het hy welvan haar gekry?Sy, in die huishou so bekend,en oral, dat sy steedsin dink en doenso helder is en klaar!Vanwaar dan die vergissing so meteens?Martjie vind op al die vraegeen antwoord nie;en opgewonde van verwarring nogen ergernislê sy haar eind’lik op haar bed te rus.Maar éen ding staan by haar nou vas:sy sal hom môre daad’lik goed laat merkdat daardie handdruk van van-aandmaar net vergissing wasen tog volstrek geen planvan haar kant nieom hom tot naad’ring te beweeg.

Die Volkslied!?En so vroeg al in die môre?Ja, dit is die afgesproke teken,Martjie staan al lang daarop te wag.Nie nodig ookdie sweep se klap,sy ’s lank al aangekleed en klaar.Gelag en sangkom van die hek se kant,’n vrolik jongspan wag haar daarop bok-wa, vol gelaai.Twee jonkmans spring daar van die relings afen storrem op die hekkie toein wedstryd, uitgelate,die voetpad opin ylend-snelle vaart—wie of die eerste daar sal wees!Martjie staan al by die voordeur klaarmet kappie helderwit, en toegestrikteen môre-kou.Glimlaggend knik sy met haar hoof’n groet terug,op daardie twee se môre-groeten buiing, speels-oordrewe.Sy wys hul daar ’n mandjie, by die deur,wat mee moet gaan.

Die Volkslied!?

En so vroeg al in die môre?

Ja, dit is die afgesproke teken,

Martjie staan al lang daarop te wag.

Nie nodig ook

die sweep se klap,

sy ’s lank al aangekleed en klaar.

Gelag en sang

kom van die hek se kant,

’n vrolik jongspan wag haar daar

op bok-wa, vol gelaai.

Twee jonkmans spring daar van die relings af

en storrem op die hekkie toe

in wedstryd, uitgelate,

die voetpad op

in ylend-snelle vaart—

wie of die eerste daar sal wees!

Martjie staan al by die voordeur klaar

met kappie helderwit, en toegestrik

teen môre-kou.

Glimlaggend knik sy met haar hoof

’n groet terug,

op daardie twee se môre-groet

en buiing, speels-oordrewe.

Sy wys hul daar ’n mandjie, by die deur,

wat mee moet gaan.

Gejuig begroet haar by die wa.Haar twee geleiers maak, aan d’agterkant,met hande saamgevoeg,’n trappie waar sy op kan staan,en die wat op die wa is, neem haar hand;so word sy opgelig,en vooroor val sy byna in die wa,op die wat daar al sit!’n Juigkreet is die laaste groetaan Uitkyks woning, half geborge nogin skaad’wees van die nag,—en verder gaan die piekniek-wa.

Gejuig begroet haar by die wa.

Haar twee geleiers maak, aan d’agterkant,

met hande saamgevoeg,

’n trappie waar sy op kan staan,

en die wat op die wa is, neem haar hand;

so word sy opgelig,

en vooroor val sy byna in die wa,

op die wat daar al sit!

’n Juigkreet is die laaste groet

aan Uitkyks woning, half geborge nog

in skaad’wees van die nag,—

en verder gaan die piekniek-wa.

Tweekeer word die volkslied nog gehoor,voor wonings wat nog slaap,om die te wek wat mee moet gaan.Die span is nou voltallig, en die trekis berge toe.

Tweekeer word die volkslied nog gehoor,

voor wonings wat nog slaap,

om die te wek wat mee moet gaan.

Die span is nou voltallig, en die trek

is berge toe.

Hul ’s op die bult, en plots’ling word hul ooggetroffe deur die môre-son,oor verre vlakte-soom net opgeduik,—met drie hoera’s begroet;en kyk, dis net of hy vir hul’n ogie knipen blye dag beloof.Die bok-wa gooi sy skaad’wee lang-gerekop harde pad.En lieflik lag die vlakte na omhoog,deur môre-dou se dampe—luierend hier en daarin leegtes—as gedra op weerklank vandie verre hane-kraai.

Hul ’s op die bult, en plots’ling word hul oog

getroffe deur die môre-son,

oor verre vlakte-soom net opgeduik,—

met drie hoera’s begroet;

en kyk, dis net of hy vir hul

’n ogie knip

en blye dag beloof.

Die bok-wa gooi sy skaad’wee lang-gerek

op harde pad.

En lieflik lag die vlakte na omhoog,

deur môre-dou se dampe

—luierend hier en daar

in leegtes—

as gedra op weerklank van

die verre hane-kraai.

Uitgespan is reeds die waas Martjie eers van Roelf ’n môre-groeten handdruk kry.Hy was nie een van daardie twee geweeswat haar kom haal het by die deur:bésig het sy hom gesienmet diere en tuig,en toe hy op die wa sy sitplek neemwas sy al daar;van ver, so tussen al die ander uit,het hy maar net na haar geknik;en heel-pad langs het hygenoeg’lik met die nooi geselswat naas hom sit.

Uitgespan is reeds die wa

as Martjie eers van Roelf ’n môre-groet

en handdruk kry.

Hy was nie een van daardie twee gewees

wat haar kom haal het by die deur:

bésig het sy hom gesien

met diere en tuig,

en toe hy op die wa sy sitplek neem

was sy al daar;

van ver, so tussen al die ander uit,

het hy maar net na haar geknik;

en heel-pad langs het hy

genoeg’lik met die nooi gesels

wat naas hom sit.

In bonte ry sit almal op die gras,die maaltyd sal begin.Naas Roelof is ’n plekkie oop,maar Martjie loop verbyof sy dit glad nie sien,en kies ’n plekkie aan die ander kant.Is ’t wraak, of moedwil, in die snelle blikwat sy hom werp vandaar?Hoe ’t ook mag wees, op hom is ’t glad verloor:hy ’s besig met ’n bottel oop te maak,die meisie naas hom te bedien;as Martjie nog bewys moet hêdat hy haar moedwil glad nie het gemerk,dan lewer hy dit self,want, kyk, daar spring hy open wip die gras-perk oorna haar,en, op haar skouer tikkend,sê hy: „kom, ou sus,„laat ek jou glasie vir jou vul.”Sy blik is openhartig, reguit kyksy oog in hare,en bruisend tintel net alleendie piekniekdag se vreug daarinas hy laat volg:„en netnou kom ek vir jou haal, ou sus,„ons twee is maters by die meule-spel.”Na so’n ontwaap’ningkan sy wel nie anders nieas met ’n glimlag toegee aan sy wens.Hy ’s weg alweer van haar,na oorkant van die kring,om nog ’n leë glasie vol te skink.

In bonte ry sit almal op die gras,

die maaltyd sal begin.

Naas Roelof is ’n plekkie oop,

maar Martjie loop verby

of sy dit glad nie sien,

en kies ’n plekkie aan die ander kant.

Is ’t wraak, of moedwil, in die snelle blik

wat sy hom werp vandaar?

Hoe ’t ook mag wees, op hom is ’t glad verloor:

hy ’s besig met ’n bottel oop te maak,

die meisie naas hom te bedien;

as Martjie nog bewys moet hê

dat hy haar moedwil glad nie het gemerk,

dan lewer hy dit self,

want, kyk, daar spring hy op

en wip die gras-perk oor

na haar,

en, op haar skouer tikkend,

sê hy: „kom, ou sus,

„laat ek jou glasie vir jou vul.”

Sy blik is openhartig, reguit kyk

sy oog in hare,

en bruisend tintel net alleen

die piekniekdag se vreug daarin

as hy laat volg:

„en netnou kom ek vir jou haal, ou sus,

„ons twee is maters by die meule-spel.”

Na so’n ontwaap’ning

kan sy wel nie anders nie

as met ’n glimlag toegee aan sy wens.

Hy ’s weg alweer van haar,

na oorkant van die kring,

om nog ’n leë glasie vol te skink.

„Stilte daar! ’n voordrag word gegee.”Die voordraer het al pos gevatin middel van die kring;maar almal lag en praaten hoor nie hoe hy reeds die naamvan sy gediggie noem.Maar Martjie het die naam gevang, en weetdat daardie vers ’n spotgediggie isop een wat sig belaglik maak.Is ’t Martjie alleen wat merk hoe Roelof noumeteens verby die voordraer loopen snel’n woordjie fluister in sy oor?

„Stilte daar! ’n voordrag word gegee.”

Die voordraer het al pos gevat

in middel van die kring;

maar almal lag en praat

en hoor nie hoe hy reeds die naam

van sy gediggie noem.

Maar Martjie het die naam gevang, en weet

dat daardie vers ’n spotgediggie is

op een wat sig belaglik maak.

Is ’t Martjie alleen wat merk hoe Roelof nou

meteens verby die voordraer loop

en snel

’n woordjie fluister in sy oor?

Sarie Drost is iemandsonderling in alles wat sy doen,in elke trekkie kom sy haas ooreenmet daardie noointjie in die vers beskrewe,en Sarie is vandag ook hier.

Sarie Drost is iemand

sonderling in alles wat sy doen,

in elke trekkie kom sy haas ooreen

met daardie noointjie in die vers beskrewe,

en Sarie is vandag ook hier.

Roelf, onseker of die voordraer welsy wenk sal volg,die versie sal laat staan,is snel na Sarie toe gestapen vraag haar om met hom’n wandeling te maak,soos ander reeds al doen—van ete opgestaan.

Roelf, onseker of die voordraer wel

sy wenk sal volg,

die versie sal laat staan,

is snel na Sarie toe gestap

en vraag haar om met hom

’n wandeling te maak,

soos ander reeds al doen—

van ete opgestaan.

Daar ’s stilte nou, en Roelof hoor van verdat hy, wat voor sal dra,’n ander versie noem as d’eerste keer;en, Sarie opmerksaam makend,stel hy voor aan haarom op die gras te siten eers met hom die voordrag aan te hoor.

Daar ’s stilte nou, en Roelof hoor van ver

dat hy, wat voor sal dra,

’n ander versie noem as d’eerste keer;

en, Sarie opmerksaam makend,

stel hy voor aan haar

om op die gras te sit

en eers met hom die voordrag aan te hoor.

Onafgebroke is Martjies oog op hom,in stilte, so van ver;bewond’ring lê daar in die blik,so grootasof sy daad—beleefdheids-diens aan Sarie Drost betoon,deur Sarie-self en deur die gaste ooknie opgemerk—’n heldedaad van d’ allergrootste is.

Onafgebroke is Martjies oog op hom,

in stilte, so van ver;

bewond’ring lê daar in die blik,

so groot

asof sy daad

—beleefdheids-diens aan Sarie Drost betoon,

deur Sarie-self en deur die gaste ook

nie opgemerk—

’n heldedaad van d’ allergrootste is.

Die dag is omen almal word weer tuis gebring.Met Martjie saamstap Roelf by Uitkyk van die wa.Ná ete sal hy dorp toe stap, alleen,van-aand die laaste keer,want môre, eind’lik, is die dag gekomdat hy op Uitkyk intrek neem,na sy belofte aan oom Koot gedaan.—Sy buitekamer staan al klaar,met sorg vir hom berei.

Die dag is om

en almal word weer tuis gebring.

Met Martjie saam

stap Roelf by Uitkyk van die wa.

Ná ete sal hy dorp toe stap, alleen,

van-aand die laaste keer,

want môre, eind’lik, is die dag gekom

dat hy op Uitkyk intrek neem,

na sy belofte aan oom Koot gedaan.—

Sy buitekamer staan al klaar,

met sorg vir hom berei.

Dis stil op stoep,die nag hang swaar in digte eike-lower,breë stamme eenkant net verligwaar lamplig uit die rame stroom;en uit die ope voordeur gly oor stoep’n baan van lig,vèr-strekkend oor die werf se gras, tot waardie swarte donker dit verswelg.Oom Kootjie sit voor ope raam te lees,die bybel-blaaie hel verlig,en volgend met sy vinger elke reël:met vrome aandag nog ’n keer die woord,die skone woord herhalend wat hom flusgetref het toe hy vir almal saam,die aand-diens het gelei.En by die tafel ook, met hoof gebuiein stilte, oor die handwerk wat sy doen,hoor ou tant’ Mieta aan.

Dis stil op stoep,

die nag hang swaar in digte eike-lower,

breë stamme eenkant net verlig

waar lamplig uit die rame stroom;

en uit die ope voordeur gly oor stoep

’n baan van lig,

vèr-strekkend oor die werf se gras, tot waar

die swarte donker dit verswelg.

Oom Kootjie sit voor ope raam te lees,

die bybel-blaaie hel verlig,

en volgend met sy vinger elke reël:

met vrome aandag nog ’n keer die woord,

die skone woord herhalend wat hom flus

getref het toe hy vir almal saam,

die aand-diens het gelei.

En by die tafel ook, met hoof gebuie

in stilte, oor die handwerk wat sy doen,

hoor ou tant’ Mieta aan.

Onvermoeid nog na die dag se togin berge en veld,kuier Martjie en Roelf op stoep,in awendkoelte.Vertrouelik, asofhy nader sig aan haar wil voelhet hy haar arm geneem;maar ná ’n rukkie, plots’ling,net of hyna iets wou buk,het hy haar weer gelos.En al te goed het sy gemerkdat hy die plan ekspres maar het bedagom van haar af te raak.In stilte vra sy aan haarselwe:wáarom tog?Elke keer gaan huldie ope raam verbyen oor die ronding van die boom se stamgly stil hul skaad’wee.Fluist’rend praat die twee, om ou oom Kootsy stotend lese nie te steur.

Onvermoeid nog na die dag se tog

in berge en veld,

kuier Martjie en Roelf op stoep,

in awendkoelte.

Vertrouelik, asof

hy nader sig aan haar wil voel

het hy haar arm geneem;

maar ná ’n rukkie, plots’ling,

net of hy

na iets wou buk,

het hy haar weer gelos.

En al te goed het sy gemerk

dat hy die plan ekspres maar het bedag

om van haar af te raak.

In stilte vra sy aan haarselwe:

wáarom tog?

Elke keer gaan hul

die ope raam verby

en oor die ronding van die boom se stam

gly stil hul skaad’wee.

Fluist’rend praat die twee, om ou oom Koot

sy stotend lese nie te steur.

Dit word vir Roelof tyd,—verbygaand by die voordeur stap hy inom aan tant’ Mieta en oom Kootgoeienag te sê.„Tot môre, Roelfie,” sê oom Koot,„dan is jy eind’lik onse huisgenoot.”Martjie stap met hom die treedjies afom mee te gaantot aan die hekkie van die werf.Sy het van-aand maar min gepraat,werktuig’lik antwoord géwend as hy so,by kuier heen en weer op stoep,haar iets gesê het of gevra;en droomverlore stap sy nou ook nogso met hom saam.Hul ’s by die hekkie voor sy weet;en as hy haar ’n hand tot afskeid geeen sê:„die laaste keer,”dan hou sy in haar handjie nogsy vingers vas ’n oënblik....Opskrikkend, plots’ling,los sy goudie jonkmans handen sê gejaag, met laggie baie verleë:„maar kyk vir my,„is ek dan mal om so meteens te dink„dat jy vir altyd gaan,„en môre kom j’ eers regtig....”„Martjie, Martjie!” antwoord Roelfgemaak-bestraffend;—en dan is hy weg,verdwene in die nag,op ligte tred en snel,’n vrolik deuntjie fluitend op sy gang.Glansend-wit, ’n oënblik,vertoon sig in die lamplig voor die deurdie slanke beeld van Martjie,as sy sneldie treedjies opstap en oor stoepna binne gaan,die voordeur sluitend vir die nag.

Dit word vir Roelof tyd,—

verbygaand by die voordeur stap hy in

om aan tant’ Mieta en oom Koot

goeienag te sê.

„Tot môre, Roelfie,” sê oom Koot,

„dan is jy eind’lik onse huisgenoot.”

Martjie stap met hom die treedjies af

om mee te gaan

tot aan die hekkie van die werf.

Sy het van-aand maar min gepraat,

werktuig’lik antwoord géwend as hy so,

by kuier heen en weer op stoep,

haar iets gesê het of gevra;

en droomverlore stap sy nou ook nog

so met hom saam.

Hul ’s by die hekkie voor sy weet;

en as hy haar ’n hand tot afskeid gee

en sê:

„die laaste keer,”

dan hou sy in haar handjie nog

sy vingers vas ’n oënblik....

Opskrikkend, plots’ling,

los sy gou

die jonkmans hand

en sê gejaag, met laggie baie verleë:

„maar kyk vir my,

„is ek dan mal om so meteens te dink

„dat jy vir altyd gaan,

„en môre kom j’ eers regtig....”

„Martjie, Martjie!” antwoord Roelf

gemaak-bestraffend;—en dan is hy weg,

verdwene in die nag,

op ligte tred en snel,

’n vrolik deuntjie fluitend op sy gang.

Glansend-wit, ’n oënblik,

vertoon sig in die lamplig voor die deur

die slanke beeld van Martjie,

as sy snel

die treedjies opstap en oor stoep

na binne gaan,

die voordeur sluitend vir die nag.

In sware mantel duik die nagnog dieper weg,gewieg as op die naklank, sterwend-ver,van bybelwoorde flus gehoor,en op die koorgesangvan kikkers in die slote al-omheen.En hoor, dis net of uit die sfere bo’n fluist’ring van die sterre ruis,sig mengend met die koorgesang beneë,tot lied van vrede en rus....

In sware mantel duik die nag

nog dieper weg,

gewieg as op die naklank, sterwend-ver,

van bybelwoorde flus gehoor,

en op die koorgesang

van kikkers in die slote al-omheen.

En hoor, dis net of uit die sfere bo

’n fluist’ring van die sterre ruis,

sig mengend met die koorgesang beneë,

tot lied van vrede en rus....

Martjie is kwaaden met haarselwe ontevree;met hand-ruk driftig-snelhet sy haar tjalie op ’n stoel gegooien stap haar kamer op en neer:Wáarom het sy haar ge-èrg gevoelvan-môre op die watoe Roelf so min na haarhet omgekyk;en watter reg had sy om te verwagdat hy nou juis naas haar’n plekkie op die bok-wa in sou neem?Nee, had hy dit wèl gedaandan was sy juis miskienge-èrg om so ’n handeling, daar,voor oë van die hele piekniek-skaar,want maklik word so iets verkeerd bedui.En hoe verspot van haar,toe hy van-aandsoos ander dae haar wou groet,te dink of droomdat hy vir altyd afskeid neem,en so sy hand in hare vas te hou!O, foei, en wat gedagte het hy welvan haar gekry?Sy, in die huishou so bekend,en oral, dat sy steedsin dink en doenso helder is en klaar!Vanwaar dan die vergissing so meteens?Martjie vind op al die vraegeen antwoord nie;en opgewonde van verwarring nogen ergernislê sy haar eind’lik op haar bed te rus.Maar éen ding staan by haar nou vas:sy sal hom môre daad’lik goed laat merkdat daardie handdruk van van-aandmaar net vergissing wasen tog volstrek geen planvan haar kant nieom hom tot naad’ring te beweeg.

Martjie is kwaad

en met haarselwe ontevree;

met hand-ruk driftig-snel

het sy haar tjalie op ’n stoel gegooi

en stap haar kamer op en neer:

Wáarom het sy haar ge-èrg gevoel

van-môre op die wa

toe Roelf so min na haar

het omgekyk;

en watter reg had sy om te verwag

dat hy nou juis naas haar

’n plekkie op die bok-wa in sou neem?

Nee, had hy dit wèl gedaan

dan was sy juis miskien

ge-èrg om so ’n handeling, daar,

voor oë van die hele piekniek-skaar,

want maklik word so iets verkeerd bedui.

En hoe verspot van haar,

toe hy van-aand

soos ander dae haar wou groet,

te dink of droom

dat hy vir altyd afskeid neem,

en so sy hand in hare vas te hou!

O, foei, en wat gedagte het hy wel

van haar gekry?

Sy, in die huishou so bekend,

en oral, dat sy steeds

in dink en doen

so helder is en klaar!

Vanwaar dan die vergissing so meteens?

Martjie vind op al die vrae

geen antwoord nie;

en opgewonde van verwarring nog

en ergernis

lê sy haar eind’lik op haar bed te rus.

Maar éen ding staan by haar nou vas:

sy sal hom môre daad’lik goed laat merk

dat daardie handdruk van van-aand

maar net vergissing was

en tog volstrek geen plan

van haar kant nie

om hom tot naad’ring te beweeg.

Back to IndexNext